Die heidene het geglo dat hul gebede self verdienste versoening vir die sonde verdien. Hoe langer die gebed dus, hoe groter die verdienste. As hulle deur hul eie pogings heilig kon word, sou hulle iets in hulself gehad het om hulle oor te verheug, iets om hulle op te beroem. Hierdie begrip van die gebed berus op die beginsel van selfversoening, wat die grondslag van alle valse godsdiensstelsels is. Die Fariseërs het hierdie heidense begrip van die gebed aangeneem, en dit is vandag nog nie iets van die verlede nie, selfs onder diegene wat voorgee dat hulle Christene is. Die herhaling van afgesaagde sinsnedes wanneer die hart geen behoefte aan God voel nie, dra dieselfde stempel as die “ydele herhalings” van die heidene. MOR 92.2
Die gebed is nie 'n soenoffer vir die sonde nie; dit het self geen verdienste nie. Al die gevleuelde woorde waaroor ons beskik weeg nie op teen een heilige begeerte nie. Die welspre-kendste gebede bly maar ydele woorde as hulle nie die ware begeertes van die hart weergee nie. Maar die gebed wat uit 'n opregte hart kom, waarin ons die eenvoudige behoeftes van die siel uitspreek, soos ons 'n aardse vriend om 'n guns sou vra en verwag dat dit aan ons bewys sal word - dit is die geloofsgebed. MOR 92.3