Go to full page →

HOOFSTUK DRIE—ONS GROOT BEHOEFTE UG1 23

(Deel VIII, bls. 329-335.)

ONS grootste behoefte is aan ‘n kennis van God wat ‘n verandering van die karakter kan bewerk. As ons aan Sy doel vir ons wil beantwoord, moet daar in ons lewe ‘n openbaring van God wees wat sal ooreenstem met die leer van Sy woord. UG1 23.1

Die ervaring van Henog en Johannes die Doper is voorbeelde van wat ons s’n behoort te wees. Ons behoort die lewe van hierdie twee manne meer te ondersoek as wat ons doen; die een is opgeneem sonder om die dood te smaak, en die andereen moes vóór die eerste koms van Christus die weg van die Here berei en Sy paaie reguit maak. UG1 23.2