Go to full page →

HOOFSTUK EEN-EN-TWINTIG—GODS SORG VIR SY WERK UG1 159

(Deel V, bls. 749-754.)

DIT was onder baie moeilike en ontmoedigende omstandighede dat Jesaja, toe hy nog ‘n jong man was, geroep is om die profetiese amp op te neem. Sy land was gedreig met ondergang. As gevolg van die oortreding van Gods wet het die volk van Judea Sy beskerming verbeur, en die Assiriese magte het op die punt gestaan om die koninkryk van Juda binne te val. Maar die gevaar van ‘n vyandelike inval was nie die ergste nie. Dit was die wederstrewigheid van die volk wat die dienskneg van God die meeste ontmoedig het. Deur hulle afvalligheid en rebellie het hulle gevaar geloop om die oordele van God op hulle hals te haal. Die jeugdige profeet is geroep om ‘n waarskuwende boodskap aan hulle te bring, en hy het geweet dat hulle hom hardnekkig sou weerstaan. Hy het gebewe toe hy aan homself en aan die halsstarigheid en ongeloof van die volk gedink het vir wie hy moes gaan arbei. Sy taak het vir hom byna hopeloos gelyk. Sou hy in moedeloosheid sy taak laat vaar en Israel maar in vrede laat met hulle afgodery? Sou hy maar toelaat dat die gode van Ninevé die aarde regeer en die God van die hemel trotseer? UG1 159.1