Go to full page →

Kom Gods Vereistes Eerste Na GF 74

Nie alleen eis God die tiende as Syne nie, maar Hy vertel ons ook hoe dit vir Hom afgesonder moet word. Hy sê: GF 74.4

“Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.” Dit leer ons nie dat ons inkomste op onsself spandeer moet word en ons dan aan God die oorblywende deel moet bring nie, al sou dit nog andersins ‘n eerlike tiende wees. Gods deel moet eerste opsy gesit word. -R. & H., 4 Feb. 1902. GF 75.1

Ons moenie wat van ons inkomste oorbly, nadat al ons werklike of denkbeeldige behoeftes bevredig is, aan Hom toewy nie. Voordat enigiets gebruik word, moet ons die deel opsy sit wat Hy as Sy eie gespesifiseer het. GF 75.2

Baie mense sal al hulle minder belangrike vereistes nakom en rekenings vereffen, en net die laaste skraapsels, indien enige, vir God laat. Indien daar niks oor is nie, moet Sy saak maar vir ‘n meer geleë tyd wag. -R.&H., 16 Mei 1882. GF 75.3