Go to full page →

Oortuiging van sonde DGrH 76

Die eerste stap tot versoening met God is die oortuiging van sonde, “... want die sonde is wetteloosheid”, “... want die wet is kennis van sonde.” 1 Johannes 3:4; Romeine 3:20. Vir die sondaar om sy oortreding te kan insien, moet hy sy karakter toets in God se spieël, wat die volmaaktheid van ‘n regverdige karakter vertoon en hom in staat stel om die tekortkominge van sy eie karakter te identifiseer. DGrH 76.1

Die wet wys vir die mens sy sonde uit, maar bied geen vergifnis nie. Dit verklaar dat die dood die lot is van die oortreder. Die evangelie van Christus alleen kan hom verlos van die veroordeling of die ontreiniging van die sonde. Hy moet sondebelydenis doen teenoor God, wie se wet oortree is, en geloof uitoefen in Christus, sy versoeningsoffer. So ontvang hy vergifnis van sondes wat tevore gedoen is (Romeine 3:25) en word hy kind van God. DGrH 76.2