Go to full page →

Maak Vergifnis Ons Vry Van Gehoorsaamheid? DGrH 78

Is die sondaar wie vergifnis ontvang het, vry om God se wet te oortree? Paulus vra: “Maak ons dan die wet nou tot niet deur die geloof?” “Nee, stellig nie! Ons bevestig die wet.” “Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” Johannes verklaar: “Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.” Met die nuwe geboorte in Christus Jesus word die hart in harmonie gebring met God, in ooreenstemming met Sy wet. Wanneer hierdie verandering gebeur het in die sondaar, het hy van die dood na die lewe transformeer, van oortreding en rebellie na gehoorsaamheid en lojaliteit. Die ou lewe is verby; die nuwe lewe van versoening, geloof en liefde het begin. “Sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Die taal van die siel sal wees: “Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag.” Romeine 3:31; 6:2; 1 Johannes 5:3; Romeine 8:4; Psalm 119:97. DGrH 78.1

Sonder die wet, het die mens geen werklike oortuiging van die sonde nie en is daar geen behoefte vir skuldbelydenis nie. Die mens besef nie die noodsaaklike behoefte van die versoeningsbloed van Christus nie. Die hoop van verlossing word aanvaar sonder ‘n radikale verandering van hart of hervorming van lewenswandel. Derhalwe is daar volop oppervlakkige bekerings en massas mense wat aansluit by die kerk, wie nooit met Christus verenig het nie. DGrH 79.1