Go to full page →

Die Ontsettende Risiko DBo 35

Maar as Christus oorwin kon word, sou die aarde die koninkryk van die Satan word en sou die mensdom vir ewig in sy mag wees. Bewus van alles wat in hierdie stryd op die spel was, was Christus se siel bevrees dat Hy van God geskei sou word. Die Satan wou hom wysmaak dat as hy vir ‘n sondige wêreld sou borg staan, die skeiding onherroeplik sou wees. Hy sou met die koninkryk van Satan vereenselwig word en sou nooit weer een met God kon word nie. [KE 620) DBo 35.3

In die hemel het die Satan Christus gehaat ter wille van Sy posisie in die howe van God. Hy het Hom nog meer gehaat toe hy self van sy troon onthef is. Hy het Hom gehaat wat onderneem het om ‘n ras van sondaars te verlos. Tog, in ‘n wêreld waar die Satan op die heerskappy aanspraak gemaak het, het God toegelaat dat Sy Seun as ‘n hulpelose babatjie kom, onderworpe aan die menslike swakhede. Hy het Hom toegelaat om die gevaar van die lewe net soos enige ander mens te kom trotseer, om die stryd te stry soos elke mensekind moet, op gevaar van mislukking en ewige verlies. [KE 24] DBo 35.4

Tensy daar ‘n moontlikheid is van te swik vir sonde, is versoeking geen versoeking nie. Versoeking is teëgestaan as ‘n mens sterk beïnvloed word om ‘n verkeerde daad te doen en, wetende dat hy dit kan doen, dit weerstaan, deur geloof en met ‘n ferm hand op Goddelike krag. Dit was die wroeging waardeur Christus moes gaan. Hy kon nooit in alle opsigte getoets gewees het soos wat die mens getoets word, as daar geen moontlikheid was dat Hy DBo 35.5

kon val nie. Hy was ‘n vry wese, op die proef geplaas, soos wat Adam was en soos elke mens vandag [SDABC 5;1082 (Yl.Oct 26,1899)] DBo 35.6