Go to full page →

Die Euwel van Skinder (3 Februarie 1899) GSA 48

Mense wat kwaad aanrig met hul skindertonge, wat tweedrag saai met selfsugtige idees en gedagtes deur jaloesie, agterdog of begeerlikheid, bedroef die Heilige Gees van God, want hulle werk teen God pleks van hulle met die doel van Christus te vereenselwig, pleks van te voldoen aan die gebed van Christus dat Sy dissipels een mag wees soos Hy een is met die Vader. Hulle slaan duidelik die weg in wat die Satan vir hulle afgemerk het. - Brief 20,1899. GSA 48.2