Go to full page →

Die Opvoeding van Israel Op 33

“DIE HERE ALLEEN HET HOM GELEI;”
“HY HET... OP HOM AG GEGEE, HOM
BEWAAK SOOS SY OOGAPPEL”

DIE opvoedingstelsel wat in Eden tot stand gebring is, het die gesin as middelpunt gehad. Adam was “die seun van God” (Lukas 3:38) en dit was van hulleVader dat die kinders van die Allerhoogste onderrig ontvang het. Hulle s’ n was, in die ware sin van die woord, ‘n gesin skool. Op 33.1

In die Goddelike plan van opvoeding soos dit na die sondeval by die mens se toestand aangepas is, staan Christus as verteenwoordiger van die Vader, die verbindingskakel tussen God en mens; Hy is die groot leermeester van die mensdom. En Hy het dit so beskik dat manne en vroue Sy verteenwoordigers moet wees. Die gesin was die skool en die ouers die leerkragte. Op 33.2

Die opvoeding met die gesin as middelpunt was wat in die dae van die patriarge algemeen was. Vir die skole wat so tot stand gekom het, het God die toestande voorsien wat karakterontwikkeling die meeste sou begunstig: Die mense wat onder Sy beheer gestaan het, het nog die lewensplan gevolg wat Hy in die begin vasgestel het. Diegene wat God verlaat het, het vir hulleself stede gebou en daarin saamgedrom om te roem op die praal, die weelde en die ondeug wat die stede van vandag die wêreld se trots en sy vloek maak. Maar die mense wat aan God se lewensbeginsels vasgekleef het, het op die veld en tussen die heuwels gewoon Hulle was grondbewerkers en veeherders en in hierdie vry, onafhanklike lewe, met sy geleenthede vir arbeid, studie en bepeinsing, het hulle van God geleer en hul kinders aangaande Sy werke en weë onderrig. Op 33.3

Dit was die opvoedkundige metode wat God graag in Israel wou laat posvat. Maar toe hulle uit Egipte gebring is, was min onder die Israeliete bereidwillig om in die opleiding van hul kinders met Hom saam te werk. Die ouers het self onderrig en dissipline nodig gehad. As slagoffers van lewenslange slawerny was hulle onkundig, ongeleerd en verlaag. Hulle het min kennis van God besit en min geloof in Hom. Hulle is deur valse lering verwar en deur hul langdurige aanraking met die heidendom bederf. God wou hulle graag tot ‘n hoër sedelike peil verhef en met dieoog hierop het Hy getrag om hulle ‘n kennis van Homself te gee. Op 34.1

In Sy handelinge met die swerwers in die woestyn, te midde van al hul omwandelinge heen en weer, in hul blootstelling aan honger, dors en vermoeienis, in hul gevaar van heidense vyande en in die openbaring van Sy voorsienigheid vir hulle verligting, het God getrag om hul geloof te versterk deur aan hulle die mag te openbaar wat voortdurend tot hulle voordeel gewerk het. En nadat Hy hulle geleer het om op Sy liefde en krag te vertrou, was dit Sy doel om, in die voorskrifte van Sy wet, die karakterstandaard aan hulle voor te hou wat Hy verlang het hulle deur Sy genade moes bereik. Op 34.2

Kosbaar was die lesse wat gedurende hulle verblyf te Sinai aan Israel geleer is. Dit was ‘n tydperk van spesiale opleiding vir die erfenis van Kanaan. En hulle omgewing hier het die vervulling van Gods doel begunstig. Op die kruin van Sinai, wat die vlakte oorskadu waar die volk hul tente opgeslaan het, het die wolkkolom gerus, wat die gids gedurende hul reis was. Snags as vuurkolom het dit hulle van Goddelike beskerming verseker; en terwyl hulle deur die slaap omsluit is, het die brood van die hemel saggies op hul laer neergedaal. Orals daaromheen het geweldige, ruwe hoogtes in hul plegtige grootsheid van ewige verduring en majesteit gespreek. Die mens is daartoe gebring om sy onkunde en swakheid aan te voel in die teenwoordigheid van Hom wat “die berge geweeg [het] met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal.” Jesaja 40:12. Hier het God, deur die openbaarmaking van Sy heerlikheid, probeer om Israel met die heiligheid van Sy karakter en vereistes te beïndruk en die ontsettende skuld van oortreding. Op 34.3

Maar die volk was traag om die les te leer. Omdat hulle in Egipte aan tasbare voorstellings van die Godheid gewoond was wat ook dikwels van die verlagendste aard was, was dit vir hulle moeilik om ‘n denkbeeld van die bestaan of karakter van die Onsienlike te vorm. Uit medelye met hul swakheid, het God hulle ‘n simbool van Sy teenwoordigheid gegee. “Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak,” het Hy gesê, “dat Ek in hulle midde kan woon.”Exodus 25:8. Op 35.1

Met die bou van die heiligdom as woonplek vir God, is Moses beveel om alle dinge te maak volgens die patroon van die hemelse dinge. God het hom na die berg toe geroep en aan hom die hemelse dinge geopenbaar en volgens die gelykenis daarvan is die tabernakel gemaak, met alles wat daaraan verbonde was. Op 35.2

So het Hy aan Israel, wat Hy verlang het om Sy woonplek te maak, Sy heerlike karakterideaal geopenbaar. Die voorbeeld is op die berg aan hulle getoon toe die wet van Sinai afgekondig is en God voor Moses verbygegaan en verklaar het: “Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.” Exodus 34:6. Op 35.3

Maar hierdie ideaal was hulle, op sigself, magteloos om te verwesenlik. Die openbaring te Sinai kon hulle net hul behoefte en hulpeloosheid laat besef. ‘n Ander les wat die tabernakel, deur sy offerandediens, moes leer, was - die les van kwytskelding van sonde en krag deur die Heiland vir gehoorsaamheid tot die lewe. Op 36.1

Deur Christus moes die doel verwesenlik word waarvan die tabernakel ‘n simbool was - daardie heerlike gebou, met mure van glansende goud wat in reënboogkleure die gordyne weerkaats het waarop die gerubs uitgewerk was, die welriekendheid van die ewig brandende wierook wat alles deurtrek het, die priesters in vlekkelose wit geklee en in die diep verborgenheid van die binnevertrek, bokant die versoendeksel, tussen die fïgure van neergeboë, aanbiddende engele, die glorie van die Allerheiligste. In al hierdie dinge wou God graag hê dat Sy volk Sy doel met die menslike siel moes bespeur. Dit was dieselfde doel wat lank daarna deur die apostel Paulus uiteengesit is toe hy deur die Heilige Gees gespreek het: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is julle.”1 Korinthiërs 3:16,17. Op 36.2

Groot was die voorreg en eer wat met die toebereiding van die heiligdom aan Israel vergun is; en groot was ook die verantwoordelikheid. ‘n Gebou van onoortreflike luister wat vir sy samestelling die kosbaarste materiaal en die mees verhewe kunstigheid vereis, sou in die woestyn opgerig word deur ‘n volk wat so pas uit slawerny ontsnap het. Dit het na ‘n oorweldigende taak gelyk. Maar Hy wat die bouplan gegee het, het belowe om met die bouliede saam te werk. Op 36.3

“Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Kyk, Ek het Besaleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk.... En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ahisamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak.”Exodus 31:1 - 6. Op 36.4

Watter skool vir vakmanne was dit nie daar in die woestyn, wat Christus en Sy engele as sy leermeesters gehad het nie! Op 37.1

Met die bereiding van die heiligdom en sy meublement moes die hele volk saamwerk. Daar was arbeid vir brein en hand. ‘n Groot verskeidenheid materiaal was nodig en almal is uitgenooi om by te dra soos hul eie harte hulle aangespoor het. Op 37.2

Sodoende is hulle in arbeid en bydrae geleer hoe om met God en met mekaar saam te werk. En hulle moes ook saamwerk in die voorbereiding van die geestelike gebou-Gods tempel in die siel. Op 37.3

Van die staanspoor af op die reis uit Egipte is lesse vir hul opleiding en dis-. sipline aan hulle gegee. Selfs voordat hulle Egipte verlaat het, is ‘n tydelike organisasie in die lewe geroep en die volk is onder aangestelde leiers in groepe verdeel.Te Sinai is die reelings vir organisasie voltooi. Die orde wat in al die werke van God so treffend sigbaar is( is in die Hebreeuse stelsel geopenbaar. God was die middelpunt van gesag en regering; Moses, as Sy verteenwoordiger, moes in Sy Naam die wette toepas. Dan was daar die raad van sewentig, gevolg deur die priesters en die prinse, onder hulle “owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien” (Numeri 11:16,17; Deuteronomium 1:15) en laastens beamptes wat vir spesiale pligte aangestel is. Die laer is in ‘n presiese orde gerangskik, die tabernakel, die woonplek van God, in die middel en daaromheen die tente van die priesters en die Leviete. Daarbuite het elke stam sy kamp by sy eie vaandel opgeslaan. Op 37.4

Deeglike sanitêre regulasies was van krag. Dis aan die volk opgedra, nie net omdat dit vir gesondheid noodsaaklik was nie, maar as voorwaarde om die teenwoordigheid van die Heilige onder hulle te behou. Deur Goddelike gesag het Moses aan hulle verklaar: “Die Here jou God wandel midde - in jou laer om jou te red ... daarom moet jou laer heilig wees.”Deuteronomium 23:14. Op 38.1

Die opvoeding van die Israeliete het al hulle lewensgewoontes ingesluit. Alles wat met hul welvaart te doene gehad het, was aan Goddelike belangstelling onderhewig en het binne die bestek van die Goddelike wet geval. Selfs met die voorsiening van hul voedsel het God hul mees verhewe welstand beoog. Die manna waarmee Hy hulle in die woestyn gevoed het, was van so ‘n aard dat dit fisieke, verstandelike en morele krag bevorder het. Hoewel so baie teen die beperking van hulle diëet in opstand gekom en daarna verlang het om na die dae terug te keer toe hulle, soos hulle gesê het, “by die vleispotte gesit en volop brood geëet het”-(Exodus 16:3), is die Op 38.2

wysheid van Gods keuse vir hulle nietemin geregverdig op ‘n manier wat hulle nie kon weerspreek nie. Ondanks die swaarkry van hul woestynlewe, was daar nie een swakke onder al hulle stamme nie. Op 38.3

In al hul omswerwinge moes die ark wat die wet van God bevat, vooruitgaan. Die uitspanplek van hulle laer is deur die neerdaling van die wolkkolom aangedui. So lank as wat die wolk oor die tabernakel vertoef het, het hulle laer bly staan. Sodra dit opgestyg het, het hulle hul reis voortgesit. Sowel die aankoms as die vertrek is deur plegtige smeekbede gekenmerk. “En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, Here, dat u vyande verstrooi kan word.... En as dit rus, het hy gesê: Keer terug, Here, na die tienduisende van die duisende van Israel!'‘ Numeri 10:35,36. Op 38.4

Soos die volk deur die woestyn gereis het, is baie kosbare lesse deur middel van sang in hul gedagtes ingeprent. Na hul bevryding van Farao se leërmag het die ganse skare van Israel saam die triomflied aangehef. Ver oor woestyn en see het die vreugdevolle refrein opgeklink en die berge het die klanke van die loflied laat weergalm:“Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe.” Exodus 15:21. Dikwels is hierdie lied op die reis herhaal en dit het die pelgrimsreisigers se harte verbly en hul geloof laat ontvlam. Die gebooie wat met beloftes van Gods guns en verslae van Sy wonderdade vir hul bevryding van Sinai afgekondig is, is volgens ‘n Goddelike opdrag in sang uitgedruk en met die begeleiding van instrumentale musiek gesing, onderwyl die volk in tyd gemarsjeer het soos hul stemme in lofuiting verenig is. Op 39.1

So is hul gedagtes bo die beproewinge en ontberings van die pad verhef, die rustelose, onstuimige gemoed is gestreel en kalmeer, die waarheidsbeginsels in die geheue geplant en die geloof versterk. Gesamentlike optrede het orde en eenheid geleer en die volk is in nouer aanraking met God en met mekaar gebring. Op 39.2

Van Gods handelwyse met Israel gedurende die veertig jarige woestynomwandeling het Moses verklaar: “Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig;””tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.” Deuteronomium 8:5,2. Op 39.3

“Hy het hom gevind in ‘n woestynland en in ‘n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel, Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuelsdie Here alleen het hom gelei en daarwas geen vreemdegod by hom nie.”Deuteronomium 32:10-12. Op 39.4

“Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg. En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem, dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar”Psalm 105:42-45. Op 40.1

God het Israel met elke gerief omring, hulle elke voorreg vergun, wat hulle ‘n eer vir Sy Naam en ‘n seën vir die omliggende nasies sou maak. As hulle op die weë van gehoorsaamheid sou wandel, het Hy belowe dat Hy hulle “die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad.””AI die volke van die aarde,“het Hy gesê,“sal sien dat die Naam van die Here oorjou uitgeroep is en hulle sal virjou vrees.”Die volkere watal hierdie verordeninge hoor, sal sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ‘n wyse en verstandige volk.” Deuteronomium 26:19; 28:10;4:6. Op 40.2

In die wette wat aart Israel toevertrou is, is uitdruklike onderrig oor opvoeding gegee. Aan Moses het God Hom te Sinai geopenbaar as ‘n “barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.” Exodus 34:6. Hierdie beginsels wat in Sy wet beliggaam is, moes die vaders en moeders in Israel aan hulle kinders leer. Moses het ooreenkomstig die Goddelike opdrag aan hulle verklaar: “Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en asjy gaan lê en asjy opstaan.” Deuteronomium 6:6; 7. Op 40.3

Hierdie dinge moes nie as ‘n droë teorie geleer word nie. Diegene wat waarheid meedeel, moet self die beginsels daarvan beoefen. Net deur die karakter van God in die regskapenheid, adel en onselfsugtigheid van hul eie lewens te weerkaats, kan hulle op andere ‘n indruk maak. Op 41.1

Ware opvoeding is nie die afdwing van onderrig op ‘n onvoorbereide en onontvanklike verstand nie. Die verstandelike kragte moet gewek en die belangstelling wakker gemaak word. Hiervoor het Gods onderwysmetode voorsiening gemaak. Hy wat die verstand geskep en Sy wette bepaal het, het dienooreenkomstig vir die ontwikkeling daarvan voorsien. In die huiskring en die heiligdom, deur die dinge van die natuur en die kuns, in arbeid en fees, in heilige gebou en gedenksteen, deur ontelbare metodes, rites en simbole het God aan Israel lesse geleer wat Sy beginsels geíllustreer en die herinnering aan Sy wonderdade verduursaam het. Dan, soos daar navraag gedoen is, het die gegewe onderrig verstand en hart beïndruk. Op 41.2

In die reelings vir die opvoeding van die uitverkore volk, het dit duidelik geblyk dat ‘n lewe wat God tot middelpunt neem, ‘n volkome lewe is. In elke behoefte wat Hy ingeplant het, voorsien Hy om te versadig; elke ingeskape vermoë trag Hy om tot ontwikkeling te bring. Op 41.3

God het, as Bron van alle skoonheid en self ‘n liefhebber van die skone, voorsien om in Sy kinders die liefde vir skoonheid te bevredig. Hy het ook vir hulle sosiale behoef tes voorsiening gemaak, vir die vriendelike en hulpvaardige samesyn wat soveel beteken om meegevoel aan te kweek en om die lewe op te vrolik en soet te maak. Op 41.4

As opvoedkundige middel is ‘n belangrike rol deur die feeste van Israel gespeel. In die alledaagse lewe was die gesin sowel ‘n skool as ‘n kerk, met die ouers as leerkragte vir sekulêre en godsdienstige onderrig. Maar drie keer per jaar is daar spesiale tye vir sosiale samesyn en aanbidding bepaal. Eers te Silo en later te Jerusalem, is hierdie byeenkomste gehou. Net van die vaders en die seuns is daar vereis dat hulle teenwoordig moet wees; maar niemand wou graag die geleenthede van die feeste verbeur nie en, sover moontlik, het die hele huisgesin dit bygewoon; en saam met hulle, as deelnemers aan hul gasvryheid, was die vreemdeling, die Leviet en die arnie. Op 41.5

Die reis na Jerusalem, op die eenvoudige patriargale manier, te midde van die lenteskoonheid, die weelderige hartjie van die somer of die rypgeworde herfsglorie, was ‘n genot. Met dankoffers het hulle gekom, vanaf die grysaard tot die klein kindjie, om God in Sy heilige woning te ontmoet. Op die reis is die ondervindings van die verlede, die verhale wat oud en jonk nog steeds so lief het, aan die Hebreeuse kinders oorvertel. Die liedere wat hul woestynomswerwinge verbly het, is aangehef. Gods gebooie is gesing en, verbind met die geseënde invloede van die natuur en goedige menslike samesyn, is dit vir ewig in die geheue van menige kind en jongmens ingeprent. Op 42.1

Die seremonies in verband met die Pasgadiens wat te Jerusalem gadegeslaan is - die nagtelike byeenkoms, die mans met hulle omgorde lendene, met skoene aan die voete en staf in die hand, die haastige maaltyd, die lam, die ongesuurde brood, die bitter kruie en, in die plegtige stilte, die opnuut gesproke verhaal van die gesprinkelde bloed, die doodsengel en die grootse opmars uit die land van slawerny - dit alles was van so ‘n aard dat dit die verbeelding aangegryp en die hart beïndruk het. Op 42.2

Die huttefees, of oesfees, met sy offergawes uit boord en landery, sy weeklange kampering in die lowerhutjies, sy gesellige herenigings, die gewyde herdenkingsdiens en die gulhartige gasvryheid aan Gods werkers, die Leviete van die heiligdom en aan Sy kinders, die vreemdelinge en die armes, het almal segedagtes in dankbaarheid verheftot Hom watdiejaarvanSy goedheid gekroon het en wie se voetspore drup van vettigheid. Op 42.3

Deur die vromes in Israel is ‘n volle maand van elke jaar op hierdie wyse deurgebring. Dit was ‘n tydperk vry van sorge en arbeid wat feitlik heeltemal in die volste sin van die woord aan opvoeding gewy is. Op 43.1

Met die landsverdeling van Sy volk se erfenis, was dit Gods doel om aan hulle en, deur hulle, aan die mense van daaropvolgende nageslagte, korrekte beginsels van grondbesit te leer. Die land Kanaan is onder die ganse volk verdeel, met die enkele uitsondering van die Leviete, as bedienaars van die heiligdom. Hoewel iemand ‘n tyd lank van sy eiendom kon afstand doen, kon hy nie die erfenis van sy kinders verkwansel nie. Sodra hy daartoe in staat was, het dit hom te eniger tyd vry gestaan om dit weer los te koop; skuld is alom die sewende jaar kwytgeskeld en in die vyftigste, of jubeljaar, het alle grondbesit weer na die oorspronklike eienaar teruggeval. Sodoende is elke gesin se besittings beveilig en ‘n vrywaring is teen die uiterstes van of rykdom of armoede verleen. Op 43.2

Deur die grondverdeling onder die volk het God aan hulle, net soos aan die Edenbewoners, die roeping voorsien wat ontwikkeling die meeste begunstig - die sorg van plante en diere. ‘n Verdere voorsorg vir opvoeding was om alom die sewende jaar landbouwerk op te skort, terwyl die grond braak gelê het en die natuurlike opbrengs aan die armes oorgelaat is. So is daar ‘n geleentheid voorsien vir verdere studie, vir sosiale samesyn en aanbidding en vir die beoefening van welwillendheid, wat so dikwels deur die sorge en arbeid van die lewe verdring word. Op 43.3

As die beginsels van Gods wette oor eiendomsverdeling deesdae in die wêreld uitgevoer sou word, hoe anders sou die toestand van die mense nie gewees het nie! Die eerbiediging van hierdie beginsels sou die vreeslike euwels voorkom wat in alle eeue gevolg het op die onderdrukking van die armes deur die rykes en die haat teenoor die rykes van die armes se kant. Terwyl dit miskien die opeenhoping van groot rykdom sou verhinder, sou dit neig om die onkunde en verlaging van derduisende te verhoed, wie se laag besoldigde knegskap vir die opbou van hierdie kolossale fortuine nodig is. Dit sou help om ‘n vreedsame oplossing teweeg te bring van probleme wat tans dreig om die wêreld met anargie en bloedvergieting te vul. Op 44.1

Die toewyding aan God van ‘n tiende van al die opbrengs, of dit nou uit die boord en oesland, die kuddes en troppe vee, of die arbeid van brein of hand is, die aanwending van ‘n tweede tiende ter verligting van die armes en vir ander welwillende gebruike het daartoe gestrek om die waarheid van Gods eienaarskap van alle dinge en van hul geleentheid om kanale vir Sy seëninge te wees, in hul geheue vars te hou. Dit was ‘n opleiding wat bereken was om alle bekrompe selfsug die nekslag toe te dien en om ‘n ruim en edele karakter aan te kweek. Op 44.2

'n Kennis van God, gemeenskap met Hom in studie en arbeid, gelykvormigheid van die karakter aan Hom, moes die bron, die middel en die doel van Israel se opvoeding wees - die opvoeding wat deur God aan die ouers toebedeel is en wat deur hulle aan hul kinders gegee moes word. Op 44.3