Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 16—Die Pelgrimvaders

    Hoewel die Engelse hervormers die leerstellings van Rome verwerp het, het hulle nogtans baie van die vorms behou. Hoewel die gesag van Rome en sy leer verwerp is, is baie van die gebruike en seremonies van die kerk in die erediens van die Kerk van Engeland oorgeneem. Die mense het beweer dat hierdie dinge nie gewetesake was nie, en dat ofskoon die Skrifte hulle nie beveel het nie en hulle nie noodsaaklik was nie, hulle nie op sigself sleg was nie. Die nakoming van hierdie dinge het gehelp om die kloof wat die hervormde kerke van Rome geskei het, kleiner te maak, en daar was aangevoer dat dit die aanname van die Protestantse geloof deur die Roomse in die hand sou werk. Hierdie argumente het voldoende geskyn vir die konserwatiewes en inskiklikes. Maar daar was ‘n ander klas wat nie so oor die saak gevoel het nie. “Die feit dat die gebruike gestrek het tot die oorbrugging van die kloof tussen Rome en die Hervorming”(Martyn, Deel V, bl. 22), was in hulle oë ‘n beslissende beweegrede teen die behouding daarvan. Hulle het die dinge beskou as kentekens van die slavverny waaruit hulle verlos is en waartoe hulle nie geneig was om terug te keer nie. Hulle het aangevoer dat God in Sy woord die bepalings aangegee het waarvolgens Sy erediens moes geskied, en dat dit nie vir mense vrygestaan het om daaraan iets af of toe te doen nie. Die eintlike begin van die groot afval was geleë in die strewe om die gesag van die kerk in die plek van die gesag van God te stel. Rome het begin om voor te skryf wat God nie verbied het nie, en hulle geëindig met dinge te verbied wat God wel uitdruklik gelas het.GS 331.1

    Vele het gewens om terug te keer tot die reinheid en eenvoud wat die eerste kerk gekenmerk het. Hulle het baie van die gevestigde gebruike in die Engelse Kerk beskou as gedenktekens van die afgodediens, en hulle kon hulle nie met ‘n rein gewete met die erediens verenig nie. Maar die kerk, deur die burgerlike owerheid gesteun, wou geen afwyking van hulle vorms gedoog nie. Die bywoning van die godsdiensoefeninge is deur die wet geëis, en ongeoorloofde byeenkomste vir godsdienstige doeleindes is verbied op straf van inhegtenisneming, verbanning, en die dood.GS 332.1

    Aan die begin van die sewentiende eeu het die vors wat toe juis die troon van Engeland bestyg het, verklaar dat hy voornemens was om die Puriteine “te dwing om te gehoorsaam, of . . . hulle so lastig te val totdat hulle die land verlaat, of nog iets veel erger.”— Bancroft, George, “History of the United States of America,” Deel I, hoofstuk 12, para. 6.Verjaag, vervolg, en in die gevangenis gewerp, kon hulle in die toekoms geen hoop op beter dae sien nie, en vele was oortuig dat “Engeland nie meer die woonplek kon wees” (J. G. Palfrey, “History of New England,” hoofstuk 3, para. 43)vir diegene wat God wou dien volgens die inspraak van hulle gewete nie. Eindelik het sommige besluit om in Holland ‘n skuilplek te gaan soek. Moeilikhede, verliese, en die gevangenis was hulle deel. Hulle planne is verydel en hulle is in die hande van hulle vyande oorgelewer. Dog standvastige volharding het eindelik die oorwinning behaal en hulle het ‘n skuilplek gevind op die vriendelike kuste van die Hollandse Republiek.GS 332.2

    In hulle vlug het hulle huise, goed, en middele van bestaan agtergelaat. Hulle was vreemdelinge in ‘n vreemde land, onder ‘n volk wat ‘n ander taal gepraat en ander gebruike gehad het. Hulle is verplig om hulle toevlug te neem tot nuwe en onbeproefde werk om hulle brood te verdien. Manne van middelbare leeftyd, wat eers hulle brood verdien het met die bewerking van die grond, moes nou ambagte leer. Maar hulle het moedig die nuwe lewe aanvaar en hulle het geen tyd verloor deur luiheid of ontevredenheid nie. Ofskoon armoede hulle menigmaal gedruk het, het hulle God gedank vir Sy seëninge wat Hy hulle nog geskenk het, en hulle het genot gevind in die beoefening van onbelemmerde geestelike gemeenskap. “Hulle het geweet dat hulle pelgrims was en hulle het nie veel op hierdie dinge gelet nie, maar hulle het hulle oë opgehef na die hemel, hulle geliefde land, en hulle gemoed tot bedaring gebring.”— Bancroft, Deel I, hoofstuk 12, para 15.GS 333.1

    Te midde van die verbanning en moeite het hulle geloof en liefde vermeerder. Hulle het op die beloftes van die Here vertrou, en Hy het hulle nie in die steek gelaat in tye van nood nie. Sy engele het hulle bygestaan om hulle te bemoedig en hulle te ondersteun. En toe Gods hand hulle na die oorkant van die see skyn te wys, na ‘n land waar hulle vir hulle ‘n staat kon stig en aan hulle kinders die kosbare erfenis van godsdiensvryheid sou kon nalaat, het hulle sonder aarseling die pad van die Voorsienigheid gekies.GS 333.2

    God het toegelaat dat beproewing Sy volk tref om hulle voor te berei op die vervulling van Sy genadige planne met hulle. Die kerk was verneder sodat hy verhoog kon word. God het op die punt gestaan om Sy mag ten behoewe van die kerk te toon, om die wêreld nog ‘n verdere bewys te gee dat Hy diegene wat hulle vertroue op Hom stel nie sal verlaat nie. Hy het die loop van gebeurtenisse so beskik dat die woede van Satan en die oorleggings van bose mense saamgewerk het om Sy eer te verhoog en Sy volk na ‘n veilige plek te bring. Vervolging en verbanning het die weg tot vryheid geopen.GS 333.3

    Toe hulle in die eerste plek verplig was om hulle van die Engelse Kerk af te skei, het die Puriteine hulle saam verbind deur ‘n plegtige verbond dat hulle as Gods vrye volk “In al Sy weë wat hulle geken het, of wat nog aan hulle sou openbaar word, sou wandel.”—Brown, J., “The Pilgrim Fathers,” bl. 74. Dit was die ware hervormingsgees, die hoofbeginsel van die Protestantisme. Dit was met hierdie doel dat die pelgrims uit Holland vertrek het om ‘n tuiste in die Xuwe Wêreld te gaan soek. John Robinson, hulle leraar, wat deur omstandighede verhinder is om hulle te vergesel, het die uitgewekenes in sy afskeidsrede as volg toegespreek:GS 333.4

    “Broeders, eerlank sal ons moet skei, en die Here alleen weet of ek julle ooit weer sal sien. Maar of ek julle weer sien of nie vermaan ek julle voor God en Sy geseënde engele om my nie verder te volg as wat ek Christus gevolg het nie. As die Here deur enige van Sy werktuie iets aan julle openbaar, wees dan net so gereed om dit aan te neem, as wat julle ooit was om enige waarheid van my aan te neem; want ek is seker dat die Here nog meer waarheid en lig het om uit Sy heilige word te laat voortskyn.”— Martyn, Deel V, bl. 70.GS 334.1

    “Wat my betref, kan ek die toestand van die hervormde kerke nie genoeg betreur nie, wat op godsdienstige gebied tot ‘n sekere punt gekom het en wat nou nie verder wil gaan as die bewerkers van hulle hervorming nie. Die Lutherane kan nie verder gelei, word as wat Luther gesien het nie; . . . en die Calviniste blysteek, soos julle sien, waar hulle gelaat is deur daardie groot godsman wat tog nie alle dinge gesien het nie. Dit is ‘n betreurenswaardige toestand; want hoewel hulle skynende ligte in hulle tyd was, het hulle nie tot die hele raad van God deurgedring nie; maar as hulle vandag geleef het, sou hulle net so gewillig wees om verdere lig aan te neem as wat hulle was om die eerste te ontvang.”—Neal, D., “History of the Puritans,” Deel I, bl. 269 (twee-deel-uitgawe 1848).GS 334.2

    “Gedenk aan die verbond van julle kerk waarvolgens julle ooreengekom het om in die weë van die Here te wandel wat aan julle bekend gemaak is. Gedenk aan julle belofte en julle verbond met God en met mekaar, om alle lig en waarheid aan te neem wat aan julle geopenbaar sal word deur Sy geskrewe woord; maar ek smeek julle, pas op wat julle as waarheid aanneem; bepeins dit en vergelyk dit met ander Skrifgedeeltes voordat julle dit aanneem; want dit is nie moontlik dat die Christelike wêreld wat so kort gelede uit stikdonkere, antichristelike duisternis gekom het die voile kennis van die waarheid meteens sou ken nie.” — Martyn, Deel V, bls. 70, 71.GS 334.3

    Dit was die verlange na gewetensvryheid wat die Pelgrims aangespoor het om die gevare van die lang seereis te trotseer, om die moeilikhede en gevare van die wildernis te verduur, en om met die seen van God op die kuste van Amerika die fondament van ‘n magtige volk te lê. Maar, eerlik en godvresend soos hulle was, het die Pelgrims die groot grondbeginsel van godsdienstige verdraagsaamheid nog nie begryp nie. Die vryheid waarvoor hulle soveel opgeoffer het, was hulle nie bereid om in gelyke mate aan ander toe te staan nie. “Baie min, selfs van die vernaamste dinkers en sedemeesters van die sewentiende eeu, het ‘n regte begrip van hierdie groot beginsel gehad — die uitvoeisel van die Nuwe Testament — wat God erken as die enigste beoordelaar van die menslike geloof.”— Idem, bl. 297.Die leer, dat God aan die kerk die reg gegee het om oor die gewete te heers, om kettery te omskryf en te straf, is een van die diepgeworteldste van die pouslike dwalings. Terwyl die Hervormers die leer van Rome verwerp het, was hulle nie vry van sy onverdraagsame gees nie. Die groot duisternis waarin die pousdom gedurende die lang eeue van sy regering die hele Christendom gehul het, was selfs nou nog nie heeltemal verdryf nie. Een van die eerste predikante in die kolonie by Massachusettesbaai het hom as volg uitgelaat: “Dit was verdraagsaamheid wat die wêreld antichristelik gemaak het, en die kerk het nog nooit skade gely deur ketters te bestraf nie.”— Idem., bl. 335.Die koloniste het hierdie reel aanvaar, naamlik dat alleen die lede van die kerk ‘n stem moes hê in die burgerlike regering. Daar is ‘n soort van staatskerk gestig; van al die mense is daar ‘n bydrae geëis vir die onderhoud van predikante, en daar is aan die magistrate opgedra om kettery te onderdruk. Op hierdie manier het burgerlike mag in hande van die kerk gekom. Dit het nie lank geduur voordat hierdie maatreël tot die onvermydelike gevolg daarvan gelei het nie, naamlik vervolging.GS 335.1

    Elf jaar na die stigting van die eerste kolonie het Roger Williams na die Nuwe Wêreld gekom. Net soos die eerste Pelgrims het hy gekom om godsdienstige vryheid te geniet; maar anders as die ander het hy gesien — wat so min in sy tyd gesien het — dat hierdie vryheid die onvervreembare reg van almal was wat hulle geloof ookal mag wees. Hy was ‘n ernstige soeker na die waarheid en saam met Robinson was hy die sienswyse toegedaan dat al die lig uit Gods woord nog nie ontvang was nie. Williams “was die eerste persoon in die moderne Christenheid wat die burgerlike regering op die leer van gewetensvryheid en gelykheid van opinies voor die wet wou bevestig.”— Bancroft, Deel I, hoojstuk 15, para. 16.Hy het verklaar dat dit die plig van die magistraat was om misdade teen te gaan, maar geensins om die gewete aan bande te lê nie. “Die publiek of die magistrate moet beslis,” het hy gesê“ “wat die mens aan sy medemens verskuldig is; maar wanneer hulle trag om die pligte van die mens teenoor God voor te skryf, gaan hulle hulle roeping te buite, en daar kan geen veiligheid wees nie; want dit is duidelik dat as die magistrate die mag sou hê, hulle vandag die een stel menings of geloofspunte kan voorskryf, en more weer ‘n ander, soos in Engeland gedoen is deur verskillende konings en koninginne, en deur die verskillende pouse en raadsvergaderings van die Roomse Kerk — iets wat die geloof in groot verwarring sou bring.”— Martyn, Deel V, bl. 340.GS 336.1

    Die bywoning van die dienste van die erkende kerk is op straf van boete of tronkstraf verpligtend gemaak. “Williams het hierdie wet afgekeur; die slegste bepaling in die Engelse wetboek was die een wat slegs die bywoning van die wykskerk verpligtend gemaak het. Om mense te dwing om hulle te verenig met diegene wat ‘n ander belydenis toegedaan is, het hy as ‘n openlike verkragting van hulle natuurlike regte beskou; om die onwilliges en ongodsdienstiges na ‘n openbare erediens te dwing was niks minders as om huigelary te vereis nie. . . . ,Niemand,’ het hy gesê, ,behoort teen sy wil gedwing te word om aan ‘n erediens deel te neem of enige erediens te handhaaf nie.’ ,Is die arbeider dan nie sy loon werd nie?’ het sy teenstanders verbaas oor sy stelling uitgeroep. ,Ja,’ het hy geantwoord, ,van diegene wat hom huur.’ “—Bancroft, Deel I, hoojstuk 15, para. 2.GS 337.1

    Roger Williams is geëer en bemin as ‘n getroue prediker, ‘n man van buitengewone begaafdheid, van onwankelbare regskapenheid en mildadigheid; maar tog kon die mense sy onwrikbare weiering om die reg van die magistrate op gesag oor die kerk te herken, en sy eis om godsdiensvryheid, nie gedoog nie. Die toepassing van hierdie nuwe leer, het hulle gesê, “sou die grondslag van die staat en die bestuur van die land omverwerp.”— Idem., para. 10. Hy is veroordeel tot verbanning uit die kolonies, en moes eindelik, om inhegtenisneming te voorkom, in die koue en storms van die winter na die woude vlug.GS 337.2

    “Vir veertien weke lank,” het hy gesê, “moes ek in die bitter koue ronddool sonder om te weet wat brood of bed be-teken. Maar die kraaie het my in die wildernis gevoed,” en ‘n hoi boom het gedien as skuilplek.—Martyn, Deel V, bls. 349, 350. So het hy sy pynlike vlug voortgesit in die sneeu en padlose bosse totdat hy herberg gevind het by ‘n Indiaanse stam wie se vertroue en toegeneëntheid hy gewin het terwyl hy getrag het om aan hulle die waarhede van die evangelie te leer.GS 337.3

    Na maande se wederwaardighede en ronddolery het hy eindelik aan die kus van Narragansettbaai uitgekom waar hy die grondslag gelê het van die eerste staat in moderne tye wat godsdiens— vryheid in die volste sin erken het. Die grondbeginsel van Roger Williams se kolonie wat “dat iedereen die reg sou hê om God te dien volgens die lig van sy eie gewete.”— Martyn, Deel V, bl. 354. Sy klein staatjie, Rhode Island, het die toevlugsoord geword van verdruktes, en dit het gegroei en gebloei totdat die grondbeginsels daarvan — naamlik burgerlike en godsdiensvryheid — die hoekstene geword het van die Amerikaanse Republiek.GS 337.4

    In daardie uitstekende dokument, wat die voorvaders van die Amerikaanse volk as die uiteensetting van hulle regte erken het — die Onafhanklikheidsverklaring — het hulle verklaar: “Ons verklaar dat hierdie waarhede vanselfsprekend is, dat alle mense gelyk geskape is; dat hulle deur hulle Skepper met sekere onvervreembare regte toegerus is; waaronder die lewe, die vryheid, en die geluk is.” En die Konstitusie waarborg in die duidelikste bewoording die onskendbaarheid van die gewete: “Vir ‘n openbare betrekking in die Verenigde State sal daar nooit bewys gevra word van godsdienstige oortuiging nie.” “Die Kongres sal geen wet maak waardeur godsdiens vasgestel word of die vrye beoefening daarvan verbied word nie.”GS 338.1

    “Die opstellers van die Konstitusie het die ewige beginsels erken dat die mens se verhouding tot sy God bokant menslike wetgewings staan, en dat sy regte op gewetensvryheid onvervreembaar is. Daar is geen redenering nodig om hierdie waarheid te bevestig nie; in ons eie gemoed is ons daarvan bewus. Dit is hierdie bewussyn wat soveel martelare te midde van foltering en vlamme staande gehou het in weerwil van menslike wette. Hulle het gevoel dat hulle plig teenoor God bokant menslike verordeninge gestaan het, en dat geen mens gesag kon voer oor hulle gewete nie. Dit is ‘n ingebore beginsel wat deur niks vernietig kan word nie.” —“Congressional Documents (U.S.A.), Serial No. 200, Document No. 271.”GS 338.2

    Namate die waarheid deur die Europese lande versprei het, dat daar ‘n land was waar elkeen die vrugte van sy eie arbeid kon geniet, en gehoor kon gee aan die inspraak van sy eie gewete, het duisende na die kuste van die Nuwe Wêreld gestroom. Die kolonies het vinnig vermeerder. “Deur ‘n spesiale wet het Massachusettes, op koste van die publiek, ‘n vrye verwelkoming, en hulp aangebied aan die Christene van alle nasionaliteite wat oor die Atlantiese Oseaan mag vlug ,om aan oorloë of hongersnood te ontkom of aan die verdrukking van hulle vervolgers.’ Op hierdie manier is die vlugtelinge en verstotelinge deur die wet die gaste van die gemenebes gemaak.”— Martyn, Deel V, bl. 417.Binne twintig jaar na die eerste Pelgrims by Plymouth aan wal gestap het, het daar net soveel duisende hulle in New England gevestig.GS 338.3

    Om die doel wat hulle hulle gestel het te bereik, “was hulle tevrede om slegs die allernodigste dinge te verdien deur ‘n lewe van spaarsaamheid en vlyt. Hulle het niks van die grond geëis behalwe ‘n redelike oes op hulle arbeid nie. Geen goue visioen het ‘n bedrieglike stralekrans op hulle pad laat skyn nie. . . . Hulle was tevrede met die langsame, dog sekere, vooruitgang van hulle sosiale beleid. Geduldig het hulle die ontberings verduur van die wildernis, en hulle het die vryheidsboom bevogtig met hulle trane en die sweet van hulle aanskyn, totdat hy diep wortel geskiet het in die land.”GS 339.1

    Hulle het die Bybel as fondament van hulle geloof, die bron van wysheid, en die grondwet van vryheid gehandhaaf. In die ouerlike huis, in die skool en die kerk is die beginsels daarvan ywerig onderwys, en die vrugte daarvan is geopenbaar in voorspoed, intelligensie, reinheid en matigheid. Mens kon jare in die Puriteinse nedersettings deurbring “Sonder om ‘n dronkaard te sien, ‘n vloekwoord te hoor, of ‘n bedelaar teë te kom.” Bancroft, Deel I, hoofstuk 19, para. 25.Daar is getoon dat die grondbeginsels van die Bybel die sekerste waarborge van nasionale grootheid is. Die swakke en afgesonderde kolonies het aangegroei tot ‘n Unie van magtige State; en die wêreld het met bewondering die vrede en voorspoed aanskou van “‘n kerk sonder Pous en ‘n staat sonder koning.”GS 339.2

    Steeds meer en meer mense is tot die kuste van Amerika aangetrek, aangespoor deur beweegredes wat baie verskil het van die eerste Pelgrims. Ofskoon primitiewe geloof en reinheid groot en vormende krag uitgeoefen het, het die invloed daarvan steeds minder en minder geword namate die getalle toegeneem het wat slegs op wêreldse voordeel uit was.GS 339.3

    Die reel wat deur die eerste koloniste aangeneem is dat alleen lede van die kerk stemgeregtig was of burgelike betrekkings kon beklee, het uiters verderflike gevolge gehad. Hierdie maatreël is getref as ‘n middel tot bewaring van die reinheid van die staat, maar die gevolg daarvan was die verwording van die kerk. Aangesien ‘n belydenis van godsdiens die voorwaarde was vir stemreg of ampsbekleding, het baie besluit, wie se enigste beweegrede wêreldse voordeel was, om by die kerk aan te sluit sonder ‘n verandering van die hart. As gevolg hiervan het die kerk, vir ‘n groot deel, uit onbekeerde persone bestaan; selfs onder die geestelikes was daar diegene wat nie alleen dwaalleer geglo het nie, maar wat ook die vernuwende krag van die Heilige Gees nie geken het nie. Hierdeur is die slegte gevolge gesien wat so baiemaal in die kerkgeskiedenis geopenbaar is sedert die dae van Konstantyn tot op die teenwoordige tyd, van pogings om die kerk op te bou met behulp van die staat, of die hulp van wêreldlike mag in te roep tot ondersteuning van die evangelie van Hom wat verklaar het: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” Joh. 18: 36. Die vereniging van kerk en staat, in watter geringe mate dit ook mag geskied, bring in werklikheid die kerk slegs nader aan die wêreld, al skyn dit ook of die wêreld nader aan die kerk gebring word.GS 339.4

    Die groot beginsels wat deur Robinson en Roger Williams op so ‘n waardige wyse bepleit is, naamlik dat die waarheid progressief is en dat Christene gereed moet staan om alle lig aan te neem wat uit Gods woord mag skyn, is deur hulle nakomelinge uit die oog verloor. Die Protestantse kerke van Amerika en ook die van Europa, wat so hoog bevoorreg was deur die seëninge van die Reformasie, het geen vordering op die pad van hervorming gemaak nie. Ofskoon daar van tyd tot tyd enkele getroue manne opgestaan het wat nuwe waarhede verkondig het en lankgekoesterde dwalings blootgelê het, was die meerderheid, soos die Jode in Christus se tyd, of die pousgesindes in Luther se dae, tevrede om te glo wat hulle vaders geglo het, en te leef soos hulle vaders geleef het. Daarom het die godsdiens weer in blote vorm ontaard; en dwaalleer en bygeloof wat sou uitgewerp gewees het as die kerk aangehou het om in die lig van Gods woord te wandel, is behou en gekoester. So dan het die gees wat deur die Hervorming aangewakker is, langsamerhand uitgesterf, totdat daar byna net so ‘n groot behoefte aan hervorming in die Protestantse kerke was as in die Roomse Kerk in die tyd van Luther. Daar was dieselfde wêreldsgesindheid en geestlike doodsheid, en net so ‘n gesag vir die mening van mense, en die vervanging van die leer van Gods woord deur die teorieë van mense.GS 340.1

    Die groot verspreiding van die Bybel in die eerste helfte van die negentiende eeu, en die groot lig wat daar dus op die wêreld geskyn het, is nie gevolg deur gelykstaande vooruitgang en kennis van geopenbaarde waarheid of proefondervindelike godsdiens nie. Satan kon nie. soos in vorige eeue, Gods woord van die mense weghou nie; dit is in bereik van almal geplaas; maar om sy doel te bereik het hy baie daartoe gebring om dit gering te ag. Die mense het die ondersoek van die Skrifte verwaarloos, en daarom het hulle aangehou om valse verklarings aan te neem en om leerstellings te koester wat geen grond in die Bybel gehad het nie.GS 341.1

    Beseffende die mislukking van sy pogings om die waarheid deur vervolging uit te roei, het Satan andermaal sy toevlug geneem tot die plan van minlike skikking (kompromis) wat ontwikkel het in die groot afval en die stigting van die Kerk van Rome. Hy het Christene beweeg om hulle self te verbind, nie nou met heidene nie, maar met diegene wat deur hulle gehegtheid aan die dinge van hierdie wêreld hulleself as afgodedienaars bewys het net so gewis as die aanbidders van beelde. En die gevolge van hierdie verbintenis was nou nie minder verderflik as in vorige eeue nie; hoogmoed en oordaad is aangemoedig onder die skyn van godsdiens, en verderf het in die kerke gekom. Satan het voortgegaan om die leerstellings van die Bybel te verdraai, en oorlewerings wat miljoene in die verderf sou lei, het diep wortelgeskiet. Die kerk het hierdie oorlewerings ondersteun en verdedig liewer as om “te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.” So is die beginsels verlaag waarvoor die Hervormers soveel gedoen en gely het.GS 341.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents