Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 23—Wat Is Die Heiligdom?

    DIE skriftuur wat meer as enige ander die fondament en hoofpilaar van die Adventgeloof is, is die verklaring, “Twee duisend drie honderd aande en mores, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.” Dan. 8: 14. Hierdie woorde was welbekend aan alle gelowiges in die Here se spoedige wederkoms. Die lippe van duisende het hierdie profesie herhaal as die wagwoord van hulle geloof. Almal het gevoel dat hulle heerlikste verwagtings en gekoesterde hoop berus het op die gebeurtenisse wat daarin voorspel is. Dit is aangetoon dat hierdie profetiese dae in die herfs van 1844 sou eindig. Saam met die res van die Christenwêreld, het Adventiste geglo dat die aarde, of ‘n deel daarvan, die heiligdom was. Hulle het verstaan dat die reiniging van die heiligdom die loutering van die aarde deur vuur sou wees op die laaste groot dag, en dat dit sou plaasvind tydens die tweede koms — daarom die gevolgtrekking dat Christus in die jaar 1844 sou terugkom.GS 467.1

    Maar die vasgestelde tyd het verbygegaan en die Here het nie gekom nie. Die gelowiges het geweet dat Gods woord nooit kon faal nie; dit moes hulle verklaring van die profesie wees wat verkeerd is; maar waar was hulle fout? Vele wou uit die moeilikheid kom deur te ontken dat die 2,300 dae in 1844 geëindig het. Hulle kon geen rede hiervoor gee nie behalwe die feit dat Christus nie gekom het op die tyd dat Hy verwag is nie. Hulle het aangevoer dat as die profetiese dae in 1844 geëindig het, Christus dan sou gekom het om die heiligdom te reinig deur die loutering van die aarde deur vuur; en aangesien Hy nie gekom het nie, kon daardie dae nie beëindig wees nie.GS 468.1

    Om hierdie gevolgtrekking te aanvaar, sou ‘n verwerping beteken het van die vorige berekening van die profetiese tydperke. Dit is bevind dat die 2,300 dae begin het toe die bevel van Artasasta vir die herbouing van Jerusalem in die herfs van die jaar 457 v.C. in werking getree het. Dit as aanvangspunt nemende, was daar volkome eenstemmigheid in die toepassing van al die gebeurtenisse wat voorspel is in die verklaring van daardie tydperk in Daniel 9: 25-27. Nege-en-sestig weke, die eerste 483 jaar van die 2,300 jaar, sou reik tot die Messias, die Gesalfde; en Christus se doop en salwing met die Heilige Gees in die jaar 27 n.C. het presies ingepas. In die helfte van die sewentigste week sou die Messias uitgeroei word. Drie en ‘n half jaar na Sy doop is Christus gekruisig, naamlik in die lente van die jaar 31 n.C. Die sewentig weke, of 490 jaar, was bestem spesiaal vir die Jode. Met die verstryking van hierdie tydperk het daardie volk sy verwerping van Christus verseël deur die vervolging van Sy dissipels, en die apostels het hulle in die jaar 34 n.C. tot die heidene gewend. Met die eerste 490 jaar van die 2,300 verstreke, het daar nog 1810 jaar oorgebly. Van die jaar 34 n.C. af sou 1810 jaar reik tot 1844. “Dan,” het die engel gesê, “sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.” Al die voorafgaande spesifikasies van die profesie is presies vervul op die bepaalde tyd.GS 468.2

    Volgens hierdie berekening was alles duidelik behalwe dat daar nie gesien is dat ‘n gebeurtenis wat ooreenstem met die reiniging van die heiligdom, in die jaar 1844 plaasgevind het nie. Om te ontken dat die dae toe geëindig het, was om die hele saak in verwarring te bring en stellings te ontwyk wat onteenseglik bewys is deur vervulde profesieë.GS 468.3

    Maar God het Sy volk gelei in die groot Adventbeweging. Sy krag en heerlikheid was met die werk, en Hy sou nie toelaat dat dit in ‘n duisternis en teleurstelling eindig, en dat dit bestempel sou word as ‘n valse en fanatieke opwinding nie. Hy sou Sy woord nie in twyfel en in onsekerheid laat nie. Hoewel vele die berekening wat hulle eers gemaak het van die profetiese tydperke opgegee het, en die beweging wat daarop gebaseer was, ontken het, was ander onwillig om die punte van hulle geloof op te gee wat deur die Skrifte en deur die getuienis van die Gees -van God bevestig is. Hulle het geglo dat die beginsels van skrifverklaring wat hulle gevolg het in hulle ondersoek van die profesieë gesond was, en dat dit hulle plig was om die waarhede wat hulle ontdek het, vas te hou en voort te gaan met die Bybelondersoek op die weg wat hulle ingeslaan het. Hulle het biddend hulle stelling ondersoek, en die Skrifte weer nagegaan om hulle fout te ontdek. Daar hulle geen fout kon vind in hulle berekening van die profetiese tydperke nie, is hulle daartoe gebring om die onderwerp van die heiligdom deegliker te ondersoek.GS 469.1

    In hulle ondersoek het hulle ontdek dat daar geen skriftuurlike bewys is vir die algemene beskouing dat die aarde die heiligdom is nie; maar in die Bybel het hulle ‘n voile uiteensetting in verband met die heiligdom ontdek, sy aard, sy plek, en sy dienste; die getuienis van die gewyde skrywers was so volledig en duidelik dat daar geen twyfel meer omtrent die saak bestaan het nie. In sy brief aan die Hebreërs sê die apostel Paulus: “So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aaron wat gebloei het en die tafels van die verbond; en daarbo-op die gerubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het.” Heb. 9:1-5 Die heiligdom waarna Paulus hier verwys het, was die tabernakel wat deur Moses op bevel van God opgerig is as die aardse woonplek van die Allerhoogste. “Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek onder hulle kan woon.” Ex. 25: 8. Dit was die bevel wat aan Moses gegee is terwyl hy op die berg by God was. Die Israeliete was op reis deur die woestyn, en die tabernakel was so gemaak dat dit van plek tot plek vervoer kon word; maar nogtans was dit baie pragtig. Die mure het bestaan uit planke wat regop gestaan het, swaar oordek met goud, en hulle het in silwer groewe gerus, en die dak het uit ‘n aantal gordyne, of oortreksels bestaan; die buitenste laag was van velle en die binneste van fynlinne pragtig uitgewerk met figure van gerubs. Behalwe die voorhof waar die brandofferaltaar gestaan het, het die tabernakel self uit twee afdelings bestaan, genoem die Heilige en die Allerheiligste plek, wat van mekaar geskei is deur ‘n pragtige gordyn of voorhangsel; ‘n dergelike voorhangsel het voor die ingang van die eerste afdeling gehang.GS 469.2

    Aan die suidekant van die Heilige plek was die kandelaar met sewe lampe wat die Heiligdom beide dag en nag verlig het; aan die noordekant was die tafel met toonbrode; en voor die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste plek geskei het, was die goue brandofferaltaar, vanwaar ‘n w’olk van wierook, die gebede van Israel, daeliks tot God opgestyg het.GS 470.1

    In die Allerheiligste plek was die verbondsark, ‘n kis van pragtige hout met goud oordek, die bêreplek van die twee kliptafels waarop God die wet van tien gebooie geskryf het. Bokant die ark en deeluitmakende van die heilige kis, was die versoendeksel, ‘n pragtige stuk handewerk, aan elke kant w’aarvan twee gerubs van soliede goud gestaan het. In hierdie afdeling is die goddelike teenwoordigheid geopenbaar in ‘n wolk van heerlikheid tussen die twee gerubs.GS 470.2

    Nadat die Hebreërs in Kanaán gevestig was, is die tabernakel vervang deur die tempel van Salomo, w’at, hoewel die gebou op groot skaal was, afmetings na verhouding gehad het en wat op dergelike wyse uitgerus was. In hierdie vorm het die heiligdom voortbestaan —• behalwe gedurende die tyd dat dit in puin was in die dae van Daniel — totdat dit deur die Romeine in die jaar 70 n.C. verwoes is. Dit is die enigste heiligdom waarvan ons in die Bybel lees, vat ooit op die aarde bestaan het. Paulus het verklaar dat dit die heiligdom van die eerste verbond was. Maar het die nuwe erbond dan nie ook ‘n heiligdom nie?GS 470.3

    Op verdere ondersoek van Hebreërs is daar ontdek dat ‘n weede, ‘n heiligdom van die nuwe verbond, veronderstel is deur lie woorde van Paulus wat reeds aangehaal is: “So dan het die íerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse leiligdom gehad.” Die woordjie “asook” veronderstel dat Paulus al voorheen van hierdie heiligdom gepraat het. Hulle het teruggeblaai na die begin van die agste hoofstuk en daar het hulle gelees: “Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dit: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, ‘n bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.” Heb. 8: 1, 2.GS 471.1

    Hier is die heiligdom van die nuwe verbond geopenbaar. Die heiligdom van die eerste verbond is deur die mens opgerig, deur Moses gebou; hierdie een is deur die Here opgerig en nie deur ‘n mens nie. In eersgenoemde heiligdom het aardse priesters diens gedoen; in laasgenoemde doen Christus, ons Hoëpriester, diens aan die regterhand van God. Die een heiligdom was op aarde, en die ander een in die hemel.GS 471.2

    En wat meer is, is die tabernakel wat deur Moses opgerig is volgens ‘n sekere patroon gemaak. Die Here het horn beveel: “Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.” Weer is die bevel herhaal, “En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die “berg getoon is.” Exod. 25:9, 40. En van die eerste tabernakel sê Paulus, “Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word”; dat die heilige plekke daarvan “afbeeldinge [was] van die dinge in die hemele”; dat die priester wat gawes geoffer het volgens die wet “‘n afbeeldsel en skaduwee van hemelse dinge” bedien het, en “Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teenbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Heb. 9: 9, 23; 8: 5; 9: 24.GS 471.3

    Die heiligdom in die hemel waar Christus ten behoewe van ons dien, is die oorspronklike, waarvan die heiligdom wat deur Moses opgerig is, ‘n afbeeldsel was. God het Sy Gees uitgestort op die bouers van die aardse heiligdom. Die kuns wat aan die dag gelê is in die oprigting daarvan was ‘n openbaring van goddelike wysheid. Die mure het soos soliede goud gelyk en het die lig van die sewe lampe van die goue kandelaar in alle rigtings weerkaats. Die tafel met toonbrode en die wierookaltaar het geglinster soos blink goud. Die pragtige gordyn wat as plafon gedien het, uitgewerk met figure van engele in blou en purper en skarlaken het bygedra tot die skoonheid van alles. En binnekant die tweede voorhangsel was die heilige skynsel, die sigbare openbaring van Gods heerlikheid, waar die hoëpriester alleen kon ingaan en nog leef.GS 472.1

    Die weergalose heerlikheid van die aardse tabernakel het vir die menslike oog die heerlikheid van die hemelse tempel weerkaats, waar Christus ons voorgegaan het en vir ons dien voor die troon van God. Die woonplek van die Koning van die konings, waar duisendmaal duisend voor Hom dien, en tienduisendmaal tienduisend voor Hom staan (Dan. 7: 10); daardie tempel. vervul met die heerlikheid van die ewige troon, waar serais, sy blinkende bewakers, hulle gesigte in aanbidding bedek, kon, in die pragtigste gebou wat ooit deur menslike hande opgerig is, maar ‘n floue weerkaatsing vind van Sy grootsheid en heerlikheid. Maar nogtans was daar groot waarhede geleer aangaande die hemelse heiligdom, en die groot werk wat daar gedoen word vir die verlossing van die mens, deur die aardse heiligdom en sy dienste.GS 472.2

    Die heilige plekke van die hemelse heiligdom was voorgestel deur die twee afdelings van die aardse heiligdom. Toe Johannes in ‘n gesig ‘n blik gekry het op die tempel van God in die hemel, het hy daar gesien “Sewe vuurfakkels wat voor die troon van God gebrand het.” Openb. 4: 5. Verder sê hy, “‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê.” Openb. 8: 3. Hier is die profeet toegelaat om die eerste afdeling van die hemelse heiligdom te sien; en daar het hy “sewe vuurfakkels” ea die “goue wierookbak,” gesien, voorgestel deur die goue kanelaar en die reukofferaltaar van die aardse heiligdom. Weer sê hy, “en die tempel van God het oopgegaan in die hemel,” en hy het agter die binneste voorhangsel ingekyk, in die Allerheiligste plek. Hier het hy “die verbondsark” gesien, voorgestel deur die ark wat deur Moses gemaak is vir die wet van God. (Openb. 1: 19.)GS 472.3

    So het diegene dan wat die onderwerp ondersoek het onomstootlike bewys gevind van die bestaan van die heiligdom in lie hemel. Moses het die aardse heiligdom gemaak volgens ‘n patroon wat aan hom getoon is. Paulus leer ons dat dit ‘n afbeeldsel was van die ware heiligdom in die hemel. Johannes getuig dat hy die heiligdom in die hemel gesien het.GS 473.1

    In die tempel in die hemel, die woonplek van God, is Sy troon bevestig in geregtigheid en oordeel. In die Allerheiligste plek is Sy wet, die groot maatstaf van reg waaraan die ganse mensheid getoets sal word. Die ark waarin die tafels van die wet is, is bedek met die versoendeksel waar Christus Sy bloed pleit ten behoewe van die sondaar. Hier het ons dus ‘n voorstelling van die vereniging van geregtigheid en genade in die verlossingsplan. Hierdie vereniging kon alleen deur goddelike wysheid bedenk en uitgewerk word. Dit is ‘n vereniging wat die ganse hemel met bewondering en aanbidding vervul. Die gerubs van die aardse heiligdom, wat eerbiedig hulle oë rig op die versoendeksel, stel die belangstelling voor waarmee die hehemelse leërskare die verlossingswerk bejeën. Dit is die verborgenheid van genade, wat die engele graag wil verstaan, naamlik dat God regverdig kan wees terwyl Hy nogtans die boetvaardige sondaar regverdig en sy omgang met die gevalle menslike geslag hernuwe; en dat Christus kon neerbuig om ontelbare menigtes uit die afgrond van sonde op te rig, en hulle te beklee met die vleklose kleed van Sy eie geregtigheid om hulle weer te herenig met engele wat nooit gesondig het nie, sodat hulle vir ewig in die teenwoordigheid van God kan woon.GS 473.2

    Die werk van Christus as voorspraak van die mens is voorgestel in daardie pragtige profesie van Sagaria, waar Hy die “SPRUIT” genoem is. Die profeet sê: “Hy sal die tempel van die Here bou, en Hy sal majesteit verkry en sit om te heers op Sy troon [Sy Vader s’n]; ook sal Hy ‘n priester wees op Sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.” Sag.6: 12, 13.GS 473.3

    “Hy sal die tempel van die Here bou.” Deur Sy soenoffer en middelaarskap is Christus beide die fondament en die bouer van die kerk. Die apostel Paulus wys Hom aan as “die hoeksteen ... in wie die hele gebou, saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempd in die Here, in wie julle ook saam opgebou word ... tot ‘n woning van God in die gees.” Efe. 2: 20-22.GS 474.1

    “Hy sal majesteit verkry.” Aan Christus behoort die heerlikheid van die verlossing van die gevalle mensdom. Deur die ewigheid heen sal die lied van die verlostes wees: “Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed . . . aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid.” Openb. 1:5, 6.GS 474.2

    Hy sal “sit om te heers op Sy troon; ook sal Hy ‘n priester wees op Sy troon.” Maar nie nou op die troon van heerlikheid nie; want die koninkryk van heerlikheid is nog nie opgerig nie. Eers wanneer Sy middelaarswerk beëindig is, sal God “aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee,” ‘n koninkryk waaraan daar ,.geen end sal wees nie.” Lukas 1: 32, 33. As priester sit Christus nou op Sy Vader se troon. (Openb. 3: 21.) Op die troon saam met die Ewige, selfbestaande Een, sit Hy wat “Ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte” gedra het, wat “in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde,” sodat Hy “dié [kan] help wat versoek word.” (Jes. 53: 4; Heb. 4: 15; 2: 18.) “En as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader.” 1 Joh. 2: 1. Hy tree vir ons in met ‘n gebroke liggaam en ‘n vleklose lewe. Die verwonde hande, die deursteekte sy, die geskeurde voete, pleit vir die gevalle mens, wie se verlossing teen so ‘n oneindige prys gekoop is.GS 474.3

    “En die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.” Die liefde van die Vader, nie minder as die van die Seun nie, is die grondslag van die verlossing van die mens. Voordat Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy aan Sy dissipels gesê. “Ek sê die vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; want die Vader Self het julle lief.” Joh. 16: 26, 27. “God het in christus die wêreld met Homself versoen.” 2 Kor. 9: 15. En in iie bediening in die heiligdom daarbo, “sal die raad van vrede gussen hulle twee bestaan.” “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3: 16.GS 474.4

    Die vraag: Wat is die heiligdom? word duidelik beantwoord in die Skrifte. Die benaming “heiligdom” soos in die Bybel gebruik, het in die eerste plek betrekking op die tabernakel wat deur Moses gebou is as afbeeldsel van hemelse dinge; en in iie tweede plek op die “ware tabernakel” in die hemel waarvan die aardse heiligdom ‘n tipe was. By die dood van Christus het die sinnebeeldige diens geëindig. Die “ware tabernakel” in die hemel is die heiligdom van die nuwe verbond. En daar die profesie van Daniel 8: 14 in hierdie bedeling vervul is, moet die hieiligdom waarna daar verwys word die heiligdom van die nuwe verbond wees. Aan die einde van die 2,300 dae, in 1844, was daar op die aarde vir eeue reeds geen heiligdom meer nie. Die profesie, “twee duisend drie honderd aande en mores, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word,” het ongetwyfeld betrekking op die hemelse heiligdom.GS 475.1

    Maar die belangrikste vraag wag nog op ‘n antwoord: Wat is die reiniging van die heiligdom? Dat daar so ‘n diens in verband met die aardse heiligdom was, lees ons in die Ou Testamentiese Skrifte. Maar kan daar iets in die hemel wees wat gereinig moet word? In Hebreërs 9, word die reiniging van beide die aardse en die hemelse heiligdom duidelik geleer. “En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers (die bloed van diere) moes gereinig word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie,” naamlik die kosbare bloed van Christus. Heb. 9: 22, 23.GS 475.2

    Die reiniging, beide in die sinnebeeldige en ware dienste, moet deur bloed geskied: in die eerste geval, deur die bloed van diere; en in die tweede geval deur die bloed van Christus. Paulus sê dat die rede waarom hierdie reiniging met bloed moet geskied, is dat daar sonder bloedvergieting geen vergijnis plaasvind nie. Vergifnis, of die verwydering van sonde, is die werk wat gedoen moet word. Maar hoe kan daar sonde in die heiligdom wees — in beide die hemelse en die aardse? Hierdie vraag word beantwoord deur die sinnebeeldige diens; want die priesters wat op die aarde gedien het, het gedien volgens “‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge.” Heb. 8: S.GS 475.3

    Die werk in die aardse heiligdom het in twee dele bestaan; die priesters het daeliks in die Heilige plek gedien, terwyl die hoëpriester eenmaal per jaar ‘n spesiale werk van versoening gedoen het in die Allerheiligste plek, vir die reiniging van die heiligdom. Dag na dag het die boetvaardige sondaar sy slagoffer na die ingang van die tabernakel gebring, en deur sy hande op die slagoffer se kop te plaas het hy sy sondes bely, en het hy dus in beeld sy sondes oorgedra van homself op die onskuldige slagoffer. Daarna is die dier geslag. “Sonder bloedvergieting,” sê die apostel is daar geen vergifnis nie. “Want die siel van die vleis is in die bloed.” Lev. 17: 11. Die geskonde wet van God het die lewe van die oortreder geëis. Die bloed, wat die verbeurde lewe van die sondaar voorstel, en wie se skuld op die slagoffer oorgedra is, is deur die priester in die Heilige plek ingeneem en voor die voorhangsel gesprinkel, waaragter die ark was wat die wet bevat het wat deur die sondaar oortree is. Deur hierdie seremonie is die sonde, deur die bloed, in beeld in die Heiligdom ingebring. In sekere gevalle is die bloed nie in die heiligdom ingebring nie; maar die vleis is deur die priester geeet soos Moses die seuns van Aaron beveel het om te doen, “om die ongeregtigheid van die vergadering te dra.” Lev. 10: 17. Albei hierdie seremonies was ‘n voorstelling van die sinnebeeldige oorplasing van die sonde van die sondaar na die heiligdom.GS 476.1

    Dit is die werk wat dag na dag aangegaan het die hele jaar deur. Op hierdie manier is die sondes van Israel in die heiligdom ingebring, wat ‘n spesiale werk nodig gemaak het om dit weer te verwyder. God het beveel dat daar versoening moes gedoen word vir elkeen van die heilige afdelings. “So moet Hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ookal mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle onder hulle onreinhede woon.” Daar is ook versoening gedoen vir die altaar, om dit te “reinig en. heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.” Lev. 16: 16, 19.GS 476.2

    Eenmaal in die jaar, op die groot versoendag, het die hoëprieser die Allerheiligste plek ingegaan om die heiligdom te reinig. Die werk wat daar gedoen is, het die dienste vir die jaar afgesluit. Op die versoendag is twee bokke na die ingang van die tabernakel gebring en die lot is oor hulle gewerp, “een lot vir die Here en een lot vir Asasel.” Lev. 16: 8, 21, 22. Die bok waarop die lot vir die Here geval het, is geslag as sondoffer vir die volk. Die priester moes die bloed binnekant die voorhangsel inneem en dit op die versoendeksel sprinkel en voor die versoendeksel. Ook moes die reukofferaltaar, wat voor die voorhangsel gestaan het, met die bloed besprinkel word.GS 477.1

    “En Aaron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok l ê en hom deur ‘n man wat gereed staan na die woestyn toe stuur.” Lev. 16: 21, 22. Die sondebok het nooit weer in die kamp van Israel gekom nie, en die man wat hom weggeneem het moes homself en sy klere was met water voor sy terugkoms na die kamp.GS 477.2

    Die hele seremonie was bedoel om die Israeliete onder ‘n andruk te bring van die heiligheid van God en Sy afsku van die sonde, en ook om hulle te wys dat hulle nie in aanraking met die sonde kan kom sonder om besoedel te word nie. Van elke man is daar verwag dat hy sy siel sou verootmoedig terwyl die versoeningswerk aan die gang was. Alle besigheid is opsy gesit, en die vergadering van Israel moes die dag deurbring in vrees voor God, met gebed, vas, en deeglike selfondersoek.GS 477.3

    Belangrike waarhede in verband met die versoening is deur die sinnebeeldige diens geleer. Daar is ‘n plaasvervanger aangeneem in die plek van die sondaar; maar die sonde is nie uitgewis deur die bloed van die slagoffer nie. Op hierdie manier is daar ‘n middel verskaf waardeur die sonde in die heiligdom ingebring is. Deur die offer van die bloed, het die sondaar lie gesag van die wet erken, sy skuld bely, en sy begeerte te ienne gegee om vergifnis deur geloof in ‘n Verlosser wat sou kom; maar hy was nie daardeur heeltemal verlos van die veronleling van die wet nie. Op die versoendag het die hoëpriester, nadat hy ‘n offer geneem het van die vergadering, die Allerheiigste plek met die bloed van hierdie slagoffer binnegegaan, en dit op die versoendeksel bo-oor die wet gesprinkel om te voldoen aan die eise daarvan. Daarna het hy, in sy hoedanigheid is middelaar, die sondes op homself geneem en dit uit die heiligdom gedra. Deur sy hande op die kop van die sondebok te plaas, het hy al die sondes op daardie bok bely, en daardeur het hy op sinnebeeldige wyse die sondes van homself af oorgedra op die bok. Die bok is toe weggelei, en die sondes is beskou as vir ewig verwyder van die volk.GS 477.4

    Dit was die diens wat gedoen is “as afbeeldsel en skaduwee van hemelse dinge.” En wat op sinnebeeldige wyse gedoen is in die bediening van die aardse heiligdom, word in werklikheid gedoen in die bediening van die hemelse heiligdom. Na Sy hemelvaart, het ons Heiland Sy werk as ons hoëpriester begin.Paulus sê, “Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak. ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Heb. 9: 24.GS 479.1

    Die bediening van die priester gedurende die jaar in die eerste afdeling van die heiligdom, “binnekant die voorhangsel” wat as deur gedien het en die Heilige plek afgesluit het van die voorhof, stel die bediening voor wat Christus begin het by Sy hemelvaart. Dit was die werk van die priester in sy daelikse bediening om die bloed van die sondoffer voor God in te bring, en ook die wierook te brand wat die gebede van die kinders van Israel voorgestel het. So het Christus met Sy bloed voor die ‘Vader gepleit ten behoewe van sondaars, en bring Hy die gebede ‘van boetvaardige gelowiges, gemeng met die kosbare reukwerk ‘van Sy eie geregtigheid, voor God. Dit is die werk van bedizening on die eerste afdeling van die hemelse heiligdom.GS 479.2

    Daarheen het die geloof van Christus se dissipels Hom gevolg by Sy hemelvaart. Dit was die middelpunt van hulle hoop, die hoop wat ons het soos Paulus sê, “as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het,” ja Hy wat vir ewig ‘n hoëpriester gemaak is. “Ook nie deur die bloed van bokke en kalwers nie, maar deur sy eie bloed, [het Christus] eenmaal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige versoening teweeg gebring. Heb. 6: 19, 20; 9: 12.GS 480.1

    Vir agtien eeue het hierdie bediening in die eerste afdeling van die heiligdom voortgegaan. Die bloed van Christus, gepleit ten behoewe van boetvaardige gelowiges, het vergifnis en aanname by die Vader verkry, maar nogtans het hulle sondes in die hemelse boeke gebly. Net soos daar in die sinnebeeldige diens ‘n versoeningswerk aan die einde van die jaar plaasgevind het, so ook moet daar voordat Christus se verlossingswerk vir die mens voltooi is, ‘n versoeningswerk gedoen word vir die verwydering van die sondes uit die heiligdom. Dit is die diens wat ‘n aanvang geneem het aan die einde van die 2,300 dae. Op daardie tyd, soos deur Daniel die profeet voorspel is, het ons Hoëpriester die Allerheiligste plek binnegegaan om die laaste deel van Sy plegtige werk te doen — die reiniging van die heiligdom.GS 480.2

    Net soos die sondes van die volk in die outyd op die sondoffer geplaas is, en dit deur sy bloed in beeld in die aardse heiligdom ingebring is; so ook word die sondes van die boetvaardiges onder die nuwe verbond deur geloof op Christus geplaas, en in werklikheid in die hemelse heiligdom ingebring. En net soos die sinnebeeldige reiniging van die aardse heiligdom geskied het deur die verwydering van die sondes wat dit besoedel het, so ook word die werklike reiniging van die hemelse teweeg gebring deur die verwydering, of die uitdelging van die sondes wat daar opgeteken is. Maar voor dit kan geskied, moet daar ‘n ondersoek van die boeke wees om vas te stel wie deur belydenis van sondes en geloof in Christus geregtig is op die seëninge van Sy versoening. Die reiniging van die heiligdom bring dus ‘n werk van ondersoek mee —‘n oordeelswerk. Hierdie werk moet gedoen word voor die vederkoms van Christus om Sy volk te verlos; want wanneer Hy kom, kom Hy met Sy loon om almal te vergeld volgens hulle werke.” (Openb. 22: 12.)GS 480.3

    Op hierdie manier, dus, het diegene wat die lig gevolg het, in die profetiese woord gesien dat Christus in stede van na die ;a.rde te kom aan die einde van die 2,300 dae in 1844, die Allerheiligste plek van die hemelse heiligdom binnegegaan het, om die af sluitingswerk van versoening te doen voor Sy wederkoms.GS 481.1

    Ook is daar gesien dat terwyl die sondoffer op Christus gewys het as die soenoffer, en dat die hoëpriester Christus as middea.ar voorgestel het, die sondebok Satan voorstel, die bewerker van die sonde, op wie die sondes van al die opregte boetvaardiges eindelik geplaas sal word. Toe die hoëpriester, kragtens die bloed van die sondoffer, die sondes uit die heiligdom verwyder het, het hy dit op die sondebok geplaas. Wanneer Christus, kragtens sy eie bloed, die sondes van Sy volk uit die hemelse heiligdom verwyder aan die einde van Sy bediening, sal hy dit op Satan plaas, wat, in die voltrekking van die oordeel die uiteindelike straf daarop moet dra. Die sondebok is weggestuur na ‘n onbewoonde land om nooit weer in die vergadering van I srael terug te kom nie. So ook sal Satan vir ewig verban word van die teenwoordigheid van God en Sy volk, en hy sal verdelg word in die uiteindelike vernietiging van sonde en sondaars.GS 481.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents