Hoofstuk 3—Die Vroee Christelike Kerk
Die Groot Stryd
- Contents- Voorwoord
- Inleiding
- Inhoud
- Hoofstuk 1—Die Lotgevalle van die Wêreld Voorspel
- Hoofstuk 2—Vervolging In Die Eerste Eeue
- Hoofstuk 3—Die Vroee Christelike Kerk
- Hoofstuk 4—Die Waldense
- Hoofstuk 5—John Wyeliff
- Hoofstuk 6—Huss en Hieronimus
- Hoofstuk 7—Luther se Afskeiding van Rome
- Hoofstuk 8—Luther Voor Die Ryksdag
- Hoofstuk 9—Die Switserse Hervormer
- Hoofstuk 10—Vooruitgang van die Hervorming in Duitsland
- Hoofstuk 11—Die Protes van die Prinse
- Hoofstuk 12—Die Franse Hervorming
- Hoofstuk 13—Die Nederlande en Skandinawie
- Hoofstuk 14—Later Engelse Hervormers
- Hoofstuk 15—Die Bybel en die Franse Rewolusie
- Hoofstuk 16—Die Pelgrimvaders
- Hoofstuk 17—Tekens van Christus se koms
- Hoofstuk 18—‘n Lang Tyd-Profesie
- Hoofstuk 19—Lig in die Duisterni
- Hoofstuk 20—‘n Groot Godsdienstige Opwekking
- Hoofstuk 21—‘n Waarskuwing Verwerp
- Hoofstuk 22—Profesiee Vervul
- Hoofstuk 23—Wat Is Die Heiligdom?
- Hoofstuk 24—Die Allerheiligste Plek
- Hoofstuk 25—Die Tien Gebooie
- Hoofstuk 26—‘n Hervormingswerk
- Hoofstuk 27—Ware Bekering Absoluut Nodig
- Hoofstuk 28—Die OndersoekeDde Oordeel
- Hoofstuk 29—Waarom is die Sonde Toegelaat?
- Hoofstuk 30—Vyandskap Tussen die Mens en Satan
- Hoofstuk 31—Die Werk van Bose Geeste
- Hoofstuk 32—Die Strikke van Satan
- Hoofstuk 33—Die Eerste Groot Bedrog
- Hoofstuk 34—Spiritisme
- Hoofstuk 35—Gewetensvryheid Bedreig
- Hoofstuk 36—Die Dreigende Stryd
- Hoofstuk 37—Die Skrifte ‘n Bron van Veiliglieid
- Hoofstuk 38—Die Finale Waarskuwing
- Hoofstuk 39—“Die Tyd van Benoudheid”
- Hoofstuk 40—Gods Yolk Yerlos
- Hoofstuk 41—Die Verwoesting van die Aarde
- Hoofstuk 42—Die Stryd Beeindig
- AANHANGSEL
- Algemene Opmerkings
Search Results
- Results
- Related
- Featured
- Weighted Relevancy
- Content Sequence
- Relevancy
- Earliest First
- Latest First
- Exact Match First, Root Words Second
- Exact word match
- Root word match
- EGW Collections
- All collections
- Lifetime Works (1845-1917)
- Compilations (1918-present)
- Adventist Pioneer Library
- My Bible
- Dictionary
- Reference
- Short
- Long
- Paragraph
No results.
EGW Extras
Directory
Hoofstuk 3—Die Vroee Christelike Kerk
IN sy tweede brief aan die Thessalonicense het die apostel Paulus die groot afval voorspel wat daar sou kom met die opkoms van die Pousdom. Hy het verklaar dat die dag van Christus nie sou kom aleer die groot afval gekom het nie: “Want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo elkeen wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.” 2 Thess. 2: 3, 4. En wat meer is, die apostel het sy broeders gewaarsku: “Die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk.” 2 Thess. 2: 7. Selfs in daardie tyd al, het hy gesien hoedat die dwaalleer die kerk binnesluip wat die weg vir die ontwikkeling van die Pousdom sou berei.GS 55.1
Trapsgewyse, eers stil en sluipend, en dan openlik, namate dit in krag en beheersing oor die verstand van mense toegeneem het, sou die verborgenheid van ongeregtigheid sy bedrog en godslasterende werk voortsit. Byna ongemerk het heidense gewoontes die Christelike kerk binnegekom. Kompromis en gelykvormigheid aan die wêreld is vir ‘n tyd teengehou deur die vreeslike vervolgings wat die kerk van Paganisme verduur het. Maar namate die vervolging opgehou het, en die Christelike geloof die paleise van konings binnegedring het. het die kerk die nederige eenvoud van Christus en Sy apostels versaak vir die prag en praal van heidense priesters en heersers. In die plek van die dinge wat God beveel het, is menslike teorieë en oorlewerings aangeneem. Die sogenaamde bekering van Konstantyn in die begin van die vierde eeu, het groot blydskap verwek; en die wêreld het, geklee in ‘n vorm van geregtigheid, die kerk binnegestap. Nou het die verdorwenheid vinnig toegeneem. Paganisme, terwyl dit geskyn het of dit oorwin is, het oorwinnaar geword; sy gees het die kerk beheers; sy leerstellings, seremonies, en bygeloof is opgeneem in die geloof en godsdiens van die sogenaamde navolgers van Christus.GS 55.2
Hierdie kompromis tussen Paganisme en die Christelike geloof het die “mens van sonde” as gevolg gehad, wat volgens die profesie homself as teenstander bokant God sou verhef. Hierdie reusestelsel van valse godsdiens is ‘n meesterstuk van Satan se mag—‘n monument aan sy pogings om self die troon te bestyg om die aarde volgens sy wil te regeer.GS 56.1
Satan het eentyd probeer om ‘n kompromis met Christus aan te gaan. In die woestyn van versoeking het hy na die Seun van God gekom, en nadat hy al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid aan Hom gewys het, het hy aangebied om alles aan Hom oor te gee as Hy maar net die oppermag van die vors van duisternis sou erken. Christus het die aanmatigende versoeker bestraf en hom gedwing om weg te gaan. Maar waar Satan dieselfde versoekings aan mense bring, het hy meer sukses. Ten einde wêreldlike voordeel en eer te verkry, is die kerk daartoe gebring om die guns en ondersteuning van die groot manne van die aarde te soek; en nadat sy Christus venwerp het, is sy beweeg om haar te onderwerp aan die verteenwoordiger van Satan, die biskop van Rome.GS 56.2
Dit is een van die vernaamste leerstellings van die Roomse geloof dat die Pous die sigbare hoof van die algemene kerk van Christus is, beklee met oppergesag oor biskoppe en leraars in alle dele van die wêreld. En wat meer is, die titels van die Godheid is aan die Pous gegee. Hy is genoem “Here God die Pous,” en word as onfeilbaar beskou. Hy maak aanspraak op die eerbetoning van alle mense. Dieselfde aanspraak wat Satan in die woestyn van versoeking gemaak het, maak hy vandag nog deur die Kerk van Rome, en menigtes is bereid om aan hom eer te bewys. (Sien Aanhangsei.)GS 56.3
Maar diegene wat God vrees en eer, beantwoord hierdie hemeltergende aanmatiging soos Christus die van die listige vyand beantwoord het: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Lukas 4: 8. God het nooit iets in Sy woord gerep dat Hy ‘n mens aangestel het as hoof van die kerk nie. Die leerstelling van pouslike opperheerskappv bots regstreeks met die leer van die Skrifte. Die Pous het geen mag oor die kerk van Christus behalwe die wat hy verkry het deur middel van onwettige toeëiening nie.GS 57.1
Die Katolieke hou vol met die beskuldiging teen Protestante, van kettery en van moedswillige afskeiding van die ware kerk; maar hierdie beskuldigings is eerder op hulleself van toepassing. Hulle is die mense wat die banier van Christus laat sak en afgewyk het van die “Geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.” Judas 3.GS 57.2
Satan het goed geweet dat die Heilige Skrifte mense sou verlig om sy bedrog te sien en om sy mag te weerstaan. Dit was deur die Woord dat selfs die Verlosser van die wêreld sy aanvalle afgeslaan het. Met elke aanval het Christus die skild van ewige waarheid opgehef, en gesê, ,.Daar is geskrywe.” Elke voorstel wat die vyand gemaak het. het Hy beantwoord met die wysheid en krag van die Woord. Om sy heerskappy oor die mense te handhaaf, asook die gesag van die pouslike indringer, moet hy hulle onkundig hou aangaande die Skrifte. Die Bybel verhef God. en plaas die mens in sy ware posisie; daarom moes die heilige waarhede van die Woord bedek en onderdruk word. Dit is die logika van die Roomse Kerk. Vir honderde jare is die verspreiding van die Bybel verbied. Die mense is verbied om dit te lees of in hulle huise te hê; en gewetelose priesters en prelate het die leerstellings daarvan vertolk om hulle eie aanmatigings te staaf. As gevolg hiervan is die Pous byna algemeen erken as die plaasvervanger van God op die aarde, beklee met gesag oor kerk en staat.GS 57.3
Met die openbaarder van dwaalleer uit die weg geruim, kon Satan na willekeur werk. Die profesie het verklaar dat die pousdom sou probeer “om tye en wet te verander. Dan. 7:25. Hy het ook nie lang gewag om dit te probeer nie. Om aan die bekeerlinge uit die heidendom iets te gee in die plek van die afgode wat hulle aanbid het, en om hulle uiterlike aanname van die Christelike geloof te vergemaklik, is die verering van beelde en relikwieë trapsgewyse in die Christelike godsdiens ingevoer. ‘n Dekreet van ‘n algemene vergadering het eindelik hierdie stelsel van afgodery bekragtig. Om sy heiligskennis te voltooi, het Rome hom aangematig om die tweede gebod uit die wet van God te verwyder, naamlik die gebod wat die aanbidding van beelde verbied; en van die tiende gebod het hulle twee gebooie gemaak om die getal tien te bewaar. (Sien Aanhangsei.)GS 58.1
Hierdie gees van toegewing aan Paganisme het die weg geopen vir ‘n nog groter veronagsaming van die gesag van die Hemel. Satan, werkende deur ontoegewyde leiers van die kerk, het sy hande ook aan die vierde gebod geslaan, en probeer om die outydse Sabbat, die dag wat God geseen en geheilig het (Gen. 2: 2, 3), af te skaf, en in die plek daarvan die feesdag te verhef wat deur die heidene vereer is as “die eerbiedwaardige dag van die son.” Hierdie verandering is in die begin nie openlik gemaak nie. In die eerste eeue is die ware Sabbat deur alle Christene gevier. Hulle was ywerig vir die eer van God, en daar hulle geglo het dat Sy wet onveranderlik is, het hulle die heiligheid van die gebooie nougeset bewaar. Maar met groot listigheid het Satan deur sy werktuie sy doel bereik. Om die aandag van die mense te vestig op Sondag, is daardie dag afgesonder as ‘n feesdag ter ere van die opstanding van Christus. Op daardie dag is godsdiensoefeninge gehou, maar dit was nogtans beskou as ‘n dag vir ontspanning, en die Sabbat was nog as heilige dag beskou.GS 58.2
Om die weg te berei vir die werk wat hy van plan was om te doen, het Satan Jode beweeg, voor die eerste koms van Christus. om die Sabbat te belemmer met ‘n aantal nougesette bepalings wat die viering daarvan ‘n las gemaak het. En nou, voordeeltrekkende uit die valse lig waarin hy die dag gestel het, het hy dit veragtelik bestempel as ‘n Joodse instelling. Terwyl die Christene oor die algemeen aangehou het om Sondag te vier as ‘n vreugdefees, het hy hulle gelei, ten einde hulle haat vir Judaisme te toon, om die Sabbat in ‘n vasdag te verander—‘n dag van droefheid en somberheid.GS 58.3
Aan die begin van die vierde eeu, het Keiser Konstantyn ‘n dekreet uitgevaardig wat Sondag as openbare feesdag deur die hele Romeinse Ryk verklaar het. (Sien Aanhangsei.) Die dag van die son is deur sy heidense onderdane vereer, en deur Christene geëerbiedig; dit was die keiser se beleid om die teenstrydige elemente in die heidendom en die Christendom te verenig. Hy het dit op aandrang van die biskoppe van die kerk gedoen, wat, besiel met ambisie en ‘n dors na mag, gesien het dat as dieselfde dag deur beide Christene en heidene sou vereer word, dit die uiterlike aanname van die Christelike geloof deur die heidene sou vergemaklik; daardeur sou die mag en heerlikheid van die kerk toeneem. Maar hoewel baie godvresende Christene trapsgewyse daartoe gebring is om Sondag te beskou as n dag met ‘n sekere mate van heiligheid, het hulle nog getrou gebly aan die Sabbat as die heilige dag van die Here, en in gehoorsaamheid aan die vierde gebod het hulle dit gehou.GS 59.1
Maar die aartsbedrieër het nog nie sy werk klaar gehad nie. Hy was vasbeslote om die Christendom onder sy banier te skaar. en om sy mag te laat geld deur sy plaasvervanger, die trotse Pous wat aanspraak gemaak het daarop dat hy die verteenwoordiger van Christus is. Deur middel van halfbekeerde heidene, eersugtige prelate, en wëreldliewende kerkmanne, het hy sy doel bereik. Groot vergaderings is van tyd tot tyd gehou waar die waardigheidsbekleërs van die kerk uit alle dele van die wêreld saamgekom het. Op byna elke vergadering is die Sabbat wat God ingestel het, steeds laer en laer afgedruk terwyl die Sondag in dieselfde mate verhoog is. As gevolg hiervan is die heidense feesdag eindelik vereer as ‘n goddelike instelling, terwyl die Bybelse Sabbat bestempel is as ‘n oorblyfsel van Judaisme, en diegene wat dit gevier het, is vervloek.GS 59.2
Die groot afvallige het eindelik daarin geslaag om homself te verhef “bo elkeen wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is.” 2 Thess. 2:4. Hy het dit gewaag om die enigste gebod van die heilige wet te verander wat die mensheid op onmiskenbare wyse gewys het op die ware en lewende God. In die vierde gebod is God geopenbaar as die Skepper van die hemele en die aarde, en dit onderskei Hom van alle valse gode. Dit was as gedenkteken van die skepping dat die sewende dag geheilig is as rusdag vir die mensdom. Die doel daarvan was om die Lewende God altyd aan die mense voor te hou as die bron van die lewe en die voorwerp van verering en aanbidding. Satan is daarop uit om mense af te lok van hulle getrouheid aan God en gehoorsaamheid van Sy wet; daarom is sy pogings veral gemik op daardie gebod wat God aanwys as die Skepper.GS 60.1
Protestante voer nou aan dat die opstanding van Christus op Sondag, daardie dag die Christelike Sabbat maak. Maar daar is geen skriftuurlike bewys daarvoor nie. Christus en Sy apostels het daardie dag nie so vereer nie. Die viering van Sondag as ‘n Christelike instelling het sy oorsprong in die “verborgenheid van ongeregtigheid” (2 Thess. 2: 7) wat selfs in Paulus se tyd reeds aan die werk was. Waar, en w7anneer, het die Here hierdie kind van die Pousdom aangeneem? Watter grondige rede kan daar aangevoer word vir ‘n verandering w?at nie deur die Skrifte gestaaf word nie?GS 60.2
In die sesde eeu is die Pousdom ten voile bevestig. Sy setel was gevestig in die keiserlike stad, en die biskop van Rome was as hoof van die ganse kerk verklaar. (Sien Aanhangsei.) Paganisme is vervang deur die Pousdom. Die draak het aan die dier “sy krag gegee en sy troon en grote mag.” Openb. 13: 2. Xou het die 1260 jaar van pouslike vervolging, soos voorspel in die profesieë van Daniel en Openbaring, ‘n aanvang geneem. (Dan. 7: 25; Openb. 13: 5-7.) Christene is gedwing of om hulle getrouheid te laat vaar en die pouslike seremonies en godsdiens aan te neem, of weg te kwyn in die gevangenisse, te sterf op die pynbank, die brandstapel, of deur die laksman se byl. Die volgende woorde van Jesus het nou in vervulling getree: “Julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende; en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees van almal terwille van My Naam.” Lukas 21: 16, 17. Met groter woede as ooit tevore is die gelowiges vervolg, en die wêreld het ‘n groot slagveld geword. Vir honderde jare moes die kerk van Christus skuiling vind in eensaamheid en onbekendheid. Daarom het die profeet gesê: ..En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar kan onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.” Openb. 12:6.GS 60.3
Die bevestiging van die mag van die Roomse Kerk was die begin van die Donker Eeue. Xamate sy krag toegeneem het, het die duistemis vermeerder. Geloof in Christus. die ware fondament. is oorgeplaas op die Pous van Rome. Pleks van vertroue op die Seun van God vir verpifnis van sonde en die verlossing, het die mense opgesien na die I’ous. en na die priesters en prelate aan wie hy sy gesag meegedeel het. Hulle is geleer dat die Pous hulle aardse middelaar is, en dat niemand tot God kon nader behalwe deur hom nie: en wat meer is. dat hy vir hulle in die plek van God gestaan het en daarom stip gehoorsaam moes word. Afwyking van sy bevele was genoeg om die verskriklikste straf te bring op liggaam en siel van die oortreders. Op hierdie manier is die harte van die mense afgekeer van God na feilbare, dwalende, wrede mense; nee. nog meer, na die vors van duistemis self, wat sy mag deur hulle uitgeoefen het. Sonde was verander in ‘n mantel van heiligheid. Wanneer die Skrifte onderdruk word, en die mens homself beskou as oppermagtig, kan ons slegs bedrog, valsheid, en verlagende sondigheid verwag. Met die verheffins van menslike wette en tradisies, is die verderf geopenbaar wat altyd volg op die tersydestelling van die wet van God.GS 61.1
Dit was dae van gevaar vir die kerk van Christus. Die getroue vaandeldraers was min in getal. Hoewel die waarheid nie sonder getuies gelaat is nie, het dit tog soms geskyn of dwaalleer en bygeloof sou oorwin, en dat ware godsdiens van die aarde verban sou word. Die evangelie is uit die oog verloor, maar godsdienstige vorms is vermenigvuldig, en die mense was belas met swaar eise.GS 61.2
Nie alleen is hulle geleer om na die Pous op te sien as hulle middelaar nie, maar hulle is ook geleer om op hulle eie werke te vertrou om versoening te doen vir hulle sonde. Lang bedevaarte, boetedoening, die aanbidding van relikwieë, die oprigting van kerke, heilige grafte, en altare, die betaling van groot somme geld aan die kerk — dit, en dergelike dinge, is voorgeskryf om die wraak van God tevrede te stel of om Sy guns te verkry; nes of God soos die mense was, wat kwaadgemaak word deur nietighede en dan weer gepaai kan word met gifte en boetedoening!GS 61.3
Nieteenstaande die feit dat sonde geheers het, selfs onder die leiers van die Roomse Kerk nie, het die invloed van die kerk steeds vermeerder. Omtrent die einde van die agste eeu het die Katolieke daarop aanspraak gemaak dat die biskoppe van Rome in die eerste eeue van die geskiedenis van die kerk, dieselfde geestelike krag gehad het wat hulle nou aanvaar het. Om hierdie eis te staaf, moes die een of ander middel gevind word om daaraan ‘n skyn van gesag te gee; en dit is geredelik aan die hand gedoen deur die vader van leuens. Ou geskrifte is deur die monnike vervals. Dekrete van kerkvergaderings waarvan nooit tevore gehoor is nie, is ontdek, waarin die algemene oppersag van die Pous van die vroegste tye af bevestig is. En ‘n kerk wat die waarheid verwerp het, het hierdie bedrog gretig aangeneem. (Sien Aanhangsel.)GS 62.1
Die paar getroues wat voortgebou het op die ware fondament (1 Kor. 3: 10, 11) was verslae en lastig geval namate die vuilgoed van valse leerstellings hulle werk verhinderd het. Soos die bouers van die muur van Jerusalem in Nehemia se dae, was sommige gereed om te sê, “Die krág van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.” Neh. 4: 10. Afgemat deur die gedurige stryd teen vervolging, bedrog, sonde, en al die ander struikelblokke wat Satan kon uitdink om hulle te verhinder, het sommige van die getroue bouers ontmoedig geword; en vir die ontwil van vrede, en veiligheid, vir hulle eiendom sowel as hulle lewens, het hulle die ware fondament verlaat. Ander, nie afgeskrik deur die teenstand van hulle vyande nie, het onverskrokke verklaar, ,Julle moet nie bang wees vir hulle nie: dink aan die grote en gedugte Here;” en hulle het met hulle werk voortgegaan, elkeen met sy swaard aan sy sy gegord. (Neh. 4: 14; Efe. 6: 17.)GS 62.2
Dieselfde gees van haat en teenstand van die waarheid het die vyande van God in elke eeu besiel, en dieselfde waaksaamheid en getrouheid word van Sy diensknegte verwag. Die woorde van Christus aan Sy dissipels is van toepassing op al Sy navolgers tot die einde toe: “En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: waak!” Markus 13: 37.GS 63.1
Dit het geskyn of die duistemis erger word. Beeldediens het toegeneem. Kerse is voor die beelde gebrand, en daar is tot hulle gebid. Die belaglikste gebruike en die grootste bygeloof het geheers. Die verstand van die mense is so volkome beheers deur bygeloof dat dit geskyn het of alle rede weg was. Omdat priesters en biskoppe self plesier nagejaag het, wellustig en bedorwe was, kon mens niks anders verwag nie as dat die mense wat tot hulle opgesien het vir leiding, ook in onkunde en sonde sou verval.GS 63.2
‘n Ander stap in pouslike aanmatiging is geneem toe Pous Gregorius VII in die elfde eeu verklaar het dat die Roomse Kerk volmaak was. Onder die aansprake wat gemaak is, het een gelui dat die kerk nog nooit gedwaal het, en volgens die Skrifte nooit sou dwaal nie. Maar skriftuurlike bewyse vir hierdie bewering het ontbreek. Die trotse Pous het ook aanspraak gemaak op mag om keisers te onttroon, en hy het verklaar dat geen uitspraak van hom deur enige persoon kon herroep of verander word, en dat dit sy prerogatief was om die uitsprake van alle ander te verander. (Sien Aanhangsei.)GS 63.3
‘n Treffende voorbeeld van die tiranniese karakter van hierdie voorstander van onfeilbaarheid sien ons in sy behandeling van die Duitse keiser Hendrik IV. Omdat hy gedurf het om die gesag van die Pous te veronagsaam, is hierdie monarg in die ban gedoen en onttroon. Met vrees bevange as gevolg van die dreigemente en verlating van sy eie vorste, wie se opstand teen hom aangemoedig is deur die pouslike mandaat, het Hendrik besef dat hy vrede moes maak met Rome. Vergesel van sy vrou en ‘n getroue dienskneg, het hy die Alpe in die hartjie van die winter oorgesteek, om hom voor die Pous te gaan verneder. Toe hy by die kasteel kom waar Gregorius toe vertoef het, is hy sonder ‘n lyfwag in die buitenste voorhof gebring, en daar, in die bittere koue, met ontblote hoof en kaalvoet en skamel gekleed, het hy gewag op toestemming van die Pous om in sy teenwoordigheid te verskyn. Nie aleer hy vir drie dae lang gevas en belydenis gedoen het. het die Pous ingewillig om hom te vergewe nie. Selfs toe is die voorwaarde gestel dat die keiser moes wag op toestemming van die Pous voordat hy weer sy koninklike kleed kon dra en sy gesag kon uitoefen. En Gregorius, juigende oor sy oorwinning, het daarmee gespog dat dit sy plig was om die trotsheid van konings te verneder.GS 63.4
Hoe groot is die teenstelling tussen hierdie trotse en opgeblase Pous, en die nederigheid en sagmoedigheid van Christus, wat Homself voorstel as voor die deur van die hart staande, smekende om toegang, sodat Hy mag binnekom om vergifnis en vrede te bring, en wat Sy dissipels geleer het, “Elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees!” Matt. 20: 27.GS 65.1
Met verloop van die eeue het die dwalings van Rome toegeneem. Selfs voor die bevestiging van die pousdom, het die leerstellings van heidense filosowe aandag geniet en invloed uitgeoefen op die kerk. Baie wat voorgegee het dat hulle bekeerd was, het vasgeklem aan die geloofsartikels van hulle heidense filosowe: nie alleen het hulle self voortgegaan met die studie daarvan nb, maar hulle het ook by ander aangedring om dit aan te neem as ‘n middel om hulle invloed onder die heidene te vermeerder. Op hierdie manier is daar skadelike dwaalleer in die Christelike kerk ingebring. Vernaamste onder hierdie dwalings was die geloof dat die mens van natuur onsterflik is en dat hy sy bewussyn behou in die dood. Hierdie leerstelling het die grondslag gelê waarop Rome die gebede aan afgestorwe heiliges en die verering van die Maagd Maria ingevoer het. Hieruit het die dwaalleer van ewige pyniging van sondaars ontstaan, iets wat vroeg reeds in die pouslike geloofsbelydenis opgeneem is.GS 65.2
Toe is die weg berei vir nog ‘n ander fabrikasie van Paganisme, naamlik die vaevuur van Rome, wat gebruik is om die liggelowige en bygelowige massas mee bang te maak. Deur hierdie dwaalleer is daar beweer dat daar ‘n plek van pyniging is, waarin die siele van diegene wat nie die ewige verdoemenis verdien het nie, sou gestraf word vir hulle sondes, en waaruit hulle, nadat hulle gereinig is, in die hemel sou toegelaat word. (Sien Aanhangsel.)GS 65.3
Daar was nog iets anders nodig sodat Rome kon voordeel trek uit die vreesagtigheid en sondes van sy aanhangers. Dit is voorsien deur die leerstelling van aflaatbriewe. Volle vergifnis van sonde — verlede, sowel as teenwoordige en toekomstige son des en vrystelling van die straf daarop, is belowe aan almal wat sou deelneem aan die Pous se oorloë om sy tydelike heerskappy uit te brei, om sy vyande te straf, of om diegene te verdelg wat sy geestelike opperheerskappy loën. Die mense is ook geleer dat hulle kwytskelding kon kry vir hulle sondes deur die betaling van geld aan die kerk, en dat hulle die siele van afgestorwe vriende deur betaling kon bevry uit die pynigende vlamme van die vaevuur. Deur hierdie middels het Rome sy skatkis gevul, en kon die prag en weelde en bedorwenheid voortduur van die sogenaamde verteenwoordigers van Hom wat gesê het dat Hy geen plek gehad het om Sy hoof neer te lê nie. (Sien Aanhangsei.)GS 66.1
Die skriftuurlike sakrament van die Here se Avondmaal is vervang deur die afgodiese offerande van die mis. Die priesters het deur hulle gedoentes voorgegee dat hulle die brood en die wyn kon verander in die werklike “liggaam en bloed van Christus.” —Cardinal Wiseman’s Lectures on “The Real Presence,” Lesing 8, ajd. 3, para. 26. Met godslasterende aanmatiging het hulle openlik aanspraak gemaak op die mag om God, die Skepper van alle dinge, te herskep. Daar is van Christene geëis, op straf van die dood, dat hulle hulle geloof in hierdie verskriklike, hemeltergende dwaalleer moes betuig. Menigtes wat geweier het om dit te doen, is aan die vlamme oorgegee. (Sien Aanhangsei.)GS 66.2
In die dertiende eeu is die vreeslikste van alle werktuie van die pousdom ingestel, naamlik die Inkwisisie. Die vors van duisternis het saamgewerk met die leiers van die pouslike hiërargie. In hulle geheime vergaderings, het Satan en sy engele die harte van bose mense beheers, terwyl die engel van God, onsigbaar, ook daar teenwoordig was en aantekenings gemaak het van die bose dekrete en die geskiedenis van dade wat te vreeslik was vir menslike oë. “Die groot Babilon” was “dronk met die bloed van die heiliges.” Die verminkte liggame van miljoene martelare het tot God geroep om wraak teen daardie afvallige mag. Die pousdom het die dwingeland van die wêreld geword. Konings en keisers het berus in die dekrete van die Roomse Pous. Dit het geskyn asof die lot van mense, beide vir tyd en ewigheid, in sy hande was. Vir honderde jare is die leerstellings van Rome algemeen aangeneem, sy rites eerbiedig uitgevoer, en sy feesdae algemeen gevier. Sy geestelikes is geëer en mildelik ondersteun. Nog nooit sedert daardie tyd het die Roomse Kerk groter waardigheid, prag, en mag bereik nie.GS 66.3
Maar ..die middag van die pousdom was die middernag van die wêreld.” (Wylie, ,.History oj Protestantism,” boek I, hoojstuk 4.) Die Heilige Skrifte was byna onbekend, nie alleen aan die leke nie, maar ook aan die priesters. Soos die Fariseërs van ouds, het die pouslike leiers die lig gehaat wat hulle sondes sou openbaar maak. Met Gods wet, die maatstaf van geregtigheid, uit die weg geruim. het hulle onbeperkte mag gehad, en sonder weerstand goddeloosheid bedryf. Bedrog, gierigheid, en losbandigheid het geheers. Die mense het vir geen misdaad teruggedeins waardeur hulle rykdom of aansien kon verkry nie. Die paleise van pouse en prelate was plekke van die grootste uitspatting en losbandigheid. Sommige van die pouse was skuldig aan misdade so ontsettend dat burgerlike heersers probeer het om hierdie waardigheidsbekleërs van die kerk uit die weg te ruim as monsters te vuil om gedoog te word. Vir eeue het Europa geen vordering gemaak in geleerdheid, die kunste, of die beskawinp nie. Die Christendom het gely aan ‘n sedelike en verstandelike verlamming.GS 67.1
Die toestand van die wêreld onder die Roomse mag was ‘n treffende vervulling van die woorde van die profeet Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, . . . omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” “Want die Here het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel, hulle breek in, sodat bloedskuld aan bloedskuld raak.” Hosea 4: 6, 1, 2. Dit was die gevolge van die verbanning van die woord van God.GS 67.2