Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 25—Die Tien Gebooie

    “EN die tempel van God het oopgegaan in die hemel, en Sy verbondsark is gesien in Sy tempel.” Openb. 11: 19. Die verbondsark van God is in die Allerheiligste plek, naamlik die tweede afdeling van die heiligdom. In die bediening van die aardse heiligdom, “Wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien,” was hierdie afdeling slegs op die groot versoendag geopen, vir die reiniging van die heiligdom. Die aankondiging dus, dat die tempel van God in die hemel geopen is, en dat Sy verbondsark gesien is, wys op die opening van die Allerheiligste plek van die hemelse heiligdom in 1844, toe Christus daar ingegaan het om die slotwerk van die versoening te doen. Diegene wat deur geloof hulle Hoëpriester gevolg het toe Hy Sy bediening in die Allerheiligste plek begin het, het die verbondsark gesien. Namate hulle die onderwerp van die heiligdom ondersoek het, het hulle die verandering van die Heiland se bediening verstaan, en hulle het gesien dat Hy nou besig was voor die ark van God, en Sy bloed vir sondaars gepleit het.GS 495.1

    Die ark in die aardse tabernakel het die twee kliptafels bevat waarop die gebooie van Gods wet geskryf is. Die ark was slegs ‘n bêreplek vir die kliptafels van die wet, en die aanwesigheid van die goddelike gebooie daarin het dit heilig gemaak. Toe die tempel van God in die hemel geopen is, is Sy verbondsark gesien. In die Allerheiligste plek van die hemelse heiligdom was die bêreplek van die goddelike wet — die wet deur God Self afgekondig te midde van die donders op Sinai, en wat Hy met Sy eie vinger op die kliptafels geskryf het.GS 496.1

    Die wet van God in die hemelse heiligdom is die groot oorspronklike waarvan die gebooie op die kliptafels, soos deur Moses in die Pentateug geskryf is, ‘n troue afskrif was. Diegene wat hierdie punt verstaan het, is dus daartoe gebring om die heilige onveranderlike aard van die goddelike wet te sien. Soos nooit tevore nie het hulle die krag van die Heiland se woorde verstaan, “Totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan” nie. Matt. 5: 18. Die wet van God, daar dit ‘n openbaring van Sy wil, ‘n afskrif van Sy karakter is, is ewigdurend, soos ‘n getroue getuie in die hemel. Nie een gebod is afgeskaf nie; nie een jota of titteltjie is verander nie. Die Psalmis sê: “Vir ewig, O Here, staan U woord vas in die hemele.” “Al Sy bevele is betroubaar. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig.” Ps. 119: 89; 111: 7, 8.GS 496.2

    In die hart van die Dekaloog is die vierde gebod soos dit oorspronklik afgekondig is: “Dink aan die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende kg het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën a dit geheilig.” Exod. 20: 8-11.GS 496.3

    Die Gees van God het ‘n indruk gemaak op die harte van ardie ondersoekers van Sy woord. Die oortuiging het tot tulle gekom dat hulle onkundig hierdie gebod oortree het deur tie Skepper se rusdag te veronagsaam. Hulle het begin onderoek instel waarom hulle die eerste dag van die week hou in plaas van die dag wat God geheilig het. Hulle kon geen bewys in die Skrifte vind dat die vierde gebod afgeskaf was, of at die Sabbat verander is nie; die seen wat die sewende dag a die begin geheilig het, is nooit weggeneem nie. Hulle het erlik gesoek om die wil van God te ken en te doen; en nou, waar hulle hulleself as oortreders van Sy wet gesien het, het droefheid hulle harte vervul, en hulle het hulle getrouheid aan God bewys ieur Sy heilige Sabbatdag te hou.GS 497.1

    Daar is kragtige pogings aangewend om hulle geloof omver e werp. Dit was vir almal duidelik dat as die aardse heiligdom a beeld of patroon van die hemelse was, die wet in die ark van lie aardse ‘n getroue afskrif moes wees van die wet in die ark an die hemelse; en dat ‘n aanname van die waarheid aangaande die hemelse heiligdom ook ‘n erkenning van die vereistes van ods wet meebring met die verpligting van die Sabbat van die ierde gebod. Hier was die geheim van die bitter en hardnekige teenstand teen die uitleg van die Skrifte wat die bediening van Christus in die hemelse heiligdom geopenbaar het. Die mense wou die deur toerr.aak wat God geopen het, en die deur nopmaak wat Hy gesluit het. Maar Hy “wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy [wat] sluit en niemand maak oop nie,” het gesê, “Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en nienand kan dit sluit nie.” Openb. 3: 7, 8. Christus het die deur opgemaak, of die bediening in die Allerheiligste plek geopen»aar, en lig het van daardie geopende deur in die hemelse heiliglom geskyn en daar is gesien dat die vierde gebod deel uitmaak van die wet wat in die ark daarbo is, wat God opgerig het en wat deur niemand omver gewerp kan word nie.GS 497.2

    Diegene wat die lig aangeneem het in verband met die becliening van Christus, en die ewigdurendheid van die wet van God, het gevind dat dit die waarhede was wat in Openbaring 14 aan die lig gebring is. Die boodskappe van hierdie hoofstuk bevat ‘n drievoudige waarskuwing (Sien Aanhangsel), wat die bewoners van die aarde sal toeberei vir die wederkoms van die Here. Die aankondiging, “Die uur van Sy oordeel het gekom,” wys op die slotwerk van Christus se bediening vir die saligheid van die mens. Dit verkondig ‘n waarheid wat steeds moet verkondig word totdat die Heiland se middelaarswerk ophou en Hy na die aarde toe terugkom om Sy volk tot Homself te neem. Die oordeelswerk wat in 1844 begin het, moet voortgaan totdat die lewens van almal ondersoek is, beide die lewendes en die dode; daarom sal daardie boodskap aanhou tot die afsluiting van die genadetyd vir die mens. Sodat die mense kan staan in die oordeel, roep die boodskap hulle toe: “Vrees God en gee Hom heerlikheid . . . en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” Die uitwerking van die aanname van hierdie boodskappe blyk uit die woorde, “Hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.” Ten einde gereed te wees vir die oordeel is dit vir die mens nodig om Gods wet te onderhou. Daardie wet sal die maatstaf van karakter in die oordeel wees. Die apostel Paulus verklaar, “Almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word ... in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel.’ En hy sê verder, “Die daders van die wet sal geregverdig word.’ Rom. 2: 12-16. Geloof is absoluut nodig om die wet van God te bewaar; want “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag,” en “Alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.” Heb 11: 6; Rom. 14: 23.GS 497.3

    Die eerste engel roep die mense toe, “Vrees God en gee Hon heerlikheid,” en aanbid Hom as die Skepper van die hemel en die aarde. Om dit te kan doen, moet hulle Sy wet gehoorsaam Salomo sê, “Vrees God en hou Sy gebooie, want dit is die hele mens.” Pred. 12: 13. Sonder die nakoming van Sy gebooie is geen aanbidding aanneemlik by God nie. “Want dit is die liefde tot God dat ons Sy gebooie bewaar.” “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.” 1 Joh. 5: 3; Spreuke 28: 9.GS 498.1

    Die verpligting om God te aanbid berus op die feit dat Hy die Skepper is, en dat alle dinge hulle bestaan aan Hom te danke let. Orals in die Bybel is Sy aanspraak op eer en aanbidding, bokant die gode van die heidene, gebaseer op die feit van Sy ikeppingskrag. “Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak.” Ps. 96: 5. “By wie sal alle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige. Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge ‘eskape?” “Want so sê die Here, wat die hemele geskape het — Hy is God!—wat die aarde geformeer en dit gemaak het.GS 499.1

    . . Ek is die Here, en daar is geen ander nie.” Jes. 40: 25, 26; 45: 18. Die Psalmis sê, “Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne.” “Kom, laat ons aanbid en neerbuk, laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.” Ps. 100: 3; 95: 6. En die heilige wesens wat die Here in die hemel aanbid, verklaar dat hulle dit om die volgende rede doen: “U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur U wil bestaan hulle en is hulle geskape.” Openb. 4: 11.GS 499.2

    In Openbaring 14, word die mense opgeroep om die Skepper te aanbid; en diegene wat as gevolg van gehoorsaamheid aan die drievoudige boodskap uitstaan, word voorgestel as onderhoudende die gebooie van God. Een van daardie gebooie wys regstreeks op God as die Skepper. Die vierde gebod verklaar: die “sewende dag is die Sabbat van die Here jou God Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig.” Exod. 20: 10, 11. Verder sê die Here aangaande Sy Sabbatte, “Hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.” Eseg. 20: 20. En die rede hiervoor is, “Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.” Exod. 31: 17.GS 499.3

    ,.Die belangrikheid van die Sabbat as ‘n gedenkteken van die skepping is daarin gelee dat dit ons steeds herinner aan die ware rede waarom God aanbid moet word”— naamlik omdat Hy die Skepper en ons Sy skepsels is. “Die Sabbat lê dus ten grondslag van die aanbidding van God; want dit leer ons hierdie groot waarheid op ‘n mees indrukwekkende wyse, en geen ander instelling doen dit nie. Die ware grondslag van aanbidding, nie alleen op die sewende dag nie, maar alle aanbidding, vind ons in die verskil tussen die Skepper en Sy skepsels. Hierdie groot feit kan nooit tot niet raak nie, en moet nooit vergeet word nie.”— Andrews, J. N., “History of the Sabbath,” hoofstuk 27. Dit was om hierdie waarheid voor die mens te hou dat God die Sabbat in Eden ingestel het; en solank as die feit blystaan dat Hy ons Skepper is, en dat dit die rede is waarom ons Hom moet aanbid, net solank sal die Sabbat blystaan as die teken en gedenkteken daarvan. As daar ‘n algemene onderhouding van die Sabbat was, sou die gedagtes en liefde van die mens gevestig gewees het op die Skepper as die voorwerp van eer en aanbidding, en daar sou nooit afgodedienaars, godloënaars, en ongelowiges gewees het nie. Die onderhouding van die Sabbat is ‘n teken van lojaliteit aan die ware God, naamlik aan “Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” Dit is vanselfsprekend dat die boodskap wat die mense toeroep om God te aanbid en Sy gebooie te onderhou, ‘n spesiale beroep op hulle sal doen om die vierde gebod te onderhou.GS 499.4

    In teenstelling met diegene wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar, wys die derde engel op ‘n ander klas, teen wie se dwaalleer daar ‘n ernstige waarskuwing geuiter word: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op Sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God.” Openb. 14: 9, 10. ‘n Regte verklaring van die simbole wat gebruik is, is nodig om hierdie boodskap te verstaan. Wat word voorgestel deur die dier, sy beeld, en sy merk?GS 500.1

    Die profesie waarin hierdie simbole voorkom, begin met Openbaring 12, met die draak wat trag om Christus by Sy geboorte te vemietig. Die draak is Satan (Openb. 12: 9); dis hy wat Herodus beweeg het om te trag om die Heiland om die lewe te bring. Maar die vernaamste werktuig wat Satan gebruik het in oorlog te voer teen Christus en Sy navolgers gedurende die erste eeue van die Christelike tydperk, was die Romeinse Ryk, :a,arin paganisme die hoofgodsdiens was. Hoewel die draak dus a die eerste plek Satan voorstel, is dit ook in ‘n ander sin die imbool van heidense Rome.GS 500.2

    In Openbaring 13: 1-10 word daar ‘n ander dier beskryf, soos ‘n luiperd,” aan wie die draak “Sy krag en Sy troon en sy grote mag gegee het.” Hierdie simbool, soos meeste Protesamte ook aanneem, stel die pousdom voor, wat die troon en die nag en die gesag van die ou Romeinse Ryk oorgeneem het. Van die luiperd-dier word daar gesê: “En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek. . . . En iy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om Sy naam en Sy tabernakel en die wat in die hemel woon te laster. Dit s ook aan hom gegee om oorlog te maak met die heiliges en iulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.” Hierdie profesie, wat byna heeltemal ooreenstem net die beskrywing van die “ander horinkie” van Daniel 7, si nspeel ongetwyfeld op die pousdom.GS 501.1

    “Aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.” En die profeet sê, “Ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was.” Verder sê hy, “As iemand k rygsgevangene maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word.” Die twee en veertig maande stem ooreen met die “tyd en tye en die helfte van ‘n tyd,” naamlik drie en ‘n half jaar, of 1260 dae (Dan. 7). Gedurende hierdie tydperk sou die poushike mag Gods volk verdruk. Soos ons in vorige hoofstukke aangetoon het, het hierdie tydperk begin met die opperheerskappy van die pousdom in die jaar 538 n.C., en dit het geëindig in 1798. In daardie jaar is die Pous gevangene geneem cleur die Franse leër, en die pouslike mag het ‘n dodelike wond gekry; toe ook is die voorspelling vervul dat as “iemand krygsgevangene maak, gaan hy in krygsgevangenskap.”GS 501.2

    Nou word daar ‘n ander simbool voorgestel. Die profeet sê, “En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad nes ‘n lam.” Openb. 13: 11. Sowel die verskyning van hierdie dier en die manier van sy opkoms toon aan dat dit ‘n volk voorstel wat anders is as die van die vorige simbole. Die groot koninkryke wat oor die wêreld geheers het, is deur die profeet Daniel voorgestel deur roofdiere, wat verskyn het toe “die vier winde van die hemel die groot see in beroering gebring [het].” Dan. 7: 2. In Openbaring 17, het ‘n engel verduidelik dat waters “volke en menigtes en nasies en tale is.” Openb. 17: 15. Winde is ‘n simbool wat stryd voorstel. Die vier winde van die hemel wat die groot see in beroering gebring het, stel die verskriklike veroweringstonele voor, en die omwentelings waardeur die koninkryke hulle mag verkry het.GS 501.3

    Maar die dier met die lamshorings het uit die aarde opgekom. In stede dat hy ander volke onderwerp het om homself te bevestig, moet die volk wat hier voorgestel is, opkom uit terrein wat voorheen nie deur ander volke beset was nie, en dit moes langsaam en vreedsaam ontwikkel. Hierdie volk kon dus nie opkom onder die oorbevolkte en worstelende nasies van die Ou Wêreld nie, naamlik uit daardie onstuimige see van “volke en menigtes en nasies en tale” nie. Ons moet dit dus gaan soek op die Westelike Halfrond.GS 502.1

    Watter volk van die Nuwe Wêreld het in 1798 opgekom wat blyke gegee het van mag en grootheid, en wat die aandag van die wêreld getrek het? Die antwoord is voor die hand liggend. Een volk, en slegs een, beantwoord aan die beskrywings van hierdie profesie; op onmiskenbare wyse dui dit die Verenigde State van Amerika aan. Keer op keer is die gedagte, byna die juiste woorde van die profeet, onbewus aangehaal deur die redenaar en historikus waar hulle die opkoms en ontwikkeling van hierdie volk beskryf. Daar is gesien dat die dier “uit die aarde opkom;” en volgens die vertalers beteken die woord wat hier vertaal is met “opkom,” letterlik “om voort te spruit soos ‘n plant.” En, soos ons gesien het, moet daardie volk opkom op terrein wat nie voorheen beset was nie. ‘n Vooraanstaande skrywer, in sy beskrywing van die opkoms van die Verenigde State, praat van “die wonder van sy opkoms uit niks, ” en sê, “soos ‘n stille saadjie het ons gegroei tot ‘n ryk.”-—Townsend, G. A., “The New World Compared with the Old,” bl. 462 (ed. 18 69). In die jaar 1850 het ‘n Europese tydskrif van die Veren igde State gepraat as ‘n wonderbaarlike ryk wat “voortspruit” en “te midde van die stilte van die aardedaeliks sy mag en sy hoogmoed vermeerder het.”— The Dublin Nation.In ‘n toespraak oor die Pelgrimstigters van hierdie volk, het Edward Everett gesê: “Het hulle gesoek na ‘n stil plekkie, wat deur sy verborgenheid nie aanstoot kon gee nie, veilig in sy afgeleëntheid, waar die klein kerkie van Leiden vryheid van gewete kon geniet? Aanskou die magtige geweste waarheen hulle in vreedsame verowering die banier van die kruis gedra het!”—Toespraak gelewer te Plymouth, Mass., 22 Des. 1824, bl. 11.GS 502.2

    “Hy het twee horings gehad nes ‘n lam.” Die lamshorings stel jeug, onskuld, en sagmoedigheid voor -—‘n paslike voorstelling van die karakter van die Verenigde State toe dit aan die profeet voorgestel is as opkomende in 1798. Onder die Christenbannelinge wat eerste na Amerika gevlug en daar ‘n skuilplek gesoek het teen koninklike verdrukking en priesterlike onverdraagsaamheid, was daar baie wat vasbeslote was om ‘n regering te stig op die breë fondament van burgerlike en godsdiensvryheid. Hulle sienswyse is opgeneem in die Onafhanklikheidsverklaring wat die groot waarheid uiteensit dat “alle mense op gelyke voet geskape” is, en die onvervreembare reg het op “lewe, vryheid, en geluk.” En die Konstitusie waarborg aan die volk die reg op selfregering, wat voorsiening maak dat verteenwoordigers wat gekies is deur die volkstem die wette sal maak en uitvoer. Daar is godsdiensvryheid toegestaan, en elke mens is toegelaat om God te dien volgens die inspraak van sy eie gewete. Republikanisme en Protestantisme het die grondbeginsels geword van die volkslewe. Hierdie beginsels is die geheim van sy mag en voorspoed. Die verdruktes en vertredes uit die Christendom het hulle na hierdie land begeef met belangstelling en hoop. Miljoene het daarheen gegaan, en die Verenigde State het sy plek ingeneem onder die magtigste volke van die aarde.GS 503.1

    Maar die dier met die lamshorings het “gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid waarvan die dodelike wond genees was . . . en hy verlei die bewoners van die aarde deur . . . te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond gekry en lewendig geword het.” Openb. 13: 11-14.GS 503.2

    Die lamshorings en die stem van die draak is simbolies van iie opvallende teenstrydigheid tussen die belydenis en handelwyse van die volk wat hier voorgestel is. Die “gepraat” van die wolk word gedoen deur sy wetgewende en geregtelike owerhede. Deur sulke handelwyse sal hulle daardie liberale en vreedsame beginsels wat hulle bely het as grondslag van hulle beleid, loën. Die voorspelling dat die dier soos ‘n draak praat en “al die mag van die eerste dier” uitoefen, voorspel duidelik die ontwikkeling van die gees van onverdraagsaamheid en vervolging wat geopenbaar is deur die volke wat voorgestel is deur die draak en die luiperd-dier. En die verklaring dat die dier met die twee horings “maak dat die aarde en die wat daarop woon. die eerste dier aanbid,” toon aan dat die gesag van hierdie volk gebruik sal word om die een of ander instelling te eerbiedig wat ‘n daad van hulde sal wees aan die Pous.GS 505.1

    So ‘n handelwyse sou regstreeks bots met die beginsels van hierdie regering, in stryd wees met sy vrye instellings en ook met die duidelike en plegtige verklarings van die Onafhanklikheidsverklaring en die Konstitusie. Die stigters van die volk het met wysheid getrag om die beoefening van burgerlike mag aan die kant van die kerk te belet — iets waarvan die onvermydelike gevolge altyd onverdraagsaamheid en vervolging is. Die Kon-stitusie bepaal dat “die Kongres geen wet sal maak om ‘n sekere godsdiens te bevestig, of dat die vrye beoefening van godsdiens sal belet nie”; en ook dat “geen godsdienstige toets voorgeskryf sal word as bevoegdheid vir die bekleding van enige amp of openbare aanstelling in die Verenigde State nie.” Wanneer enige godsdienstige instelling deur burgerlike gesag verpligtend gemaak word, sal dit niks anders as ‘n openlike verkragting van die volksvryheid wees nie. Die teenstrydigheid van sulke handelwyse is nie groter as wat deur die simbool voorgestel is nie. Dit is die dier met die lamshorings — wat voorgee om rein, sagmoedig, en onskadelik te wees — wat soos ‘n draak praat.GS 505.2

    “Deur vir die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier.” Hier het ons ‘n duidelike voorstelling van ‘n regeringsvorm waar die mag om wette te maak by die volk berus; ‘n treffende bewys dat die Verenigde State die volk is wat in die profesie aangewys is.GS 505.3

    Maar wat is die “beeld vir die dier”? En hoe word dit gemaak? Die beeld word gemaak deur die dier met die twee horings, en dit is ‘n beeld vir die dier. Dit word ook genoem ‘n beeld van die dier. Om nou vas te stel hoe die beeld lyk en hoe dit gemaak sal word, moet ons die kenmerke van die dier self — naamlik die pousdom, ondersoek.GS 506.1

    Toe die vroeë kerk afvallig geword het deur af te wyk van die eenvoud van die evangelie en deur heidense rites en gebruike aan te neem, het hy die Gees en krag van God verbeur; om beheer te verkry van die gewete van die volk het hy die hulp gesoek van die burgerlike mag. Daaruit het die pousdom voortgekom, naamlik ‘n kerk wat die staat beheers het en die mag daarvan gebruik het om sy eie belange te bevorder, veral om kettery te onderdruk. Vir die Verenigde State om ‘n beeld van die dier te maak, moet die godsdienstige mag die burgerlike regering op so ‘n wyse beheers dat die kerk die gesag van die staat sal gebruik vir sy eie doeleindes.GS 506.2

    Elke keer wanneer die kerk burgerlike mag verkry het, het hy daardie mag gebruik om diegene te straf wat met sy leer verskil het. Protestantse kerke wat in die voetstappe van Rome gevolg het deur ‘n verbond aan te gaan met wêreldlike magte, het dieselfde begeerte geopenbaar om gewetensvryheid te beperk. Ons het ‘n voorbeeld hiervan in die langdurige vervolging van die afgeskeidenes deur die Kerk van Engeland. Gedurende die sestiende en sewentiende eeue is duisende nonkonformis-predikante verplig om hulle kerke te verlaat; en vele, sowel predikante as leke, is beboet, in die tronk gestop, gemartel, en sommige het die marteldood gesterf.GS 506.3

    Dit was as gevolg van afvalligheid dat die vroeë kerk die hulp van die burgerlike regering ingeroep het en sodoende die weg berei het vir die ontwikkeling van die pousdom — die dier. Paulus het gesê, “Eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word.” 2 Thess. 2: 3. Dit is dus die afvalligheid van die kerk wat die weg sal berei vir die beeld van die dier.GS 506.4

    Die Bybel verklaar dat daar voor die wederkoms van die Here godsdienstige agteruitgang sal wees net soos in die eerste eeue. “Maar weet dit, dat daar sware tye in die laaste dae sal ontstaan. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van vermaak as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” 2 Tim. 3: 1-5. “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.” 1 Tim. 4: 1. “Satan [sal] met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid” werk. En die wat “die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie,” sal oorgegee word om die “krag van dwaling” aan te neem “om die leuen te glo.” 2 Thess. 2: 9-11. Wanneer hierdie staat van goddeloosheid bereik is, sal dieselfde gevolge gesien word as in die eerste eeue.GS 507.1

    Die groot verskil van geloof in die Protestantse kerke word deur vele beskou as afdoende bewys dat geen poging om gelykvormigheid te verkry ooit gemaak sal word nie. Maar vir jare reeds bestaan daar in die Protestantse kerke ‘n sterk begeerte vir ‘n vereniging met algemeen aangenome leerstellings as grondslag. Om so ‘n vereniging te verkry, moet die bespreking van geskilpunte, hoe belangrik hulle ookal mag wees uit ‘n Bybelse standpunt, desnoods uitbly.GS 507.2

    In ‘n preek in die jaar 1846 het Charles Beecher verklaar dat die predikante van die “Evangeliese Protestantse denominasies nie alleen gestig is onder ‘n vreeslike druk van louter mensevrees nie, maar hulle lewe en beweeg en haal asem onder heeltemal verdorwe toestande, en elke uur neem hulle hulle toevlug tot elke onedele karaktertrek van hulle wese om die waarheid te verswyg en die knie te buig voor die mag van afval. Was dit ook nie die beloop van sake met Rome nie? En leef ons nie weer die lewe van Rome oor nie? En wat sien ons in die onmiddellike toekoms? Weer ‘n algemene vergadering! ‘n Wêreldkonferensie! ‘n Evangeliese vergadering en ‘n algemene geloofsbelydenis! “— Preek oor “The Bible a Sufficient Creed,” gelewer op Fort Wayne, Ind., 22 Feb. 1846.Wanneer hierdie doel bereik is, sal daar nog net een stap oorbly, naamlik om geweld te gebruik om volkome eenstemmigheid te verkry.GS 507.3

    Wanneer die vooraanstaande kerke van die Verenigde State, verenig op leerstellings waarop hulle almal eens is, die staat sal beïnvloed om hulle wette uit te voer en hulle instellings te handhaaf, dan sal Protestants-Amerika die beeld gemaak het van die Roomse hiërargie, en die oplegging van burgerlike straf op andersdinkendes sal die onvermydelike gevolg wees.GS 508.1

    Die dier met die twee horings “maak dat aan almal, die kleintjies en die grotes, en die rykes en die armes en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee is; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” Openb. 13: 16, 17. Die derde engel se waarskuwing lui as volg, “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God.” Die dier wat in hierdie boodskap genoem word, en die aanbidding waarvan afgedwing word deur die dier met die twee horings, is die eerste, of die luiperd-dier van Openbaring 13 — die pousdom. Die beeld van die dier stel ‘n vorm van afvallige Protestantisme voor wat sal ontstaan wanneer die Protestantse kerke die hulp van die burgerlike regering inroep om hulle dogmas verpligtend te maak. Die “merk van die dier” sal later verklaar word.GS 508.2

    Ná die waarskuwing teen die aanbidding van die dier en sy beeld, lui die profesie verder, “Hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.” Aangesien diegene wat Gods gebooie bewaar, genoem word in teenstelling met diegene wat die dier en sy beeld aanbid en sy merk ontvang, volg dit dat die onderhouding van Gods wet aan die eenkant, en die oortreding daarvan aan die anderkant, die onderskeidingsteken sal wees tussen die aanbidders van God en die aanbidders van die dier.GS 508.3

    Die spesiale kentrek van die dier, en dus ook van sy beeld, is die oortreding van Gods gebooie. Van die “ander horing”— die pousdom — sê Daniël, “Hy sal probeer om tye en wet te -verander.” Dan. 7: 25. Paulus noem hierdie selfde mag die “mens van sonde,” wat hom sou verhef bokant God. Die een profesie vul die ander aan. Alleen deur Gods wet te verander Tson die pousdom homself bokant God verhef; wie ook al die wet wat so verander is, willens en wetens hou, sou die allerhoogste eer bewys aan die mag deur wie die verandering gemaak is. So ‘n daad van gehoorsaamheid aan pouslike wette sou ‘n teken van trou wees aan die Pous, pleks van aan God.GS 509.1

    Die pousdom het probeer om Gods wet te verander. Die tweede gebod, wat die aanbidding van beelde verbied, is uit die wet weggelaat, en die vierde gebod is verander om die viering van die eerste, pleks van die sewende, dag as Sabbat te magtig. As rede waarom die tweede gebod weggelaat is, voer die pousgesindes aan dat die gebod onnodig is omdat dit in die eerste gebod opgeneem is, en dat hulle die wet weergee presies net soos God wil he dat ons dit moet verstaan. Hulle sê dat dit dus nie die verandering is wat deur die profeet voorspel is nie. Daar is sprake van ‘n moedswillige, voorbedagte verandering: “Hy sal probeer om tye en wet te verander.” Die verandering in die vierde gebod vervul die profesie op treffende wyse. Die enigste gesag wat vir hierdie verandering aangevoer is, is die van die kerk. Hier stel die pouslike mag hom openlik bokant God.GS 509.2

    Terwyl die aanbidders van God spesiaal gekenmerk is deur hulle agting vir die vierde gebod, aangesien dit die teken is van Gods skeppingskrag, en ook die bewys bevat van Sy aanspraak op die eerbewys en hulde van die mens, word die aanbidders van die dier gekenmerk deur hulle pogings om die Skepper se gedenkteken te vernietig en die instelling van Rome te verhef. Dit was ten opsigte van Sondagviering dat die pousdom die eerste maal sy vermetele aansprake beklemtoon het (Sien Aanhangsel); en dit was om Sondagviering as “die dag van die Here” verpligtend te maak dat hy die eerste keer sy toevlug geneem het tot die mag van die staat. Maar die Bybel wys die sewende dag aan, en nie die eerste nie, as die Dag van die Here. Christus het gesê, “Die Seun van die mens [is] Here ook van die Sabbat.” Die vierde gebod lui, “Die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.” En die Here noem daardie dag deur die profeet Jesaja, “My heilige dag.” Markus 2: 28; Exod. 20: 10; Jes.58: 13.GS 509.3

    Die bewering wat so dikwels gemaak word, naamlik dat Christus die Sabbat verander het, is deur Sy eie woorde geloënstraf. In Sy bergpredikasie het Hy gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.” Matt. 5: 17-19.GS 510.1

    Dat die Skrifte geen gesag verleen vir die verandering van die Sabbat nie, is ‘n feit wat algemeen erken word deur Protestante. In die geskrifte van die “American Tract Society” en “The American Sunday School Union,” word hierdie feit duidelik erken. “Die volkome stilswye van die Nuwe Testament oor ‘n duidelike bevel vir Sabbatviering [Sondag, die eerste dag van die week] of bepaalde reels vir die viering daarvan,” word openlik erken in een van bogenoemde werke.(Elliott, George, “The Abiding Sabbath,” bl. 184.)GS 510.2

    ‘n Ander skrywer sê “Tot by die dood van Christus was daar geen verandering in die dag gemaak nie; ons lees nie dat hulle [die apostels] ‘n bepaalde gebod gegee het wat die sewendedag Sabbat afgeskaf het en die viering van die eerste dag ingestel het nie.”— Waffle, A. E., “The Lord’s Day,” bis. 186, 187, 188.GS 510.3

    Rooms-Katolieke erken dat die verandering van die Sabbat deur hulle kerk gemaak is, en hulle verklaar dat Protestante, deur Sondag te vier, die gesag van die kerk erken. In die “Catholic Catechism of Christian Religion,” word die volgende verklaring gemaak in antwoord op ‘n vraag watter dag gevier moet word in gehoorsaamheid aan die vierde gebod: “In die ou wet is Saterdag die dag wat geheilig is; maar die kerk, op bevel van Jesus Christus en gelei deur die Gees van God, het Sondag ingestel in die plek van Saterdag; ons heilig vandag die eerste, en nie die sewende dag nie. Sondag beteken, en is nou, die dag van die Here.”GS 510.4

    Pousgesinde skrywers sê dat die teken van die gesag van die Katolieke Kerk is “die daad self van die verandering van die Sabbat tot Sondag, en wat Protestante toegee; omdat hulle deur Sondagviering die mag van die kerk erken om feesdae in te stel, en die viering daarvan te gebied onder sonde.”— — Tuberville, H“An Abridgment oj the Christian Doctrine bl. 58.Wat dan is die verandering van die Sabbat anders as die teken, of merk, van die gesag van die Roomse Kerk — die merk van die dier”?GS 511.1

    Die Katolieke Kerk het nie sy aanspraak op opperheerskappy laat vaar nie; en wanneer die wêreld en die Protestantse kerke die Sabbat aanneem wat hy ingestel het, terwyl hulle die Bybelse Sabbat verwerp, erken hulle feitlik hierdie aanmatiging. Hulle mag aanspraak maak op die gesag en tradisies van die Vaders vir die verandering; maar as hulle dit doen, sien hulle juis die beginsel oor die hoof wat hulle van Rome afskei — naamlik dat “die Bybel, en die Bybel alleen die godsdiens van Protestante is.” Die pousgesindes kan sien dat hulle [die Protestante] hulleself bedrieg en hulle oë moedswillig sluit vir die feite. Namate die beweging vir die verpligting van Sondagviering aangeneem word, is hulle [die pousgesindes] verseker dat dit uiteindelik die ganse Protestantisme weer onder die banier van Rome sal bring.GS 511.2

    Die pousgesindes verklaar dat “die viering van Sondag deur Protestante ‘n hulde is wat hulle, ten spyte van hulleself, aan die gesag van die [Katolieke Kerk] betoon.”—“Plain Talk About the Protestantism oj Today,” bl. 213.Waar Protestantse kerke Sondagviering verpligtend maak, maak hulle die aanbidding van die pousdom verpligtend — naamlik die dier. Diegene, wat hoewel hulle die aansprake van die vierde gebod besef maar nogtans verkies om die valse in stede van die ware Sabbat te vier, betoon daardeur hulde aan daardie mag wat dit beveel het. Juis deur die daad van burgerlike mag in te roep om besluite van die kerk verpligtend te maak, is die kerke self besig om ‘n beeld vir die dier te maak; daarom sou verpligte Sondagviering in die Ver-enigde State, die aanbidding van die dier en sy beeld verpligtend maak.GS 512.1

    Maar Christene van vorige geslagte het Sondag gevier en gemeen dat hulle daardeur die Bybelse Sabbat gevier het; en daar is tans ook opregte Christene in alle kerke, die Rooms-Katolieke Kerk inkluis, wat eerlik glo dat Sondag die Sabbat is wat God ingestel het. God neem sulke opregtheid aan. Maar wanneer Sondagviering deur die wet verpligtend gemaak word, en die hele wêreld verlig is aangaande die verpligting van die ware Sabbat, dan sal diegene wat die gebod van God oortree om ‘n gebod te gehoorsaam wat geen hoër gesag het as die van Rome nie, daardeur die pousdom vereer bokant God. Daardeur sou hy hulde betoon aan Rome, en aan die mag wat ‘n instelling wat deur Rome beveel is, verpligtend maak. Hy sou besig wees om die dier en sy beeld te aanbid. As mense dan die instelling werwerp waarvan God sê dat dit ‘n teken is van Sy gesag, en in die plek daarvan ‘n instelling vereer wat Rome verkies het as die teken van sy oppermagtigheid, sou hulle daardeur die teken van getrouheid aan Rome aanvaar — naamlik “die merk ‘van die dier.” Dit is eers wanneer die saak duidelik onder die .aandag van die volk gebring is, en hulle voor die keuse gebring is om te kies tussen die gebooie van God en die gebooie van mense, dat diegene wat volhou met hulle oortreding die “merk van die dier” sal ontvang.GS 512.2

    Die vreeslikste dreigement wat nog ooit teen sterwelinge geuiter is, is bevat in die derde engel se boodskap. Daar is vreeslike sonde wat die wraak van God onvermeng met genade uitlok. Die mens word nie in duisternis gelaat aangaande hierdie belangrike saak nie; die waarskuwing teen hierdie sonde sal aan die wêreld gegee word voor Gods oordele hom tref, sodat almal kan weet waarom hulle kom en kans sal hê om hulle te ontvlug. Die profesie verklaar dat die eerste engel sy boodskap sal gee aan “alle nasies en stamme en tale en volke.” Die waarskuwing van die derde engel, wat deel uitmaak van dieselfde drievoudige boodskap, word net so wyd en syd verkondig. Die profesie sê dat dit met ‘n luide stem verkondig word deur ‘n engel wat in die middel van die lug vlieg; en dit sal die aandag van die ganse wêreld trek.GS 513.1

    In hierdie stryd sal die Christendom in twee klasse verdeel word — naamlik diegene wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar, en diegene wat die dier aanbid en sy beeld en sy merk ontvang. Hoewel kerk en staat sal saamspan om “almal. die kleintjies en die grotes, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe,” “die merkteken van die dier” (Openb. 13: 16) te gee, sal die volk van God dit nogtans nie ontvlug nie. Die profeet op Patmos het die “oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, en oor die getal van sy naam sien staan by die see van glas met siters van God,” en hulle het die lied gesing van Moses en van die Lam. (Openb. 15: 2, 3.)GS 513.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents