Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 6—Huss en Hieronimus

    REEDS in die negende eeu het die evangelie wortelgeskiet in Boheme. Die Bybel is vertaal, en die openbare godsdiens is beoefen, in die taal van die volk. Maar namate die mag van die Pous vermeerder het, is die woord van God bedek. Gregorius VII, wat dit op homself geneem het om die trots van konings te verbreek, was nie minder vasberade om die volk te verslaaf nie; derhalwe is ‘n bul uitgevaardig wat verbied het dat die openbare godsdiens in die Boheemse taal sou geskied. Die Pous het verklaar “dat dit vir God behaaglik is dat Sy diens in ‘n onbekende taal sou geskied, en dat baie euwels en ketterye ontstaan het omdat hierdie reel nie toegepas is nie.”—Wylie, boek 3, hoojstuk 1. Also het Rome verorden dat die lig van Gods woord uitgedoof, en die volk in duisternis opgesluit moes word. Maar die Hemel het ander werktuie voorsien vir die bewaring van die kerk. Baie van die Waldense en Albigense, van hulle wonings verdryf in Frankryk en Italië, het na Boheme verhuis. Hoewel hulle nie gedurf het om in die openbaar te leer nie, het hulle dit ywerig in die geheim gedoen. Op hierdie manier is die ware geloof van eeu tot eeu bewaar.GS 109.1

    Voor die tyd van Huss, was daar manne in Boheme wat openlik die verdorwenheid van die kerk en die losbandigheid van die mense veroordeel het. Hulle werk het groot belangstelling verwek. Die hiërargie is ontstel, en daar is vervolging op tou gesit teen die dissipels van die evangelie. Verjaag, sodat hulle in die bosse en die berge hulle godsdiens moes beoefen, is hulle deur die soldate agtervolg, en baie is om die lewe gebring. Later is daar bevel uitgevaardig waarin verorden is dat almal wat van die Roomse godsdiens afgewyk het, verbrand moes word. Maar terwyl die Christene hulle lewens opgeoffer het, het hulle vooruitgesien na die oorwinning van hulle saak. Een van die wat “geleer het dat verlossing alleen kon verkry word deur geloof in die gekruisigde Heiland,” het op sy sterfbed verklaar: “Die woede van die vyande van die waarheid het nou die oorhand, maar dit sal nie vir ewig so wees nie; daar sal een onder die volk opstaan, sonder swaard en sonder gesag, en hulle sal nie teen hom kan bestaan nie.”—Wylie, boek 3, hoojstuk 1. Die koms van Luther was nog ver in die verskiet; maar alreeds het daar iemand opgestaan wie se getuienis teen Rome die volke in beroering sou bring.GS 110.1

    Johannes Huss is uit ‘n nederige huis gebore, en met die afsterwe van sy vader het hy vroeg wees geword. Sy vrome moeder, wat opvoeding en die vrees van God beskou het as die waardevolste besittings, het getrag om hierdie erfdeel aan haar seun te gee. Huss het in ‘n provinsiale skool geleer, en later is hy na die universiteit van Praag, waar hy as arm student opgeneem is. Sy moeder het hom daarheen vergesel; as arm weduwee het sy geen wêreldlike rykdom gehad om aan haar seun te gee nie; maar toe hulle naby die groot stad kom, het sy langs die weeskind neergekniel, en die seen van hulle Hemelse Vader op hom afgesmeek. Weinig het sy vermoed hoe haar gebed beantwoord sou word.GS 110.2

    Aan die universiteit het Huss homself gou onderskei deur sy onvermoeide ywer en vinnige vooruitgang, terwyl sy onbesproke lewe en sagmoedige, innemende gedrag algemene agting afgedwing het. Hy was ‘n opregte aanhanger van die Roomse Kerk, en ‘n ernstige soeker na die geestelike seëninge wat daardie kerk voorgegee het om te gee. Tydens een van die jaarfeeste, het hy gaan bieg en het hy sy laaste paar geldstukkies betaal; hy het by die optog aangesluit sodat hy ook kon deel in die beloofde vergifnis. Na hy sy kollegekursus voltooi het, het hy priester geword. en daar hy gou vir homself naam gemaak het, het hy ‘n plek gekry aan die hof van die koning. Ook is hy aangestel as professor, en later as rektor van die universiteit waar hy sy opvoeding geniet het. Binne ‘n paar jaar was die behoeftige student die trots van sy land, en sy naam was deur die ganse Europa bekend.GS 110.3

    Maar dit was in ‘n ander veld waar Huss sy hervormingswerk begin het. Etlike jare na hy priester geword het, is hy aangestel as prediker by die kapel van Betlehem. Die stigter van hierdie kapet het, as ‘n baie belangrike saak, voorgestaan dat die Skrifte in die volkstaal moes gepredik word. Nieteenstaande Rome se verbod hierteen, was hierdie gewoonte nie heeltemal in Boheme gestaak nie. Daar was groot onkunde aangaande die Bybel, en die ergste sondes het onder alle stande van die samelewing geheers. Hierdie dinge het Huss ongenadig bestraf, en homself op die woord van God beroep om die beginsels van waarheid en reinheid wat hy geleer het, te bekragtig.GS 111.1

    ‘n Burger van Praag, Hieronimus, wat later ‘n medewerker van Huss geword het, het die geskrifte van Wycliffe met hom saamgebring uit Engeland. Die koningin van Engeland, wat ‘n bekeerling van Wycliffe was, was ‘n Boheemse prinses; deur haar invloed is die geskrifte van die Hervormer wyd versprei in haar geboorteland. Huss het hierdie werke met belangstelling gelees; het hy geglo dat die skrywer daarvan ‘n opregte Christen was, en hy was geneig om die hervormings wat Wycliffe voorgestaan het, gunstig te beskou. Alhoewel hy dit nie geweet het nie, was Huss alreeds op die pad wat ver weg van Rome sou lei.GS 111.2

    In hierdie tyd het daar twee vreemdelinge uit Engeland in Praag aangekom, manne van geleerdheid, wat lig ontvang het en gekom het om dit in hierdie verafgeleë land te versprei. Hulle het begin met ‘n openlike aanval op die oppergesag van die Pous, en hulle is gou stilgemaak deur die owerheid. Maar onwillig om van hulle doel af te sien, het hulle hulle toevlug geneem tot ander middels. Daar hulle ook kunstenaars sowel as predikers was, het hulle hulle kuns beoefen. In ‘n plek waartoe die publiek toegang gehad het, het hulle twee skilderye geteken. Die een was ‘n voorstelling van Christus se intog in Jerusalem, “sagmoedig, sittende op ‘n esel,” gevolg deur Sy dissipels in verslete klere en kaalvoet. Die ander skildery was ‘n voorstelling van ‘n pouslike optog; die Pous was uitgedos in sy pragtige klere en sy drievoudige kroon, sittende op ‘n pragtigversierde perd, met kardinale en prelate in skitterende tooisel aan die voorpunt.GS 111.3

    Hier was ‘n preek wat die aandag van alle klasse getrek het. Skares het na die skilderye kom kyk. Almal het die sedeles gesien, en baie het diep onder die indruk gekom van die kontras tussen die sagmoedigheid en nederigheid van Christus, die Meester, en die prag en grootsheid van die Pous, Sy sogenaamde dienskneg. Daar het groot beroering in Praag ontstaan, en die vreemdelinge het dit na ‘n tyd nodig geag om veiligheidshalwe te vertrek. Maar die les wat hulle geleer het, is nie vergeet nie. Die skilderye het ‘n diep indruk op Huss gemaak, en hom gelei tot ‘n dieper studie van die Bybel en die geskrifte van Wycliffe. Ofskoon hy nie bereid was om toe al, al die hervormings aan te neem wat Wycliffe voorgestaan het nie, het hy die ware karakter van die pousdom duideliker gesien, en met groter ywer het hy die hoogmoed, die eersugtigheid, en die verdorwenheid van die hiërargie veroordeel.GS 112.1

    Van Boheme het die lig na Duitsland versprei; want onluste aan die Universiteit van Praag het as gevolg gehad dat honderde Duitse studente hulle onttrek het. Baie van hulle het van Huss hulle eerste kennis van die Bybel gekry, en, terug in hulle vaderland, het hulle die evangelie verkondig.GS 112.2

    Rapporte aangaande die werk in Praag het na Rome gegaan, en Huss is gou voor die Pous gedaag. Om te gehoorsaam sou vir hom ‘n gewisse dood beteken. Die koning en koningin van Boheme, die universiteit, lede van die adelstand, regeringsbeamptes — almal het saam ‘n beroep op die Pous gedoen om Huss toe te laat om in Praag te bly, en om deur middel van ‘n plaasvervanger in Rome verantwoording te doen. In stede van hierdie versoek toe te staan het die Pous met die verhoor voortgegaan en Huss veroordeel, ook het hy die stad Praag in die ban gedoen.GS 112.3

    In daardie tyd het so ‘n vonnis, waar ook al uitgespreek, algemene ontsteltenis veroorsaak. Die seremonies waarmee dit gepaard gegaan het, het die volk, wat die Pous beskou het as die verteenwoordiger van God, in besit van die sleutels van die hemel en hel, asook van mag, om tydelike sowel as geestelike straf op te lê, die skrik op die lyf geja. Daar is geglo dat die poorte van die hemel gesluit word teen die plek wat deur die banvloek getref word; en solank as die Pous die ban nie herroep nie, sou die dode uitgesluit bly van die oord van saligheid. As ‘n teken van hierdie vreeslike onheil, word alle godsdiensoefeninge gestaak. Die kerke word gesluit. Huwelike word in die kerkhof ingeseën, daar word geweier om die dode in gewyde grond te begrawe, en hulle word sonder ‘n lyksrede, sommer op die veld of in ‘n sloot gegooi. Op hierdie manier het Rome, deur maatreëls wat op die verbeelding van die volk gewerk het, die gewetens van die mense beheers.GS 113.1

    Die stad Praag was in oproer. ‘n Groot menigte het Huss veroordeel as die oorsaak van hulle onheile, en hulle het geëis dat hy aan die wraak van Rome oorgelewer moes word. Om die storm te stil, het die Hervormer homself vir ‘n tyd in sy geboortedorp teruggetrek. In ‘n brief aan vriende in Praag het hy geskryf: “As ek my uit julle midde teruggetrek het, is dit om die gebod en die voorbeeld van Jesus Christus na te volg, sodat daar geen geleentheid sal gegee word aan kwaadgesindes om die ewige veroordeling op hulle hals te haal nie, en sodat ek nie die oorsaak sal wees dat die vromes sal ly en vervolg word nie. Ook het ek my teruggetrek uit vrees dat goddelose priesters die verkondiging van die woord van God onder julle nog langer sal verbied; maar ek het julle nie verlaat om die goddelike waarheid, waarvoor ek met die hulp van God gewillig is om te sterf, op te gee nie.”—Bonnnechose, “The Reformers Before the Reformation,” Deel I, bl. 87 (ed. 1844). Huss het nie sy werk gestaak nie, maar het deur die omliggende lande gereis waar hy vir gretige skares gepreek het. Die maatreëls, dus, wat die Pous getref het om die evangelie te onderdruk, was oorsaak dat dit meer verbrei het. “Want ons kan niks doen teen die waarheid nie maar wel vir die waarheid.” 2 Kor. 13: 8.GS 113.2

    “Op hierdie stadium van sy loopbaan skyn dit of daar ‘n groot stryd in die hart van Huss gewoed het. Hoewel die kerk daarop uit was om hom te oorweldig deur donderslae, het hy nie die gesag daarvan verwerp nie. Die Roomse Kerk was vir hom nog die bruid van Christus, en die Pous nog die verteenwoordiger en plaasvervanger van God. Huss se stryd was nie teen die beginsel van gesag nie, maar teen die misbruik daarvan. Dit het hom in ‘n vreeslike stryd gewikkel tussen sy verstandelike oortuigings en die inspraak van sy gewete. As die gesag reg en onfeilbaar was, soos hy geglo het, hoe is dit dan dat hy gedwonge gevoel het om dit ongehoorsaam te wees? Om dit te gehoorsaam, het hy gesien, was sonde; maar waarom sou gehoorsaamheid aan ‘n onfeilbare kerk hom dan voor hierdie vraag bring? Dit was die vraagstuk wat hy nie kon oplos nie; dit was die twyfeling wat hom uur na uur gemartel het. Die naaste wat hy aan ‘n oplossing kon kom, was om aan te neem dat daar ‘n herhaling was van toestande soos in die dae van die Verlosser, toe die priesters van die kerk bose manne was wat hulle wettige gesag gebruik het vir onwettige doeleindes. Dit het hom daartoe gebring om dit as rigsnoer vir sy eie lewe aan te neem, en dit ook aan ander voor te hou, dat die voorskrifte van die Woord, deur die verstand aangeneem, die gewete moet beheers; met ander woorde, dat God deur die Bybel sprekende, en nie die kerk wat deur die priesterskap spreek, die enigste onfeilbare gids is.”—Wylie, boek 3, hoojstuk 2.GS 114.1

    Toe die opwinding in Praag na ‘n tyd bedaar het, het Huss na sy kapel van Betlehem teruggekeer, om die woord van God met nog groter ywer te verkondig. Sy vyande was baie en bedrywig, maar die koningin en baie van die edelliede was sy vriende, en groot getalle van die volk was aan sy kant. Sy reine en verhewe leerstellings en heilige lewe vergelykende met die verlagende dogmas wat die Roomsgesindes verkondig het, en die gierigheid en losbandigheid van hulle lewe, het vele dit as ‘n eer beskou om aan sy kant te staan.GS 114.2

    Tot dusver het Huss alleen gestaan in sy werk; maar nou het Hieronimus, wat die leerstellings van Wycliffe aangeneem het terwyl hy in Engeland was, ook aangesluit by die hervormingswerk. Van nou af was die twee verenig in hulle lewens, en in die dood is hulle nie geskei nie. Genie, welsprekendheid, en geleerdheid — gawes wat mens in die guns van die volk bring —is dinge wat Hieronimus in ‘n groot mate besit het; maar in die eienskappe wat bydra tot ‘n sterk karakter, het Huss uitgeblink. Sy kalme oordeel het die voortvarende gees van Hieronimus ‘n bedwang gehou, wat met ware nederigheid die waarde van Huss besef, en geluister het na sy raad. Deur hulle gesamentlike arbeid het die hervormingswerk vinnig vooruitgegaan.GS 114.3

    God het groot lig laat skyn in die harte van hierdie uitverkore manne, en baie van die dwalinge van Rome aan hulle geopenbaar; maar hulle het nie al die lig ontvang wat aan die wêreld sou gegee word nie. Deur hierdie diensknegte het God die volk uit die duisternis van Romanisme gelei; maar daar was groot struikelblokke wat hulle moes oorkom, en Hy het hulle voortgelei, stap vir stap, namate hulle dit kon verduur. Hulle was nie bereid om al die lig meteens te ontvang nie. Xet soos die voile glans van die middagson mense wat in die duisternis gewoon het, sou laat terugdeins, sou die voile lig hulle ook laat wegdraai het. Daarom het Hy die lig bietjiesgewyse aan die leiers geopenbaar, namate dit deur die volk kon verduur word. Van eeu tot eeu sou getroue werkers hulle opvolg, om die volk nog verder voort te lei op die pad van hervorming.GS 115.1

    Die skeuring in die kerk het steeds voortgeduur. Drie pouse het nou onder mekaar gestry om die oppergesag, en hulle stryd het die Christendom vervul met misdaad en oproer. Nie tevrede om mekaar te vervloek nie, het hulle na die wapen gegryp. Elkeen van hulle het begin rond kyk om wapens te koop en soldate te verkry. Hierdie middels moes hulle hê; en om hulle te verkry, is die gawes, betrekkings, en seëninge van die kerk te koop aangebied. (Sien Aanhangsel.) Ook die priesters het hulle meerderes nageaap, en hulle begeef tot simonie en oorlog om hulle teenstanders te verneder en hulleself te versterk. Met toenemende onverskrokkenheid, het Huss te velde getrek teen die gruwels wat in die naam van die godsdiens toegelaat is; en die volk het die Roomse leiers openlik beskuldig dat hulle die oorsaak was van die ellendes wat die Christendom oorweldig het.GS 115.2

    Weer het dit geskyn of die stad Praag op die randjie van ‘n bloedige botsing was. Soos in vorige tye is Gods dienskneg beskuldig dat hy “die beroerder van Israel was.” 1 Kon. 18: 17. Weer is die stad in die ban gedoen, en het Huss teruggetrek na sy geboortedorp. Die getuienis wat hy so getrou gegee het in sy geliefde kapel van Betlehem, is beëindig. Voordat hy sy lewe neergelê het as getuie vir die waarheid, sou hy tot die hele Christendom spreek op ‘n ruimer toneel.GS 117.1

    Om die onheile uit die weg te ruim wat Europa in beroering gebring het, is daar ‘n algemene konsilie belê om saam te kom op Constans. Hierdie konsilie is saamgeroep, op aandrang van die keiser Sigismund, deur een van die drie wedywerende pouse, naamlik Johannes XXIII. Hierdie aandrang op ‘n konsilie was baie onwelkom vir Pous Johannes, wie se karakter en beleid nie ondersoek kon deurstaan nie, selfs nie deur prelate nie wat net so los van sedes was soos die kerkmanne van daardie tyd. Hy kon egter nie weier om te voldoen aan die versoek van Sigismund nie. (Sien Aanhangsel.)GS 117.2

    Die hoofdoel van die vergadering was om die skeuring in die kerk te heel, en kettery uit te roei. Daarom is die twee antipouse voor die vergadering gedaag sowel as die vernaamste verkondiger van die nuwe opinies, naamlik Johannes Huss. Eersgenoemdes het, met die oog op hulle eie veiligheid, nie die vergadering persoonlik bygewoon nie, maar is verteenwoordig deur hulle afgevaardigdes. Pous Johannes, hoewel hy oënskynlik die sameroeper van die vergadering was, het met slegte voorgevoelens daarheen gegaan, verwagtende dat dit die keiser se geheime doel was om hom te onttroon, en ook was hy bang dat hy verantwoording sou moes doen vir die sondes wat die tiara onteer het sowel as die misdade waardeur hy dit verkry het. Maar nogtans het hy na die stad Constans gekom met groot prag en praal, vergesel van geestelikes van die hoogste rang, en gevolg deur ‘n stoet van howelinge. A1 die geestelikes en waardigheidsbekleërs van die stad, met ‘n groot skare burgers, het uitgegaan om hom te verwelkom. Bokant sy kop was ‘n goue kanopie, opgehou deur vier van die hoofmagistrate. Die hostie is voor hom gedra, en die pragtige tooisel van die kardinale en edelliede het ‘n indrukwekkende vertoning gemaak.GS 117.3

    In die tussentyd was daar ‘n ander reisiger op weg na Constans. Huss het die gevare besef wat hom bedreig het. Hy het afskeid geneem van sy vriende asof hy hulle nooit weer sou sien nie, en hy het sy reis aanvaar met ‘n gevoel dat hy op weg was na die brandstapel. Maar nieteenstaande dit nie, het hy ‘n vrygeleide gekry van die koning van Boheme, en ook een van die keiser Sigismund terwyl hy op weg was. Hy het alle reelings getref met die oog op die moontlikheid dat hy sou sterf.GS 118.1

    In ‘n brief aan vriende in Praag het hy geskryf: “My broeders . . . ek vertrek met ‘n vrygeleide van die koning om my talryke en dodelike vyande te gaan ontmoet. . . . Ek vertrou volkome op die almagtige God, en op my Heiland; ek vertrou dat Hy u vurige gebede sal verhoor; dat Hy Sy versigtigheid en wysheid in my mond sal lê sodat ek hulle sal kan weerstaan; en dat Hy my Sy Heilige Gees sal skenk om my te sterk in Sy waarheid, sodat ek moedig versoeking, gevangenis, en indien nodig, ‘n wrede dood in die aangesig sal kan sien. Jesus Christus het vir Sy geliefdes gely; moet ons dan verbaas wees dat Hy ons Sy voorbeeld nagelaat het, sodat ons met geduld alles sou kan verdra vir ons eie saligheid? Hy is God en ons is Sy skepsels; Hy is die Here en ons is Sy diensknegte; Hy is die Meester van die wêreld en ons is veragtelike sterwelinge. En nogtans het Hy gely! Waarom dan sou ons nie ook ly nie, veral daar lyding vir ons loutering is? Daarom, geliefdes, as my dood Hom moet verheerlik, bid dat die spoedig mag kom, en dat Hy my in staat mag stel om alles wat my sal oorkom met standvastigheid te verduur. Maar as dit beter sou wees dat ek tot julle moet terug kom, laat ons God dan bid dat ek sonder blaam terugkom — dit wil sê, dat ek nie een titteltjie van die evangeliewaarheid sal terughou nie, sodat ek aan my broeders ‘n navolgenswaardige voorbeeld kan nalaat. Heel moontlik sal julle my nooit weer in Praag sien nie; maar as dit die almagtige God behaag om my aan julle terug te gee, laat ons dan voortgaan met ‘n standvastiger hart in die kennis en liefde van Sy wet.”—Bonnechose, Deel 1, bls. 147, 148.GS 118.2

    In ‘n ander brief, aan ‘n priester wat ‘n dissipel van die evangelie geword het, het Huss met groot nederigheid van sy eie dwalings geskryf en hy het homself aangekla “dat dit hom genoeë verskaf het om kostelike klere te dra, en dat hy ure verkwis het met ydele arbeid.” In die brief het hy die volgende roerende vermanings gegee: “Mog die heerlikheid van die Here en die redding van jou siel jou gedagtes besig hou, en nie die besit van kerklike ampte en goed nie. Waak daarteen om nie jou huis meer te versier as jou siel nie; en bo alles, versorg jou geestelike gebou. Wees vroom en nederig teenoor die armes, en verteer nie jou goed met feesviering nie. As jy nie jou lewe verbeter en oordaad versaak nie, is ek bevrees dat jy swaar gekasty sal word net soos ekself. . . . Jy is bekend met my leer, want ek het jou onderrig van kindsbeen af; dit sou dus nutteloos vir my wees om nog meer te skryf. Maar ek besweer jou, deur die genade van die Here, om my nie na te volg in enige van die ydelhede waarin jy gesien het dat ek geval het nie.” Op die koevert het hy verder geskryf, “ek besweer jou my vriend om hierdie brief nie oop te maak voordat jy seker is van my dood nie.”—Bonnechose, Deel 1, bls. 148, 149.GS 119.1

    Op sy reis het Huss orals bewyse gesien van die verspreiding van sy leerstellings, asook die welgevalle waarmee sy saak bejeën is. Die mense het toegestroom om hom te ontmoet, en in sommige dorpe het die magistrate hom vergesel deur die strate.GS 119.2

    By sy aankoms op Constans het Huss alle vryheid geniet. By die vrygeleide van die keiser het die Pous hom ook die versekering gegee van beskerming. Dog hierdie plegtige en herhaaldelike versekering is geskend, en die Hervormer is binne ‘n kort tydjie gearresteer op bevel van die Pous en die kardinale, en hy is in ‘n vieslike kerker opgesluit. Later is hy oorgeplaas na ‘n sterk kasteel oorkant die Ryn, en daar is hy gevangene gehou. Die Pous het maar min voordeel uit sy verraad getrek, en kort daarna is hy self in dieselfde gevangenis opgesluit.—Idem., bl 247. Op die vergadering is daar bewys dat hy aan die laagste misdade skuldig was, behalwe nog moord, simonie, en owerspel —“sondes wat nie genoem kan word nie.” Dit was die verklaring van die vergadering; en hy is eindelik onttroon en in die gevangenis gewerp. Die anti-pouse is ook onttroon, en daar is ‘n nuwe Pous gekies.GS 119.3

    Ofskoon die Pous self skuldig was aan erger misdade as die waarvan Huss die priesters beskuldig het, en waarteen hy op hervorming aangedring het, het dieselfde vergadering wat die Pous verneder het, voortgegaan om die Hervormer te vernietig. Die opsluiting van Huss het groot verontwaardiging in Boheme veroorsaak. Invloedryke edelliede het sterk by die vergadering geprotesteer teen hierdie gruweldaad. Die keiser, wat nie gewillig was om die skending van vrygeleide te gedoog nie, het hom verset teen die wyse waarop Huss behandel is. Maar die vyande van die Hervormer was wraagsugtig en gedetermineerd. Hulle het hulle beroep op die keiser se vooroordeel, op sy vrees, en op sy ywer vir die kerk. Hulle het languitgerekte argumente aangevoer om te bewys dat “beloftes aan ketters en aan persone wat van kettery verdenk is, nie nagekom behoort te word nie, alhoewel hulle voorsien is van vrygeleides van keisers en konings.”—Lenjant, “History of the Council oj Constance,” Deel I, bl. 516.En so het hulle hulle doel bereik.GS 121.1

    Verswak deur siekte en gevangenis — want die klam, slegte lug van die kerker het ‘n koors laat ontstaan waaraan hy byna dood is —is Huss eindelik voor die vergadering gebring. Met kettings gebind, het hy in die teenwoordigheid van die keiser gestaan wat sy eer en trou verpand het om hom te beskerm. Gedurende sy lang verhoor, het hy pal gestaan vir die waarheid, en in die teenwoordigheid van die waardigheidsbekleërs van kerk en staat, het hy plegtig en getrou geprotesteer teen die verdorwenheid van die priesterskap. Toe hy moes kies tussen die herroeping van sy leer en die dood, het hy die lot van martelaar gekies.GS 121.2

    Die genade van God het hom staande gehou. Gedurende die weke van lyding voor sy vonnis voltrek is, het die vrede van die hemel sy siel vervul. “Ek skryf hierdie brief,” het hy aan ‘n vriend geskryf, “in my gevangenis en met my geboeide hand, en ek verwag my doodvonnis more. . . . Wanneer ons, met die hulp van Jesus Christus, weer sal ontmoet in die heerlike vrede van die lewe hiernamaals, sal u hoor hoe genadig God teenoor my was, en hoe kragtig Hy my ondersteun het te midde van versoeking en beproewing.”—Bonnechose, Deel II, bl. 67.GS 121.3

    In die duisternis van sy gevangenis het hy die seëviering van die ware geloof gesien. In sy drome teruggaande na die kapel in Praag waar hy die evangelie verkondig het, het hy die Pous en sy biskoppe die afbeeldings van Christus wat hy teen die mure geskilder het, sien uitwis. “Hierdie gesig het hom baie ongelukkig gemaak; maar die volgende dag het hy baie kunsskilders gesien, besig om die figure te herstel in groter getal en in heerliker kleure. Sodra hulle klaar was, het die skilders, wat omring was van ‘n groot skare, uitgeroep, ,Laat die pouse en biskoppe nou kom; hulle sal dit nooit meer kan uitwis nie!’ ” In sy verhaal van sy droom, het die Hervormer gesê: “Ek is oortuig daarvan, dat die beeld van Christus nooit uitgewis sal word nie. Hulle wou dit graag vernietig, maar dit sal opnuut geskilder word in alle harte deur beter predikers as ek.”—D’Aubigne, Boek 1, hoofstuk 6.GS 122.1

    Vir die laaste maal is Huss voor die raad gebring. Dit was ‘n groot en skitterende vergadering — die keiser, die prinse van die ryk, die koninklike afgevaardigdes, die kardinale, biskoppe, priesters, en ‘n groot skare wat as toeskouers gekom het van die gebeurtenisse van die dag. Uit alle dele van die Christendom het die getuies bymekaargekom van die eerste groot offer van die lang stryd waardeur gewetensvryheid verkry is.GS 122.2

    Toe hy opgeroep is om sy laaste besluit aan die raad te gee, het Huss verklaar dat hy weier om sy geloof af te sweer, en met sy deurdringende blik op die keiser gevestig wat sy gegewe woord so skandelik geskend het, het hy verklaar “Ek het uit my eie vry wil besluit om voor hierdie raad te verskyn onder die openbare beskerming en belofte van die keiser hier teenwoordig.” — Bonnechose, Deel 11, bl. 84. Die gelaat van Sigismund het bloedrooi geword en die oë van almal was op hom gevestig.GS 122.3

    Nadat die vonnis uitgespreek is, is die plegtigheid van vernedering begin. Die biskoppe het die gevangene geklee in priesterlike gewaad, en toe hy die gewaad aantrek het hy gesê, “onse Here Jesus Christus is ‘n blink kleed aangetrek om Hom te beledig, toe Herodes Hom voor Pilatus ingebring het.”— Bonnechose, Deel 11, bl. 86.Toe hy weer vermaan is om te herroep, het hy hom tot die volk gewend en geantwoord: “Hoe sou ek dan die hemele kan aansien? Hoe sou ek my aangesig kan vertoon voor die skare van manne aan vvie ek die reine evangelie verkondig het? Xee; ek ag hulle saligheid meer as hierdie arme liggaam, nou tot die dood veroordeel.” Een vir een is die kledingstukke weer uitgetrek, terwyl elke biskop ‘n vloek uitgespreek het onderwyl hy sy deel van die plegtigheid uitgevoer het. Eindelik het hulle die puntige papier myter op sy hoof geplaas waarop figure van demone geskilder is, met die woord “artsketter” voorop, vir almal sigbaar. “Met blydskap,” het Huss gesê, “sal ek hierdie kroon van skande dra vir U ontwil, o Jesus, wat vir my die doringkroon gedra het.”GS 122.4

    Op hierdie wyse uitgedos, het die prelate gesê, “nou gee ons jou siel aan die duiwel oor.” “En ek,” het Johannes Huss geantwoord, met sy oë hemelwaarts gerig, “beveel my gees in U hande, o Here Jesus, want U het my verlos.”— Wylie, Boek III, hoojstuk 7GS 123.1

    Hy is toe aan die wêreldlike owerheid oorgelewer, en na die plek van teregstelling gelei. ‘n Groot skare het gevolg, honderde gewapende manne, priesters en biskoppe in hulle skitterende klere, en die inwoners van Constans. Xadat hy aan die brandstapel vasgebind is, en alles gereed was om die vuur aan die brand te steek, is die martelaar nogeens vermaan om homself te red deur sy dwaling af te sweer. “Watter dwalings,” het Huss gevra, “moet ek opgee? Ek weet nie van een waaraan ek skuldig is nie. Ek roep tot God as getuie dat alles wat ek geskryf en gepreek het, gedoen is met die doel om siele te red van sonde en die verderf; en, daarom sal ek blymoedig die waarheid wat ek geskryf en gepreek het, met my bloed bevestig.”—Wylie, Boek III, hoojstuk 7.Toe die vlamme rondom hom begin brand, het hy die lied aangehef, “Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig,” en so het hy aangehou tot dat sy stem vir ewig stil was.GS 123.2

    Selfs sy vyande is getref deur sy heldhaftige gedrag. ‘n Ywerige pousgesinde, in ‘n beskrywing van die marteldood van Huss, en van Hieronimus wat kort daarna ook gesterf het, het gesê: “Altwee van hulle het onwrikbaar vasgestaan toe hulle laaste uur genader het. Hulle het vir die brandstapel voorberei soos vir ‘n bruilofsfees. Hulle het geen smartkreet geuiter nie. Toe die vlamme opskiet, het hulle liedere begin sing; en die heftigheid van die vuur kon skaars hulle gesing stopsit.”— Wylie, Boek III, hoojstuk 7.GS 123.3

    Nadat die liggaam van Huss heeltemal verbrand was, is sy as, met die grond waarop dit gelê het, saamgeraap en in die Ryn gegooi wat dit na die oseaan gevoer het. Sy vervolgers het tervergeefs gehoop dat hulle die waarhede wat hy verkondig het, uitgeroei het. Min het hulle gedroom dat die as wat daardie dag na die see gevoer is, soos saad sal wees wat in alle lande van die aarde gesaai is; dat dit in lande wat totnogtoe onbekend was, ‘n groot oes sou lewer in getuies vir die waarheid. Die stem wat gespreek het in die raadsaal van Constans, het weerklink deur al die toekomstige eeue. Huss was daar nie meer nie, maar die waarhede waarvoor hy gesterf het, sou nooit uitgedelg word nie. Sy voorbeeld van geloof en onwrikbaarheid sou menigtes bemoedig om pal te staan vir die waarheid, ten spyte van marteling en die dood. Sy teregstelling het aan die hele wêreld die skandelike wreedheid van Rome getoon. Die vyande van die waarheid, alhoewel hulle dit nie geweet het nie, het die saak aangehelp wat hulle so tevergeefs getrag het om te vernietig.GS 125.1

    Daar sou nog ‘n ander brandstapel op Constans opgerig word. Die bloed van nog ‘n getuie moet vir die waarheid getuig. Toe Hieronimus, Huss by sy vertrek na die vergadering gegroet het, het hy hom aangemaan tot moedigheid en onwrikbaarheid, en gesê dat hy self tot sy hulp sou haas as enige gevaar hom sou bedreig. Toe hy hoor van die Hervormer se gevangenis het hierdie getroue dissipel onmiddellik klaargemaak om sy belofte na te kom. Sonder ‘n vrygeleide, en met net een metgesel, het hy vertrek na Constans. Hy sy aankoms daar was hy oortuig dat hy homself net in gevaar gebring het sonder enige moontlikheid om iets te kan doen vir die vrystelling van Huss. Hy het gevlug van die stad, maar op sy terugreis is hy in hegtenis geneem, en in boeie deur ‘n aantal soldate teruggebring. Op sy eerste verskyning voor die raad, is Hieronimus se poging om te antwoord op die beskuldigings teen hom doodgeskree met “na die vlamme met hom, na die vlamme!”—Bonnechose, Deel I, bl. 234. Hy is in die gevangenis gewerp, en op ‘n manier vasgeketting wat hom groot lyding veroorsaak het, en hy is met brood en water gevoed. Na etlike maande het die lyding in die gevangenis hom so siek gemaak dat sy lewe in gevaar was; sy vyande, vresende dat die dood hom uit hulle hande sou verlos, het hom met minder wreedheid behandel, alhoewel hy nog vir ‘n hele jaar in die gevangenis gebly het.GS 125.2

    Die dood van Huss het nie uitgewerk soos die pousgesindes gehoop het nie. Die skending van die vrygeleide het ‘n storm van protes by die volk laat ontstaan, en as ‘n veiliger weg, het die raad besluit om Hieronimus, in stede om hom te verbrand, te forseer om te herroep, as dit moontlik was. Hy is voor die vergadering gebring, waar hy moes kies tussen afswering en die brandstapel. Aan die begin van sy gevangenskap, sou die dood ‘n seën gewees het vergeleke met die vreeslike lyding wat hy moes verduur; verswak deur siekte veroorsaak deur sy ontberings in die gevangenis en die angs en spanning, verwyder van sy vriende en ontmoedig deur die dood van Huss, het Hieronimus se kragte nou ingegee en hy het ingestem om hom aan die raad te onderwerp. Hy het belowe om vas te hou aan die Katolieke geloof, en hy het die handelwyse van die raad in die veroordeling van die leerstellings van Wycliffe en Huss goedgekeur. met uitsondering egter, van die “heilige waarhede” wTat hulle verkondig het. (Bonnechose, Deel II, bl. 141.)GS 126.1

    Deur hierdie uitweg het Hieronimus probeer om die stem van sy gewete stil te maak en aan sy lot te ontkom. Maar in die eensaamheid van sy kerker het hy duidelik besef wat hy gedoen het. Hy het gedink aan die moed en getrouheid van Huss, in teenstelling met sy eie verloëning van die waarheid. Hy het gedink aan sy goddelike Meester wat hy belowe het om te dien en wat vir sy ontwil die kruisdood verduur het. Voor sy herroeping het hy in sy lyding troos gevind in die versekering van Gods guns; maar nou was sy siel deur twyfel en verwyt gemartel. Hy het geweet dat daar nog ander herroepings moet gemaak word voordat hy in vrede met Rome kon verkeer. Die weg wat hy ingeslaan het kon alleen eindig in volkome afval. Hy het sy besluit geneem: om ‘n kort tydjie van lyding te ontduik, sou hy nie sy Here verloën nie.GS 126.2

    Hy is gou weer voor die raad gebring. Sy onderwerping het nie sy regters tevrede gestel nie. Hulle dors na bloed, verskerp deur die dood van Huss, het om meer slagoffers geroep. Alleen deur ‘n onvoorwaardelike versaking van die waarheid kon Hieronimus sy lewe behou. Maar hy was vasbeslote om sy geloof te handhaaf en sy broedermartelaar na die vlamme te volg.GS 127.1

    Hy het sy vorige terugtrekking herroep, en as ‘n sterwende, het hy plegtig gevra om ‘n kans om homself te verdedig. Die uitwerking van sy woorde vresende, het die prelate daarop aangedring dat hy slegs die waarheid of die onwaarheid van die klagtes teen hom moes erken. Hieronimus het teen sulke wreedheid en onreg geprotesteer. “Julie het my vir driehonderd en veertig dae in hierdie vreeslike gevangenis opgesluit,” het hy gesê, “in vuilheid, vieslikheid, stank, en in die allergrootste behoefte aan alles; en nou bring julle my voor julle, en aangehits deur my dodelikste vyande, weier julle om my te hoor. ... As julle regtig wyse manne is, en ligte in hierdie wêreld, pas op dat julle nie teen geregtigheid sondig nie. Wat my betref, ek is maar ‘n swak sterweling; my lewe is nie veel werd nie; en waar ek julle vermaan om my nie oor te lewer aan ‘n onregverdige vonnis nie, spreek ek minder vir myself as vir julle.”—Bonnechose, Deel II, bls. 146, 147.GS 127.2

    Sy versoek is eindelik toegestaan. In die teenwoordigheid van sy regters het Hieronimus neergekniel en gebid dat die goddelike Gees sy gedagtes en woorde mag beheers, sodat hy niks mag sê wat teenstrydig met die waarheid is of wat sy Meester onwaardig sou wees nie. Vir hom is die belofte van God aan die eerste dissipels daardie dag vervul: “Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil. . . . Maar wanneer hulle julle oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie; want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek.” Matt. 10: 18-20.GS 127.3

    Die woorde van Hieronimus het die verbasing en bewondering van selfs sy vyande verwek. Vir ‘n hele jaar is hy in die kerker opgesluit, sonder om iets te kan lees of selfs te kan sien, in groot liggaamlike lyding en geestelike angs. Maar sy argumente was so duidelik en kragtig gestel asof hy alle kans op voorbereiding gehad het. Hy het sy hoorders gewys op die lang reeks heilige manne wat deur onregverdige regters veroordeel is. In byna elke geslag was daar diegene wat, hoewel hulle getrag het om die mense van hulle tyd op te hef, gesmaad en uitgewerp is, maar wat in later tye bewys is as diegene wat eer verdien. Christus Self is veroordeel as boosdoener in ‘n onregverdige geregshof.GS 127.4

    Tydens sy herroeping het Hieronimus ingestem tot die regverdigheid van die vonnis op Huss; nou het hy sy berou getuig, en hy het getuig van die onskuld en heiligheid van die martelaar. “Ek ken hom van kindsbeen af,” het hy gesê. “Hy was ‘n voortreflike man, regverdig en heilig; ondanks sy onskuld is hy veroordeel. . . . Ek ook, is gereed om te sterf. Ek sal nie terugdeins vir die marteling wat vir my berei is deur my vyande en valse getuies, wat eendag verantwoording sal moet doen vir hulle valsheid voor God, wat deur niemand kan bedrieg word nie.”— Bonnechose, Deel II, bl. 151.GS 129.1

    Met selfverwyt omdat hy die waarheid verloën het, het Hieronimus voortgegaan: “Van al die sondes wat ek sedert my jeug gepleeg het, is daar nie een wat so swaar op my gemoed druk en my so bitter berou nie, as die sonde wat ek in hierdie veragtelike plek gepleeg het, naamlik my instemming met die afskuwelike vonnis op Wycliffe. en op daardie heilige martelaar Johannes Huss, my meester en my vriend. Ja, ek bely uit my hart, ek bely met afsku dat ek skandelik gebewe het uit vrees vir die dood, toe ek hulle leerstellings veroordeel het. Daarom smeek ek . . . die Almagtige God om my my sondes te vergewe, veral hierdie een, die afskuwelikste van almal.” Na sy regters wysende, het hy beslis gesê: “Julle het Wycliffe en Johannes Huss veroordeel, nie omdat hulle die leerstellings van die kerk geskud het nie, maar eenvoudig omdat hulle die bandeloosheid en skanddade van die geestelikes veroordeel het — naamlik hulle praal, hulle hoogmoed, en al die sondes van die prelate en die priesters. Die dinge wat hulle gesê het, en wat onweerlegbaar is, dit dink en sê ek ook net soos hulle.”GS 129.2

    Hy is in die rede geval. Die prelate, bewende van vrees, het uitgeroep, “watter verdere bevvys het ons nodig? Hier sien ons met ons eie oë die hardnekkigste van alle ketters!” Onbeweeg deur hierdie storm het Hieronimus uitgeroep: “Wat! Dink julle ek is bang om te sterf? Julle het my vir ‘n hele jaar lank in ‘n vieslike tronk opgesluit, afskuweliker as die dood self. Julle het my met groter wreedheid behandel as ‘n Turk, Jood, of Heiden en my vlees het letterlik lewendig van my bene afgerot; en nogtans het ek nie gekla nie, want ‘n klaaglied pas nie by ‘n man met ‘n sterk gees en hart nie; maar nietemin kan ek nie nalaat om my verbasing uit te spreek oor sulke groot barbaarsheid teenoor ‘n Christen nie.”— onnechose, Deel 11, bls. 151-153.GS 129.3

    Weer het hulle woede losgebars, en Hieronimus is sonder verwyl na die gevangenis teruggeneem. Maar daar was sommige onder die gehoor op wie sy woorde ‘n diep indruk gemaak het, en wat sy lewe wou red. Hy is deur waardigheidsbekleërs van die kerk besoek, wat by hom aangedring het om hom aan die raad te onderwerp. Die heerlikste vooruitsigte is aan hom voorgehou as beloning indien hy sy teenstand teen Rome sou opgee. Maar soos sy meester, toe die heerlikheid van die wêreld aan hom voorgehou is, het hy palgestaan.GS 130.1

    “Bewys my uit die Heilige Skrifte dat ek dwaal,” het hy gesê, “en dan sal ek afsweer.”GS 130.2

    “Die Heilige Skrifte!” het een van sy versoekers uitgeroep, “moet alles dan deur hulle beoordeel word? Wie kan hulle verstaan totdat die kerk hulle verklaar het?”GS 130.3

    “Is die oorlewerings van mense geloofwaardiger as die evangelie van ons Heiland?” het Hieronimus gevra. “Paulus het diegene aan wie hy geskryf het, nie vermaan om na die oorlewerings van mense te luister nie, maar het gesê, ,Ondersoek die Skrifte.’ ” “Ketter!” is daar geskree, “ek is jammer dat ek so lank met jou gepleit het, ek sien dat jy deur die duiwel aangehits is.”—Wylie, Boek III, hoojstuk 10.GS 130.4

    Eerlank is die oordeel oor hom uitgespreek. Hy is na dieselfde plek geneem waar Huss gesterf het. Hy het singende voortgegaan, sy aangesig stralende van vreugde en vrede. Sy oë was op Christus gevestig, en vir hom het die dood geen verskrikking gehad nie. Toe die laksman op die punt staan om die vuur agter hom aan die brand te steek het die martelaar uitgeroep, “Kom openlik voor my; steek die vuur voor my aan die brand. As ek bang was, sou ek nie hier wees nie.”GS 130.5

    Sy laaste woorde, toe die vlamme rondom hom opskiet, was ‘n gebed. “Here, Almagtige Vader,” het hy geroep, “ontferm U oor my en vergewe my my sondes; want U weet dat ek U waarheid altyd liefgehad het.”—Bonnechose,Deel II, bl. 168.Sy stem is nie meer gehoor nie, maar sy lippe het nog beweeg in gebed. Nadat die vuur sy werk gedoen het, is die as van die martelaar asook die grond waarop dit gelê het, bymekaargemaak, en soos die van Huss is dit in die Ryn gewerp.GS 131.1

    So het Gods getroue ligdraers gesterf. Maar die lig van die waarhede wat hulle verkondig het — die lig van hulle heldhaftige voorbeeld — kon nie uitgedoof word nie. Net so lief kon mens probeer het om die son te belet as om die koms van die dag te belet wat toe juis oor die wêreld opgegaan het.GS 131.2

    Die teregstelling van Huss het ‘n vuur van verontwaardiging en afsku in Boheme aangesteek. Die ganse volk het gevoel dat hy die slagoffer geword het van die wraaksug van die priesters en die verraad van die keiser. Hulle het verklaar dat hy ‘n getroue leraar van die waarheid was, en dat die raad wat sy doodvonnis uitgespreek het, skuldig was aan moord. Sy leerstellings het nou groter aandag getrek as ooit tevore. Op pouslike bevel is die geskrifte van Wycliffe verbrand. Maar die wat aan vernietiging ontkom het, is nou uit hulle wegsteekplekke gehaal, en saam met die Bybel, die beskikbare dele daarvan ondersoek, en baie mense is daartoe gebring om die hervormde geloof aan te neem.GS 131.3

    Die moordenaars van Huss het nie stilgesit en toegelaat dat sy saak seëvier nie. Die Pous en die keiser het saamgewerk om die beweging te vernietig, en die leers van Sigismund het Boheme binnegeval.GS 131.4

    Maar daar het ‘n verlosser opgestaan. Ziska, wat kort na die verklaring van die oorlog heeltemal blind geword het, maar wat een van die bekwaamste generaals van sy tyd was, was die leier van die Bohemers. Vertrouende op God en die regverdigheid van hulle saak, het die volk die magtigste leers wat teen hulle gebring is, weerstaan. Keer op keer het die keiser, met nuwe leërs, Boheme binnegeval, om maar net weer op skandelike wyse verslaan te word. Die Hussiete het geen vrees vir die dood geken nie, en niks kon voor hulle staan nie. ‘n Paar jaar na die begin van die oorlog, is die dappere Ziska dood. Dog sy plek is gevul deur Procopius, wat net so ‘n dappere en bekwame generaal was, en in sommige opsigte ‘n beter leier.GS 131.5

    Die vyande van die Bohemers, wetende dat die generaal dood was, het gemeen dat dit nou hulle kans was om te herwin wat hulle verloor het. Die Pous het nou ‘n kruistog uitgeroep teen die Hussiete, en weereens is daar ‘n groot leër teen die Bohemers gewerp, dog net weer om ‘n vreeslike neerlaag te ly. ‘n Ander kruistog is uitgeroep. In al die pouslike lande van Europa, is manne, middele, en krygstuig bymekaargemaak. Menigtes het hulle onder die pouslike banier geskaar, met die versekering dat daar nou eindelik ‘n einde gemaak sal word aan die Hussietketters. Oortuig dat hulle die oorwinning sou behaal, het die groot mag Boheme binnegeval. Die volk het saamgestaan om hulle terug te dryf. Die twee leers het mekaar genader totdat net ‘n rivier hulle geskei het. “Die kruisvaarders was ‘n baie sterker mag, maar in stede van die rivier oor te steek en slaags te raak met die Hussiete wat hulle sover gekom het om aan te val, het hulle stilswygend daardie vegters aangestaar.”— Wylie, boek III, hoojstuk 17. Toe is daardie groot leër skielik met ‘n geheimsinnige vrees bevang. Sonder om ‘n slag te slaan, het daardie magtige leër opgebreek en uitmekaargegaan asof hulle deur ‘n onsigbare mag uitmekaar gejaag is. Groot getalle is deur die leër van die Hussiete gedood, wat die vlugtelinge agtervolg het, en ‘n ontsaglike buit het in die hande van die oorwinnaars geval, sodat die oorlog Boheme verryk pleks van verarm het.GS 132.1

    ‘n Paar jaar later, onder ‘n nuwe Pous, is weer ‘n ander kruistog begin. Net soos voorheen, is manne en middele uit al die pouslike lande van Europa vergader. Aantreklike lokmiddels is voorgehou aan diegene wat sou deelneem aan hierdie gevaarlike onderneming. Voile vergifnis van die vreeslikste misdade is belowe aan elke kruisvaarder. Almal wat in die oorlog sou omkom is ‘n groot loon in die hemel belowe, en diegene wat die slag oorleef, sou eer en rykdom op die slagveld verkry. Weer is ‘n groot leër saamgetrek, en hulle het Boheme binnegeval. Die Hussiete het teruggeval voor hulle, en die invallers op hierdie manier al verder en verder die land binnegelok, sodat hulle reeds gereken het op die oorwinning. Eindelik het die leër van Procopius posisie ingeneem en die vyand aangeval. Die kruisvaarders, wat nou hulle lout ontdek het, het die aanval afgewag. Toe hulle die aantog van die Huissiete hoor, nog voordat hulle hulle kon sien, het paniek weer onder die kruisvaders geheers. Vorste, generaals, en soldate, het hulle wapenrusting weggegooi en in alle rigtings gevlug. Tevergeefs het die pouslike legaat, wat as aanvoerder opgetree het, probeer om sy verskrikte en verwarde mag te versamel. Ondanks sy pogings, is hy saamgevoer met die stroom vlugtelinge. Die nederlaag was volkome, en weer het ‘n groot buit in die hande van die oorwinnaars geval.GS 132.2

    So het die groot leer, gestuur deur die magtigste volke van Europa —‘n leer van dappere vegsmanne, opgelei en uitgerus vir die slagveld, sonder om ‘n slag te slaan, gevlug voor die verdedigers van ‘n klein en swak volkie. Hier het ons ‘n openbaring van goddelike krag. Die kruisvaarders is verslaan deur ‘n bonatuurlike vrees. Hy wat die leërs van Farao in die Rooi See vernietig het, wat die leers van Midian voor Gideon se driehonderd op die vlug gejaag het, wat in een nag die magte van die trotse Assiriërs vernietig het, het weer Sy hand uitgestrek om die mag van die verdrukker te vernietig. “Daar het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was, want God het die bene verstrooi van hom wat jou beleër het, jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.” Ps. S3: 6.GS 133.1

    Die pouslike leiers, wat moed opgegee het om deur mag te oorwin, het hulle toevlug tot diplomasie geneem. Daar is ‘n kompromis aangegaan, wat, hoewel dit aan die Bohemers vryheid van gewete toegestaan het, hulle aan die mag van Rome oorgelewer het. Die Bohemers het vier punte opgestel as vredesvoorwaarde met Rome: Die ongehinderde prediking van die hele Bybel; die reg van al die gelowiges op die brood en wyn van die Avondmaal, en die gebruik van die moedertaal by die godsdiens, en die uitsluiting van die geestelikes van alle wêreldlike ampte en gesag; en in gevalle van misdaad, moes geestelikes sowel as leke onder die jurisdiksie van die siviele hof kom. Die pouslike gesaghebbendes het eindelik “toegestem om die vier punte van die Hussiete aan te neem, maar die reg om hulle te verduidelik, dit wil sê hulle ware betekenis te verklaar, is vir die raad voorbehou—met ander woorde, die Pous en die keiser.”-— Wylie, boek III, hoojstuk 18. Op hierdie grondslag is daar ‘n ooreenkoms getref, en deur huigelary en bedrog het Rome verkry wat hy nie deur mag kon verkry nie; want deur sy eie uitleg van die vier artikels van die Hussiete, asook van die Bybel, kon hy hulle verdraai vir sy eie doeleindes.GS 133.2

    ‘n Groot menigte in Boheme, beseffende dat hulle vryheid verraai is, wou nie die verdrag goedkeur nie; daar het tweedrag en skeurings ontstaan, wat tot stryd en bloedvergieting onder hulle gelei het. In hierdie stryd het die edele Procopius die lewe ingeskiet, en die vryheid van Boheme is daarmee heen.GS 134.1

    Sigismund, die verraaier van Huss en Jerome, het nou koning van Boheme geword, en ongeag sy eed om die regte van die Bohemers te beskerm, het hy die pousdom daar bevestig. Maar hy het min gewin deur sy ondergeskiktheid aan Rome. Vir twintig jaar was sy lewe vol arbeid en gevaar. Sy leër en sy skatte is uitgeput deur ‘n lang en vrugtelose stryd; en nou, na ‘n regering van een jaar, het hy gesterf, met sy koninkryk op die randjie van burgeroorlog. Aan sy nakomelinge het hy ‘n naam, met skande bevlek, agtergelaat.GS 134.2

    Opstand, stryd, en bloedvergieting het voortgeduur. Weer het vreemde leërs Boheme binnegeval, en binnelandse verdeeldheid het die volk in oproer gebring. Diegene wat getrou gebly het aan die evangelie, is aan bloedige vervolging oorgegee.GS 134.3

    Terwyl hulle vroeëre broeders, wat die verdrag met Rome aangegaan het, sy dwaalleer aangeneem het, het diegene wat aan die outydse geloof vasgehou het, hulleself tot ‘n afhanklike kerk gestig onder die naam van “Verenigde Broeders.” Hierdie handelwyse het hulle die kwaadwilligheid van alle klasse op die hals gehaal; maar hulle het pal gestaan. Gedwing om skuiling te soek in die bosse en spelonke, het hulle steeds vergader om Gods woord te lees en hulle godsdiens te beoefen.GS 134.4

    Deur boodskappers wat hulle in die geheim na verskillende lande gestuur het, het hulle verneem dat daar hier en daar “afgesonderde belyers van die waarheid was; in hierdie stad ‘n paar en in daardie stad ‘n paar, wat net soos hulleself, die voorwerpe van vervolging was; verder het hulle verneem dat daar in die Alpe ‘n outydse kerk was, gegrond op die Skrifte, wat geprotesteer het teen die afgodiese verderflikhede van Rome.”— Wylie, boek III, hoojstuk 19.Hierdie nuus het hulle met groot vreugde ontvang, en hulle het begin briewe wissel met die Waldensiese Christene.GS 134.5

    Onwrikbaar vir die evangelie, het die Bohemers deur hulle nag van vervolging gewag, en in die donkerste uur het hulle oë op die horison gerig soos manne wat wag vir die dagbreek. “Hulle lot het in swaar tye geval, maar . . . hulle het aan Huss se eerste woorde gedink, wat deur Jerome herhaal is, dat daar ‘n eeu sou verloop voor die dag sou aanbreek. Hierdie woorde was vir die Taboriete (Hussiete) wat die woorde van Josef vir die stamme in slawery was: ,Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek.”— Idem.“Aan die einde van die vyftiende eeu is daar ‘n stadige maar sekere toename van gemeentes van die Broeders bespeur. Hoewel hulle nog nie volkome vryheid geniet het nie, het hulle nogtans ‘n taamlike mate van vrede gehad. Aan die begin van die sestiende eeu het hulle sowat twee honderd gemeentes in Boheme en Moravië gehad.”— Gillett, “Life and Times oj John Huss,” (derde ed.), Deel II, bl. 570. “So talryk was die oorblyfsel wat na die verwoesting van vuur en swaard oorgebly het en wat toegelaat is om die aanbreek van die dag te sien wat Huss voorspel het.”— Wylie, boek III, hoojstuk 19. GS 135.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents