Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Inhoud

    Hoofstuk 1—Die Lotgevalle van die Wêreld Voorspel

    “As jy tog maar geweet het, ja ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom, dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opgooi en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie. omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.” Lukas 19: 42-44.GS 15.1

    Van die top van die Olyfberg het Jesus neergekyk op Jerusalem. Vredevol en skoon was die toneel wat voor Hom uitgestrek het. Dit was tydens die Pasga, en uit alle lande het die kinders van Jakob daar vergader om hierdie groot volksfees te vier. Tussen die tuine en die wingerde en die groen berghellings waar pelgrimstente orals gestaan het, het die berge op gerys, en was die pragtige paleise en massiewe bolwerke van Israel se hoofstad te sien. Dit het geskyn of die dogter van Sion in haar hoogmoed gesê het: “Ek sit as koningin . . . en droefheid sal ek nooit sien nie;” toe was sy nog net so lieflik, en het sy haar nog net so die gunsteling van die hemel beskou as eeue tevore, toe die koninklike digter gesing het, “Skoon deur sy verhewendheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, ... die stad van die groot Koning!” Ps. 48: 3. Die pragtige tempelgeboue was duidelik te sien. Die strale van die ondergaande son het die wit marmermure verlig en strale weerkaats van die goue poort en die toring. So het dit gestaan. “die volkomenheid van skoonheid” en die trots van die Joodse volk. Watter kind van Israel kon daardie toneel aanskou sonder vreugde en bewondering! Maar daar het heeltemal ander gedagtes in Jesus omgegaan. “En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween.” Lukas 19: 41. Te midde van die algemene vreugde en die triomfantlike intog, terwyl palmtakke geswaai is en blye Hosannas deur die berge weergalm het, en duisende stemme Hom as Koning uitgeroep het, was die Verlosser van die wêreld oorweldig deur ‘n skielike en geheimsinnige droefheid. Hy, die Seun van God, die Beloofde van Israel, wie se mag die dood oorwin het en die gevangenes uit die graf bevry het, was in trane; nie trane van gewone droefheid nie, maar van die grootste lyding.GS 15.2

    Sy trane was nie vir Homself nie, hoewel Hy geweet het wat Hom voorlê. Voor Hom was Getsemane, die plek waar Hy so bitter sou ly. Die Skaapspoort, waardeur die slagoffers vir eeue gelei is na die offerplek, kon Hy sien; dit het nou oopgestaan vir Hom, en daardeur sou Hy gelei word “Soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word.” Jes. 53: 7. Nie ver daarvandaan nie was Golgota, die plek van kruisiging. Op die pad wat Christus eerlank sou betree, sou groot duisternis val wanneer Hy Sy siel sou uitstort as n slagoffer vir die sonde. Maar dit was nie die oorpeinsing van hierdie tonele wat die skaduwee op Hom gewerp het in hierdie uur van vreugde nie. Geen voorbode van Sy eie bomenslike lyding het Sy onselfsugtige gees benewel nie. Hy het geween vir die gedoemdes van Jerusalem — oor die blindheid en onboetvaardigheid van diegene wat Hy gekom het om te seën en te red.GS 16.1

    Voor Sy geestesoog het Jesus die spesiale guns en sorg wat vir meer as ‘n duisend jaar deur Gods uitverkore volk geniet is, gesien. Daar was die Berg Moria, waar die seun van belofte as gewillige slagoffer op die altaar gebind is n’ sinnebedd van die Seun van God. (Gen. 22: 9, 16-18.) Dit is daar waar die verbondseën, die heerlike Messiasbelofte, bevestig is aan die vader van die gelowiges. Daar het die vlamme van die offerande van die dorsvloer van Oman ten hemel gestyg en die swaard van die doodsengel afgeweer (1 Kron. 21)—‘n gepaste sinnebeeld van die Heiland se offerande en middelaarskap vir skuldige mense. Jerusalem is die stad wat deur God vereer is bo alle stede van die aarde. Die Here het Sion uitgekies. en ,.Hy het dit as woonplek vir Hom begeer.” Ps. 132: 13. Dáár het heilige profete vir eeue hulle waarskuwings geuiter. Dáár het die priesters hulle wierookbakke geswaai, en die wolk van wierook—die gebede van die aanbidders—het tot God opgestyg. Dáár is die bloed van die lammers daeliks geoffer wat vooruitgewys het na die Lam van God. Dáár het Jehova Sy teenwoordigheid geopenbaar in die wolk van heerlikheid bokant die versoendeksel. Dáár het die voetenent van die mistiese leer gestaan wat die aarde met die hemel verbind het (Gen. 28: 12)—die leer waarlangs die engele van God op en neer geklim het, en wat vir die wêreld die weg geopen het tot die allerheiligste plek. As Israel, as volk, getrou gebly het aan die hemel, sou Jerusalem vir ewig blystaan het, die uitverkorene van God. (Jer. 17: 21-25.) Maar die geskiedenis van daardie bevoorregte volk was ‘n beskrywing van afvalligheid en opstand. Hulle het die genade van die hemel weerstaan, hulle voorregte misbruik, en hulle kanse laat verbygaan.GS 18.1

    Hoewel Israel “die boodskappers van God uitgelag en Sy woorde verag en met Sy profete gespot het” (2 Kron. 36: 16), het die Here Hom nogtans aan hulle geopenbaar as die “Here, ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;” en Sy genade het nog met hulle gepleit nieteenstaande hulle herhaaldelike verwerping daarvan nie. (Exod. 34. 6.) Met ‘n liefde groter as die van ‘n vader vir sy seun, het die Here “vroeg en laat na hulle gestuur deur Sy boodskappers; want Hy het medelyde met Sy volk en met Sy woning gehad.” 2 Kron. 36: 15. Toe vermaning, smeking, en bestraffing geen uitwerking meer gehad het nie, het Hy aan hulle die hemel se grootste gawe gestuur; ja, Hy het die hele hemel leeggemaak in daardie een Gawe.GS 18.2

    Die Seun van God self is gestuur om met die onboetvaardige stad te pleit. Dit was Christus wat Israel soos ‘n wingerdstok uit Egipte gebring het. (Ps. 80: 9.) Hy Self het die heidene voor hulle uitgewerp. Hy het die wingerdstok geplant op ‘n vrugbare heuwel. (Jes. 5: 1-4.) Sy beskerming was soos ‘n muur om hulle. Hy het Sy diensknegte gestuur om hulle te voed. “Wat is daar meer te doen aan My wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie?” het Hy gevra. (Jes. 5: 1-4.) En toe Hy verwag het “dat dit druiwe sou dra,” het dit “wilde druiwe voortgebring.” Jes. 5: 2. Maar nog hopende op vrugbaarheid. het Hy persoonlik na Sy wingerd gekom om dit, indien moontlik, te red van verwoesting. Hy het dit omgespit; Hy het dit gesnoei en met liefde bejeen; Hy was onvermoeid in Sy pogings om hierdie wingerd, wat Hy Self geplant het, te red.GS 19.1

    Vir drie jaar het die Here van lig en heerlikheid onder Sy volk gearbei. Hy het die land deurgegaan “goedgedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was.” Hand. 10: 38. Hy het die wat verbryseld van hart was, genees; aan die gevangene vrylating verkondig en aan blindes die herstel van gesig; Hy het die kreupeles herstel, die dowes laat hoor, die melaatse gereinig, die dode opgewek, en die evangelie aan die armes verkondig. (Lukas 4: 18, 19; Matt. 11: 5.) Aan alle mense is die uitnodiging gegee, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Matt. 11: 28.GS 19.2

    Hoewel die Here beloon is met kwaad vir goed, en haat vir Sy liefde ontvang het, het Hy steeds voortgegaan met Sy werk van genade. Nooit is diegene afgewys wat om Sy genade gesoek het nie. Sonder tuiste, met verwyt en armoede as Sy daelikse lot, het Hy gelewe om in die behoeftes van die mensdom te voorsien, hulle lyding te lenig, en met hulle te pleit om die gawe van die lewe aan te neem. Die strome van seen, teruggedryf deur daardie weerstrewige harte, het steeds sterker gevloei in ontfermende liefde. Maar Israel het sy rug gekeer op sy beste \‘riend en enigste Helper. Die smeking van Sy liefde is verag, Sy raadgewings versmaai, en Sy waarskuwings bespot.GS 19.3

    Die uur van hoop en vergifnis het vinnig verbygesnel; die beker van Gods lankuitgestelde grimmigheid was byna vol. Die wolke wat deur die eeue van afvalligheid en opstand saamgepak het, was nou swart en onheilspellend; die storm het op die punt gestaan om los te bars oor die skuldige volk; en Hy, die enigste een wat huile kon red van hulle dreigende lot, is verag, versmaad. verwerp, en sou binnekorl gekruisig word. Wanneer Christus aan die kruis van Golgota sou hang, sou Israel se dag, as die gesecnde en begunstigde volk van God, beëindig wees. Die verlies van een siel is ‘n ramp wat al die voordeel en skatte van die wêreld ver oortref; maar toe Chistus so op Jerusalem neerkyk. was die ondergang van die stad, die hele volk, voor Horn — daardie stad en daardie volk wat eenmaal die uitverkorenes van God was, Sy spesiale eiendom.GS 21.1

    Profete het geween oor die afval van Israel en die vreeslike verwoesting wat hulle sonde as gevolg gehad het. Jeremia het gewens dat sy oë fonleine van trane kon wees, en dat hy dag en nag kon ween vir die verslaandes van die dogter van sy volk, en vir die kudde van die Here wat gevanklik weggevoer is. (Jer. 9: I; 13: 17.) Hoe groot moes die droefheid dan nie gewees het van Horn wat met sy profetiese blik, nie net oor die jare nie, maar oor die eeue gesien het! Hy het die engel van ver-woesting gesien met opgehefde swaard teen die stad wat vir soveel jare die woonplek van Jehova was. Van die rug van die Olyfberg, die juiste plek wat later deur Titus en sy leër beset is, het Hy oor die kloof gekyk op die heilige geboue, en met betraande oë het Hy gesien hoedat die mure van die stad deur die leërskare van die vyand omring is. Hy het gehoor hoedat die leërs marsjeer, gereed vir oorlog. Hy het moeders en kinders hoor huil om brood in die beleërde stad. Hy het gesien hoedat die heilige geboue, die paleise en torings, die prooi van vlamme word; waar hulle eenmaal gestaan het, was nou net smeulende puinhope te sien.GS 21.2

    Met Sy blik ver in die toekoms, het Hy die verbondsvolk gesien in alle lande verstrooi, “soos wrakke op ‘n verlate kus.” In die tydelike vergelding wat oor die volk sou kom, het Hy die eerste teug gesien uit die beker van grimmigheid wat tot die bodem toe geledig sou word tydens die oordeel aan die einde. Goddelike barmhartigheid, verlangende liefde, het uiting gevind in hierdie treurige woorde: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak net soos n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie. Matt. 23: 37. 0 volk, bevoorreg bokant alle ander, as jy tog maar die dag van jou besoeking geken het, en die dinge wat tot jou vrede dien! Ek het die engel van geri i verbied, Ek het jou tot bekering geroep, maar tevergeefs. Dit is nie slegs diensknegte, afgevaardiges. en profete wat jy geweier het nie, maar die Heilige van Israel, jou Verlosser. As jy vernietig word dan is dit jou eie skuld alleen. “Julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.” Joh. 5: 40.GS 22.1

    Christus het in Jerusalem ‘n sinnebeeld van die wêreld gesien, verhard in ongeloof en opstand, vinnig op weg na die vergeldende oordele van God. Die ellendes van ‘n gevalle volk, drukkende op Sy siel, het daardie bittere woorde van Sy lippe gepers. Hy het die sonde gesien, geskrywe in ellende, trane, bloed; Sy hart is bewoë met ewige ontferming oor die beproefdes en lydendes van die aarde; Hy het verlang om hulle almal te verlos. Maar selfs Sy hand kon nie die vloedgolf van menslike ellende keer nie; maar min sou hulle enigste bron van hulp opsoek. Hy was gewillig om Sy siel in die dood uit te stort ten einde verlossing binne hulle bereik te bring; maar hoe min wou na Hom toe kom sodat hulle die lewe kon hê.GS 22.2

    Die Majesteit van die hemel in trane! Die Seun van die Ewige God bedroef in Sy gees en neergebuig deur angs! Hierdie toneel het die ganse hemel met bewondering vervul. Dit openbaar aan ons die uitermate sondigheid van die sonde; dit wys hoe swaar dit is, selfs vir oneindige krag, om die skuldiges te red van die gevolge van oortreding van Gods wet. Jesus, die laaste geslag van die aarde in Sy gees siende, het die wêreld gesien vol bedrog soos die wat die verwoesting van Jerusalem veroorsaak het. Die groot sonde van die Jode was hulle verwerping van Christus; die groot sonde van die Christelike wêreld is hulle verwerping van Gods wet, die grondslag van Sy regering in die hemel en op die aarde. Die gebooie van Jehova sou verag en kragteloos gemaak word. Miljoene in die slawerny van sonde, slawe van Satan, gedoem tot die tweede dood, sou weier om te luister na die woorde van waarheid in die dag van hulle besoeking. Hoe vreeslik die blindheid! Hoe vreemd die versotheid!GS 22.3

    Twee dae voor die Pasga, toe Christus vir die laaste maal die tempel verlaat het. nadat Hy die huigelary van die Joodse owerstes bestraf het, is Hy weer met Sy dissipels na die Olyfberg waar hulle teen die berghelling op die gras gesit het met die stad daaronder. Weer het Hy die stadsmuur, die torings, en die paleise gesien. Weer het Hy die skitterende prag van die tempel aanskou soos ‘n sierlike kroon op die heilige berg.GS 23.1

    Duisend jaar tevore, het die psalmis God geloof vir Sy guns aan Israel deur Sy woonplek te maak in hulle heilige huis: “Ook het in Salem Sy tent verrys en Sy woning in Sion.” Hy het “die stam van Juda uitverkies, die berg van Sion wat Hy lief het. En Hy het Sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou.” Ps. 76: 3; 78: 68, 69. Die eerste tempel is gebou in die voorspoedigste tydperk van Israel se geskiedenis. Groot hoeveelhede skatte is vir die doel bymekaargemaak deur Koning Dawid, en die plan vir die geboue is deur goddelike ingewing opgestel. (1 Kron. 28: 12, 19.) Salomo, die wysste van Israel se vorste, het die werk klaargemaak. Die tempel was die pragtigste gebou wat die wêreld nog ooit gesien het. En nogtans het die Here deur die profeet Haggai, aangaande die tweede tempel gesê, “die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as van die vroeëre.” “Al die nasies sal Ek laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die Here van die leërskare.” Haggai 2:9, 7.GS 23.2

    Na die verwoesting van die tempel deur Nebukadnesar, is dit omtrent vyfhonderd jaar voor die geboorte van Christus weer herbou deur ‘n volk wat uit lewenslange ballingskap teruggekeer het na ‘n verwoeste en byna verlate land. Onder hulle was daar destyds grysaards wat die heerlikheid van Salomo se tempel gesien het, en wat geween het met die legging van die fondament van die nuwe gebou, omdat dit so minderwaardig was vergeleke met die vorige. Die heersende gevoelens word kragtig deur die profeet as volg uitgedruk: “Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie na niks in julle oë nie?” Haggai 2:3; Esra 3: 12. Toe is die belofte gemaak dat die heerlikheid van hierdie gebou die vorige een ver sou oortref.GS 23.3

    Maar die tweede tempel was nie gelyk aan die eerste wat prag betref het nie; ook is dit nie geheilig deur daardie sigbare tekens van goddelike teenwoordigheid wat in die eerste tempel gesien is nie. By die inwyding daarvan was daar geen openbarings van bonatuurlike krag nie. Geen wolk van heerlikheid het hierdie nuwe heiligdom vervul nie. Geen vuur uit die hemel het neergedaal om die offerande op die altaar te verteer nie. Die heerlike glans tussen die gerubs in die allerheiligste plek was nie meer daar nie; die verbondsark, die versoendeksel, en die tafels van die wet was nie daar nie. Geen stem is uit die hemel gehoor wat die wil van Jehova aan die priesters bekend gemaak het nie.GS 24.1

    Vir eeue het die Jode tevergeefs getrag om aan te toon in watter opsigte die belofte van God deur Haggai vervul is; maar hoogmoed en ongeloof het hulle verblind vir die ware betekenis van die profeet se woorde. Die tweede tempel is nie vereer met die wolk van Jehova se heerlikheid nie, maar met die lewende teenwoordigheid van Een in vvie die volheid van die godheid liggaamlik gew’oon het — naamlik God self in die vlees geopenbaar. Die “Skatte van al die nasies” het werklik na Sy tempel gekom toe die Man van Nasaret in die heilige voorhowe geleer en genees het. In die teenwoordigheid van Christus, en hierin alleen, het die tweede tempel die eerste in heerlikheid oortref. Maar Israel het die aangebode Gaw!e van die hemel verwerp. Met die nederige Leraar wat daardie dag deur die goue poort gegaan het, het die heerlikheid vir ewig van die tempel gewyk. Toe reeds is die Heiland se woorde vervul, “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!” Matt. 23: 38.GS 24.2

    Die dissipels is met vrees en bewondering vervul deur Christus se voorspelling van die verwoesting van die tempel en hulle het ‘n voile verklaring van Sy woorde verlang. Rykdom, arbeid, en boukundige vernuf is vir nicer as veertig jaar gewy aan die versiering van die tempel. Herodes die Grote het beide Romeinse en Joodse skatte daaraan bestee, en selfs die keiser van die wêreld het dit verryk met sy gifte. Massiewe blokke uit marmer, van byna ongelooflike grootte, wat uit Rome gestuur is, het deel uitgemaak van die gebou; dit is hierop wat die dissipels die aandag van hulle Meester gevestig het, hulle gesê het, “Meester, kyk watter klippe en watter geboue 1” Maikus 13: 1.GS 24.3

    Op hierdie woorde het Jesus die plegtige en verrassende antwoord gegee, “Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie heeltemaal afgebreek sal word nie.” Matt. 24: 2.GS 26.1

    Met die verwoesting van Jerusalem het die dissipels Christus se wederkoms verbind, wanneer Hy volgens hulle mening die troon van ‘n wêreldryk sou bestyg, om die onboetvaardige Jode te straf en die Romeinse juk van die volk af te werp. Die Here het aan hulle bekendgemaak dat Hy die tweedemaal sou kom. Toe daar dus sprake was van die oordele wat oor Jerusalem sou kom, het hulle dadelik aan daardie koms gedink, en toe hulle daar rondom die Heiland op die Olyfberg sit, het hulle gevra, “Vertel ons wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?” Matt. 24: 3.GS 26.2

    Die toekoms was genadiglik vir hulle verberg. As hulle die twee vreeslike feite, naamlik die Heiland se lyding en dood en die verwoesting van die stad en die tempel ten voile besef het, sou hulle met vrees oorweldig gewecs het. Christus het vir hulle die hooftrekke gegee van die belangrike gebeurtenisse wat sou plaasvind voor die einde van tyd. Sy woorde is toe nie ten voile begryp nie; maar hulle betekenis sou duidelik word namate Sy volk behoefte sou hê daaraan. Die profesie wat Hy gegee het, het n tweevoudige betekenis gehad: terwyl die verwoesting van Jerusalem daarin voorspel was, het hulle ook betrekking gehad op die verskrikkinge van die laaste groot dag.GS 26.3

    Jesus het aan Sy dissipels die oordele verduidelik wat oor die afvallige Israel sou kom, en veral die vergeldende wraak wat hulle sou tref as gevolg van hulle verwerping en kruisiging van die Messias. Onmiskenbare tekens sou hierdie vreeslike gebeurtenis voorafgaan. Die gevreesde uur sou plotseling en skielik kom. En die Heiland het Sy navolgers gewaarsku: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniel, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet — dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug.” Matt. 24: 15, 16; Lukas 21: 20. 21. Wanneer die afgodiese vaandels van die Romeine op die heilige grond wapper, die grense waarvan vir ‘n distansie buitekant die mure van die stad gestrek het, moes die navolgers van Christus vir veiligheid vlug. Wanneer die waarskuwende tekens gesien word, moes diegene wat wou ontvlug nie aarsel nie. Deur die hele land van Judea, asook in Jerusalem, moes die teken om te vlug dadelik gehoorsaam word. Die een wat miskien op die dak was, moes nie eers sy huis binnegaan selfs om sy grootste skatte te red nie. Diegene wat op die lande of in die wingerde was, moes geen tyd verkwis om die klere te gaan haal wat hulle uitgetrek het op die hitte van die dag nie. Hulle moes vir geen oomblik aarsel nie, sodat hulle nie slagoffers van die groot verwoesting word nie.GS 26.4

    Tydens die regering van Herodes, is Jerusalem nie alleen verfraai nie, maar deur die oprigting van torings en mure en vestings. wat die natuurlike sterkte van die stad vergroot het, is die stad byna oninnecmbaar gemaak. Enige persoon wat destyds in die openbaar die verwoesting van die stad sou voorspel het, sou soos Noag in sy dag, as ‘n alarmis beskou gewees het. Maar Christus het gese, “die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.” Matt. 24: 35. Weens sy sondes, is die wraak teen Jerusalem uitgespreek, en sy hardnekkige ongeloof het sy verdoemenis verseker.GS 27.1

    Deur die profeet Miga het die Here gesê: “Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob, en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ‘n afsku het en al wat reg is verdraai; julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg! Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Xogtans steun hulle op die Here en sê: Is die Here nie by ons nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!” Miga 3:9-11GS 27.2

    Hierdie woorde is ‘n getroue beskrywing van die bedorwe en eiegeregtige bewoners van Jerusalem. Terwyl hulle voorgegee het dat hulle die wet van God getrou nagekom het, het hulle al die beginsels daarvan oortree. Hulle het Christus gehaat omdat Sy reinheid en heiligheid hulle sondes geopenbaar het; en hulle het Horn beskuldig dat Hy die oorsaak was van al die moeilikhede wat oor hulle gekom het as gevolg van hulle sondes. Hoewel hulle geweet het dat Hy sondeloos was, het hulle verklaar dat Sy dood nodig was vir hulle veiligheid as volk. “As ons Horn so laat begaan,” het die Joodse leiers gesê, ,.Sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.” Joh. 11:48. As hulle Christus opoffer, mag hulle weer ‘n sterk en verenigde volk word. So het hulle geredeneer. en hulle het die besluit van hulle hoëpriestiI keur, naamlik dat dit beter sou wees vir een man om te sterf as dat die hele volk vergaan.GS 28.1

    Op hierdie manier het die Joodse leiers “Sion gebou met bloed en Jerusalem met onreg.” En nogtans, terwyl hulle hulle Heiland om die lewe gebring het omdat Hy hulle sondes bestraf het. was hulle so eiegeregtig dat hulle hulleself beskou het as Gods uitverkore volk, en hulle het verwag dat die Here hulle sou verlos van hulle vyande. “Daarom,” het die profeet voortgegaan “sal Sion om julle ontwil soos ‘n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.” Miga 3: 10, 12.GS 28.2

    Vir sowat veertig jaar na Christus die verwoesting van Jerusalem voorspel het, het die Here Sy oordele oor die stad en die volk vertraag. Wonderbaarlik was die lankmoedigheid van God teenoor die verwerpers van Sy evangelie en die moordenaars van Sy Seun. Die gelykenis van die onvrugbare boom was ‘n sinnebeeld van Gods handelinge met die Joodse volk. Die bevel is gegee, “Kap hom uit. Waarom maak hy die grond nog onvrugbaar?” Lukas 13: 7. Maar goddelike genade het dit nog langer gespaar. Daar was nog vele onder die Jode wat onkundig was aangaande die karakter en werk van Christus. En die kinders het nie die voorregte of die lig gehad wat hulle ouers versmaai het nie. Deur die prediking van die apostels en hulle medewerkers, sou God die lig op hulle laat skyn; hulle sou sien hoedat die profesie vervul is, nie alleen in die geboorte en lewe van Christus nie, maar ook in Sy dood en opstanding. Die kinders is nie veroordeel weens die sonde van die ouers nie; maar wanneer die kinders, met al die lig wat aan hulle ouers gegee is, ook die bykomstige lig verwerp wat aan hulle gegee is, word hulle deelgenote van hulle ouers se sondes en vul hulle die beker van hulle ongeregtigheid.GS 28.3

    Die lankmoedigheid van God tenoor Jerusalem het die Jode maar net laat volhard in hulle onboetvaardigheid. In hulle haat en wreedheid teenoor die dissipels van Jesus, het hulle die laaste aanbod van genade verwerp. Nou het God Sy beskerming aan hulle onttrek, Sy mag het Satan en sy engele nie langer weerhou nie, en die volk is oorgegee in die mag van die leier wat hy gekies het. Sy kinders het die genade van Christus wat hulle in staat sou gestel het om hulle bose drifte in bedwang te hou, versmaai; en nou het hierdie dinge hulle heersers geword. Satan het die kwaaiste en die laagste drifte van die hart opgewek. Die mense het nie hulle verstand gebruik nie; hulle was verby die stadium om te dink, beheers deur blinde woede. Hulle het satanies geword in hulle wreedheid. In die huisgesinne en onder die volk, by die hoogste sowel as die laagste klasse, het daar agterdog. afguns, haatdraendheid, stryd, opstand. en moorddadigheid geheers. Daar was nêrens veiligheid nie. Vriende en familiebetrekkinge het mekaar verraai. Ouers het hulle kinders doodgeslaan en kinders hulle ouers. Diegene wat oor die volk geheers het, kon hulle self nie beheers nie. Onbeteulde drifte het van hulle tiranne gemaak. Die Jode het valse getuienis aangeneem ten einde die onskuldige Seun van God te veroordeel. Xou het valse beskuldigings hulle eie lewens onseker gemaak. Lank reeds het hulle deur hulle handelwyse gesê, “Laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!” Jes. 30: 11. Hierdie begeerte is toegestaan. Hulle het nie meer die Here gevrees nie. Satan was nou aan die hoof van die volk en die vernaamste burgelike en godsdienstige leiers het onder sy mag gestaan.GS 29.1

    Soms het die leiers van teenstrydige partye saamgewerk in die plundering en marteling van hulle ongelukkige slagoffers; soms het hulle weer mekaar aangeval in ‘n genadelose slagting. Selfs die heiligheid van die tempel kon hulle verskriklike woede nie in bedwang hou nie. Aanbidders is voor die altaar doodgeslaan, en die heiligdom is besoedel deur die dooie liggame. En nogtans het die godslasterende aanmatiging van die opstokers van hierdie helse werk openlik verklaar dat hulle geen vrees gehad het dat Jerusalem ooit sou verwoes word nie, omdat dit Gods eie stad was. Om hulle mag nog verder uit te brei, het hulle valse profete omgekoop om te verklaar, selfs toe die Romeinse leërs reeds die tempel beleër het, dat die volk op die verlossing van God I wag. Menigtes het, tot die laaste toe, volhard in hulle geloof dat die Allerhoogste tussenbei sou tree om hulle vyande te verslaan. Maar Israel het die goddelike beskerming versmaai, en nou was daar niemand om hom te verdedig nie. Ongelukkige Jerusalem! geskeur deur inwendige stryd, met strate rooi van die bloed van sy kinders deur eie hande vergiet, terwyl vyandige leërs besig was om sy vestings te vernietig en sy soldate te dood!GS 29.2

    Al die voorspellings van Christus aangaande die verwoesting van Jerusalem is letterlik vervul. Die Jode het die waarheid van Sy woorde ondervind, “Met die maat waarmee julle meet sal weer vir julle gemeet word.” Matt. 7: 2.GS 30.1

    Tekens en wonders is gesien — voorbodes van rampe en verdoemenis. In die middel van die nag het daar ‘n onnatuurlike lig geskyn bokant die tempel en die altaar. Met sononder is daar op die wolke oorlogswaens en manne gesien wat saamtrek vir ‘n geveg. Die priesters wat snags in die heiligdom besig was, is verskrik deur geheimsinnige geluide; die aarde het gebewe, en daar is ‘n menigte stemme gehoor wat uitroep, “Laat ons die plek verlaat.” Die groot oosterpoort, wat so swaar was dat dit skaars deur twintig man kon beweeg word, en wat gesluit was deur groot ysterstawe wat diep in die soliede rots ingelaat is, het te middernag oopgegaan sonder dat daar iemand gesien is. (Milman, “History of the Jews,” boek 13.)GS 30.2

    Vir sewe jaar lank het ‘n man op-en-af geloop in die strate van Jerusalem, en hy het die ellendes uitgeroep wat oor die stad sou kom. Dag en nag het hy die klaagsang uitgeroep: “‘n Stem uit die ooste! ‘n stem uit die weste! ‘n stem uit die vier winde! n stem teen Jerusalem en teen die Tempel! ‘n stem teen bruidegoms en bruide! ‘n stem teen die hele volk!”—Idem. Hierdie sonderlinge man is in die gevangenis gewerp en gegesel, maar nooit het hy gekla nie. Op al die hoon en mishandeling het hy slegs uitgeroep, “Wee, wee Jerusalem! Wee, wee die inwoners daarvan!” Sy waarskuwende stem is eers stilgemaak toe hy omgekom het in die beleering wat hy voorspel het.GS 30.3

    Maar nie een Christen het in die verwoesting van Jerusalem omgekom nie. Christus het Sy dissipels gewaarsku, en almal wat Sy woorde geglo het, het gewag op die beloofde teken: “Wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sien,” het Jesus gesé, “dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.” Lukas 21: 20. 21. Nadat die Romeine onder Cestius die stad omsingel het. het hulle onverwags weer teruggetrek juis toe alles gunstig was vir ‘n onmiddellike aanval. Die beleërdes. wat al hoop opgegee het op suksesvolle weerstand, was op die punt van oorgawe toe die Romeinse generaal sy magte teruggetrek het sonder enige skynbare rede. Maar hierdie dinge het deur Gods genadige voorsienigheid geskied vir die welsyn van Sy eie volk. Dit was die beloofde teken aan die wagtende Christene; en daar was geleentheid vir almal wat wou. om die Heiland se waarskuwing te gehoorsaam. Dinge het so gebeur dat nog Jode ncg Romeine die ontvlugting van die Christene sou verhinder. Met die terugtog van Cestius, het die Jode uit Jerusalem sy terugtrekkende leer agtervolg; en terwyl beide kante dus besig was, het die Christene geleentheid gekry om die stad te verlaat. In hierdie tyd ook, was die land vry van vyande wat hulle miskien kon onderskep. Tydens die beleëring was die Jode almal in Jerusalem vergader vir die Huttefees; dit het die Christene deur die hele land in staat gestel om onverhinderd te ontvlug. Sonder verwyl het hulle na ‘n veiligheidsoord gevlug — die stad Pella in Perea, oorkant die Jordaan.GS 31.1

    Die Joodse magte wat Cestius en sy leër agternagesit het. het hulle met sulke woede aangeval dat dié bedreig is met totale vernietiging. Dit was met groot moeite dat die Romeine in hulle aftog geslaag het. Onder die Jode was daar byna geen verliese nie, en met hulle buit het hulle triomfantlik na Jerusalem teruggekeer. Maar hierdie sukses het net onheil oor hulle gebring. Dit het hulle besiel met ‘n gees van hardnekkige weerstand teen die Romeine wat spoedig die grootste ellende oor die gedoemde stad gebring het.GS 32.1

    Vreeslik was die rampe wat Jerusalem getref het toe Titus die beleëring hervat het. Die stad is beleër tydens die Paasfees, toe miljoene Jode daar vergader het. Hulle kosvoorrade, sou. as dit verstandig bestee was, die inwoners vir jare kon voed: maar dit is vernietig deur die jaloesie en wraaksugtigheid van teenstrydige partye, en nou moes hulle al die ellende van hongersnood ondervind. ‘n Maat koring is vir ‘n talent verkoop. So verskriklik was die honger dat mans hulle leergordels, hulle sandale, en die leer wat hulle skilde bedek het, gekou het. Menigtes het snags die stad verlaat om wilde plante te versamel wat buitekant die stad gegroei het, ten spyte van die feit dat baie van hulle gevange geneem en op die wreedste manier doodgemartel is; en dikwels is diegene wat die stad weer in veiligheid bereik het, beroof van die plante wat hulle teen so groot gevaar gaan haal het. Die gesaghebbendes het oorgegaan tot die onmenslikste marteling om die skamele voorrade wat ander weggesteek het, in hande te kry. En dikwels is hierdie wreedhede begaan deur manne wat self goed gevoed was en wat maar net meer voedsel wou hê om weg te bêre vir die toekom:GS 32.2

    Duisende het omgekom van honger en siekte. Dit het geskyn of natuurlike liefde gewyk het. Mans het hulle vrouens beroof, en vrouens hulle mans. Kinders het die voedsel weggegryp voor die mond van hulle bejaarde ouers. Die vraag van die profeet, ..Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet?” (Jes. 49: 15) is binne die mure van die gedoemdc stad beantwoord. “Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van My volk.” Klaag. 4: 10. Weer is die profesie vervul wat veertien eeue gelede gegee is: “Die vertroetelde en verwende vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk, . . . en haar kinders wat sy baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarin jou vyand jou in jou poorte sal bring.” Deut. 28: 56, 57.GS 33.1

    Die Romeinse leiers het probeer om die Jode die skrik op die lyf te ja en hulle dus tot oorgawe te dwing. Diegene wat weerstand gebied het by hulle gevangeneming, is gegesel, gemartel, en voor die stadsmuur gekruisig. Honderde is daeliks op hierdie manier om die lewe gebring, en hierdie vreeslike dade het aangehou totdat daar in die dal van Josafat en op Golgota so baie kruise gestaan het dat mens skaars tussen hulle kon beweeg. Só verskriklik was die oordeel wat die Jode oor hulleself uitgespreek het voor die regterstoel van Pilatus toe hulle gesê het: “Laat Sy bloed op ons en ons kinders kom!” Matt. 27: 25.GS 33.2

    Titus sou maar baie graag die vreeslike toneel tot ‘n einde gebring het, en dus Jerusalem ‘n groot deel van die ellende bespaar het. Hy is met afsku vervul toe hy die liggame van die dooie op hope sien lê het in die valleie. Soos een in ‘n droom het hy van die Olyfberg neergekyk op die pragtige tempel, en hy het bevel gegee dat geen steen daarvan aangeraak moes word nie. Vóór sy poging tot die verowering van hierdie vesting, het hy ‘n emstige beroep op die Joodse leiers gedoen om hom nie te dwing om die heilige plek met bloed te besoedel nie. As hulle sou uitkom om op enige ander plek le veg, sou geen Romein die heiligheid van die tempel skend nie. Josefus self het hulle, in ‘n emstige oproep, gesmeek om oor te gee, om hulleself hulle stad, en hulle plek van aanbidding te red; maar sy woorde is begroet met bittere vloeke. Tenwyl hy, hulle middelaar, besig was om hulle te smeek, is daar met spiese na hom gegooi. Die Jode het die smekinge van die Seun van God verwerp en nou het die vermaning en smeking hulle net meer vasberade gemaak om tot die uiterste toe weerstand te bied. Tevergeefs was die pogings van Titus om die tempel te red; Iemand groter as hy het verklaar dat nie een steen op die ander gelaat sou word nie.GS 35.1

    Die blinde hardnekkigheid van die Joodse leiers en die afskuwelike misdade wat binne die beleërde stad gepleeg is, het die Romeine met afsku en verontwaardiging vervul; en eindelik het Titus besluit om die tempel te bestorm. Hy het egter besluit om dit, indien moontlik, van verwoesting te red; maar sy bevele is veronagsaam. Ma hy vir die nag na sy tent gegaan het, het die Jode wat binne-in die tempel was, uitgestorm en die soldate aangeval. In die worsteling is ‘n brandende fakkel deur een van die soldate deur ‘n opening in die poort gegooi, en onmiddellik het die kamers rondom die tempel, wat met sederhout uitgevoer was, aan die brand geslaan. Titus het daarheen gehaas, gevolg deur generaals en soldate, en bevel is gegee aan die soldate om die vlamme te blus. Sy woorde was tevergeefs. In hulle woede het die soldate brandende fakkels in die kamers langsaan die tempel gegooi, en toe het hulle menigtes wat daar skuiling gesoek het met hulle swaarde om die lewe gebring. Bloed het van die tempeltrappe soos water afgevloei. Duisende en duisende Jode het daar omgekom. Bokant die gedruis van die stryd, is stemme gehoor wat geskree het, “Ikabot”—weg is die heerlikheid.GS 35.2

    “Titus het dit onmoontlik gevind om die woede van die soldate in bedwang te hou; met sy offisiere het hy die binnekant van die heilige gebou gaan besigtig. Die heerlikheid het hulle met bewondering vervul; en daar die vlamme nog nie die heilige plek binnegedring het nie, het hy ‘n laaste poging gemaak om dit te red; hy het die soldate toegeroep om die brand te blus. Die hoofman Liberalis het ‘n poging gemaak om die soldate met die staf van sy amp tot gehoorsaamheid te dwing; maar selfs respek vir die keiser moes wyk voor hulle vurige haat teen die Jode, die opwinding van die stryd, en die onversadigbare hoop op plunder. Die soldate het gesien dat alles rondom hulle blink van goud wat geskitter het in die lig van die vlamme; hulle het gemeen dat daar onberekenbare skatte in die heiligdom gebêre was. ‘n Soldaat het onopgemerk ‘n brandende fakkel tussen die skarniere en die deur gesteek: dadelik was die hele gebou in ligte laai. Die verblindende rook en vlamme het die offisiere gedwing om te vlug, en die pragtige gebou is aan sy lot oorgelaat.GS 36.1

    “Vir die Romeine was dit ‘n ontsettende skouspel — wat moes dit nie vir die Jode gewees het nie? Die hele top van die berg bokant die stad het soos n vulkaan gebrand. Een na die ander het die geboue ingestort, met ‘n vreeslike slag, en is hulle deur die vlamme opgeswelg. Die plafonne van sederhout was die ene vlamme; die vergulde torings het geblink in die rooi lig; die toring by die poorte het lang kolomme vlamme en rook laat opstyg. Die berge in die nabyheid was verlig; en groepe mense het die verwoesting in vreeslike angs aanskou. Die mure en die hoogtes van die bo-stad was vol mense, sommige bleek van verdriet en wanhoop, en ander vol wraaksugtigheid. Die geskree van die Romeinse soldate soos hulle heen en weer gehardloop het, en die gekerm van diegene wat in die vlamme omgekom het, is vermeng met die geraas van vlamme en die donderslae van vallende timmerwerk. Die berge het weergalm van die krete van die mense op die hoogtes; orals op die mure is hulle geskree gehoor; mense wat byna uitgehonger was, het met hulle laaste krag probeer om ‘n angskreet te uiter.GS 37.1

    “Die slagting binnekant was nog ontsettender as die skouspel daarbuite. Manne en vroue, oud en jonk, opstandelinge en priesters, diegene wat geveg het en almal wat om genade gesmeek het, is tesame neergevel in ‘n slagting voor die voet. Die getal van dooies het die lewendes oortref. Die soldate moes oor hope dooies klim om hulle slagting voort te sit.” Milman, “History of the Jews,” boek 16.GS 37.2

    Na die verwoesting van die tempel, was die stad sommer gou in die hande van die Romeine. Die Joodse leiers het hulle oninneembare torings verlaat, en Titus het hulle verlate aangetref. Hy het hulle met verbasing aanskou en verklaar dat God hulle in sy hande oorgegee het; want geen oorlogstuig, hoe magtig ook, kon daardie sterk vestings inneem nie. Beide die stad en die tempel is tot hulle fondamente toe verwoes, en die grond waar die tempel gestaan het, is “soos ‘n land omgeploeg.” Jer. 26: 18. In die beleëring en slagting wat daar gevolg het, het meer as n miljoen mense omgekom; die oorlewendes is as gevangenes weggevoer, as slawe verkoop, na Rome gesleep as bewys van die veroweraar se triomf, vir die wilde diere gegooi in die amfiteater, of hulle het daklose omswerwers op die aarde geword.GS 37.3

    Die Jode het hulle eie kettings gesmee; hulle het self hulle beker van grimmigheid volgemaak. In die totale verwoesting wat hulle getref het as volk, en in al die ellendes wat hulle agtervolg het in hulle verstrooiing, het hulle slegs die oes ingesamel van wat hulle self gesaai het. Die profeet het gesê, “Dit is jou verderf, o Israel;” “want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.” Hosea 13: 9; 14: 2. Hulle lyding is dikwels beskryf as straf wat regstreeks op bevel van God oor hulle gekom het. Dit is op hierdie manier dat die groot bedrieër trag om sy eie werk te bedek. Deur hulle hardnekkige verwerping van goddelike liefde en genade, was die Jode oorsaak dat die beskerming van God aan hulle onttrek is, en Satan is toegelaat om na willekeur oor hulle te heers. Die verskriklike wreedhede tydens die verwoesting van Jerusalem is ‘n voorbeeld van Satan se wraaksugtige mag oor diegene wat hulle aan hom oorgee.GS 38.1

    Ons sal nooit weet wat ons aan Christus verskuldig is vir die vrede en beskerming wat ons geniet nie. Dit is die weerhoudende krag van God wat die mensdom bewaar dat hulle nie heeltemal onder die mag van Satan kom nie. Die ongehoorsames en ondankbares het baie stof tot dankbaarheid vir Gods genade en Sy lankmoedigheid waar Hy die wrede, kwaadwillige mag van die bose in bedwang hou. Maar wanneer die mens die perke van goddelike verdraagsaamheid oorskry, word Sy weerhoudende krag teruggetrek. God staan nie teenoor die sondaar as laksman om die vonnis op sy oortreding te voltrek nie; maar Hy laat die verwerpers van Sy genade aan hulleself oor, om in te oes wat hulle gesaai het. Elke ligstraal wat verwerp is. elke waarskuwing wat veronagsaam is, elke drif waaraan toegegee is, elke oortreding van die wet van God, is saad wat gesaai is en wat gewis ‘n oes sal oplewer. Die Gees van God, steeds weerstaan, word eindelik aan die sondaar onttrek, en dan is daar geen mag om die bose drifte van die siel in bedwang te hou, en daar is geen beskerming teen die kwaadwilligheid en vyandigheid van Satan nie. Die verwoesting van Jerusalem is ‘n vreeslike waarskuwing aan almal wat die aanbod van goddelike genade en die smeking van goddelike barmhartigheid lig opneem. Xog nooit is daar sterker bewys gegee van Gods haat teen die sonde, en van die gewisse straf wat die skuldiges sal tref nie.GS 39.1

    Die Heiland se profesie aangaande die straf op Jerusalem sal nog ‘n ander vervulling hê, waarvan daardie eerste verwoesting slegs ‘n floue skaduwee was. In die lot wat die uitverkore stad getref het, moet ons die verdoemenis van ‘n wêreld sien wat Gods genade verwerp en Sy wet vertrap het. Vreeslik is die beskrywings van menslike ellende wat op die aarde plaasgevind het gedurende die lang eeue van misdaad. Mens hart beswyk as jy daaroor dink. Vreeslik was die gevolge van die verwerping van die gesag van die hemel. Maar in die openbarings aangaande die toekoms word daar nog ontsettender tonele geskilder. Die oorkondes van die verlede, — die oproer, die stryd, die omwentelings — wat is hierdie dinge vergeleke met die verskrikkinge van daardie dag wanneer die weerhoudende Gees van God heeltemal aan die goddelose onttrek is, en nie langer meer die uitbarsting van menslike drifte en sataniese woede in bedwang hou nie! Dan sal die wêreld, soos nog nooit tevore nie, die uitwerking van Satan se regering sien.GS 39.2

    Maar in daardie dag, net soos tydens die verwoesting van Jerusalem, sal Gods volk verlos word — almal wat onder die lewendes is. Christus het verklaar dat Hy vir die tweede maal sal kom om Sy getroues te versamel: “En dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met grote krag en heerlikheid. En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes bymekaarmaak uit die vier windstreke, en van een end van die hemel tot by die ander end daarvan.” Matt. 24: 30, 31. Dan sal diegene wat die evangelie nie gehoorsaam het nie, met die asem van die Here en deur die verskyning van Sy wederkoms verdelg word. (2 Thess. 2: 8.) Soos die Israeliete vanouds, sal die goddelose hulleself vernietig; hulle sal omkom weens hulle eie sonde. Deur ‘n lewe van sonde, het hulle hulleself van God verwyder, en is hulle so deur die sonde verlaag dat Sy verskyning en heerlikheid vir hulle soos ‘n verterende vuur is.GS 40.1

    Laat almal oppas dat hulle nie die les vergeet wat in die woorde van Christus bevat is nie. Xet soos Hy Sy dissipels gewaarsku het aangaande die verwoesting van Jerusalem, en hulle n teken gegee het van die aanstaande ramp sodat hulle kon vlug; so ook het Hy die wêreld gewaarsku van die uiteindelike verwoesting, en Hy het hulle tekens gegee wat die nabyheid daarvan sou aandui, sodat hulle kan vlug vir die komende grimmigheid. Jesus het gesê, “Daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies.” (Lukas 21:25; Matt. 24: 29; Markus 13: 24-26; Openb. b: 12-17.) Diegene wat hierdie tekens van Sy koms sien, moet weet “dat dit naby is, voor die deur.” Matt. 24: 33. “Waak dan,” het Hy hulle vermaan. Diegene wat agslaan op hierdie waarskuwing sal nie in duisternis gelaat word nie, sodat daardie dag nie onverwags oor hulle kom nie. Maar op diegene wat nie waak nie, sal die “dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.” 1 Thess. 5: 2-5.GS 41.1

    Net so min as die Jode die Heiland se waarskuwing aangaande Jerusalem wou aanneem, net so min wil die wêreld vandag die boodskap vir hierdie tyd aanneem. Wanneer dit ookal kom, sal die dag van die Here onverwags op die goddelose kom. Terwyl die lewe soos gewoonlik voortgaan, terwyl die mense in beslaggeneem is deur plesier, hulle besigheid, handel, en geldmakery; terwyl godsdienstige leiers die vooruitgang en verligting van die wêreld besing, en die mense in ‘n valse gerustheid sus — dan, net soos die dief te middernag stilletjies die onbewaakte woning binnesluip, sal skielike verderf kom oor die onverskilliges en goddelose, “En hulle sal nie ontvlug nie.” 1 Thess. 5: 3.GS 41.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents