Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 1—Lesse Deur Middel van Gelykenisse

    CHRISTUS se gebruik van gelykenisse om Sy lesse toe te lig, lê dieselfde beginsel aan die dag as Sy sending na die wêreld. Christus het ons aard op Hom geneem en onder ons gewoon sodat ons bekend kon raak met Sy Goddelike karakter en lewe. Godheid is in mensheid geopenbaar, die onsigbare heerlikheid in die sigbare menslike gestalte. Deur bekende dinge kon mense die onbekende leer ken, hemelse dinge is deur aardse dinge geopenbaar, God is in die gestalte van‘n mens geopenbaar. So het Christus mense geleer: die onbekende is deur die bekende verduidelikGoddelike waarhede deur aardse dinge wat mense die beste geken het.DGC 1.1

    Die Skrif sê, “Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê... sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.” Matt. 13:34, 35. Die sigbare dinge was die middel waardeur die geestelike oorgedra is-die dinge van die natuur en die lewensondervinding van Sy toehoorders is aan die waarhede van die skrifwoord gekoppel. Christus se gelykenisse wat so van die natuur tot die geestelike koninkryk lei, is die skakels in die waarheidsketting wat die mens met God, en die aarde met die hemel verenig.DGC 1.2

    Wanneer Christus die natuur as leermiddel gebruik het, het Hy van die dinge gepraat wat Sy eie hande gemaak het, en wat die hoedanighede en kragte besit het waarmee Hy hulle self bedeel het. In hulle oorspronklike volmaaktheid is alle geskape dinge‘n uitdrukking van die gedagtes van God. Vir Adam en Eva in hulle Edenwoning was die natuur vol van die kennis van God, mildelik bedeel met Goddelike onderrigting. Wysheid het tot die oog gespreek en is deur die hart ontvang, want deur Sy geskape werke was hulle met God in aanraking. Sodra die heilige paartjie die wet van die Allerhoogste oortree het, het die afskynsel van die aangesig van God van Tog bly daar nog in sy geskonde staat veel van sy skoonheid oor. God se aanskouingslesse is nie geheel en al uitgewis nie. As ons dit reg verstaan, spreek die natuur van sy Skepper.DGC 1.3

    In die tyd van Christus was hierdie lesse reeds vergete.DGC 2.1

    Mense het God byna nie meer in Sy skepping gewaar nie. Die sondigheid van die mensdom het‘n doodskleed oor die lieflikheid van die skepping gewerp, en pleks dat Sy werke Hom geopenbaar het, het hulle‘n versperring geword wat Hom verberg. Die mens het “die skepsel vereer en gedien...bo die Skepper.” Sodoende het die heidene “dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.” (Rom. 1:25, 21) So is die leer van God dan in Israel deur die leerstellings van mense vervang. Nie net die dinge van die natuur nie, maar ook die offerstelsel en die Skrifte self, wat gegee is om God te openbaar, is so verdraai dat juis hulle Hom verberg het.DGC 2.2

    Christus het getrag om dit weg te neem wat die waarheid bedek het. Hy het gekom om die sluier wat sonde oor die natuur gewerp het, opsy te trek en die geestelike heerlikheid te ontbloot wat die skepping moes weerkaats. Sy woorde het sowel die lesse van die natuur as dié van die Bybel in‘n nuwe lig gestel en van hulle ‘n nuwe openbaring gemaak.DGC 2.3

    Jesus het die fraai lelie gepluk en dit in die hande van kinders en jongmense gelê, en terwyl hulle in Sy jeugdige gesig, met die sonlig van Sy Vader se aangesig nog daarop, gekyk het, het Hy die les geleer, “Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei (in die eenvoud van natuurlike skoonheid); hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.” Hierop volg die soete versekering en die belangrike les, “As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?”DGC 2.4

    In die bergpredikasie is hierdie woorde ook tot ander behalwe kinders en jongmense gerig. Hulle is tot die menigte gerig, onder wie manne en vroue belaai met bekommernisse en verwarring en die pyn van teleurstelling en verdriet. Jesus gaan voort, “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene: want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.” Met hande tot die menigte uitgesprei gaan Hy voort: “Maar soek eers die koninkryk van God, en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt. 6:28-33.DGC 2.5

    So het Christus dan die boodskap vertolk wat Hy self aan die lelies en die gras van die veld gegee het. Hy verlang dat ons dit in elke lelie en grashalmpie moet lees. Hy spreek met versekering en Sy woorde versterk vertroue in God.DGC 3.1

    Christus se beskouing van die waarheid was so wyd en Sy onderrig so deurtastend, dat alles in die natuur ingespan is om waarheid te verduidelik. Die tonele waarop die oog daagliks val, is almal met een of ander geestelike waarheid verbind sodat die natuur met die gelykenisse van die Meester beklee is.DGC 3.2

    Christus het in die vroeë deel van Sy bediening met sulke duidelike woorde tot die volk gespreek dat al Sy toehoorders die waarhede kon gesnap het wat hulle wys kon maak tot saligheid. Maar in baie harte het die waarheid nie wortelgeskiet nie en dit is gou weggeraap. “Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse,” het Hy gesê, “omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. ... Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit.” Matt. 13:13-15.DGC 3.3

    Jesus wou hulle weetgierigheid aanwakker. Hy het getrag om die onverskilliges wakker te maak en om die waarheid op hulle harte af te druk. Onderrig deur gelykenisse was gewild en het agting afgedwing en aandag getrek, nie net by die Jode nie, maar ook by ander volkere. Hy kon geen doeltreffender metode toegepas het nie. As Sy toehoorders ‘n kennis van Goddelike dinge verlang het, kon hulle wel Sy woorde verstaan het, want Hy was altyd gewillig om hulle aan die eerlike soeker te verduidelik.DGC 3.4

    Verder het Christus waarhede voorgehou wat die volk onvoorbereid was om aan te neem of selfs te verstaan. Ook om hierdie rede het Hy hulle deur gelykenisse geleer. Deur Sy lesse met voorvalle uit die lewe, die ondervinding of die natuur in verband te bring, het Hy hulle aandag geboei en‘n indruk op hulle harte gemaak. Wanneer hulle daarna die voorwerpe gesien het waarmee Sy lesse geïllustreer is, het hulle die woorde van die Goddelike Leermeester onthou. Vir siele wat ontvanklik was vir die Heilige Gees, het die betekenis van die Heiland se lesse al duideliker geword. Verborgenhede het helder geword, en wat voorheen moeilik was om te begryp, het duidelik geword.DGC 3.5

    Jesus het getrag om tot elke hart toegang te kry. Deur middel van‘n verskeidenheid van illustrasies het Hy nie alleen die waarheid in sy verskillende vertakkinge voorgestel nie, maar ook op Sy verskillende toehoo-rders’n indruk gemaak. Hulle belangstelling is gewek deur beelde wat uit hulle alledaagse lewe geneem is. Geeneen wat na die Heiland geluister het, kon voel dat hy afgeskeep of vergete was nie. Die nederigste, sondigste persoon het in Sy lering ‘nDGC 4.1

    _______________

    “Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul. ... Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hul toegesluit.” Matt. 13:13-15.

    _______________

    stem gehoor wat met simpatie en teerheid tot hom gespreek het Daar was ook ‘n ander rede waarom Hy deur middel van gelykenisse geleer het. Onder die menigtes wat om Hom saamgekom het, was priesters en rabbi’s, skrifgeleerdes en ouderlinge, Herodiane en regeerders, wêreldliewende, bevooroordeelde, ambisieuse manne wat bo alles begeer het om die een of ander beskuldiging teen Hom te vind. Hulle spioene het Hom dag na dag agtervolg om van Sy lippe iets te hoor wat Hom kon veroordeel, sodat die Een wat blykbaar die wêreld agter Hom aan getrek het vir ewig stilgemaak kon word. Die Heiland het verstaan watter soort mense hierdie manne was en Hy het die waarheid op so‘n wyse voorgestel dat hulle niks kon vind waardeur hulle Sy saak voor die Sanhedrin kon bring nie. Deur gelykenisse het Hy die skynheiligheid en slegte dade van hoogwaardigheidsbekleders bestraf, en met beeldspraak het Hy waarhede beklee wat so snydend was dat, as Hy dit reguit gesê het, hulle nie na Sy woorde sou geluister het nie, en ook spoedig ‘n einde aan Sy bediening sou gemaak het. Maar terwyl Hy die spioene ontwyk het, het Hy die waarheid so helder gestel dat dwaling blootgelê is en die eerlikes van hart voordeel uit Sy lesse geput het. Goddelike wysheid, oneindige genade, is deur die dinge wat God geskape het, verduidelik. Deur middel van die natuur en die ondervindings van die lewe is die mensdom aangaande God geleer, “Want sy onsigbare dinge” is “van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien... naamlik sy ewige krag en goddelikheid.” (Rom. 1:20)DGC 4.2

    In die Heiland se gebruik van gelykenisse is’n aanduiding van die wese van ware “hoër onderwys.” Christus kon die diepste waarhede van die wetenskap aan die mens-dom geopenbaar het. Hy kon miskien geheime ontsluit het, wat baie eeue van arbeid en studie geverg het om op te los. Hy kon wetenskaplike wenke gegee het wat tot die einde van die tyd stof tot nadenke, en aansporing tot uitvinding sou voorsien het. Maar Hy het nie. Hy het niks gesê om nuuskierigheid te bevredig of om die ambisie van mense te bevorder deur‘n weg na wêreldse roem oop te stel nie. In al Sy onderrig het Christus die menslike gees met die Oneindige Gees in aanraking gebring. Hy het die mense nie gelas om menslike teorieë aangaande God of Sy Woord of werke te bestudeer nie. Hy het hulle geleer om Hom te aanskou soos Hy in Sy skeppingswerk, in Sy Woord en deur Sy voorsienigheid geopenbaar word.DGC 5.1

    Christus het Hom nie met abstrakte teorieë bemoei nie, maar met wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling van die karakter, wat die mens se vermoë om God te ken, sal verbreed, en sy bekwaamhede om goed te doen sal vermeerder. Hy het met mense daardie waarhede bespreek wat die gedrag raak, en die ewigheid aangryp.DGC 5.2

    Dit was Christus wat aan die hoof van Israel se opvoeding gestaan het. Aangaande die gebooie en die insettinge van Israel, het Hy gesê: “En jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” Deut. 6:7-9. Deur Sy eie onderrig het Jesus getoon hoe hierdie bevel uitgevoer moet word-hoe die wette en beginsels van die koninkryk van God só voorgestel kan word dat hulle skoonheid en kosbaarheid geopenbaar word. Toe die Here Israel opgelei het om Sy spesiale verteenwoordigers te wees, het Hy hulle tussen heuwels en dale laat woon. In hulle huislike lewe en in hulle godsdiensoefeninge is hulle voortdurend met die natuur en met die woord van God in aanraking gebring. So het Christus Sy dissipels by die meer, teen die berghang en in die velde en bosse geleer, waar hulle die dinge van die natuur waarmee Hy Sy lesse geïllustreer het, kon aanskou. En namate hulle van Christus geleer het, het hulle hulle kennis gebruik deur met Hom saam te werk.DGC 5.3

    So moet ons deur die natuur met ons Skepper kennis maak. Die boek van die natuur is ‘n groot lesboek wat ons saam met die Skrifte moet gebruik om andere aangaande Sy karakter te leer en om die verlore skape na Gods kudde terug te lei. Waar die werke van God bestudeer word, bring die Heilige Gees oortuiging tot die verstand. Dit is nie die oortuiging wat uit logiese beredenering spruit nie, maar tensy die verstand te donker geword het om God te ken, die oog te dof om Hom te sien, die oor te doof om Sy stem te hoor, word‘n dieper betekenis begryp en maak die verhewe geestelike waarhede van die skrifwoord ‘n indruk op die hart.DGC 6.1

    In hierdie lesse direk uit die natuur, is daar‘n eenvoud en reinheid wat hulle die hoogste waarde gee. Almal het die lesse nodig wat uit hierdie bron geput word. Op sigself lei die skoonheid van die natuur die siel weg uit sonde en wêreldse aantreklikhede tot reinheid, vrede en God. Te dikwels word die verstand van studente besig gehou met mensgemaakte teorieë en versinsels, wat valslik kennis en filosofie genoem word. Dit is nodig dat hulle in noue aanraking met die natuur gebring word. Laat hulle leer dat die skepping en die Christendom één God het. Laat hulle geleer word om die ooreenstemming tussen die natuurlike en die geestelike raak te sien. Laat alles wat hulle oë sien, wat hulle met die hand betas,‘n les in karakterbou wees. So sal die verstandelike vermoëns versterk, die karakter ontwikkel en die hele lewe veredel word.DGC 6.2

    Die rede waarom Christus deur middel van gelykenisse geleer het, is presies dieselfde as die rede vir die instelling van die Sabbat. God het aan die mens die gedenkteken van Sy skeppende mag gegee sodat hy Hom in die werk van Sy hande kan aanskou. Die Sabbat gebied ons om die heerlikheid van die Skepper in Sy geskape werke te aanskou. En dit is omdat Hy verlang dat ons juis dit moet doen dat Jesus Sy kosbare lesse aan die skoonheid van die natuur gekoppel het. Op die heilige rusdag, bo alle dae, behoort ons die boodskappe te bestudeer wat God vir ons in die natuur opgeskrywe het. Ons behoort die Heiland se gelykenisse te bestudeer waar Hy hulle vir ons vertel het, naamlik in veld en bos, onder die ope hemelgewelf, tussen gras en blomme. Namate ons naderkom tot die hart van die natuur, maak Christus Sy teenwoordigheid vir ons’n werklikheid, en spreek Hy tot ons harte van Sy vrede en liefde.DGC 6.3

    Christus het Sy onderrig nie net met die rusdag verbind nie, maar ook met die arbeidsweek. Hy het wysheid vir hom wat die ploeg hanteer en die saad saai. Uit ploeg en saai, grondbewerking en oes, leer Hy ons om‘n voorbeeld van Sy genadewerk in die hart te sien. So wil Hy hê dat ons uit elke soort nuttige arbeid en in elke vorm van verkeer met ons medemens. ‘n Les van Goddelike waarheid moet leer. Dan sal ons dagtaak nie meer ons aandag so volledig in beslag neem dat ons God vergeet nie; dit sal ons voortdurend aan ons Skepper en Verlosser herinner. Die gedagte aan God sal soos’n goue draad deur al ons huislike pligte en arbeid loop. Vir ons sal die heerlikheid van Sy aangesig weer op die beeld van die natuur rus. Ons sal voortdurend nuwe lesse oor hemelse waarhede leer en so rein soos Hy word. Sodoende salons “deur die Here geleer wees” en in die lewenslot waartoe ons geroep is, “bly voor God.” (Jes. 54:13; 1 Kor. 7:24)DGC 7.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents