Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Gawes Van Die Heilige Gees

    Die talente wat Christus aan Sy kerk toevertrou, stel veral die gawes en seëninge voor wat deur die Heilige Gees gegee word. “Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.” 1 Kor. 12:8-11. Mense ontvang nie almal dieselfde gawes nie, maar aan elke dienskneg van die Meester is die een of ander gawe van die Gees belowe.DGC 232.4

    Voordat Hy Sy dissipels verlaat het, het Christus op hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang die Heilige Gees.” (Joh. 20:22) Ook het Hy gesê: “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle.” (Lukas 24:49) Maar eers ná die hemelvaart is die gawe in sy volheid ontvang. Eers nadat die dissipels hulle deur geloof en gebed ten voile vir Sy werking oorgegee het, is die uitstorting van die Heilige Gees ontvang. Toe is die besittings van die hemel in ‘n besondere sin aan die volgelinge van Christus toevertrou. “Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.” Efe. 4:8, 7. “Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus,” terwyl die Gees “aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.” (1 Kor. 12:11) Die gawes is reeds ons s‘n in Christus, maar die eintlike inbesitneming hang van ons ontvangs van die Gees van God af.DGC 232.5

    Die belofte van die Gees word nie na behore gewaardeer nie. Die vervulling daarvan word nie verwerklik soos dit kan wees nie. Dit is die afwesigheid van die Gees wat die evangeliebediening so kragteloos maak. Geleerdheid, talente, welsprekendheid, elke natuurlike of aangeleerde begaafheid kan besit word, maar sonder die teenwoordigheid van die Gees van God sal geen hart aangeraak word, geen sondaar vir Christus gewen word nie. Aan die ander kant, as hulle met Christus verbind is, as die gawes van die Gees hulle s‘n is, sal die armste en onkundigste van Sy dissipels krag hê wat harte sal beïnvloed. God maak van hulle die kanaal vir die uitwerking van die hoogste invloed in die heelal.DGC 233.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents