Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Krag

    Ons moet God liefhê, nie net met ons hele hart, verstand en siel nie, maar met al ons krag. Dit sluit die voile, intelligente gebruik van die liggaamskragte in.DGC 248.4

    Christus was sowel in die tydelike as in die geestelike dinge ‘n ware werker en in al Sy werk het Hy ‘n vasberadenheid ingebring om Sy Vader se wil te doen. Die dinge van die hemel en die aarde is nouer aan mekaar verbonde en is meer direk onder die beheer van Christus as wat baie besef. Dit was Christus wat die eerste aardse tabernakel beplan het. Hy het elke spesifikasie betreffende die bou van Salomo se tempel aangegee. Die Een wat in Sy aardse lewe as skrynwerker in die dorpie Nasaret gewerk het, was die hemelse argitek wat die plan geteken het van die heilige gebou waar Sy Naam vereer sou word.DGC 249.1

    Dit was Christus wat aan die bouers van die tabernakel wysheid gegee het om die kunstigste en skoonste handewerk te verrig. Hy het gesê: “Kyk, Ek het Besaleël die seun van Vri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, ... En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ahisamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak.” (Exod. 31:2-6.)DGC 249.2

    God verlang dat Sy werkers, in watter rigting ook al, na Hom sal opsien as die Gewer van alles wat hulle besit. Alle goeie uitvindsels en ontwikkelinge het hulle oorsprong by Hom wat wonderbaar van raad en uitstekend in werk is. Die vaardigheid van die geneesheer se hand, sy mag oor senuwee en spier, sy kennis van die delikate organisme van die liggaam, is die wysheid van Goddelike krag wat ten bate van die lydendes gebruik moet word. Die vaardigheid waarmee die skrynwerker die hamer hanteer, die krag waarmee die grofsmit die aambeeld laat klink, kom van God af. Hy het talente aan die mens toevertrou, en Hy verwag dat hulle by Hom moet raad soek. Wat ons ook al doen, in watter afdeling van die werk ons ook al geplaas word, Hy wil ons gedagtes beheers sodat ons volmaakte werk kan doen.DGC 249.3

    Godsdiens en besigheid is nie twee aparte dinge nie; hulle is een. Die Bybelse godsdiens moet in alles wat ons doen of sê, ingeweef word. God-delike en menslike werk tuie moet sowel in tydelike as geestelike ondernemings saamwerk. Hulle behoort verenig te wees in alle menslike ondernemings, in meganiese en landboukundige arbeid, in handelsen wetenskaplike ondernemings. Daar moet ‘n samewerking wees in alles wat Christelike bedrywigheid behels.DGC 249.4

    God het die enigste beginsels bekend gemaak waarop hierdie samewerking moontlik is. Om Hom te verheerlik moet die doel wees van almal wat medewerkers van Hom is. Al ons arbeid moet uit liefde tot God en in ooreenstemming met Sy wil verrig word.DGC 250.1

    Dit is net so noodsaaklik om die wil van God te doen wanneer ‘n gebou opgerig word as in die godsdiensoefening. En as die werkers die regte be-ginsels in hulle eie karaktervorming ingebring het, dan sal hulle met die oprigting van elke gebou in genade en kennis toeneem.DGC 250.2

    Maar God sal nie die grootste talente of die uitnemendste diens aanneem tensy die self op die altaar gelê word as’n lewende, verterende offer nie. Die wortel moet heilig wees, anders. kan daar geen vrugte wees wat vir God aanneemlik is nie.DGC 250.3

    Die Here het van Daniel en Josef wakker bestuurders gemaak. Hy kon deur hulle werk want hulle het nie geleef om hulle eie geneenthede te bevredig nie, maar om God te behaag.DGC 250.4

    Die geval van Daniel hou vir ons ‘n les in. Dit openbaar die feit dat ‘n sakeman nie noodwendig ‘n geslepe beleidsman hoef te wees nie. Hy kan met elke tree deur God onderrig word. Terwyl hy die eerste minister van die koninkryk van Babel was, was Daniël ‘n profeet van God, wat die lig van ingewing ontvang het. Wêreldse, ambisieuse staatsmanne word in die Woord van God voorgestel as gras wat groei en soos die blom van die gras wat verlep. Tog verlang die Here om intelligente manne in Sy diens te hê; manne wat opgelei is in verskillende rigtings van werk. Daar is’n behoefte aan sakemanne wat die grootse beginsels van die waarheid in al hulle transaksies sal invleg. En hulle talente behoort deur die deeglikste studie en opleiding vervolmaak te word. As daar mense in enige roeping is wat nodig het om hulle geleenthede te verbeter om wys en bekwaam te word, dan is dit diegene wat hulle bekwaamheid gebruik om die koninkryk van God hier op ons aarde op te bou. Aangaande Daniel leer ons dat toe al sy sakeondernemings noukeurig ondersoek is, nie een fout of onjuistheid gevind kon word nie. Hy was’n voorbeeld van wat elke sakeman kan wees. Sy geskiedenis leer ons wat deur iemand bereik kan word wat die krag van sy brein, beendere en spiere, van sy hart en sy lewe aan God toewy.DGC 250.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents