Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Een Talent

    Die man wat die een talent ontvang het, “het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.”DGC 254.4

    Dit was die een met die kleinste gawe wat sy talent nie gebruik het nie. Dit is ‘n waarskuwing vir almal wat voel dat hulle nie vir Christus hoef te werk nie omdat hulle so min ontvang het. As hulle iets groots kon doen, hoe geredelik sou hulle dit nie onderneem nie, maar omdat hulle net in die klein dingetjies kan dien, voel hulle geregverdig om niks te doen nie. Hier begaan hulle‘n fout. Deur die gawes wat Hy uitdeel, toets die Here die karakter. Die man wat versuim het om sy talente te verbeter, het bewys dat hy ‘n ontroue dienskneg was. As hy vyf talente ontvang het, sou hy hulle begrawe het net soos hy die een begrawe het. Sy misbruik van die een talent het getoon dat hy die gawes van die hemel verag het.DGC 254.5

    “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou.” Lukas 16:10. Die belangrikheid van die klein dingetjies word dikwels onderskat omdat hulle klein is, maar hulle dra veel by tot die werklike dissipline van die lewe. Daar is na regte geen bykomstighede in die Christen se lewe nie. Ons karakterbou loop gevaar as ons die belangrikheid van die klein dingetjies onderskat.DGC 255.1

    “Hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.” Deur in selfs die kleinste pliggies ontrou te wees, beroof‘n mens Sy Skepper van die diens wat Hom toekom. Hierdie ontrouheid werk op homself terug. Hy ontvang nie die genade, die krag, die karaktersterkte wat deur onvoorwaardelike oorgawe aan God ontvang kan word nie. Solank hy afsonderlik van Christus leef, is hy onderworpe aan die versoekings van die Satan en begaan hy foute in sy werk vir die Meester. Omdat hy nie in die klein dingetjies deur regte beginsels gelei word nie, gehoorsaam hy God nie in die groot dinge wat hy as sy spesiale werk beskou nie. Die tekortkominge wat hy in die hantering van die klein besonderhede van die lewe koester, word op die belangrike sake oorgedra. Hy handel volgens die beginsels waaraan hy hom gewoond gemaak het. So word dade wat herhaal word gewoontes, gewoontes vorm ‘n karakter en deur die karakter word ons lotsbestemming vir tyd en ewigheid bepaal.DGC 255.2

    Net deur getrouheid in die klein dingetjies kan die siel geleer word om met ander groter verantwoordelikhede getrou te handel. God het Daniel en sy vriende in aanraking gebring met die groot manne van Babel sodat hierdie heidene kennis kon maak met die beginsels van die ware godsdiens. Te midde van‘n nasie van afgodedienaars moes Daniël die karakter van God verteenwoordig. Hoe is hy vir so‘n vertrouenspos toegerus? Dit was sy getrouheid aan die klein dingetjies wat aan sy hele lewe kleur gegee het. Hy het God in die kleinste pliggies vereer en die Here het met hom saamgewerk. Aan Daniel en sy vriende het God “wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniel verstand gehad van allerhande gesigte en drome” (Dan. 1:17)DGC 255.3

    Net soos God Daniel geroep het om vir Hom in Babel te getuig, so roep Hy ons om vandag Sy getuies in die wêreld te wees. In sowel die kleinste as die grootste sake van die lewe verlang Hy dat ons die beginsels van Sy koninkryk aan die mense moet openbaar.DGC 255.4

    Christus het tydens Sy lewe op aarde die les van noukeurige aandag aan die klein dingetjies geleer. Die groot verlossingswerk het voortdurend swaar op Sy siel gerus. Toe Hy geleer en genees het, is al die kragte van Sy liggaam en Sy verstand tot die uiterste toe ingespan; tog het Hy die eenvoudigste dingetjies in die lewe en in die natuur opgemerk. Sy leersaamste lesse was dié waarin Hy die groot waarhede aangaande die koninkryk van God met die eenvoudige dingetjies van die natuur geïllustreer het. Hy het nie die behoeftes van die minste van Sy diensknegte vergeet nie. Sy oor het elke geroep om hulp aangehoor. Hy was bewus van die aanraking van die siek vrou in die gedrang; Hy het op die geringste aanraking van geloof gereageer. Toe Hy die dogter van Jaïrus uit die dood opgewek het, het Hy haar ouers daaraan herinner om haar iets te ete te gee. Toe Hy deur Sy eie krag uit die graf opgestaan het, het Hy dit nie te veel moeite geag om die doodskleed waarin Hy weggelê was, op te vou en versigtig op die regte plek te sit nie.DGC 256.1

    Die werk waartoe ons as Christene geroep is, is om met Christus saam te werk vir die redding van siele. Ons het ‘n verbond met Hom aangegaan om hierdie werk te doen. Om hierdie werk na te laat, is om ontrou te wees aan Christus. Maar om hierdie werk te doen, moet ons Sy voorbeeld van getroue, nougesette aandag aan die klein dingetjies volg. Dit is die geheim van sukses in elke rigting van Christelike diens en invloed.DGC 256.2

    Die Here verlang dat Sy volk die hoogste sport van die leer moet bereik sodat hulle Hom kan verheerlik deur die bekwaamheid te besit wat Hy gewillig is om te verleen. Deur die genade van God is elke voorsiening gemaak vir ons om te openbaar dat ons volgens beter planne handel as dié waarvolgens die wêreld handel. Ons moet bewys dat ons verstand, ons begrip, ons bedrewenheid en kennis van ‘n hoër gehalte is omdat ons in God glo en in Sy mag om op menseharte te werk.DGC 256.3

    Maar diegene wat geen groot begaafdheid het nie, hoef nie mismoedig te word nie. Laat hulle gebruik wat hulle het en getrou teen elke swak punt in hulle karakters waak en trag om dit deur Goddelike genade sterk te maak. In elke daad in die lewe moet ons getrouheid en lojaliteit invleg en die hoedanighede aankweek wat ons in staat sal stel om die werk te verrig.DGC 256.4

    Alle neigings tot nalatigheid moet met beslistheid oorwin word. Baie mense dink dat vergeetagtigheid as voldoende verskoning vir die grootste foute kan dien. Maar besit hulle nie, net soos andere, verstandelike vermoëns nie? Dan moet hulle hulle verstand dissiplineer om te kan onthou. Dit is ‘n sonde om te vergeet, ‘n sonde om nalatig te wees. As u u gewoond maak om nalatig te wees, kan u met u eie sielsaligheid nalatig wees en uiteindelik vind dat u nie vir die koninkryk van God gereed is nie.DGC 257.1

    Groot waarhede moet op klein dingetjies toegepas word.DGC 257.2

    Praktiese godsdiens moet vir die nederige pliggies van die alledaagse lewe geld. Die grootste kwalifikasie vir enige mens is om die Woord van God stiptelik te gehoorsaam. Omdat hulle werk nie bepaald godsdienstig van aard is nie, voel baie mense dat hulle lewens nutteloos is; dat hulle niks ter bevordering van Gods koninkryk doen nie. Maar dit is’n fout. As hulle werk iets is wat tog deur iemand gedoen moet word, moet hulle hulle nie van nutteloosheid in die huishouding van God beskuldig nie. Die nederigste pligte moet nie oor die hoof gesien word nie. Enige eerlike werk is ‘n seën, en getrouheid daarin kan ‘n leerskool vir hoër verantwoordelikhede blyk te wees.DGC 257.3

    Hoe beskeie ook al, enige werk wat met voile oorgawe van die self, vir God gedoen word, is net so aanneemlik by Hom as die hoogste diens. Geen offergawe is klein wat met opregtheid van hart en blymoedigheid van siel gebring word nie.DGC 257.4

    Waar ons ook al is, Christus beveel ons om die plig wat voor die hand lê, te aanvaar. As dit in die huis is, pak dit gewilliglik en ernstig aan om van u huis ‘n aangename plek te maak. As u ‘n moeder is, voed u kinders vir Christus op. Dit is net soseer‘n werk vir God as dié van die predikant op die kansel. As u plig in die kombuis is, trag om ‘n volmaakte kok te wees. Berei voedsel wat gesond, voedsaam en smaakvol sal wees. En waar u die beste bestanddele gebruik in die bereiding van voedsel, onthou dat u die beste gedagtes aan u verstand moet gee. As u ‘n bewerker van die grond is of‘n ambag of‘n beroep beoefen, maak‘n sukses van u huidige werk. Hou u gedagtes by wat u doen. Verteenwoordig Christus in al u werk Maak soos Hy sou gemaak het as Hy in u plek was.DGC 257.5

    Hoe klein u talent ook al, God het‘n plek daarvoor.DGC 258.1

    Daardie één talent sal sy aangewese werk volbring as dit verstandig aangewend word. Deur getrouheid aan klein pliggies moet ons optelwerk doen en God sal dit vir ons vermenigvuldig. Hierdie kleinigheidjies sal die kosbaarste invloede in Sy werk word.DGC 258.2

    Laat ‘n lewende geloof soos goue drade deur die verrigting van selfs die kleinste pliggies vleg. Dan sal al die daaglikse werk Christelike groei bevorder. Voortdurend sal die oog op Jesus gevestig wees. Liefde vir Hom sal lewende krag aan alles gee wat onderneem word. So kan ons ons deur die regte gebruik van ons talente, met ‘n goue ketting aan die hoër wêreld verbind. Dit is ware heiligwording; want heiligwording bestaan uit die blymoedige nakoming van die alledaagse pligte in volmaakte gehoorsaamheid aan die wil van God.DGC 258.3

    Maar baie Christene wag dat die een of ander groot werk na hulle gebring moet word. Omdat hulle nie‘n plek kan vind wat groot genoeg is om hulle ambisie te bevredig nie, verwaarloos hulle die getroue nakoming van die alle-daagse pligte van die lewe. Hierdie pligte skyn vir hulle oninteressant te wees. Dag na dag laat hulle die geleenthede om getrouheid aan God te toon deur hulle vingers glip. Terwyl hulle op die een of ander groot werk wag, gaan die lewe verby - sy doelstellings onvervuld en sy werk onvoltooid.DGC 258.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents