Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Beloning Na Die Soektog

    Niemand moet dink dat hy nie meer kennis op te doen het nie. Die dieptes van die menslike verstand is peilbaar; die werke van menslike skrywers kan bemeester word; maar die hoogste, diepste en breedste verbeeldingsvlug kan God nie verklaar nie. Daar is ‘n oneindigheid bokant ons begrip. Ons het net die flikkering van Goddelike heerlikheid en die onmeetlike kennis en wysheid gewaar. Ons het as’t ware net op die oppervlakte van die myn gewerk, terwyl daar ryke gouderts onder die oppervlakte is om die een te beloon wat daarvoor grawe. Die skag moet dieper en steeds dieper in die myn gesink word, en dit sal ‘n heerlike skat oplewer. Deur die regte geloof sal Goddelike kennis menslike kennis word.DGC 69.1

    Niemand kan die Skrifte in die gees van Christus ondersoek sonder om beloon te word nie. As’n mens gewillig is om soos’n klein kindjie onderrig te word, sal hy, as hy hom geheel en al aan God onderwerp, die waarheid in Sy Woord vind. Was die mens gehoorsaam, sou hy die plan van Gods regering verstaan. Die hemelse wêreld sou sy skatkamers van genade en heerlikheid oopstel om ontdek te word. Mense sou heeltemal anders wees as wat hulle nou is, want deurdat hulle die myne van waarheid deursoek, sou hulle veredel word. Die verborgenheid van verlossing, die vleeswording van Christus, Sy soenoffer, sou nie net vae begrippe in ons gedagtes wees soos dit tans is nie. Ons sou hulle nie net beter verstaan nie, maar ons sou dit geheel en al hoër waardeer.DGC 69.2

    In Sy gebed tot Sy Vader het Christus die wêreld ‘n les geleer wat in siel en verstand gegraveer behoort te word. “En dit is die ewige lewe,” het Hy gesê,“dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” (Joh. 17:3) Dit is egte opvoeding. Dit verleen krag. Die proef-ondervindelike kennis van God en van Jesus Christus wat Hy gestuur het, verander die mens in die beeld van God. Dit maak die mens meester van homself en onderwerp elke impuls en drif van die laer natuur aan beheersing deur die hoër vermoëns van die verstand. Dit maak van hom wat dit het, ‘n seun van God en ‘n erfgenaam van die hemel. Dit bring hom in gemeenskap met die verstand van God, en stel vir hom die ryke skatte van die heelal oop.DGC 69.3

    Dit is die kennis wat deur die ondersoek van Gods Woord verkry word. En hierdie skat kan deur elke siel gevind word wat gewillig is om alles te gee om dit te verkry.DGC 70.1

    “Ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van die Here verstaan, en die kennis van God vind.” Spr. 2:3-5.DGC 70.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents