Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 28—Selfverloëning

    Ek het gesien dat daar gevaar is dat die heiliges te groot voorbereidings sal maak vir konferensies; dat sommige vermoei word deur te veel dienery; en dat die aptyt verloën moet word. Daar is gevaar dat sommige die dienste sal bywoon net vir die brode en die visse. Ek het gesien dat almal wat toegee aan die genotsugtigheid van die eie-ek deur die gebruik van tabak, dit behoort te laat staan en hulle geld aan iets beters te bestee. Diegene wat dinge opgee wat hulle genot verskaf het, en wat die geld wat hulle eers bestee het aan die bevrediging van hulle aptyt, in die skatkis van die Here stort, maak ‘n opoffering. Soos in die geval van die twee geldstukkies van die weduwee, sien God sulke gawes. Die bedrag mag klein wees, maar as almal dit sou doen, sou dit die bedrag in die skatkis aanvul. As almal hulle”daarop sou toelê om meer spaarsaam te wees wat klere betref, en sonder dinge klaar te kom wat nie absoluut nodig is nie, en as hulle skadelike dinge soos tee en koffie sou laat staan en die geld wat hulle daaraan bestee vir die saak sou gee, sou hulle meer seëninge hier ontvang, en ook hulle loon in die hemel. Daar is baie wat reken dat hulle, omdat God hulle die middele gegee het, alles mag koop wat hulle wil hê, dat hulle die rykste kosse mag eet, baie klere mag koop, en dat daar tog geen verdienste aan verbonde is om hulleself te verloën wanneer hulle genoeg het nie. Sulke mense maak geen opofferings nie. As hulle ‘n bietjie minder spandabel sou lewe en meer sou gee vir die saak van God om die waarheid aan te help, sou dit opoffering aan hulle kant wees, en wanneer elke mens sal vergeld word volgens sy werke, sal Hy hulle opofferings onthou.EG 119.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents