Go to full page →

Ontwikkeling Deur Diens UG1 121

Diegene wat hulle lewens bestee aan Christelike diens, weet wat ware geluk is. Hulle belange en gebede is nie slegs tot hulle eie selfsugtige kringetjie beperk nie. Terwyl hulle trag om ander te help, groei hulle self ook. Hulle raak bekend met die grootste planne en met die grootste ondernemings, en dis geen wonder dat hulle groei nie, want hulle is op die weg van goddelike lig en seen. Sulke persone ontvang wysheid van die hemel. Hulle word steeds meer en meer vereenselwig met Christus in al Sy planne. Daar is geen geleentheid vir luiheid of stilstand nie. Eiebelang en selfsug kannie bestaan waar daar gedurige bedrywigheid in verband met hoe en heilige werksaamhede is nie. UG1 121.2