Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontwikkeling Deur Diens

    Diegene wat hulle lewens bestee aan Christelike diens, weet wat ware geluk is. Hulle belange en gebede is nie slegs tot hulle eie selfsugtige kringetjie beperk nie. Terwyl hulle trag om ander te help, groei hulle self ook. Hulle raak bekend met die grootste planne en met die grootste ondernemings, en dis geen wonder dat hulle groei nie, want hulle is op die weg van goddelike lig en seen. Sulke persone ontvang wysheid van die hemel. Hulle word steeds meer en meer vereenselwig met Christus in al Sy planne. Daar is geen geleentheid vir luiheid of stilstand nie. Eiebelang en selfsug kannie bestaan waar daar gedurige bedrywigheid in verband met hoe en heilige werksaamhede is nie.UG1 121.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents