Om die volk aan te moedig om die eredienste by te woon en om vir die armes te sorg, is ‘n tweede tiende van hulle wins vereis. Aangaande die eerste tiende het die Here gesê:“Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel” (Numeri 18:21). Maar aangaande die tweede tiende het Hy beveel: “Jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees” (Deuteronomium 14:23,29; 16:11-14). Hierdie tiende, of dieselfde waarde in geld, moes hulle twee agtereenvolgende jare na die plek bring waar die heiligdom gestaan het. Nadat hulle aan die Here ‘n dankoffer en aan die priester ‘n vasgestelde deel gegee het, moes die offeraars die oorskiet gebruik om ‘n godsdienstige fees te hou waaraan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee moes deelneem. Op hierdie manier is voorsiening gemaak vir die dankoffers en die feeste tydens die jaarlikse feeste, en terselfdenyd is die volk met die priesters en die Leviete in aanraking gebring sodat hulle die geleentheid kon hê om in die diens van God onderrig en bemoediging te ontvang. GF 28.1
Al om die derde jaar moes hierdie tweede tiende egter tuis gebruik word om die Leviet en die arme te onthaal, soos Moses gesê het,” dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word” (Deuteronomium 26:12). Hierdie tiende sou die middele voorsien om gasvryheid en weldadigheid te betoon. GF 28.2
Daar is ook nog ander voorsiening vir die armes gemaak. GF 28.3
Benewens sy erkenning van die eise van God, is daar niks wat die wette van Moses meer kenmerk as sy aandrang op ‘n gees van milddadigheid, barmhartigheid en gasvryheid teenoor die armes nie. Hoewel God beloof het om Sy volk ryklik te seën, was dit nogtans nie Sy bedoeling dat daar geen armoede onder hulle sou wees nie. Hy het gesê dat die land nooit sonder sy armes sou wees nie. Daar sou onder Sy volk altyd diegene wees wat op hulle weldadigheid, medelyde en teerhartigheid aanspraak sou maak. In daardie dae was daar net soos nou mense wat deur die ongeluk, deur siekte en deur die verlies van hulle besittings getref is; maar solank as wat hulle die bevele van God uitgevoer het, was daar nooit bedelaars of hongerlydendes onder hulle nie. GF 28.4
Die wet van God het aan die armes die reg gegee op’ n sekere gedeelte van die opbrengs van die grond. Wanneer iemand honger was, was hy geregtig om na sy naaste se land of sy boord of wingerd te gaan en genoeg te eet om sy honger te stil. Dit was ooreenkomstig hierdie verlof dat Jesus se dissipels op die Sabbatdag van die staande graan gepluk en geëet het terwyl hulle deur ‘n land geloop het. GF 29.1
Al die oorskiet van die oesland, die boord en die wingerd het aan die armes behoort. “As jy jou oes op jou land insamel en . n gerf op die land vergeet,” het Moses gesê, “mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie.... As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rondsoek nie.... As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees. En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf was in Egipteland.” Deuteronomium 24:19-22; Levitikus 19:9,10. GF 29.2
Al om die sewende jaar is daar in besonder vir die armes voorsiening gemaak. Die sabbatjaar, soos dit genoem is, het net na die oestyd begin. Wanneer die saaityd na die insameling van die oes aangebreek het, moes die volk nie saai nie; hulle moes die wingerd nie in die lente bemes nie, en hulle moes nog graannóg druiweoes verwag. Wat die grond op sy eie voortgebring het, kon hulle vars eet, maar hulle moes daar niks van in hulle skure opgaar nie. Die opbrengs van daardie jaar was vir die vreemdeling, die wees, die weduwee en selfs vir die velddiere. (Exodus 23:10,11; Levitikus 25:5.) GF 29.3
Maar as die veld dan in gewone jare net genoeg opgelewer het om in die behoeftes van die volk te voorsien, hoe moes hulle leef wanneer daar die jaar geen oes was nie? Daarvoor het die belofte van God ruim voorsiening gemaak.” Dan gebied Ek my seën virjulle in die sesde jaar,“het Hy gesê,” en dit sal die oes vir die drie jare oplewer. En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.” (Levitikus 25:21,22.) GF 29.4
Die waameming van die sabbatjaar moes vir sowel land as volk tot voordeel strek. Nadat die grond ‘n jaar lank onbewerk gelê het, sou dit Daarna meer oplewer. Die mense is van die dringende werk op die landerye vrygestel, en hoewel daar verskeie soorte werk was wat hulle in daardie tyd kon verrig, het almal vrye tyd geniet wat hulle die geleentheid gegee het om uit te rus sodat hulle gereed kon wees vir die inspanning van die daaropvolgende jare. Hulle het meer tyd gehad vir bepeinsing en gebed en om bekend te raak met die leer en vereistes van die Here en om hulle huisgesinne te onderrig. GF 29.5
In die sabbatjaar moes die Israelitiese slawe vrygestel word, en hulle moes nie met leë hande weggestuur word nie. Die bevel van die Here was: “En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie. Jy moet hom ‘n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.” (Deuteronomium 15:13, 14.) GF 30.1
Die arbeider se loon moes dadelik betaal word. “Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie. Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie - want hy is arm en sy siel verlang Daarna.” Deuteronomium 24:14,15. GF 30.2
Met betrekking tot die behandeling van slawe wat uit hulle diens gedros het, was daar ook spesiale opdragte. ,Jy mag ‘n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie. Hy moet byjou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is;jy mag hom nie verdruk nie.” Deuteronomium 23:15,16. GF 30.3
In die sewende jaar is die armes ook hulle skuld kwytgeskel. Die Hebreërs is gelas om hulle behoeftige broeders te alle tye te help deur geld renteloos aan hulle te leen. Hulle is uitdruklik verbied om van ‘n arme woeker te neem. “En as jou broer by jou verarm en agter raak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe. Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe. Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.” Levitikus 25:35 - 37. As die skuld tot op die sabbatjaar onbetaald gebly het, kon die kapitaal ook nie ingevorder word nie. En die volk is ten strengste gewaarsku dat hulle nie weens hierdie bepalinge moes weier om nodige hulp aan hulle broeders te verstrek nie.” As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers,... dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie... Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby - en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die Here roep, en dit sonde in jou word.” “Die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land,” “en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.” (Deuteronomium 15:7-9, 11,8.) GF 30.4
Niemand hoef te vrees dat sy vrygewigheid hom behoeftig sal maak nie. Gehoorsaamheid aan die gebooie van God sou hulle gewis voorspoedig maak.. “Want die Here jou God seën jou soos Hy beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.” Deuteronomium 15:6. GF 31.1
Na “sewe jaarweke,” “sewe maal sewe jaar,” het die groot jaar van vrylating, die jubeljaar, aangebreek. “Dan moet jy... ‘n basuingeklank... deur julle hele land laat gaan. GF 31.2
En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.” Levitikus 25:9,10. GF 31.3
“In die sewende maand, op die tiende van die maand,... op die versoendag” moes die basuin van die jubeljaar klink. Deur die hele land, orals waar die Joodse volk gewoon het, het daardie klank op die kinders van Jakob ‘n beroep gedoen om die jaar van vrylating te verwelkom. Op die groot Versoendag is daar versoening gedoen vir die sondes van Israel en die volk het die jubeljaar met vreugde begroet. GF 31.4
Soos in die sabbatjaar, moes daar op daardie jaar nie gesaai of geoes word nie, en alles wat die grond opgelewer het, was die regmatige besitting van die armes. Sekere klasse Joodse slawe - almal wat nie op die sabbatjaar vrygestel was nie - is nou vrygestel. Maar die vemaamste kenmerk van die jubeljaar was dat alle grond wat verpand was, aan die familie van die oorspronklike eienaar teruggegee moes word. God het die land by wyse van die lot laat verdeel. Nadat die verdeling gemaak is, het niemand die reg gehad om sy besitting te verkwansel nie. Hy kon sy grond ook nie verkoop tensy armoede hom daartoe gedwing het nie, en selfs dan, as hy of een van sy familielede dit wou terugkoop, kon die koper nie weier om dit te verkoop nie; maar as dit nie voor die tyd verlos is nie, moes dit in die jubeljaar na die oorspronklike besitter of sy erfgename teruggaan. GF 31.5
Die Here het aan Moses gesê: “Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is” (Levitikus 25:23). Die volk moes begryp dat die land aan God behoort en dat hulle net toegelaat is om dit tydelik te besit; dat Hy die regmatige eienaar, die oorspronklike besitter, is, en dat Hy om die rede besondere bepalinge ten gunste van die armes en die verdruktes gemaak het. Hy wou almal laat verstaan dat die armes net so geregtig is op ‘n plek op Gods wêreld as die rykes. GF 31.6
Dit is die voorsiening wat ons genadige Skepper gemaak het om lyding te versag, om in die lewe van die nooddruftiges en hulpbehoewendes ‘n bietjie hoop, ‘n glinstering van sonskyn te bring. GF 32.1
Die Here wou die buitensporige sug na besittings en mag onder bedwang hou. Groot euwels sou voortspruit uit die toenemende versameling van rykdom deur een klas en die armoede en verlaging van ‘n ander. Sonder ‘n mate van beperking sou die mag van die rykes ‘n alleenreg word en die armes wat in alle opsigte in die oë van God net so verdienstelik is, sou deur hulle voorspoediger broeders behandel word asof hulle minderwaardig is. Die hartstogte van die armes sou deur die verdrukking opgewek word. Daar sou ‘n gevoel van radeloosheid en wanhoop wees wat die maatskaplike orde sou verstoor en die deur tot allerlei misdade sou open. Die reëls wat God daargestel het, was bedoel om maatskaplike gelykheid te bevorder. Die maatreëls van die sabbatjaar en die jubeljaar sou in ‘n groot mate alles regstel wat intussen op maatskaplike en politieke gebied in die land skeefgeloop het. GF 32.2
Hierdie bepalings was bedoel om vir sowel die rykes as die armes tot seën te strek. Dit sou die hebsug en die strewe na selfverheffing aan bande lê en ‘n edel gees van weldadigheid kweek; en deur goedgesindheid en vertroue by alle klasse aan te moedig, sou dit maatskaplike orde, die stabiliteit van die regering, bevorder. Ons is almal saamgevleg indie groot web van die mensdom, en wat ons ook al kan doen om ander te help en op te hef, sal vir onsself tot seën strek. Die wet van onderlinge afhanklikheid geld die ganse maatskappy. Die armes is niks meer van die rykes afhanklik as die rykes van die armes nie. Terwyl die een klas ‘n aandeel eis in die seëninge wat God op hulle ryk bure uitgestort het, het die ander weer die getroue diens, die krag van murg en brein en spier, nodig waaroor die armes beskik. GF 32.3
God het beloof om die Israeliete ryklik te seën as hulle Sy bevele nakom. Hy het gesê:“Ek (sal) julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon. Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie... En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees... Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie doen nie; en... my verbond verbreek - dan sal... julle... ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voorjul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.” (Levitikus 26:4-17.) GF 32.4
Daar is baie mense wat met groot ywer daarop aandring dat almal ‘n gelyke aandeel in die seëninge van God moet hê. Maar dit was nie die doel van die Skepper nie. ‘n Verskeidenheid van lewensomstandighede is een van die middele waardeur God van plan is om ons karakter te ontwikkel. Nogtans is dit Sy bedoeling dat diegene wat aardse besittings het, hulle bloot as rentmeesters van Sy goedere moet beskou, as persone aan wie middele toevertrou is sodat dit tot voordeel van die lydendes en die behoeftiges aangewend kan word. GF 33.1
Christus het gesê dat die armes altyd onder ons sal wees, en Hy vereenselwig Hom met Sy lydende mense. Die hart van ons Verlosser simpatiseer met Sy armste en nederigste aardse kinders. Hy vertel ons hulle is Sy verteenwoordigers op aarde. Hy het hulle onder ons gesit om in ons harte daardie liefde op te wek wat Hy vir die lydendes en onderdruktes voel. Christus aanvaar die medelyde en weldadigheid wat ons aan hulle bewys asof dit aan Hom self bewys is. ‘n Daad van wreedheid of nalatigheid teenoor hulle word beskou asof dit aan Hom gedoen is. GF 33.2
Indien die mensdom die insettinge wat God tot voordeel van die armes gegee het, nagekom het, hoe anders sou die huidige toestand van die wêreld sedelik, geestelik en tydelik gewees het! Selfsug en eiewaan sou nie soos nou geheers het nie, maar elk sou welwillend aan die geluk en welvaart van ander dink; en die wydverspreide armoede wat in baie lande heers, sou nie nou bestaan nie. GF 33.3
Die beginsels wat God neergelê het sou die vreeslike euwels verhoed wat in alle eeue die gevolg was van die onderdrukking van die armes deur die rykes en die agterdog en haat wat die armes teenoor die rykes koester. Terwyl dit verhinder dat mense groot rykdom ophoop en onbeperkte weelde geniet, sal dit ook die gevolglike onkunde en verlaging verhoed van tienduisende te laag besoldigde arbeiders wat hierdie kolossale rykdomme met hulle arbeid moet opbou. Dit sou ‘n vreedsame skikking teweegbring vir die probleme wat tans dreig om die wêreld aan regeringloosheid en bloedvergieting oor te gee. GF 33.4