“n TYD LANK het Elia tussen die berge by die spruit Krit versteek gebly. Daar is hy maande lank op wonder-bare wyse van voedsel voorsien. Toe die spruit later weens die aanhoudende droogte opgedroog het, het God Sy dienskneg beveel om in ‘n heidense land ‘n skuilplek te soek.” Maak jou klaar,“het Hy hom beveel,“gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ‘n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.” GF 35.1
Daardie vrou was nie ‘n Israeliet nie. Sy het nooit die voorregte of seëninge ondervind wat die uitverkore volk van God geniet het nie; maar sy het in die ware God geglo en die lig gevolg wat op haar weg geskyn het. En toe daar vir Elia geen veiligheid meer in die land van Israel was nie, het God hom na hierdie vrou gestuur om in haar huis onderdak te vind. GF 35.2
“Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was ‘n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ‘n bietjie water in die kan, dat ek kan drink. Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring vir my ‘n stukkie brood saam.” GF 35.3
In hierdie armoedige gesin het die hongersnood swaar gedruk, en dit het geskyn asof die skamele voorraad gedaan was. Die koms van Elia op die juiste dag toe die weduwee gevrees het sy sal die stryd om die lewe te behou gewonne moet gee, het” haar geloof in die krag van die lewende God om in haar behoefte te voorsien tot die uiterste toe beproef. Maar selfs in haar uiterste nood het sy vir haar geloof getuig deur tot die versoek van ‘n vreemdeling in te willig om haar laaste stukkie kos met hom te deel. GF 35.4
In antwoord op Elia se versoek om voedsel en drank het die weduwee gesê: “So waar as die Here u God leef, ek het nie ‘n broodkoek nie, net maar ‘n handvol meel in die pot en ‘n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou ‘n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.”Elia het aan haar gesê:“Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie en bring dit uit vir my; Daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak. Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here rëen op die aarde sal gee. GF 35.5
Mens kon geen groter beproewing van haar geloof gevra het nie. Tot nog toe het die weduwee alle vreemdelinge vrierídelik en gasvry behandel. Ondanks die lyding wat dit vir haar en haar kind kon beteken, en met volle vertroue dat die God van Israel in haar behoefte kon voorsien, het sy aan die hoogste eis van gasvryheid voldoen ,en gehandel volgens die woord van Elia. GF 36.1
“Hierdie Feniciese vrou het geweldige gasvryheid aan die profeet van God bewys en haar geloof en edelmoedigheid is geweldig beloon.” Sy het geëet - sy. en haar gesin dae lank: die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Elia gespreek het. GF 36.2
“Na hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem in hom oorgebly het nie. Toe sê sy vir Elia: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak! GF 36.3
“Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bokamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê... Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep... En die Here het Elia verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het. GF 36.4
“Daarop neem Elia die kind en bring hom af uit die bokamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elia sê: GF 36.5
Kyk, jou seun lewe! En die vrou sê vir Elia: Nou weet ek dit dat u ‘n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.” GF 36.6
Die weduwee van Sarfat het haar stukkie kos met Elia gedeel en as beloning is haar lewe en haar seun se lewe gespaar. En aan allmal wat in ‘n tyd van beproewing en gebrek medelyde en hulp verleen aan andere wat groter behoefte het, het God ‘n groot seën belowe. Hy het nie verander nie. Sy krag is deesdae niks minder as in die dae van Elia nie. GF 36.7