Go to full page →

Hoofstuk 4 - Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens DBo 69

ln beide sy uiterlike voorkoms en Sy karakter moes die mens die beeld van God hê. Net Christus is” die afdruksel” van die Vader [Heb. 1:3], maar die mens is na Gods beeld geskape... DBo 69.1

Hier is geen rede vir die onderstelling dat die mens geleidelik uit die laer lewensvorme van die diere of plantelewe ontwikkel het nie. So ‘n leerstelling verlaag die werk van die Skepper tot die peil van die mens se enge, aardse begrip... DBo 69.2

Die Skrif spoor ons oorsprong nie terug tot ‘n geslag wat uit kieme, weekdiere en viervoeters ontwikkel het nie, maar tot die almagtige Skepper. Hoewel Adam uit die stof gevorm is, was hy nogtans die” seun van God.” [P&P. 45] DBo 69.3