Go to full page →

Ons Afhanklikheid Van God DBo 70

Ons afhanklikheid van God is absoluut en hoort ons nederig te hou en omrede ons afhanklikheid van Hom, hoort ons kennis van Hom te vermeerder. God wil hê ons moet met elke spesie van selfsug wegdoen en tot Hom kom, nie as ons eie baas nie, maar as die Here se vrygekoopte besitting. [TM 324/5] DBo 70.7

Die fisiese organisme van die mens is onder Gods toesig, maar dit is nie soos ‘n klok wat aan die gang gesit word en vanself aangaan nie. Die hart klop; polsslag volg op polsslag, ademing volg op adem, maar die hele wese is onder God se toesig. “Julle is God se landgoed,” Sy gebou. In God lewe, beweeg en bestaan ons hele wese. Elke hartklop, elke asemteug is die inademing van Hom wat in Adam se neus die asem van die lewe geblaas het - die ingewing van die altyd teenwoordige God, die Groot Ek Is. [SDABC 1:1081 (R&H Nov. 8,1898)] DBo 71.1