Go to full page →

Nuttelose spekulasie oor God DBo 6

Die openbaring van Homself wat God in Sy Woord gee is vir ons studie. Ons mag probeer om dit te verstaan, maar ons mag nie verder as dit probeer deurdring nie. Die skranderste intellek kan homself ooreis totdat dit uitgeput is van gissing oor die wese van God, maar dit sal vrugteloos wees. Die probleem is nie aan ons gegee om op te los nie. Die menslike verstand kan God nie verstaan nie. Nietige mense moet Hom nie probeer vertolk nie. Laat niemand hom oorgee aan spekulasie aangaande die wese van God nie. Stilte is hier spraaksaamheid. Die Alwetende Een is verhewe bo bespreking. [8T.279] DBo 6.6

Ons moet lewe van elke woord wat uit die mond van God kom. Dit wil sê, dit wat God aan ons geopenbaar het. Alles is nie openbaar gemaak nie, want ons sou dit nie kon dra nie. Maar God het alles wat nodig is vir ons verlossing geopenbaar. Ons moet nie Sy Woord prysgee vir die stelling van mense nie. [CH.371 ] DBo 6.7