Go to full page →

God se Alwetendheid. DBo 7

Hy onderskei tussen die gedagtes, motiewe en doelstelling van die hart. [2T.560] DBo 7.1

Deur kanale wat ons nie ken nie, is Hy gedurig in voeling met elke deeltjie van Sy skepping. [KE.316] DBo 7.2

Daar is mense wat die groot en almagtige en heilige God wat in ontoeganklike lig woon, aanspreek asof hulle met ‘n gelyke of selfs ‘n mindere spreek. [PP 255] DBo 7.3

Jehova, die ewige, die selfstandige, die ongeskapene wat self die bron en instandhouer is van almal, alleen is geregtig op ons hoogste eerbied en aanbidding. [PP 310] DBo 7.4

Van die begin af het God en Christus geweet van die afvalligheid van die Satan en van die val van die mens deur die krag van bedrog van die afvallige. God het dit nie beskik dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daarvan vooruitgesien en Hy het voorsiening gemaak vir die vreeslike gebeurtenis. [KE 16] DBo 7.5