Hoofstuk 3 - Die Bangoed
Voorwaarts
- Contents- Voorwaarts
- Hoofstuk 1 - Voorwaarts
- Hoofstuk 2 - Brood cn Watcr Gewis
- Hoofstuk 3 - Die Bangoed
- Hoofstuk 4 - Dic Tiende
- Hoofstuk 5 - Offergawes
- Hoofstuk 6 - ‘n Weduwee Gevoed
- Hoofstuk 7 - Om te Gee Is om te Leef
- Hoofstuk 8 - Die Fees in Simon se Huis
-
- Ontvang Omtekan Gee
- “n Tyd Vir Spaarsaamheid En Opofferinc
- “n Voorreg en ‘n Verantwoordelikheid
- Steun Buitelandse Sendingwerk
- Die Werk Moet Nie tot Stilstand Kom Nie
- Sal Ons Die Werkin Die Steek Laat?
- Blymoedige Vrygewigheidin Hierdie Sluitingstryd
- Heelhartige Oetrouheid Aan Die Kerk
- Die Doopgelofte
- Ons Taak
- Moenie virOproepe Wag Nie
- Die Stem Van Toewyding
- “n Antwoord op Christus se Cebed om Eenheid
- Ontledig die Hart van Selfsug
- Geestelike Voorspoed En Christelike Vrygewigheid
- God Sal Die Hand Weer Vul
- “n Oproep Tot Groter Erns
- Belê Nouin Die Bank Van Die Hemel
- Laat Reën Uitgestel
- Maak Elke Aardse Belang Ondergeskik
- Die Gees van Opoffering
- “n Toets Van Getrouheid
- Gods Reserwes van Tyd en Besittings
- Betaal Tiende op Besittings Sowel as Inkomste
- Vir Elke Bedeling
- Beplan as ‘n GrootSeëning
- Nege-tiendes Meer Werd as die Tien
- “n Merkbare Verandering Sedert die Dae van die Jode
- Op Ewige Beginsels Gegrondves
- Paulus Het die Stelsel Erken
- Gods Aanspraak op Ons
- “n Planpragtig In Sy Eenvoud
- Vir Ryk en Arm
- Met’n Verbondsverhouding Verbind
- Nie ‘n Strawwe Wet Nie
- Geen Las Nie, Behalwe vir die Ongehoorsame
- “n Skamele Bietjie
- “n Praktiese Aangeleentheid
- Gereelo En Stelselmatig
- Eers die Tiendes-Dan die Offergawes
- Kom Gods Vereistes Eerste Na
- Die Sonde Van Ananias
Search Results
- Results
- Related
- Featured
- Weighted Relevancy
- Content Sequence
- Relevancy
- Earliest First
- Latest First
- Exact Match First, Root Words Second
- Exact word match
- Root word match
- EGW Collections
- All collections
- Lifetime Works (1845-1917)
- Compilations (1918-present)
- Adventist Pioneer Library
- My Bible
- Dictionary
- Reference
- Short
- Long
- Paragraph
No results.
EGW Extras
Directory
Hoofstuk 3 - Die Bangoed
DIE Hebreërs het Kanaan wel binnegetrek, maar hulle het dit nog nie onderwerp nie, en menslik gesproke sou die stryd om dit in besit te neem lank en moeilik wees. Die land is deur ‘n sterk volk bewoon en hulle was gereed om enige inval op hulle gebied teen te staan. Die verskeie stamme is uit vrees vir ‘n gemeenskaplike gevaar saamgebind. Hulle perde en ysterstrydwaens, hulle kennis van die land en hulle krygs-opleiding sou in hulle guns wees. Boonop is die land deur vestings versterk -“stede wat groot en tot aan die hemel versterk is” (Deuteronomium 9:1). Alleen in die versekering dat hulle hulle op ‘n krag buiten hulle eie kon beroep, kon die Israeliete hoop om in die komende stryd te seëvier.GF 13.1
Een van die sterkste vestings van die land - die groot en magtige Jerigowas net ‘n kort afstand van hulle laer te Gilgal af. Aan die grens van ‘n vrugbare vlakte wat ryk was aan ‘n verskeidenheid van tropiese produkte, het hierdie trotse stad met sy paleise en tempels agter sy reusagtige verskansinge waarin weelde en ondeug gewoon het, die God van Israel uitgetart. Jerigo was een van die vemaamste setels van afgodediens, veral Astarot, die godin van die maan. Dit was die middelpunt van Kanaan se verfoeilikste en verlagendste gelowe. Die volk Israel wat nog terdeë bewus was van hulle sonde te Bet-Peor, kon hierdie heidense stad nie anders as met veragting en afsku bejeën nie.GF 13.2
Josua het die verowering van Jerigo as die eerste stap in die onderwerping van Kanaan beskou. Maar eers het hy die versekering gesoek dat God hom sou lei, en dit het hy dan ook gekry. Terwyl hy hom buite die kamp afgesonder het om na te dink en te bid dat die God van Israel voor Sy volk uit moes trek, het hy ‘n gewapende krygsman, ‘n groot, imponerende persoon “met ‘n ontblote swaard in sy hand” gesien. Op Josua se vraag: “Behoort u by ons of by ons vyande?” het hy geantwoord:“Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom.” Dieselfde bevel wat Moses by Horeb ontvang het, is nou weer gegee: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig.” Dit het die ware aard van die geheimsinnige besoeker geopenbaar. Dit was Christus, die Hoogverhewene, wat voor die leier van Israel gestaan heil. Vreesbevange het Josua aanbiddend op sy aangesig neergeval en die versekering gehoor: “Ek gee Jerigo met sy koning en dapper helde in jou hand.” Daarna het hy bevele ontvang oor hoe hy die stad moes inneem.GF 13.3
Gehoorsaam aan die Goddelike bevel het Josua die leërs van Israel gemonster. Daar moes geen aanval wees nie. Hulle moes eenvoudig met die ark rondom die stad marsjeer en basuine blaas. In die voorhoede was die gekeurde krygsmanne, maar hierdie keer nie om met hulle eie vemuf en dapperheid te oorwin nie, maar deur gehoorsaamheid aan die bevele wat God aan hulle gegee het. Sewe priesters met basuine het gevolg. Agter hulle aan het die priesters, in die gewaad van hulle heilige amp, die verbondsark, omring deur ‘n heeriike heilige stralekrans, gedra. Die leër van Israel het gevolg, elke stam onder sy vaandel. Dit was die optog wat rondom die gedoemde stad gemarsjeer het. Daar was geen ander geluid as die voetstappe van daardie groot skare en die plegtige geluid van die basuine wat van die heuwels af in die strate van Jerigo weerklink het nie. Nadat hulle hulle optog voltooi het, het die leër in stilte na hulle tente teruggekeer en is die verbondsark op sy plek in die tabemakel neergesit.GF 14.1
Verbaas en ontsteld het die wagters van die stad elke beweging dopgehou en dit aan die owerheid vertel. Hulle het nie geweet wat al hierdie vertoon beteken nie, maar toe hulle daardie magtige vergadering elke dag een keer rondom die stad sien marsjeer met die heilige verbondsark en van priesters vergesel, het die geheimsinnigheid daarvan priesters en volk met vrees oorval. Dan het hulle, hulle sterk vestings weer ondersoek en seker gevoel dat hulle die sterkste aanslag sou kon weerstaan. Baie van hulle het gespot met die vrees dat so ‘n sonderlike vertoning hulle enige kwaad kon aandoen. Ander was bevrees toe hulle die optog elke dag rondom die stad sien marsjeer. Hulle het onthou dat die Rooi See eenkeer voor hierdie volk oopgegaan het en dat daar kort gelede vir hulle ‘n pad deur die Jordaanrivier oopgemaak is. Hulle wis nie watter wonderwerke God nog vir hulle kon doen nie.GF 14.2
Ses dae lank het die vergadering van Israel rondom die stad getrek. Die sewende dag het aangebreek en Josua het die leërs van die Here met die eerste daglig gemonster. Hierdie keer is hullie beveel om sewe keer rondom Jerigo te marsjeer, en wanneer die basuine hard blaas, hard te skreeu, want die Here het die stad aan hulle gegee.GF 14.3
Die groot leër het plegtig rondom die gedoemde muur gemarsjeer. Alles was stil behalwe die voetstappe en af en toe die geluid van ‘n basuin wat die oggendstilte verbreek. Dit het geskyn asof die sterk mure die beleëring deur mense trotseer. Met toenemende vrees het die wagters op die muur gekyk toe die eerste kringloop eindig en die tweede begin, gevolg deur die derde, die vierde, die vyfde en die sesde. Wat was dan die doel van hierdie geheimsinnige bewegings? Watter geweldige gebeurtenis sou volg? Dit sou nie meer lank duur nie. Met die voltooiing van die sewende rondte het die lang optog gaan staan. Die basuine wat ‘n tyd lank stil was, het nou met ‘n oorverdowende geluid losgebreek. Die stewige klipmuur met sy sterk torings en kantele het op sy fondament gewaggel en in puin op die grond neergestort. Die bewoners van Jerigo was lam van vrees en die leër van Israel het ingestap en van die stad besit geneem.GF 14.4
Die Israeliete het nie deur hulle eie mag die oorwinning behaal nie; dit het geheel en al van die Here gekom; en as eersteling van die land moes die stad met alles wat daarin was aan die Here geoffer word. Die Israeliete moes uitdruklik verstaan dat hulle in hulle verowering van Kanaan nie vir hulleself moes veg nie, maar dat hulle eenvoudig werktuie moes wees om die wil van God te volbring; hulle moes nie na rykdom of selfverheffing streef nie, maar na die heerlikheid van Jehova, hulle Koning. Voordat hulle die stad ingeneem het, het hulle die bevel gekry:“Die stad met al wat daarin is, moet ‘n banoffer aan die Here wees.” “Neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie... van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.”GF 15.1
Al die bewoners van die stad, met elke lewende ding daarin “man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe” is met die swaard gedood. Net die getroue Ragab en haar huisgesin is gered ter vervulling van die belofte van die verkenners. Die stad self is verbrand; sy paleise en tempels, sy pragtige woonhuise met al die weelderige meubels, die ryk gordyne en duur klere is alles in die vlamme gegooi. Wat nie deur die vuur vemietig kon word nie, “die silwer en die goud en die koperen ystervoorwerpe” is aan die diens van die tabemakel gewy. Selfs die plek waar die stad gestaan het, is vervloek; Jerigo moes nooit as vesting herbou word nie; ‘n vloek is uitgespreek op elkeen wat dit sou waag om daardie mure wat deur die krag van God neergewerp is, weer op te bou. ‘n Plegtige verklaring is in die teenwoordigheid van die ganse Israel uitgespreek: “Vervloek is die man voor die aangesig van die Here wat sal opstaan om hierdie stad Jerigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.”GF 15.2
Die algehele uitwissing van die bewoners van Jerigo was slegs die vervulling van die bevel wat Moses voorheen reeds aangaande die bewoners van Kanaan gegee het: “Dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref” (Deuteronomium 7:2).” Van die stede van hierdie volke... moet jy niks wat asem het, laat lewe nie” (Deuteronomium 20:16). Baie mense dink dat hierdie bevele teenstrydig is met die gees van liefde wat in ander dele van die Bybel beveel word, maar hulle was werklik die voorskrifte van oneindige wysheid en goedheid. God het op die punt gestaan om Israel in Kanaan te vestig om tussen die Kanaaniete ‘n volk en ‘n regering te ontwikkel wat ‘n openbaring sou wees van Sy koninkryk op aarde. Hulle sou nie net die ware geloof erf nie, maar hulle moes die beginsels daarvan aan die ganse aarde verkondig. Die Kanaaniete het hulle aan die vuilste en vemederendste heidendom oorgegee, en dit was nodig om daardie dinge uit die land te verwyder wat gewis die vervulling van Gods genadige planne sou verhinder.GF 15.3
Daar is genoeg geleentheid aan die bewoners van Kanaan gegee om hulle te bekeer. Veertig jaar vantevore het die opening van die Skelfsee en die oordele wat die Egiptenare getref het, van die oppermag van die God van Israel getuig. En nou het die verowering van die konings van Midian. van Gilead en van Basan verder aangedui dat Jehova bo alle ander gode was. Sy heilige karakter en Sy afkeer van onreinheid is bewys deur die oordele wat Israel getref het toe hulle aan die afskuwelike plegtighede van Baal-Peor deelgeneem het. Van al hierdie gebeurtenisse het die inwoners van Jerigo geweet, en daar was baie wat net soos Ragab oortuig was, hoewel hulle geweier het om hulle daaraan te onderwerp, dat Jehova, die God van Israel, “God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder” is. Soos die mense voor die sondvloed het die Kanaaniete net geleef om die Hemel te belaster en die aarde te besoedel. En sowel liefde as regverdigheid het geëis dat die rebelle teen God en die vyande van die mense dadelik tereggestel moes word.GF 16.1
Hoe maklik het die leërs van die hemel die muur van Jerigo platgetrek, die trotse stad wie se vestings die harte van die ongelowige verkenners veertig jaar vantevore met vrees vervul het, in puin laat stort! Die Magtige van Israel het gesê:GF 16.2
“Ek gee Jerigo... in jou hand.” Teen daardie woord was geen menslike krag bestand nie.GF 16.3
“Deur die geloof het die mure van Jerigo geval.”GF 16.4
Hebreërs 11:30. Die leërowerste van die Here het met niemand anders as Josua gepraat nie; Hy het Hom nie aan die vergadering geopenbaar nie, en hulle moes Josua se woorde glo of betwyfel, die bevel wat hy in die Naam van die Here gegee het, gehoorsaam of sy gesag ontken. Hulle kon die engeleskare wat hulle onder leiding van die Seun van God bygestaan het, nie sien nie. Hulle kon geredeneer het: “Hierdie bewegings het geen betekenis nie en dis heeltemal onsinnig om rondom die stad te marsjeer en op ramshorings te blaas. Dit kan op hierdie reusagtige vesting geen uitwerking hê nie.” Maarjuis omdat hierdie plegtigheid so lank moes voortduur voordat die muur uiteindelik geval het, het die Israeliete die geleentheid gehad om geloof te ontwikkel. Hulle moes daarvan bewus word dat hulle krag nie in die wysheid of in die mag van mense skuil nie, maar net in die God van hulle heil. So moes hulle gewoond word om geheel en al op hulle Goddelike Leier staat te maak.GF 16.5
Vir diegene wat op Hom vertrou, sal God groot dinge doen. Die rede waarom Sy belydende volk so min krag het, is dat hulle te veel op hulle eie wysheid staatmaak en die Here nie die geleentheid gee om Sy krag vir hulle te openbaar nie. Hy sal Sy gelowige kinders in elke noodgeval bystaan as hulle hulle volle vertroue in Hom wil stel en Hom wil gehoorsaam.GF 17.1
Kort na die val van Jerigo, het Josua besluit om Ai, ‘n klein dorpie tussen die klowe ‘n paar kilometer wes van die Jordaanvlakte, aan te val. Verkenners wat daarheen gestuur is, het berig dat dit min inwoners het en dat ‘n klein leër genoeg sou wees om dit te verower.GF 17.2
Die groot oorwinning wat God vir hulle behaal het, het die Israeliete met selfvertroue besiel. Omdat Hy die land Kanaan aan hulle beloof het, het hulle veilig gevoel en nie besef dat dit net die hulp van God was wat aan hulle die oorwinning besorg het nie. Selfs Josua het sy planne vir die beleg van Ai beraam sonder om God daaroor te raadpleeg.GF 17.3
Die Israeliete het hulle eie krag begin verhef en het met veragting op hulle vyande neergesien. Hulle het ‘n maklike oorwinning verwag en gemeen drieduisend man sou genoeg wees om die stad in te neem. Hulle het haastig tot die aanval oorgegaan sonder om die versekering te verkry dat God met hulle was. Hulle het byna tot by die poorte van die stad gekom toe hulle hardnekkige weerstand ondervind. Vreesbevange oor die getalle en deeglike voorbereiding van hulle vyande het hulle in wanorde teen die steilte afgevlug. Die Kanaaniete was vlak op hulle hakke en het... hulle agtervolg van die poort af... en hulle verslaan op die afdraand.” Hoewel hulle verlies, wat getalle betref, gering was -net ses-en-dertig is gedoodhet die neerlaag die hele vergadering ontmoedig. “Die volk se hart het versmelt en soos water geword.” Dit was die eerste keer dat hulle werklik teen die Kanaaniete veg, en as die verdedigers van so ‘n klein dorpie hulle op vlug jaag, hoe sou hulle in die groter ondernemings voor hulle vaar? Josua het in hulle neerlaag ‘n bewys van die misnoeë van God gesien, en verleë en bevrees het hy “sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die Here, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hulle hoofde gegooi.”GF 17.4
Josua het gebid:“Ag, Here Here, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vemietig?... Ag, Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het? En as die Kanaaniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?”GF 18.1
Jehova het geantwoord: “Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig? Israel het.... my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het.” Dit was tyd om dadelik en beslis op te tree liewer as om te wanhoop en te ween. Daar was geheime sonde in die kamp en dit moes uitgevind en verban word voordat die teenwoordigheid en die seën van God onder Sy volk kon wees. “Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.” Een van diegene wat aangestel was om die oordele van God uit te voer, het Sy gebod veronagsaam, en die hele volk is verantwoordelik gehou vir die skuld van die oortreder. “Israel het... geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.” Josua is aangesê om uit te vind wie die misdadiger is en om hom te straf. Die lot sou gebruik word om die skuldige aan te wys. Die sondaar is nie dadelik aangewys nie, maar die saak is tydelik in twyfel gelaat sodat die volk hulle verantwoordelikheid kon voel vir die sondes onder hulle en tot selfondersoek en vemedering voor God gelei kon word.GF 18.2
Vroeg in die oggend het Josua die volk volgens hulle stamme laat byeenkom en die plegtige, indrukwekkende seremonie het begin. Stap vir stap het die ondersoek voortgegaan. Nader en nog nader het die vreeslike toets gekom. Eers die stam, toe die familie, Daarna die gesin en uiteindelik die man is aangewys, en Agan, die seun van Karmi van die stam van Juda is deur die vinger van God uitgesonder as die beroerder van Israel.GF 18.3
Om sy skuld bo alle twyfel te bepaal sodat daar geen rede kon wees om te beweer dat hy onregverdig gevonnis is nie, het Josua Agan plegtig besweer om die waarheid te erken. Die ongelukkige man het sy misdaad openhartiglik erken:GF 18.4
“Waarlik, ek het gesondig teen die Here, die God van Israel. Ek het naamlik een mooi mantel uit Sinear by die buitgoed gesien en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binnein my tent.” Boodskappers is dadelik na sy tent gestuur. Hulle het op die aangewese plek gegrawe, en daar lê dit begrawe in sy tent, en die silwer daaronder. En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua... gebring en dit voor die aangesig van die Here uitgeskud.”GF 19.1
Die vonnis is gevel en dadelik voltrek. “Hoe het jy ons in die ongeluk gestort!” het Josua gesê. “Die Here sal jou vandag in die ongeluk stort!” Aangesien die volk verantwoordelik gehou is vir Agan se sonde en as gevolg daarvan gely het, moes hulle deur hulle verteenwoordigers aan die strafdeelneem.” Daarop hetdie hele Israel hom gestenig.”GF 19.2
Daarna is ‘n groot hoop klippe bo-op hom gestapel om te getuig van die sonde en die straf.” Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor,“dit wil sê die dal van ongeluk. In die boek Kronieke staan daar aangaande hom geskryf.” Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het” (1 Kronieke 2:7).GF 19.3
Agan het sy sonde ondanks die duidelikste en plegtigste waarskuwings en die magtigste openbaringe van die krag van God gepleeg. Die ganse Israel is gewaarsku: “Neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie... die laer van Israel onder die ban bring... nie.” Hierdie bevel is gegee onmiddellik nadat hulle deur ‘n wonderwerk deur die Jordaan getrek en die volk Gods verbond deur die besnydenis erken het, na die viering van die Paasfees en die verskyning van die Verbondsengel, die Leërowerste van die Here. Daarna het die verwoesting van Jerigo gevolg as bewys van die verdelging wat alle oortreders van Gods wet sal tref. Die feit dat net die krag van God aan Israel die oorwinning besorg het, dat hulle Jerigo nie deur hulle eie krag beset het nie, het gewig verleen aan die bevel om nie van die buit te neem nie. Deur die mag van Sy eie woord het God die vesting verower; die oorwinning was Syne en die stad met alles wat daarin was, moes Syne wees.GF 19.4
Van al die miljoene Israeliete was daar net een man wat dit gewaag het om die bevel van God in daardie plegtige uur van oorwinning en van oordeel te oortree. Agan se hebsug is deur daardie duur kleed van Sinear geprikkel. Selfs toe dit die doodsvonnis op hom gebring het, het hy dit “een mooi mantel uit Sinear” genoem. Een sonde het aanleiding gegee tot die ander en hy het ook die goud en die silwer wat in die Here se skatkis hoort, geneem - Hy het God die eerstelinge van die land Kanaan ontroof.GF 19.5
Die dodelike sonde wat tot Agan se ondergang gelei het, het uit gierigheid ontstaan, en van al die sondes is dit een van die wat die meeste voorkom en wat die minste as sonde beskou word.Terwyl ander oortredinge ontdek en gestraf word, gebeur dit selde dat die oortreding van die tiende gebod selfs bestraf word. Die snoodheid van hierdie sonde en die vreeslike gevolge daarvan is lesse uit Agan se geskiedenis.GF 20.1
Begeerlikheid is ‘n kwaad wat langsaam ontwikkel. Agan het inhaligheid gekoester totdat dit ‘n gewoonte geword het wat hom met byna onbreekbare bande gebind het. Terwyl hy hierdie euwel gekoester het, sou hy met afsku vervul gewees het as hy net kon dink dat dit vir Israel ‘n ramp kon beteken; maar sy begripsvermoë is deur die sonde verstomp en toe die versoeking kom, het hy dit maklik ten prooi geval.GF 20.2
Word soortgelyke sondes nie deesdae ondanks die plegtigste waarskuwings gepleeg nie? Ons word net so duidelik belet om inhaligheid te koester as wat Agan was om nie die buit van Jerigo te neem nie. God het gesê dis afgodery. Ons word gewaarsku: ,Julle kan nie God en Mammon dien nie!” (Matthéus 6:24). “Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug” (Lukas 12:15). “Hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie” (Efesiërs 5:3). Ons het die verskriklike voorbeelde van Agan, van Judas, van Ananias en Saffira. Voor hulle almal het ons die voorbeeld van Lucifer, die “morester, seun van die dageraad,” wat ‘n hoër rang begeer en daarom vir ewig die geluk van die hemel verbeur het. En ondanks al hierdie waarskuwings heers die begeerlikheid nog.GF 20.3
Sy slymerige spoor is orals te sien. Dit veroorsaak ontevredenheid en verdeeldheid in gesinne; by die armes verwek dit afguns en haat jeens die rykes; dit veroorsaak dat die rykes die armes onderdruk. En hierdie euwel bestaan nie net in die wêreld nie, maar ook in die kerk. Hoe algemeen is dit om selfs daar selfsug, inhaligheid, kullery, verwaarlosing van liefdadigheid en selfs berowing van God op die gebied van tiendes en offergawes aan te tref. Onder ons gemeentelede“van onbesproke gedrag en wandel” is daar, helaas, talle Agans! Menige mens kom gereeld kerk toe en sit by die tafel van die Here aan terwyl daar onder sy besittings onwettige wins verberg is, dinge wat God gevloek het. Vir ‘n mooi mantel uit Sinear sal talle mense die goedkeuring van hulle gewete en hulle hoop op die hemel opoffer. Daar is talle wat hulle onkreukbaarheid en hulle begaafdhede om nuttig te wees vir ‘n sak silwer verruil. Die noodroep van die armes val op dowe ore; die verbreiding van die evangelielig word verhinder; wêreldlinge sien met veragting neer op praktyke wat die Christelike belydenis loën; en nog hou die gierige belyer aan om vir hom skatte op te gaar. “Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My” (Maleagi 3:8), sê die Here.GF 20.4
Agan se sonde het vir die hele volk ‘n ramp meegebring. Vir die sonde van een mens sal die misnoeë van God op die kerk rus totdat die oortreding opgespoor en verwyder is. Die invloede waarvoor die kerk die meeste op sy hoede moet wees, is nie die invloed van openbare teenstanders, ongelowiges en lasteraars nie, maar van inkonsekwente belyers van Christus. Dit is hulle wat die seën van die God van Israel terughou en swakheid onder Sy volk veroorsaak.GF 21.1
Wanneer die kerk hom in die moeilikheid bevind, wanneer koudheid en geestelike agteruitgang bestaan wat aan die vyande van God die oorwinning gee, dan moet die lede nie hulle hande vou en oor hulle ongelukkige toestand kla nie, hulle moet eerder vemeem of daar ‘n Agan in die kamp is. Met nederigheid en selfondersoek moet elkeen soek na sy eie bedekte sondes wat die deur teen die teenwoordigheid van God sluit.GF 21.2
Agan het sy misdaad erken, maar eers nadat dit te laat was vir hom om daarby te baat. Hy het gesien hoe die leërs van Israel verslaan en mismoedig van Ai terugkeer; maar hy het nog nie sy sonde bely nie. Hy het Josua en die oudstes in onbeskryflike droefheid met hulle aangesigte op die aarde sien lê. As hy toe sy sonde bely het, sou dit ‘n bewys gewees het van berou; maar hy het nog geswyg. Hy het die bekendmaking gehoor dat ‘n groot misdaad gepleeg was en selfs wat die aard daarvan was. Maar sy lippe het toe gebly.Toe kom die plegtige ondersoek. Hoe bevrees was hy in sy siel toe hy sien dat sy stam, sy familie, sy huisgesin aangewys word! Maar hy het niks bely voordat die vinger van God op hom gelê was nie. Eers toe, toe sy sonde nie meer bedek kon word nie, het hy die waarheid erken. Hoe dikwels word soortgelyke belydenisse gedoen. Daar is ‘n hemelsbreë verskil trussen die erkenning van feite nadat hulle bewys is en die belydenis van sondes wat net aan ons en aan God bekend is. Agan sou sy sonde nie bely het as hy nie gehoop het dat hy sodoende die gevolge van sy misdaad sou vryspring nie. Maar sy belydenis het net gedien om te bewys dat sy straf regverdig was. Daar was geen egte berou oor sonde nie, geen skuldgevoel nie, geen afsku vir sonde nie.GF 21.3
So sal die skuldiges hulle sonde bely wanneer hulle voor die regterstoel van God staan nadat elke geval vir die lewe of vir die dood beslis is. Die gevolge wat hy self moet ly, sal van elkeen ‘n erkentenis van sy sonde dwing. Dit sal deur ‘n vreeslike gevoel van verdoemenis, ‘n verskriklike verwagting van oordeel, afgepers word. Maar hierdie soort belydenis kan die sondaar nie red nie.GF 22.1
Daar is baie wat soos Agan voel dat hulle veilig is solank hulle, hulle sondes van hulle medemense kan verberg en hulle stel hulle gerus dat God nie streng sal optree teen hulle oortreding nie.Te laat sal hulle sondes hulle uitvind wanneer daar vir ewig geen soenoffer meer vir hulle sonde is nie. Wanneer die boeke van die hemel oopgemaak word, sal die regter nie die mens se oortreding met woorde aan hom bekend stel nie, maar Hy sal net een deurdringende, oortuigende blik op elke daad werp, en elke daad van die lewe sal helder op die geheue van die misdadiger afgedruk word. Dit sal nie, soos in die dae van Josua, nodig wees om die persoon in elke stam, familie en gesin op te spoor nie; sy eie lippe sal die skande bely. Die sondes waarvan mense niks weet nie, sal dan aan die hele wêreld verkondig word.GF 22.2