Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 12: Wat om met Twyfel te Doen

    DAAR is baie, veral diegene wat net so pas die Christelike geloof aangeneem het, wat met tye ongelukkig is omdat hulle twyfel. In die Bybel is daar baie dinge wat hulle nie kan verklaar of verstaan nie, en Satan maak daarvan gebruik om hulle geloof in die Skrifte te ondermyn. Hulle vra: “Hoe sal ek die regte pad vind? As die Bybel inderwaarheid die woord van God is, hoe mag ek ontslae raak van die twyfeling en die moeilikhede uit die weg ruim?”LVB 92.1

    Die Here vra ons nooit om te glo sonder om ons genoegsame bewys te gee om ons geloof op te grond nie. Sy bestaan, Sy karakter, die waarheid van Sy woord — al hierdie dinge berus op getuienis wat ons kan aanneem; en hierdie getuienis is oorvloedig. Maar God het nie die moontlikheid van twyfeling weggeneem nie. Ons geloof moet op bewyse berus, nie demonstrasies nie. Diegene wat graag wil twyfel, sal baie geleentheid daartoe hê; terwyl diegene wat waarlik begeer om te glo, baie bewyse sal vind as grondslag vir hulle geloof.LVB 92.2

    Dit is onmoontlik vir die beperkte menseverstand om die karakter en werke van die Ewige God ten voile te begryp. Vir die grootste en die mees ontwikkelde verstand sal daardie heilige Wese altyd in verborgenheid gehul wees. “Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet?” Tob 11:8.LVB 93.1

    Die apostel Paulus roep uit: “0 Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele en onnaspeurlik Sy weë!” Rom. 11: 33. Maar hoewel “wolke en donkerheid rondom Hom is,” is “geregtigheid en oordeel die grondslag van Sy troon.” Ons kan Sy handelinge met ons en die beweegredes ten grondslag daarvan tot so 'n mate besef dat ons eindelose liefde verenig met grenslose mag kan bespeur. Ons kan net soveel van die handelinge van God verstaan as wat vir ons goed is; verder as dit moet ons maar net die hand wat almagtig en die hart wat vol liefde is, vertrou.LVB 93.2

    Die woord van God, net soos ook sy goddelike Ingewer, bevat verborgenhede wat nooit ten voile deur die beperkte menseverstand begryp kan word nie. Die koms van die sonde in die wêreld, die vleeswording van Christus, die wedergeboorte, die opstanding, en nog baie van die ander Bybelse onderwerpe, is verborgenhede te diep vir die menslike verstand om te verstaan of te verklaar. Maar daar is geen rede waarom ons aan Gods woord moet twyfel omdat ons nie al Sy verborgenhede verstaan nie. In die natuur is daar gedurig verborgenhede wat ons nie kan verklaar nie. Selfs die laagste vorms van lewe bevat geheime wat die grootste wysgere nie kan verklaar nie. Orals is daar wondere wat ons nie kan verstaan nie. Moet ons dan verwonder wees as daar op geestelike gebied ook verborgenhede is wat ons verstand te bowe gaan? Die fout le eenvoudig by die swakheid van die beperkte menslike verstand. In die Skrifte het God ons genoeg bewys gegee van die goddelike karakter daarvan, en ons moenie aan Sy woord twyfel omdat ons nie al Sy verborgenhede kan verstaan nie.LVB 93.3

    Die apostel Petrus sê dat daar in die Skrifte dinge is wat “swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai . . . tot hulle eie verderf.” 2 Pet. 3: 16. Ongelowiges het die moeilikhede in die Skrifte aangevoer as 'n argument teen die Bybel; maar hierdie dinge is eerder 'n bewys van die goddelike ingewing daarvan. As die Bybel maar net dinge sou bevat het wat ons maklik kon verstaan; as die grootheid en majesteit van God deur die menslike verstand sou kon begryp word, dan sou die Bybel nie onomstootlike bewys bevat het van sy goddelike ingewing nie. Juis die heerlikheid en verborgenheid van die onderwerpe daarin behoort ons met geloof te besiel dat dit die woord van God is.LVB 94.1

    Die Bybel verklaar die waarheid op so 'n eenvoudige manier en dit word op so 'n doeltreffende wyse aangcpas by die behoeftes en verlangens van die menslike hart dat dit selfs die geleerdste mense verbaas, en terselfdertyd die weg van die saligheid aan die eenvoudigste openbaar. En tog handel hierdie waarhede, so eenvoudig uitgedruk, oor onderwerpe wat so hoog en diep en so ver bokant die menslike verstand is dat ons hulle aanneem slegs omdat hulle van God kom. Op hierdie manier word die weg van saligheid aan ons geopenbaar sodat elkeen kan sien watter stappe hy moet doen om hom tot God te bekeer en hoe om Jesus Christus aan te neem om salig te word; en nogtans bevat hierdie waarhede wat ons so maklik verstaan, verborgenhede waarin die heerlikheid van God skuil — verborgenhede wat bokant die menslike verstand is, maar wat tog die opregte soeker na die waarheid met eerbied en geloof vervul. Hoe meer hy die Bybel ondersoek, hoe sterker is hy oortuig daarvan dat dit die woord van die lewende God is; en die menslike verstand buig neer voor die majesteit van die goddelike woord.LVB 94.2

    Om te erken dat ons nie die groot waarhede van die Bybel ten voile kan verstaan nie, beteken slegs om te erken dat die beperkte menslike verstand nie die ewige dinge kan verstaan nie; dat die mens met sy beperkte kennis nie die Alwyse kan begryp nie.LVB 95.1

    Omdat hulle nie die verborgenhede daarvan kan deurgrond nie, verwerp die twyfelaars en ongelowiges die woord van God; en nie almal wat voorgee om God’s woord te geloof, is vry van gevaar in hierdie opsig nie. Die apostel waarsku: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.” Heb. 3: 12. Dit is heeltemal reg om die leerstellings van die Bybel noukeurig te ondersoek en om die “dieptes van God,” sover hulle in die Skrifte geopenbaar is, na te speur. Terwyl “die verborge dinge vir die Here onse God is,” is “die geopenbaarde dinge vir ons.” Deut. 29: 29. Maar Satan is daarop uit om die navorsingskragte van die verstand in die verkeerde rigting te stuur. 'n Sekere mate van hoogmoed gaan gepaard met die ondersoek van Bybelse waarhede, en dit maak die mens ongeduldig en hy voel dat hy 'n neerlaag ly as hy nie elke deel van die Skrif kan verklaar nie. Dit is te vernederend vir hom om te erken dat hy nie die ingegewe woord kan verstaan nie. Hy is nie bereid om geduldig te wag totdat dit God behaag om die waarhede aan hom te openbaar nie. Sulke mense meen dat hulle verstand, sonder goddelike hulp, voldoende is om die Skrifte te verstaan, en as hulle nie daarin slaag nie, verwerp hulle feitelik die gesag daarvan. Dit is waar dat baie teorieë en leerstellings wat volgens die beskouing van vele op Bybelse grond berus, geen Bybelse gesag het nie en inderwaarheid teenstrydig met die Bybel is. Hierdie dinge het baie tot twyfeling gebring. Hulle berus egter nie op die gesag van Gods woord nie, maar is verdraaiings daarvan.LVB 95.2

    As dit moontlik was vir geskape wesens om God en Sy werke ten voile te begryp, sou daar vir hulle, wanneer hulle hierdie stadium bereik, geen verdere waarhede en kennis wees om op te doen, en geen verdere ontwikkeling van hart en verstand nie. God sou dan nie meer die Opperwese wees nie; en die mens, daar hy die perke van sy ontwikkeling bereik het, sou dan geen vordering meer maak nie. Laat ons die Here dank dat dit nie die geval is nie. God is ewig; dit is in Hom wat “al die skatte van wysheid en kennis verborge is.” Kol. 2:3. En deur die ewigheid heen sal die mens naspeur en leer, maar nooit die skatte van Sy wysheid, Sy goedheid en Sy krag uitput nie.LVB 96.1

    Dit is die doel van God dat die waarhede van Sy woord selfs in hierdie lewe steeds meer en meer aan Sy volk sal geopenbaar word. Daar is slegs een manier waarop hierdie kennis opgedoen kan word. Ons kan Gods woord verstaan alleen deur die verligting van die Gees deur middel waarvan die woord ingegee is. “So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God,” “maar God het dit aan ons deur Sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.” 1 Kor. 2: 11, 10. Die Heiland het die volgende belofte aan Sy navolgers gegee: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei; . . . omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.” Joh. 16: 13, 14.LVB 96.2

    God wil hê dat die mens Sy verstand moet gebruik; en daar is niks wat die verstand so versterk en laat ontwikkel as 'n ondersoek van die Bybel nie. Ons moet egter oppas dat ons nie 'n god van die verstand maak nie, wat onderhewig is aan die swakhede van die mens. As ons wil he dat die Skrifte nie ons verstand moet benewel sodat ons selfs die eenvoudigste waarhede nie sal verstaan nie, moet ons die eenvoud en geloof van 'n kind hê, bereid om te leer en gewillig om die hulp van die Heilige Gees in te roep. 'n Besef van die krag en wysheid van God, en van ons onbekwaamheid om Sy grootheid te verstaan, behoort ons ootmoedig te maak; en ons behoort Sy woord te lees en voor Sy aangesig te kom met 'n heilige vrees. Waar ons die Bybel ondersoek, moet ons 'n gesag hoër as onsself erken, en hart en verstand moet neerbuig voor die Almagtige “EK IS.”LVB 97.1

    Daar is baie dinge wat oënskynlik duister of moeilik is, maar wat God sal verduidelik aan diegene wat begerig is om hulle te verstaan. Dog sonder die leiding van die Heilige Gees loop ons gedurig gevaar om die Skrifte uit verband te ruk en verkeerd te verklaar. Daar is baie gevalle waar die Bybel sonder voordeel gelees word, en in sommige gevalle tot groot nadeel. Waar die woord van God sonder eerbied en gebed gelees word ; wanneer die gedagtes en die hart nie op God gevestig en in harmonie met Sy wil is nie, sal die verstand deur twyfeling benewel word; en by elke ondersoek van die Skrifte sal skeptisisme toeneem. Die vyand beheers die gedagtes en hy gee verkeerde verklarings aan die hand. Waar mense nie soek om in woorde en dade in harmonie met God te kom nie, al is hulle ook hoe geleerd, loop hulle gevaar om die Skrifte verkeerd te verstaan, en dis nie veilig om hulle uitleg daarvan aan te neem nie. Diegene wat die Skrifte ondersoek net om foute daarin te ontdek, ly gebrek aan geestelike insig. Met 'n verdraaide insig sal hulle baie rede vind om te twyfel aan dinge wat inderwaarheid duidelik en eenvoudig is.LVB 97.2

    Hulle kan dit maar bedek soos hulle wil, maar die ware rede vir twyfel en skeptisisme is in die meeste gevalle 'n liefde vir die sonde. Die onderrig, en die beperkings wat Gods woord oplê, is onwelkom vir die hoogmoedige hart wat die sonde liefhet, en diegene wat onwillig is om aan die eise van die Woord te voldoen, is ook altyd gereed om te twyfel aan die gesag daarvan. Om tot 'n kennis van die waarheid te kom, moet daar 'n opregte begeerte wees om die waarheid te ken, asook 'n gewilligheid om dit te gehoorsaam. Almal wat in hierdie gees kom om die Bybel te ondersoek, sal oorvloedige bewys vind dat dit Gods woord is, en hulle sal 'n begrip van die waarheid opdoen wat hulle wys sal maak tot die saligheid.LVB 98.1

    Christus het gesê: “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy omtrent die leer weet.” Joh. 7:17.LVB 98.2

    In stede om te redekawel en die dinge wat u nie verstaan in twyfel te trek, moet u liewer die lig aanneem wat reeds op u pad skyn, en u sal meer lig ontvang. Wees, deur die genade van Christus, gehoorsaam aan elke plig wat vir u duidelik geword het, en dan sal u in staat gestel word om dié waaraan u tans twyfel, te verstaan en uit te voer.LVB 98.3

    Daar is 'n getuienis wat almal kan aanneem — die geleerdstes sowel as die ongeleerdstes — naamlik die getuienis van die ondervinding. Die Here nooi ons om vir onsself die waarheid van Sy woord en van Sy beloftes op die proef te stel. Hy gebied ons: “Smaak en sien dat die Here God is.” Ps. 34: 9. Pleks om ons te verlaat op die gesegdes van ander, moet ons persoonlike ondervinding opdoen. Hy sê, “Bid en julle sal ontvang.” Joh. 16: 24. Hy sal Sy beloftes gestand doen. Hulle het nog nooit gefaal nie en sal ook nie. Namate ons nader aan die Here Jesus kom, ons verheug in die volheid van Sy liefde, sal alle twyfel en duisternis opklaar in die lig van Sy aanskyn.LVB 98.4

    Die apostel Paulus sê dat God, “ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde.” Kol. 1: 13. En elkeen wat oorgegaan het van die dood tot die lewe, “het sy seël daarop gesit dat God waar is.” Joh. 3: 33. Hy kan die volgende getuienis aflê: “Ek het behoefte gehad aan hulp en het dit in Jesus gevind. Daar is in elke behoefte voorsien; my sielehonger is versadig, en nou is die Bybel vir my 'n openbaring van Jesus Christus. Vra u waarom ek in Jesus glo? Omdat Hy vir my 'n goddelike verlosser is. Waarom glo ek in die Bybel? Omdat ek gevind het dat dit die stem van God tot my siel is.” Ons kan in onsself die getuienis hê dat die Bybel waar is, en dat Christus die Seun van God is. Ons weet dat ons nie verdigte fabels navolg nie.LVB 99.1

    Petrus het sy broeders vermaan om toe te neem, “in die genade en kennis van onse Here en Verlosser, Jesus Christus.” Wanneer die volk van God toeneem in genade, sal hulle steeds meer en meer 'n beter begrip van Sy woord verkry. Hulle sal nuwe lig en skoonheid in die heilige waarhede daarvan sien. Dit was waar van die kerk in alle eeue, en so sal dit wees tot die einde toe. “Die pad van die regverdiges is soos die moreglans, wat al helderder word tot die voile middag toe.” Spreuke 4: 18.LVB 99.2

    In geloof kan ons die hiernamaals tegemoet sien en die belofte van God aanneem dat ons verstand sal ontwikkel, die menslike vermoëns verenig met die goddelike, en dat al die kragte van die siel in regstreekse kontak sal kom met die Bron van lig. Ons mag ons daarin verheug dat alles wat ons in hierdie lewe verbyster het daar verklaar sal word; die dinge wat hier moeilik was om te verstaan, sal dan opgelos word; en waar ons beperkte verstand slegs verwarring en mislukking gesien het, sal ons die volmaakste skoonheid en harmonie bespeur. “Nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten voile ken, net soos ek ten voile geken is.” 1 Kor. 13: 12.LVB 99.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents