Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Koning Van Die Eeue

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”

    C HRISTUS en Sy dissipels het hulle na 'n verlate plek teruggetrek,maar hierdie aangename tydjie van stilte en vrede is gou verbreek.Die dissipels het gemeen dat hulle na 'n plek gegaan het waar hulle nie verstoor sou word nie; maar sodra die skare gemerk het dat die goddelike Leraar nie daar was nie, het hulle begin vra: “Waar is Hy?” Sommige van hulle het gesien in watter rigting Christus en Sy dissipels gegaan het. Vele het oor land gegaan om weer by hulle te kom, terwyl ander met hulle skuite agterna is oor die water. Die Paasfees was naby, en van heinde en ver het groepe pelgrims wat op weg was na Jerusalem, saamgedrom om Jesus te sien. Hulle getal het aangegroei totdat daar sowat vyfduisend mans was, behalwe vroue en kinders.Voordat Christus die strand bereik het, het daar reeds 'n skare vir Hom gewag. Maar Hy het aan wal gestap sonder dat hulle Hom gesien het, en het 'n rukkie saam met Sy dissipels deurgebring.KE 369.1

    Van die berghelling af het Hy die malende skare gesien, en daar het groot medelyde met hulle in Sy hart ontstaan. Verstoor soos Hy was, en beroof van Sy rus, was Hy nogtans nie ongeduldig nie. Toe Hy die mense so gadeslaan wat nog steeds aangekom het, het Hy gesien dat daar 'n groot behoefte was waarin Hy sou moes voorsien. “Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape was sonder wagter.” Hy het Sy skuilplek verlaat en 'n geskikte plek gesoek waar Hy hulle kon bedien. Hulle het geen hulp gekry van die priesters en owerstes nie; maar die genesende stroom het van Christus gevloei waar Hy die skare die weg van die saligheid geleer het.KE 369.2

    Die mense het geluister na die woorde van genade wat so vry gevloei het van die lippe van die Seun van God. Hulle het die woorde van barmhartigheid gehoor, so eenvoudig en so duidelik dat dit soos die balsem van Gilead was vir hulle siele. Die genesing van Sy goddelike hand het blydskap en lewe gebring tot die sterwendes, en gesondheid en gemak tot diegene wat aan kwale gely het. Die dag was vir hulle soos hemel op aarde, en hulle het nooit daaraan geaink hoe lank dit was dat hulle laas geëet het nie.KE 370.1

    Eindelik het dit begin laat word. Die son het begin sak in die weste, maar nog het die mense vertoef. Jesus het die hele dag gewerk sonder kos of rus. Hy was bleek van afgematheid en honger, en die dissipels het Hom gesmeek om Sy werk te staak. Maar Hy kon Hom nie onttrek aan die skare wat om Hom saamgedring het nie.KE 370.2

    Eindelik het die dissipels na Hom gekom en by Hom aangedring dat Hy die mense vir hulle eie ontwil moes wegstuur. Baie van hulle het ver gekom, en sedert die oggend niks geëet nie. In die omliggende dorpies mag dit hulle geluk om voedsel te koop. Maar Jesus het gesê, “Gee julle vir hulle iets om te eet,” en toe het Hy Hom na Filippus gewend en gevra, “Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?” Hy het dit gesê om die geloof van hierdie dissipel te toets. Filippus het oor die see van mense voor hom gekyk en gedink hoe onmoontlik dit sal wees om genoeg voedsel te voorsien om so 'n groot skare te voed. Hy het geantwoord dat tweehonderd pennings se brood nie genoeg sou wees om onder hulle uit te deel sodat elkeen 'n stukkie kry nie. Jesus het toe gevra hoeveel voedsel daar onder die mense self was. Andreas het geantwoord: “Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?” Jesus het gevra dat dit na Hom toe gebring moes word. Toe het Hy die dissipels beveel om die mense op die gras te laat sit in groepe van vyftig of 'n honderd, om alles ordelik te laat toegaan en sodat alma l kon sien wat Hy sou doen. Toe alles gereed was, het Jesus die voedsel geneem, en “nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.” “En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die stukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.” KE 370.3

    Hy wat die mense die weg geleer het hoe om vrede en geluk te verkry, was net so begaan oor hulle tydelike benodighede as hulle geestelike behoeftes. Die rnense was moeg en swak. Daar was moeders met babas, en klein kindertjies wat aan hulle rokke vasgehou het. Baie van hulle het vir ure gestaan. Hulle was so belangstellend in Christus se woorde dat hulle nooit eenmaal daaraan gedink het om 'n bietjie te sit nie, en die gedrang van die skare was so groot dat daar gevaar was om mekaar te vertrap. Jesus sou hulle 'n kans gee om te rus, en Hy het hulle beveel om te sit. Daar was baie gras op die plek, en almal kon op hulle gemak rus.KE 372.1

    Christus het nooit 'n wonderwerk gedoen tensy dit was om in 'n ware behoefte te voorsien nie, en elke wonderwerk was van so 'n aard dat dit die mense na die Boom van die lewe gelei het, die blare waarvan vir die genesing van die volke was. Die eenvoudige voedsel, rondgegee deur die hande van die dissipels, het 'n hele skat van lesse bevat. Dit was eenvoudige voedsel wat voorsien is; die vis en die garsbrode was die daelikse voedsel van die visserbevolking in die omtrek van die Meer van Galilea. Christus kon voor die mense 'n ryk ete gesit het, maar voedsel wat berei is om slegs die aptyt te bevredig, sou geen les ten gcede vir hulle bevat het nie. In hierdie les het Christus hulie geleer dat die natuurlike voorsiening van God vir die mens verdraai is. Nog nooit het mense 'n heerliker fees wat vir die bevrediging van 'n verdorwe aptyt berei is, meer geniet as wat hierdie mense die rus, en die eenvoudige voedsel geniet het wat Christus vir hulle berei het ver weg van hulle wonings nie.KE 372.2

    As mense vandag eenvoudig sou wees in hulle gewoontes, en in harmonie sou lewe met die natuurwette soos Adam en Eva in die begin, sou daar oorvloed wees vir al die behoeftes van die menslike geslag. Daar sou minder vermeende behoeftes wees, en meer geleentheid om in Gods weë te werk. Maar selfsug en die botviering van 'n onnatuurlike aptyt het sonde en eilende in die wêreld gebring, aan die een- kant weens oorvloed, en aan die anderkant weens gebrek.KE 372.3

    Jesus was nie daarop uit om die mense tot Hom te trek deur hulle singenot te bevredig nie. Vir daardie groot skare, moeg en honger ná 'n lang dag van opwinding, was die eenvoudige voedsel 'n versekering nie alleen van Sy mag nie, maar ook van Sy sorg vir hulle in die gewone dinge van die lewe. Die Heiland het nie aan Sy navolgers die weelde van hierdie wêreld belowe nie; hulle voedsel mag eenvoudig wees, en min; hulle mag in armoede verkeer; maar Sy Woord is gegee dat in hulle behoeftes voorsien moet word, en Hy het ook iets belowe baie beter as aardse goed, naamlik die blywende vertroosting van Sy eie teenwoordigheid.KE 372.4

    Toe Hy die vyfduisend gevoed het, het Jesus die sluier gelig van die wêreld van die natuur, en die krag geopenbaar wat gedurig in werking is vir ons voordeel. In die oeste van die wêreld doen God elke dag wonderwerke. Deur natuurlike werkinge word dieselfde daad verrig as by die voeding van die skare. Mense berei die land en saai die saad, maar dit is die lewe van God wat die saad laat ontkiem en opkom. Dit is Gods reent en lug en sonskyn wat dit laat groei “eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.” Markus 4: 28. Dit is God wat elke dag miljoene voed uit die oesvelde van die wêreld. Mense word geroep om met God saam te werk in die kweking van die graan en die bak van die brood, en om rede hiervan verloor hulle die goddelike werktuig uit die oog. Hulle gee nie aan God die heerlikheid wat Sy heilige Naam toekom nie. Die werking van Sy krag word aan natuurlike oorsake of aan menslike tussenkoms toegeskryf. Die mens word verheerlik in die plek van God, en Sy genadegawes word misbruik vir selfsugtige doeleindes, en dit word n vloek in stede van 'n seën. God wil dit graag alles verander. Hy wil hê dat ons stomp sinne verkwik moet word om Sy goedertierenheid te besef en Hom te verheerlik vir die werking van Sy krag. Hy wil hê dat ons Hom moet erken in Sy gawes, dat hulle, soos Hy bedoel het, ons tot seën kan wees. Dit was om hierdie doel te verwesenlik dat Christus Sy wonderwerke verrig het.KE 373.1

    Nadat die skare gevoed was, was daar 'n oorvloed van voedsel oor. Maar Hy wat al die bronne van ewige krag tot Sy beskikking gehad het, het beveel, “Maak die stukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.” Hierdie woorde het meer beteken as om net die stukke brood in die mandjies te gooi. Daar was 'n tweevoudige les. Niks moet gemors word nie. Ons moet geen tydelike voordeel verlore laat gaan nie. Ons moet niks verwaarloos wat 'n mens kan bevoordeel nie. Laat alles versamel word wat die aarde se hongeriges kan voed. En daar moet ook dieselfde sorgsaamheid wees in verband met geestelike dinge Toe die mandjiesvol brokkies versamel is, het die mense aan hulle vriende tuis gedink. Hulle moes ook eet van die brood wat Christus geseën het. Die inhoud van die mandjies is verdeel onder die skare, en hulle het dit in alle rigtings daar in die omtrek geneem. Diegene wat dus by die fees was, sou aan ander van die brood gee wat van die hemel gekom het om hulle sielshonger te stil. Hulle moes vertel wat hulle geleer het van die wonderbare dinge van God. Niks moes verlore gaan nie. Nie een woord wat te doen het met hulle ewige saligheid moes nutteloos op die grond val nie.KE 373.2

    Die wonderwerk met die brode leer 'n les van afhanklikheid van God. Toe Christus die vyfduisend gevoed het, was die voedsel nie ter hand nie. Oënskynlik het Hy geen middels tot Sy beskikking gehad nie. Daar was Hy, met vyfduisend mans, behalwe nog die vroue en die kinders, in die verlate plek. Hy het nie die groot skare gevra om Hom te volg nie; hulle het gekom sonder uitnodiging of bevel; maar Hy het geweet dat nadat hulle so lank na Sy leer geluister het, hulle honger en swak sou wees; want net soos hulle het Hy ook honger geword. Hulle was ver van hulle huise af, en die nag was aan kom. Baie van hulle het geen geld gehad om voedsel te koop nie. Hy wat vir hulle ontwil veertig dae in die woestyn gevas het, sou hulle nie toelaat om honger huis toe te gaan nie. Dit is die voorsienigheid van God wat Jesus geplaas het waar Hy was; en Hy het op Sy hemelse Vader vertrou vir die middels om in hulle behoefte te voorsien.KE 374.1

    Wanneer ons in die noute is, moet ons op God vertrou. Ons moet wysheid en oordeel gebruik in al die handelinge van die lewe, sodat ons nie, deur roekelose bewegings, onsself in beproewing bring nie. Ons moet nie in moeilikhede beland deur die middels wat God voorsien, te verwaarloos, en die vermoëns wat Hy ons gegee het, te misbruik nie. Christus se werkers moet Sy bevele stip gehoorsaam. Dit is Gods werk, en as ons ander tot seën wil wees, moet Sy planne gevolg word. Die eie-ek moet nie die middelpunt wees nie; die eie-ek kan geen eer ontvang nie. As ons planne maak volgens ons eie idees, sal die Here ons aan ons foute oorlaat. Maar as ons in die noute kom nadat ons Sy aanwysings gevolg het, sal Hy ons verlos. Ons moet nie in moedeloosheid opgee nie, maar in elke nood moet ons hulp soek by Hom wat ewige krag tot Sy beskikking het. Dikwels sal ons in moeilike omstandighede kom, en dan moet ons, in die volste vertroue, op God reken. Hy sal elke siel bewaar wat in die verknorsing kom omdat hy probeer om in die weg van die Here te bly.KE 374.2

    Deur die profeet het Christus ons beveel, “dat jy jou brood breek vir hom wat honger het,” en die “neergeboë siel versadig”; “as jy een nakend sien, dat jy hom aantrek,” en “ellendiges, swerwelinge in die huis inbring.” Jes. 58: 7-10. Hy het ons opdrag gegee, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Markus 16: 15. Maar hoe dikwels word ons moedeloos en verswak ons geloof wanneer ons sien hoe groot die behoefte is en hoe min middele ons het. Net soos Andreas, toe hy gekyk het na die vyf gars- brode en twee klein vissies, roep ons uit, “Maar wat is dit vir so baie mense?” Dikwels aarsel ons, onwillig om alles te gee wat ons het, en bang om geld uit te gee vir ander, en om self opgebruik te word vir hulle. Maar Jesus het ons beveel, “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Sy bevel is 'n belofte; en daaragter is dieselfde krag wat die skare by die meer gevoed het.KE 375.1

    In die daad van Christus om in die tydelike behoeftes te voorsien van 'n hongerige skare, skuil daar 'n diep geestelike les vir al Sy werkers. Christus het van die Vader ontvang; Hy het aan die dissipels meegedeel; hulle weer het aan die skare uitgedeel; en die mense onder mekaar. So sal almal wat met Christus verbind is van Hom die brood van die lewe ontvang, die hemelse voedsel, en dit aan ander uitdeel.KE 375.2

    In volle vertroue op God het Jesus die paar brode geneem; en alhoewel daar maar 'n klein porsie vir Sy kring van dissipels was, het Hy hulle nie genooi om te eet nie, maar Hy het aan hulle begin gee en hulle beveel om die mense te bedien. Die voedsel het in Sy hande vermenigvuldig; en die hande van die dissipels wat hulle uitgesteek het na Christus wat self die Brood van die Lewe is, was nooit leeg nie. Die klein bietjie proviand was voldoende vir almal. Nadat in die behoeftes van die mense voorsien is, is die brokkies versamel, en Christus en Sy dissipels het saamgeëet van die heerlike voedsel wat die Hemel voorsien het.KE 375.3

    Die dissipels was die verbindingskanaal tussen Christus en die mense. Dit behoort tot groot bemoediging te strek vir Sy hedendaagse dissipels. Christus is die middelpunt, die bron van alle krag. Sy dissipels moet hulle voorrade van Hom kry. Die mees intelligente en mees geestelikgesindes kan gee alleen in die mate wat hulle ontvang het. Uit hulleself kan hulle niks voorsien van die behoeftes van die siel nie. Ons kan alleen gee wat ons van Christus ontvang het; en ons kan ontvang alleen namate ons aan ander uitdeel. Waar ons aanhou uitdeel, sal ons aanhou ontvang; hoe meer ons uitdeel, hoe meer sal ons ontvang. So kan ons dus gedurig glo, gedurig vertrou, gedurig ontvang, en gedurig uitdeel.KE 375.4

    Die werk om die koninkryk van Christus uit te brei, sal voortgaan, alhoewel dit skynbaar stadig gaan, en oënskynlik met onoorkomelike moeilikhede te kampe het. Dit is Gods werk, en Hy sal die middele gee en helpers stuur, opregte, ernstige dissipels wie se hande met voedsel gevul sal word vir die hongerige menigte. God vergeet nie diegene wat in liefde werk om die woord van die lewe aan versmagtende siele te gee nie, wat weer op hulle beurt die hande uitsteek vir voedsel vir ander hongerige siele.KE 376.1

    In ons werk vir God is daar gevaar van te veel vertroue op wat die mens met sy talente en bekwaamheid kan doen. So verloor ons die Meesterwerker uit die oog. Te dikwels besef die werker vir Christus nie sy persoonlike verantwoordelikheid nie. Daar is gevaar dat hy sy las sal werp op organisasies, pleks van te vertrau op Hom wat die Bron van alle krag is. Dit is 'n groot fout om op menslike wysheid of op getalle te vertrou in Gods w'erk. Suksesvolle werk vir Christus is nie soseer afhanklik van getalle of talente as op 'n reine doel en 'n eenvoudige, ernstige, vertrouende geloof nie. Persoonlike verantwoordelikheid moet gedra word, persoonlike pligte moet opgeneem word, en persoonlike pogings moet aangewend word vir diegene wat Christus nie ken nie. Pleks van u verantwoordelikheid af te skuif op mense wat volgens u mening meer bekwaam is as u, moet u werk volgens u eie bekwaamheid.KE 376.2

    As die vraag tot u kom, “Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?” moet u antwoord nie ongeloof inhou nie. Toe die dissipels Christus se bevel gehoor het, “Gee julle vir hulle iets om te eet,” het daar allerhande moeilikhede voor hulle opgedoem. Hulle het gevra, Sal ons in die dorpies voedsel gaan koop? So gaan dit vandag ook: wanneer die mense behoefte het aan die brood van die lewe, vra die kinders van die Here, Sal ons iemand van ver stuur om hulle te kom voed? Maar wat het Christus gesê? “Laat die mense gaan sit,” en Hy het hulle daar gevoed. Wanneer u dus omring is van behoeftige siele, moet u weet dat Christus daar is. Tree in verbinding met Hom. Bring u garsbrode na Christus.KE 376.3

    Die middele wat ons het, mag nie voldoende lyk vir die werk nie; maar as ons in geloof sou voortgaan, gelowende in die allesvermag- tende krag van God, sal daar oorvloedige voorrade vir ons wees. As dit Gods werk is, sal Hy self die middele gee om dit te doen. Hy sal eenvoudige, opregte vertroue op Hom beloon. Die bietjie wat verstandig en spaarsaam gebruik word in die diens van die Here van die hemel sal vermeerder soos dit uitgedeel word. In die hand van Christus het die klein voorraad voedsel nie opgeraak totdat die hongerige skare bevredig was nie. As ons sou gaan na die Bron van alle krag, met ons hande van geloof uitgesteek om te ontvang, sal ons versterk word in ons werk selfs onder die onmoontlikste omstandighede, en ons sal in staat wees om aan ander die brood van die lewe te gee.KE 377.1

    Die Here sê, “Gee, en vir julle sal gegee word.” “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. ... En God het mag om alle genade oor julle oorvloedig te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. Soos geskrywe is:KE 377.2

    “Hy het uittestrooi, Hy het aan die armes gegee,Sy geregtigheid bly tot in ewigheid.”
    “En mag Hy wat saad aan die saaier verskaf, ook brood verskaf om te eet, en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem, sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat deur ons danksegging aan God laat toebring.” Lukas 6: 38; 2 Kor.9: 6-11
    KE 377.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents