Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Koning Van Die Eeue

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Gaan Leer Alle Nasies”

    ONMIDDELLIK vóór Sy hemelvaart, het Christus die volgende opdrag aan Sy dissipels gegee: “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies.” “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Markus 16: 15. Hierdie woorde is dikwels herhaal, sodat die dissipels die volle betekenis daarvan kon begryp. Op al die aardbewoners, wat hulle sosiale stand mag wees, op rykes en armes, moes die lig van die hemel in helder, sterk strale skyn. Die dissipels moes medewerkers van die Verlosser wees in die redding van die wêreld.KE 836.1

    Hierdie opdrag was die eerste keer aan die twaalf gegee toe Christus hulle daar in die bovertrek ontmoet het; maar nou het Hy dit aan 'n groter getal gegee. Daar op die berg in Galilea, het al die dissipels wat bymekaar geroep kon word, vergader. Christus self het vóór Sy dood die tyd en plek van hierdie byeenkoms aangewys. By die graf het die engel die dissipels herinner aan Sy belofte om hulle in Galilea te ontmoet. Die belofte is herhaal aan die gelowiges wat in Jerusalem vergader het gedurende die paasweek, en deur hulle het dit baie van die afgeleë gelowiges bereik wat getreur het oor hulle Here. Met die grootste belangstelling het hulle vooruitgesien na hierdie ontmoeting. Hulle het met ompaaie na die vergaderplek gegaan, en het uit verskillende rigtings aangekom om nie die agterdog van die afgunstige Jode op te wek nie. Met nuuskierige harte het hulle gekom; omtrent vyfhonderd gelowiges het daar in klompies teen die berghelling saam- gekom, gretig om alles- te hoor van diegene wat Christus gesien het sedert Sy opstanding. Die dissipels het van groep tot groep gegaan | en vertel wat hulle van Jesus gesien en gehoor het, en bewyse uit die Skrifte aangevoer soos Hy vir hulle gedoen het. Thomas het vertel van sy ongeloof, en hoe sy twyfel uit die weg geruim is. Skielik het Jesus onder hulle verskyn. Niemand kon sê hoe, of waarvandaan, Hy gekom het nie. Baie van die wat aanwesig was, het Hom nog nooit tevore gesien nie; maar aan Sy hande en voete het hulle die merke van die kruisiging gesien; Sy gelaat was die gelaat van God, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid.KE 836.2

    Maar sommige het nog getwyfel. So sal dit altyd wees. Daar is diegene wat dit moeilik vind om geloof te beoefen, en hulle plaas hulleself aan die kant van twyfel. Sulke mense verloor baie weens hulle ongeloof.KE 837.1

    Dit was die enigste ontmoeting van Jesus met baie van die gelowiges ná Sy opstanding. Hy het die volgende woorde aan hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde.” Die dissipels het Hom aanbid voor Hy gepraat het, maar Sy woorde, komende van lippe wat gesluit was in die dood, het hulle diep ontroer. Hy was nou die verrese Heiland. Baie van hulle het Sy krag gesien toe Hy die siekes genees, en die werktuie van die Satan bestraf het. Hulle het geglo dat Hy die mag gehad het om Sy koninkryk in Jerusalem op te rig, om alle teenstand te oorwin, en die natuurkragte te beheers. Hy het die onstuimige meer tot bedaring gebring; Hy het op die woeste bare geloop; Hy het die dode lewendig gemaak. Nou het Hy gesê dat “alle mag aan Hom gegee is.“ Sy woorde het die gedagtes van die toehoorders gevoer bokant die aardse en stoflike dinge, na die hemelse en die ewige. Hulle is gevoer tot die hoogste begrip van Sy waardigheid en heerlikheid.KE 837.2

    Christus se woorde teen die berghelling het aangekondig dat Sy opoffering ten behoewe van die mens volkome en volledig was. Die voorwaardes van die verlossing is vervul; die werk wat Hy op die aarde kom doen het, was volbring. Hy was op weg na die troon van God, om geëer te word deur die engele, die owerhede, en die magte. Hy het Sy middelaarswerk begin. Beklee met onbeperkte gesag, het Hy Sy opdrag aan die dissipels gegee, “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 19, 20.KE 837.3

    Die Joodse volk was aangestel as die bewaarders van die heilige waarhede; maar fariseïsme het hulle die mees eksklusiewe, en die mees bekrompe van al die nasies gemaak. Alles omtrent die priesters en owerstes -— hulle kleredrag, gewoontes, seremonies, tradisies — het hulle ongeskik gemaak om die lig van die wêreld te wees. Hulle het hulleself, die Joodse volk, as die wêreld beskou. Maar Christus het aan Sy dissipels opdrag gegee om 'n geloof en godsdiens te verkondig wat nie beperk sou wees deur kaste of lande nie, 'n geloof aangepas by alle volke, nasies, en klasse van mense.KE 838.1

    Voordat Hy Sy dissipels verlaat het, het Christus duidelik die aard van Sy koninkryk verklaar. Hy het hulle herinner aan wat Hy tevore aan hulle gesê het daaromtrent. Hy het gesê dat dit nie Sy doel was om 'n stoflike koninkryk in hierdie wêreld op te rig nie, maar 'n gees- telike koninkryk. Hy sou nie regeer as 'n aardse koning op die troon van Dawid nie. Weer het Hy die Skrifte aan hulle verduidelik en aangetoon dat alles wat Hy deurgemaak het in die hemel so beskik was in die raadsbesluite tussen die Vader en Homself. Alles is voorspel deur manne geïnspireer deur die Heilige Gees. Hy het gesê: Julle sien dat alles wat Ek aan julle geopenbaar het aangaande My verwerping as die Messias, vervul is. Alles wat Ek gesê het aangaande die vernedering wat Ek sou ondergaan, en die dood wat Ek sou sterf, het gebeur. Op die derde dag het Ek weer opgestaan. Ondersoek die Skrifte meer ywerig, en julle sal sien dat die voorspellings van die profesieë in al hierdie dinge aangaande My vervul is.KE 838.2

    Christus het Sy dissipels beveel om die werk te doen wat Hy aan hulle gegee het, beginnende in Jerusalem. Jerusalem was die plek waar Sy neerbuigende liefde vir die mensdom geopenbaar is. Daar het Hy gely, en is Hy verwerp en veroordeel. Judea was Sy geboorteland. Daar het Hy, in die menslike vlees, onder die mense gewoon, en baie min het besef hoe naby die aarde aan die hemel gekom het toe Jesus onder hulle gewandel het. In Jerusalem moes die werk van die dissipels begin.KE 838.3

    Met die oog op alles wat Christus daar gely het, en Sy ongewaardeerde diens, kon die dissipels moontlik gevra het om 'n meer belowende arbeidsveld; maar hulle het nie met so 'n versoek voor die dag gekom nie. Juis die grond waar Hy die saad gesaai het, moes bewerk word deur die dissipels, en die saad sou opkom en 'n groot oes lewer, n hulle werk sou die dissipels vervolg word deur die jaloesie en haatdraendheid van die Jode; maar so is hulle Meester reeds vervolg en hulle moes nie daarvoor vlug nie. Die genade moes die eerste aangebied word aan diegene wat die Heiland vermoor het.KE 839.1

    En in Jerusalem was daar baie wat in die geheim in Jesus geglo het, en ook baie wat deur die priesters en owerstes bedrieg is. Aan hulle moes die evangelie verkondig word. Hulle moes tot bekering geroep word. Die wonderbare waarheid dat daar vergifnis van sondes is deur Christus alleen, moes verduidelik word. Terwyl Jerusalem in beroering was ten gevolge van die gebeurtenisse van die afgelope paar weke, sou die prediking van die evangelie die grootste indruk maak.KE 839.2

    Maar die werk moes nie daar ophou nie. Dit moes tot die verste uithoeke van die aarde geneem word. Aan Sy dissipels het Christus gese, Julie was getuies van My lewe van selfopoffering ten behoewe van die wêreld. Julle het My werk vir Israel gesien. Al wou hulle nie na My toe kom sodat hulle die lewe kon hê nie, al het die priesters aan My gedoen net wat hulle wou, en al het hulle My verwerp soos die Skrifte voorspel het, sal hulle nog 'n kans kry om die Seun van God aan te neem. Julie het gesien dat Ek almal wat na My toe gekom het en hulle sondes bely, vryelik vergewe het. Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Almal wat wil, kan met God versoen word, en die ewige lewe ontvang. Aan julle, My dissipels, vertrou Ek hierdie genadeboodskap toe. Dit moet eerste aan Israel gegee word en dan aan alle nasies en tale en volke. Dit moet verkondig word aan Jode en heidene. Almal wat glo moet tot een kerk versamel word.KE 839.3

    Deur die gawe van die Heilige Gees sou die dissipels wonderbaarlike krag ontvang. Hulle getuienis sou bevestig word deur tekens en wonders. Wonderwerke sou geskied, nie net deur die apostels nie, maar ook deur diegene wat hulle boodskap aanneem. Jesus het gesê, “In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Markus 16: 17, 18.KE 839.4

    Destyds is mense dikwels vergiftig. Gewetenlose mense het nie geskroom om ander wat in hulle pad gestaan het, op hierdie wyse uit die weg te ruim nie. Jesus het geweet dat Sy dissipels in daardie gevaar sou kom. Baie sal meen dat hulle God 'n diens bewys as hulle Sy getuies om die lewe bring. Hy het dus belowe om hulle te beskerm teen hierdie gevaar.KE 840.1

    Die dissipels sou dieselfde krag hê as Jesus om “elke siekte en elke kwaal onder die volk” te genees. Deur in Sy Naam die siektes van die liggaam te genees, sou hulle getuig van Sy krag om die siel te genees. Matt. 4: 23; 9:6. En daar is ook 'n nuwe gawe beloof. Die dissipels moes vir ander nasies gaan preek, en hulle sou die gawe ontvang om in ander tale te spreek. Die apostels en hulle medewerkers was nie eintlik geleerde mense nie, maar deur die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster, het hulle taal, of dit hulle eie of 'n vreemde was, suiwer en eenvoudig geword; die woorde en uitspraak was reg.KE 840.2

    So het Christus dan aan Sy dissipels hulle opdrag gegee. Hy het alle voorsiening gemaak vir die voortsetting van die werk, en self die verantwoordelikheid vir die sukses daarvan aanvaar. Solank hulle Sy woord gehoorsaam, en saam met Hom werk, sou hulle nie faal nie. Gaan na alle volke, het Hy hulle beveel. Gaan na die verste uithoeke van die aarde, en weet dat My teenwoordigheid by julle sal wees. Werk in geloof en vertroue, want die tyd sal nooit kom dat Ek julle sal verlaat nie.KE 840.3

    Die Heiland se opdrag aan die dissipels het alle gelowiges ingesluit. Dit sluit alle gelowiges in Christus in tot die einde van tyd. Dit is n baie groot fout om te meen dat die werk om siele te red net deur geordende predikante gedoen moet word. Aan almal wat die hemelse inspirasie ontvang het, is die verkondiging van die evangelie toevertrou. Almal wat die lewe van Christus ontvang, is georden om te werk vir die redding van hulle medemens. Dit is vir hierdie werk dat die kerk georganiseer is, en almal wat by die kerk aansluit, word daardeur medewerkers van Christus.KE 840.4

    “Die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! Openb.“ 22: 17. Almal wat dit hoor, moet die uitnodiging aan ander gee. Wat 'n mens se roeping in hierdie lewe ook mag wees, jou eerste plig is om siele vir Christus te wen. 'n Persoon mag nie vir gemeentes kan preek nie, maar hy kan wel vir indiwidue werk, en hy kan aan hulle die dinge meedeel wat hy van sy Here geleer het. Die bediening bestaan nie uit preek-alleen nie. Ook diegene dien wat die siekes verpleeg, die armes help, en die neerslagtiges en swakkes in die geloof vertroos. Orals rondom ons is daar siele wat gebuk gaan onder die las van die sonde. Dit is nie swaarkry, werk, of armoede wat mense verlaag nie. Dit is die sondeskuld en sonde-doen. Dit bring onrustigheid en ontevredenheid. Christus wil hê dat Sy dienaars sonde-sieke siele moet help.KE 840.5

    Die dissipels moes hulle werk begin waar hulle was. Die moeilikste arbeidsveld moes hulle nie verbygaan nie. So moet elkeen van Christus se werkers begin net waar hy is. In ons eie gesinne is daar siele wat miskien honger is vir medelyde, en smag na die brood van die lewe. Daar mag kinders wees om op te lei vir Christus. Daar is heidene voor ons eie deure. Laat ons getrou die werk doen wat naaste aan ons is. Daarna kan ons ons arbeidskring uitbrei sover as wat Gods hand ons mag lei. Die werk van vele mag deur omstandighede beperk wees; maar waar dit ook mag wees, as dit met geloof en ywer gedoen word, sal die invloed daarvan tot die uiteindes van die aarde gevoel word. Toe Christus op aarde was, het dit geskyn of Sy arbeidsveld beperk was, maar talle uit ander lande het Sy boodskap gehoor. God gebruik dikwels die eenvoudigste middels om die grootste resultate te behaal. Dit is Sy plan dat elke deel van Sy werk afhanklik sal wees van elke ander deel, en dat dit soos ratte in 'n wiel in harmonie sal werk. Die nederigste werker, besiel met die Heilige Gees, sal onsigbare snare aanraak, die trillings waarvan tot die uithoeke van die aarde sal strek in 'n melodie wat deur die ewigheid gehoor sal word.KE 841.1

    Maar die opdrag, “Gaan die hele wêreld in,” moet nie uit die oog verloor word nie. Ons word geroep om te kyk “na die plekke anderkant julle.” Christus breek die skeidsmuur van nasionale vooroordeel af, en leer liefde vir die hele mensdom. Hy verhef mense uit die enge kring van eiebelang; Hy verban alle landsgrense, en kunsmatige sosiale Stande. Hy maak geen verskil tussen bure en vreemdelinge, vriende en vyande nie. Hy leer ons om elke behoeftige siel te beskou as ons broeder, en die wêreld as ons arbeidsveld.KE 841.2

    Toe die Heiland gesê het, “Gaan . . . maak dissipels van al die nasies,” het Hy ook gesê, “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Hierdie belofte is net so verreikend as die opdrag. Dit is nie dat elke werker al die gawes sal hê nie. Dit is gawes wat die Heilige Gees “aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.” 1 Kor. 12: 11. Maar die gawes van die Gees is belowe aan elke gelowige volgens sy behoefte in die Here se werk. Die belofte is vandag nog net soseer van krag, en net so betroubaar as in die dae van die apostels. “Vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg.” Dit is die voorreg van Gods kinders; en in geloof moet hulle alles aanneem wat moontlik is om te verkry deur geloof.KE 841.3

    “Op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Hierdie wêreld is vol melaatses, maar Christus het gekom om die siekes te genees, en om die gevangenes van die Satan vry te laat. In Homself was Hy gesondheid en krag. Hy het Sy lewe aan die siekes, aan die lydendes en aan die duiwelbesetenes meegedeel. Hy het niemand weggestuur wat gekom het om Sy lewegewende krag te ontvang nie. Hy het geweet dat diegene wat Hom om hulp kom smeek het, self die siekte op hulle gebring het, maar Hy het nie geweier om hulle te genees nie. En wanneer krag van Christus uitgegaan het na hierdie arme siele, is hulle oortuig van die sonde, en baie van hulle is genees van hulle geestelike sowel as hulle liggaamlike kwale. Die evangelie het nog dieselfde krag, en waarom sou ons vandag nie dieselfde resultate sien nie?KE 842.1

    Christus voel die ellende van elke lydende. Wanneer bose geeste die menslike liggaam teister, voel Christus die vloek. Wanneer koors die lewe uit 'n liggaam blus, voel Christus die foltering. Hy is vandag net so gewillig om die siekes te genees as Hy was toe Hy persoonlik op die aarde was. Christus se dienaars is Sy verteenwoordigers, die kanale deur wie Hy werk. Deur hulle wil Hy Sy genesende krag beoefen.KE 842.2

    In die Heiland se metode van genesing was daar lesse vir Sy dissipels. By een geleentheid het Hy klei aan die oë van 'n blinde man gesmeer, en hom beveel, “Gaan was jou in die bad van Siloam. . . . En hy het gegaan en hom gewas; en toe hy kom, sien hy.” Joh. 9:7. Alleen die Groot Geneesheer kon die genesing gee, en tog het Christus eenvoudige natuurmiddels aangewend. Hoewel Hy nie die gebruik van medisynes voorgestaan het nie, het Hy tog die gebruik van eenvoudige natuurmiddels goedgekeur.KE 842.3

    Aan baie van die siekes wat Christus genees het, het Hy gesê, “Moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” Joh. 5: 14. So het Hy geleer dat siekte veroorsaak word deur die oortreding van Gods wette, beide die natuurwette en die geestelike wette. Die vreeslike eilende wat in die wêreld is, sou nie daar gewees het as die mense meer volgens die Skepper se plan geleef het nie. Christus was die gids en leraar van Israel van ouds, en Hy het hulle geleer dat gesondheid die loon is van gehoorsaamheid aan die wette van God. Die Groot Geneesheer wat die siekes in Palestina genees het, het tot Sy volk gespreek uit die wolkkolom, en aan hulle gesê wat hulle moes doen, en wat God vir hulle sou doen. “As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in Sy oë, en luister na Sy gebooie en al Sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesondmaak.” Exod. 15: 26. Christus het aan Israel bepaalde instruksies gegee aangaande hulle lewensgewoontes, en Hy het hulle verseker, “Die Here sal elke krankheid van jou wegneem.” Deut. 7: 15. Toe hulle die voorwaardes nagekom het, is die belofte aan hulle vervul. “Onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie ” Ps. 105: 37.KE 843.1

    Hierdie lesse is vir ons bedoel. Vir almal wat gesond wil wees is daar voorwaardes om na te kom. Almal moet leer wat die voorwaardes is. Onkunde omtrent Sy wette behaag die Here nie, of dit die natuurwette of die geestelike wette is. Ons moet saam met God werk om die gesondheid van sowel liggaam as siel te herstel.KE 843.2

    En ons moet ander leer hoe om hulle gesondheid te bewaar en te herstel. Vir die siekes moet ons die rate gebruik wat God in die natuur voorsien het, en ons moet hulle wys op die Een wat hulle kan genees. Dit is ons werk om die siekes en lydendes in die arms van geloof aan Christus op te dra. Ons moet hulle leer om in die Groot Geneesheer te glo. Ons moet Sy belofte aanneem, en bid vir die openbaring van Sy krag. Die kern van die evangelie is genesing, en die Heiland wil hê dat ons die siekes, die hopelose, en lydendes moet help om Sy krae beet te neem.KE 843.3

    Die krag van liefde was in al Christus se genesing, en slegs deur deelgenote te word van daardie liefde, in geloof, kan ons as werktuie in Sy werk gebruik word. As ons nalaat om ons deur die goddelike band met Christus te verbind, sal die lewegewende krag nie in sterk strome van ons tot die mense kan vloei nie. Daar was plekke waar die Heiland self nie baie magtige werke kon doen nie weens die ongeloof van die mense. En so skei ongeloof vandag ook die kerk van sy goddelike Helper. Die kerk se hoüvas op die ewige werklikhede is swak. Deur die gebrek aan geloof word God teleurgestel, en beroof van Sy heerlikheid.KE 844.1

    Dit is wanneer hy Christus se werk doen dat die kerk die belofte van Sy teenwoordigheid het. Gaan maak dissipels van al die nasies, het Hy gesê, “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Om Sy juk op te neem, is een van die eerste voorwaardes vir die ontvangs van Sy krag. Die lewe van die kerk is afhanklik van sy getrouheid in die vervulling van die Here se opdrag. Om hierdie werk te verwaarloos, is om geestelike swakheid en verwording te verwelkom. Waar daar geen aktiewe werk vir ander is nie, verflou die liefde en verdof die geloof.KE 844.2

    Christus verwag dat Sy dienaars die kerk moet leer om evangelie- werk te doen. Hulle moet die mense leer hoe om die verlorenes op te soek en te red. Maar is dit die werk wat hulle doen? Helaas, hoe baie is daar nie wat met groot inspanning probeer om te verhoed dat die vonkie van lewe wat daar nog in die kerk is, heeltemal doodgaan nie! Hoeveel kerke moet versorg word soos siek lammers deur diegene wat na verlore skape behoort te soek! En dit terwyl miljoene en miljoene sonder Christus sterf.KE 844.3

    Die goddelike liefde is tot onpeilbare dieptes ontroer vir die ontwil van mense, en die engele staan verbaas waar hulle sien dat diegene aan wie soveel liefde betoon is, so min dankbaarheid toon. Die engele is verwonder oor die swak waardering van die liefde van God deur die mense. Die Hemel is verontwaardig oor die verwaarlosing van die siele van mense. Wil ons weet hoe Christus dit alles beskou? Hoe sou 'n vader en moeder voel as hulle weet dat hulle kind, verdwaal in die sneeu, aan sy lot oorgelaat is deur diegene wat hom kon gered het? Sou hulle nie baie gegrief en baie verontwaardig wees nie? Sou hulle nie daardie moordenaars bestraf met 'n woede so warm as hulle trane en so intens as hulle liefde nie? Die lyding van elke mens is die lyding van Gods kind, en diegene wat nie die hand uitsteek om hulle beswykende medemens te help nie, verwek Gods regverdige toorn Dit is die toorn van die Lam. Aan diegene wat aanspraak gemaak het op gemeenskap met Hom, maar wat onverskillig gestaan het teenoor die behoeftes van hulle medemens, sal Hy in die groot oordeel sê, “Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!” Lukas 13: 27.KE 844.4

    In die opdrag aan Sy dissipels, het Christus nie alleen hulle werk omskryf nie, maar Hy het hulle ook die boodskap gegee. Leer die mense, het Hy gesê, “om alles te onderhou wat Ek julle beveel het ” Die dissipels moes die mense leer wat Christus geleer het. Alles wat Hy gesê het, nie alleen persoonlik nie, maar deur die profete en leraars van die Ou Testament, moes ingesluit word. Menslike leer moes uitgesluit word. Daar is geen plek vir tradisie, vir mense se teorieë en besluite, of vir kerkwette nie. Geen wette gemaak deur die geestelikes is in die opdrag opgeneem nie. Nie een van daardie dinge moet Christus se dienaars leer nie. “Die wet en die profete,” met die verslag van Sy eie woorde en dade, is die skat wat aan die dissipels toevertrou is om aan die wéreld gegee te word. Die Naam van Christus moes hulle slagspreuk wees, die teken van hulle onderskeiding, die band van hulle eenheid, die gesag vir hulle optrede, die bron van hulle sukses. Niks wat nie Sy Naam dra, moes in Sy koninkryk erken word nie.KE 845.1

    Die evangelie moet verkondig word, nie as 'n lewenlose storie nie, maar as 'n lewende krag tot verandering van die lewe. God wil hê dat die ontvangers van Sy genade moet getuig van die krag daarvan. Selfs die snoodste sondaars sal Hy aanneem; wanneer hulle tot bekering kom, gee Hy aan hulle Sy goddelike Gees, stel hulle in verantwoordelike betrekkings aan, en stuur hulle uit in die kamp van die ontroues om Sy grenslose genade te verkondig. Hy wil hê dat Sy dienaars moet getuig van die feit dat mense deur Sy genade 'n Christelike karakter kan vorm, en hulle kan verbly in die versekering van Sy groot liefde. Hy wil hê dat ons moet getuig van die feit dat Hy nie tevrede kan wees totdat die mensdom gered en herstel is in hulle heilige voorregte as Sy seuns en dogters nie.KE 845.2

    In Christus is die sagmoedigheid van 'n herder, die liefde van 'n ouer, en die weergalose genade van 'n ontfermende Heiland. Hy stel Sy seëninge op die aantreklikste wyse voor. Hy is nie tevrede om slegs die seëninge aan te kondig nie; Hy stel hulle op die aantreklikste manier voor om die mense gretig te maak om hulle aan te neem. So ook moet Sy dienaars die voortreflikheid van die heerlikheid van die onuitspreeklike Gawe voorstel. Die wonderbare liefde van Christus sal harte versag wanneer die herhaling van leerstellings niks sal uitrig nie. “Troos, troos My volk, sê julle God. . . . o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê vir die stede van Juda: Hier is julle God! ... Hy sal Sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in Sy arm bymekaarmaak en aan Sy bors dra.” Jes. 40: 1, 9-11. Vertel die mense van Hom, “uitnemender as tienduisend,” die Een “geheel en al die lieflikheid self.” Hoogl. 5: 10, 16. Woorde alleen kan dit nie vertel nie. Laat dit in die karakter weerkaats, en in die lewe geopenbaar word. Elkeen van ons is “verordineer om gelykvormig te wees aan die beeid van Sy Seun.” Rom. 8:29. Christus se lankmoedige liefde, Sy heiligheid, sagmoedigheid, genade, en waarheid moet deur ons aan die wêreld geopenbaar word.KE 845.3

    Die eerste dissipels het uitgegaan en die Woord verkondig. Hulle het Christus in hulle lewe geopenbaar. En die Here het saam met hulle gewerk “en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” Markus 16: 20. Hierdie dissipels het hulleself voorberei vir hulle werk. Vóór Pinkster het hulle saamgekom en alle geskille uit die weg geruim. Hulle was eensgesind. Hulle het Christus se belofte geglo dat die seën gegee sou word, en hulle het in geloof gebid. Hulle het nie om 'n seën net vir hulleself gevra nie; hulle het n las vir die redding van siele gedra. Die evangelie moes verkondig word tot die uiterstes van die aarde, en hulle het aanspraak gemaak op die krag wat Christus belowe het. Toe was dit dat die Heilige Gees uitgestort is, en duisende het op een dag tot bekering gekom.KE 846.1

    So kan dit vandag ook wees. Laat die Woord van God verkondig word pleks van mense se gissings. Laat Christene hulle geskille uit die weg ruim, en hulle aan God oorgee om verlorenes te red. Laat hulle in geloof vra om die seën, en hulle sal dit ontvang. Die uitstorting van die Gees in die dae van die apostels was die “vroeë reën, en heerlik was die gevolge. Maar die “laat reën” sal oorvloediger wees. Joël 2: 23.KE 846.2

    Almal wat siel, liggaam, en gees aan God toewy, sal gedurig nuwe liggaamlike en verstandelike krag ontvang. Die onuitputlike bronne van die hemel is tot hulle beskikking. Christus gee aan hulle Sy eie Gees en Sy eie lewe. Die Heilige Gees werk met al Sy krag in hulle harte en verstand. Die genade van God vergroot en vermenigvuldig hulle fakulteite, en al die volmaaktheid van die goddelike natuur help hulle in hulle werk om siele te red. Deur samewerking met Christus is hulle volmaak m Hom, en in hulle menslike swakheid is hulle in Staat om die werke van die Almagtige te doen.KE 847.1

    Die Heiland verlang om Sy genade te openbaar, en Sy karakter op die hele wêreld af te druk. Dit is Sy losgekoopte eiendom. Hy begeer om mense vry, rem, en heilig te maak. Alhoewel die Satan werk om Sy p anne te verhinder, is daar nogtans deur Sy vergote bloed vir die wêreld oorwinnings om te behaal wat God en die Lam sal verheerlik Christus sal nie tevrede wees alvorens die oorwinning volkome is me, en “weens die moeitevolle arbeid van Sy siel sal Hy dit sien en versadig word.” Jes. 53: 11. Al die volke van die aarde sal die evangelie van Sy genade hoor. Nie almal sal Sy genade aanneem nie; maar “ n nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.” Ps. 22: 31. “Dan word die koningskap en die eerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste,” en die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek. “En hulle sal die Naam van die Here vrees van die wes ekant af, en Sy heerlikheid van die opgang van die son af.” Dan 7: 27; Jes. 11: 9; 59: 19.KE 847.2

    “Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring; wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat vir Sion sê: Jou God is Koning! . . . Breek uit, jubel almal saam puinhope van Jerusalem! Want die Here het Sy volk getroos. ... Die Here het Sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.” Jes. 52: 7-10.KE 847.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents