Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Koning Van Die Eeue

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Die Goddelike Herder”;

    EK is die goeie Herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.” “Ek is die goeie Herder en Ek ken My eie en word deur My eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê My lewe af vir die skape.”KE 486.1

    Weer het Jesus die pad tot die harte van Sy toehoorders gevind deur middel van 'n illustrasie waarmee hulle bekend was. Hy het die werking van die Gees vergelyk met koel, verkwikkende water. Hy het Hom voorgestel as die lig, die bron van lewe en vreugde vir die natuur en die mens. En nou weer, onder die beeld van die herder, het Hy Sy verhouding voorgestel tot diegene wat in Hom glo. Daar was niks waarmee Sy toehoorders beter bekend was as hierdie een nie, en Christus se woorde het dit vir altyd met Homself verbind. Nooit het die dissipels die herders met hulle skape gesien nie of die Heiland se les het in herinnering gekom. In elke getroue herder sou hulle Christus sien. Hulle sou hulleself in elke hulpelose afhanklike trop skape sien.KE 486.2

    Die profeet Jesaja het hierdie beeld gebruik in sy beskrywing van die sending van die Messias, “o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op en met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê vir die stede van Juda: Hier is julle God. ... Hy sal Sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm bymekaarmaak en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.” Jes. 40: 9-11. Dawid het gesing, “Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.” Ps. 23: 1. En die Heilige Gees het deur Esegiël verklaar: “Ek sal een herder oor hulle verwek, en hy sal hulle oppas.” “Die wat verlore is, sal Ek soek en wat weggedryf is, sal Ek terugbring en wat gebroke is, sal Ek verbind en die siekes sal Ek versterk.” “Ek sal 'n verbond van vrede met hulle maak.” “En hulle sal nie meer 'n prooi vir die nasies wees nie; . . . maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle skrikmaak.” Eseg. 34: 23, 16, 25, 28.KE 486.3

    Christus het hierdie profesieë op Homself toegepas, en Hy het die kontras getoon tussen Sy karakter en die van die leiers van Israel. Die Fariseërs het so pas iemand uit die kudde verdryf omdat hy dit gewaag het om te getuig van die krag van Christus. Hulle het 'n siel verdryf wat die ware Herder besig was om na Hom toe te trek. Daardeur het hulle getoon dat hulle onkundig was aangaande die werk aan hulle toevertrou, en die pand onwaardig was as herders van die kudde. Jesus het nou die kontras aangetoon tussen hulle en die Goeie Herder, en Hy het na Homself verwys as die ware hoeder van die Here se kudde. Maar vóór Hy dit gedoen het, het Hy eers van Homself onder 'n ander beeld gespreek.KE 487.1

    Hy het gesê, “Wie nie deur die deur ingaan in die skaapstal nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n moordenaar. Maar hy wat deur die deur ingaan, is 'n herder van die skape.” Die Fariseërs het nie besef dat hierdie woorde teen hulle gespreek is nie. Toe hulle in hulle harte geredeneer het oor die bedoeling daarvan, het Jesus duidelik aan hulle gesê, “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.”KE 487.2

    Christus is die deur tot die kraal van God. Deur hierdie deur het al Sy kinders, van die vroegste af, ingegaan. In Jesus, soos getoon in die tipes, voorafgeskadu in die simbole, aangewys in die openbarings van die profete, voorgestel in die lesse gegee aan Sy dissipels, en in die wonderwerke vir die mensekinders, het hulle “die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem” (Joh. 1: 29), gesien; en deur Hom word hulle in die kudde van Sy genade gebring. Daar het vele gekom wat ander voorwerpe voorgehou het vir die wêreld om in te glo; stelsels en seremonies is ontwerp waardeur die mense gehoop het om geregverdig te word, en vrede by God te kry, en so ingang tot Sy kudde te vind. Maar die enigste deur is Christus, en almal wat iets anders gestel het in die plek van Christus, almal wat geprobeer het om tot die kudde in te gaan langs enige ander weg, hulle was diewe en moordenaars.KE 487.3

    Die Fariseërs het nie deur die deur ingegaan nie. Hulle het op 'n ander manier ingeklim, maar nie deur Christus nie, en hulle het nie die werk van 'n ware herder gedoen nie. Die priesters en owerstes, die skrifgeleerdes en Fariseërs, het die lewende weivelde verwoes, en die bronne van die water van die lewe besoedel. Die ingegewe Woord gee 'n getroue beskrywing van daardie valse herders: “Julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gebroke is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie; . . . maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.” Eseg. 34: 4.KE 488.1

    In alle eeue het filosowe en leraars aan die wêreld teorieë voorgehou om die Verlangens van die siel te bevredig. Elke heidense volk het sy groot leraars en godsdienstige stelsels gehad wat 'n verlossing anders as die in Christus voorgehou het, wat die oë van die mense afgewend het van die Vader se aangesig, en hulle harte vervul het met vrees vir Hom wat hulle maar altyd geseën het. Die neiging van hulle werk is om God te beroof van Sy eiendom kragtens die skepping en die verlossing. En hierdie valse leraars beroof ook die mense. Mil- joene mense is gebind deur valse godsdienste; hulle verkeer in slaafse vrees en koppige onverskilligheid; hulle werk soos esels, sonder hoop op vreugde of vooruitsigte in hierdie lewe, en in 'n verlammende vrees vir die hiernamaals. Dit is alleen die evangelie van die genade van God wat die siel kan verhef. Die bepeinsing van die liefde van God geopenbaar in Sy Seun, sal die hart en die kragte van die siel opwek soos niks anders kan nie. Christus het gekom om die beeid van God in die mens te herskep; en wie ookal mense afkeer van Christus af, keer hulle weg van die bron van ware ontwikkelingskrag; hy beroof hulle van die hoop en doel en heerlikheid van die lewe. Hy is 'n dief en 'n moordenaar.KE 488.2

    “Hy wat deur die deur ingaan, is die herder van die skape.” Christus is beide die deur en die herder. Hy gaan deur Homself in. Dit is deur Sy eie offergawe dat Hy die herder van die skape geword het. “Vir Hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na Sy stem; en Hy roep Sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. En wanneer Hy Sy eie skape uitgebring het, loop Hy voor hulle uit; en die skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.”KE 489.1

    Van alle diere is skape die domste en die hulpeloosste, en in die Ooste moet die wagter gedurig wakkerloop en sy oë oophou. In die ou tyd, en vandag nog, is daar nie veel veiligheid buite die stadsmure nie. Daar was rowers van die swerwende stamme, daar was die wilde diere uit hulle skuilplekke wat die kuddes voorgelê het om hulle te verwoes. Die wagter het gewaak oor sy skape, wetende dat hy sy eie lewe vir hulle moes veil hê. Jakob, wat Laban se skape opgepas het in die velde van Haran, sprekende van sy onvermoeide waaksaamheid, het gesê, “Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is, en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.” Gen. 31: 40. Dit was terwyl hy sy vader se vee opgepas het dat Dawid alleen 'n beer en 'n leeu doodgemaak en 'n lam uit hulle kloue gered het.KE 489.2

    Waar die herder sy skape lei oor die berge, deur bosse en klowe en in stille weivelde by die rivier; waar hy op die berge waghou deur die eensame nag, en hulle beskerm teen rowers, en die siekes en swakkes versorg, word sy lewe een met hulle s'n. Hy word aan hulle verbind met sterk en tere bande. Hoe groot sy trop ook mag wees, die herder ken elke skaap. Elkeen het sy naam, en hy antwoord op daardie naam as die herder roep.KE 489.3

    Soos 'n aardse herder sy skape ken, so ken die goddelike Herder Sy kudde wat oor die wêreld versprei is. “Julie is My skape, die skape wat Ek oppas; julle is mense. Ek is julle God, spreek die Here HERE.” Jesus sê, “Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne.” “Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer.” Eseg. 34: 31; Jes. 43: 1; 49: 16.KE 489.4

    Jesus ken ons as indiwidue, en Hy het medelyde met ons swakhede. Hy ken ons almal op ons naam. Hy ken die huis waarin ons,woon, en weet wie almal daar woon. As dit nodig is, sal Hy Sy diensknegte na 'n sekere huis in 'n sekere straat in 'n sekere stad stuur om daar een van Sy skape te vind.KE 489.5

    Jesus ken elke siel so goed asof hy die enigste persoon is vir wie die Heiland gesterf het. Hy het medelyde met die droefheid van elke mens. Hy hoor elke roepstem om hulp. Hy het gekom om alle mense tot Hom te trek. Hy beveel hulle, “Volg My,” en Sy Gees werk in hulle harte om hulle tot Hom te trek. Baie wil nie tot Hom getrek wees nie. Jesus weet wie hulle is. Hy weet wie blymoedig gehoor sal gee aan Sy roepstem, en gereed is om onder Sy herderlike sorg te kom. Hy sê, “My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.” Hy sorg vir elkeen asof daar nie nog 'n ander een op die hele aarde is nie.KE 490.1

    “Hy roep Sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit . . . en die skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.” Die skaapwagter van die Ooste loop nie agter sy skape nie. Hy gebruik nie geweld en maak hulle nie bang nie; maar hy loop voor hulle en roep hulle. Hulle ken sy stem en luister na Hom. So maak die hemelse Herder ook met Sy skape. Die Skrif sê, “U het U volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.” Deur die profeet het Jesus verklaar, “Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” Hy dwing niemand om Hom te volg nie. “Met koorde van liefde,” sê Hy, “het Ek hulle getrek.” Ps. 77: 21; Jer. 31: 3; Hosea 11:4.KE 490.2

    Dit is nie vrees vir straf, of hoop op die ewige loon wat Christus se dissipels beweeg om Hom te volg nie. Hulle sien die Heiland se grenslose liefde geopenbaar in Sy aardse lewe, van die krip van Betle- hem tot by die kruis van Golgota, en dit is die aanskouing van Hom wat die siel trek, dit versag en in onderwerping bring. Die liefde word wakker in die hart van die aanskouers. Hulle hoor Sy stem, en hulle volg Hom.KE 490.3

    Soos die skaapwagter voor sy skape loop, om self eers die gevare op die weg te trotseer, so maak Jesus ook met Sy kinders. “Wanneer Hy Sy eie skape uitbring, loop Hy voor hulle uit.” Die pad na die hemel is geheilig deur die Heiland se voetstappe. Die pad mag steil I en ru wees, maar Jesus het dit self bewandel; Sy voete het die wrede dorings platgetrap om die pad vir ons makliker te maak. Elke las wat ons geroep word om te dra, het Hy self reeds gedra.KE 490.4

    Alhoewel Hy nou na die teenwoordigheid van God opgevaar het, en sit op die troon van die heelal, is Jesus nie minder ontfermend nie. Vandag nog voel dieselfde tere, medelydende hart saam met ons in al die droefheid van die mensdom. Vandag nog steek Hy Sy deurboorde hand uit om Sy kinders wat nog op hierdie aarde is, oorvloedig te seën. ”,En hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal I hulle uit My hand ruk nie.” Die siel wat hom aan Christus gegee I het, is in Sy oë kosbaarder as die hele wêreld. Om net een te red I in Sy koninkryk sou die Heiland die lyding van Golgota deurgemaak I het. Hy sal 'n siel vir wie Hy gesterf het, nooit opgee nie. Tensy Sy navolgers self besluit om Hom te verlaat, sal Hy hulle nooit los nie.KE 492.1

    In al ons beproewings het ons 'n onfeilbare Helper. Hy laat ons I nie alleen om teen die versoeking te stry, teen die boosheid te veg, om I eindelik tog te beswyk onder die las van droefheid nie. Alhoewel ons I Hom nie nou met ons oë kan sien nie, kan die oor van die geloof I Hom nogtans hoor sê, Moenie vrees nie; Ek is met jou. “Ek was I dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid.” Openb. 1: 18. Ek het julle smart gedra, julle stryd gestry, en julle versoekings getrotseer. Ek weet van julle trane; Ek het ook geween. Die smart wat so groot I is dat dit nie aan mense vertel kan word nie, daarvan weet Ek. Moenie dink dat julle alleen en verlate is nie. Al wek julle pyn geen medelyde in enige hart op aarde nie, sien op My en leef. “Berge mag wyk en heuweis wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.” Jes. 54: 10.KE 492.2

    Al het 'n herder sy skape ook hoe lief, het hy sy seuns en dogters liewer. Nie alken is Jesus ons Herder nie, maar Hy is ook ons “ewige Vader.” En Hy sê, “Ek ken My eie en word deur My eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader.” Joh. 10: 14, 15. Wat 'n heerlike verklaring is dit! Die eniggebore Seun van God, Hy wat in die boesem van die Vader is, en van wie God verklaar het dat Hy Sy “metgesel is” (Sag. 13: 7), sê dat die verhouding tussen Hom en die ewige God geneem kan word as 'n voorstelling van die gemeenskap tussen Christus en Sy kinders op aarde!KE 492.3

    Omdat ons die gawe van die Vader is, die loon op Sy werk, het Jesus ons lief. Hy het ons lief soos Sy kinders. Geagte leser, Hy het jou lief. Die Hemel self kan u niks groter en niks beter gee nie. Vertrou dus op Hom.KE 492.4

    Jesus het gedink aan al die siele op die hele aarde wat verlei word deur valse herders. Diegene wat Hy graag wou versamel as die skape van Sy kudde is verstrooi on-der die wolwe; Hy het gesê, “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een Herder.” Joh. 10: 16.KE 493.1

    “Daarom het My Vader My lief, omdat Ek My lewe aflê om dit weer te neem.” Dit wil sê: My Vader het julle so lief dat Hy My selfs meer liefhet omdat Ek My lewe gee om julle te verlos. Deur julle plaasvervanger en borg te word, deur My lewe af te lê, en deur julle skuld en julle sondes op My te neem, het Ek baie dierbaar vir My Vader geword.KE 493.2

    Ek lê My lewe af “om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit af uit Myself. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem.” Terwyl Jesus as mens sterflik was, was Hy as God die bron van lewe vir die wêreld. Hy kon die dood bestry en geweier het om onder die mag daarvan te kom; maar Hy het Sy lewe vrywillig afgelê, sodat Hy die lewe en die onsterflikheid aan die lig kon bring. Hy het die sondes van die wêreld gedra, die straf ondergaan, en Sy lewe as slagoffer gegee, sodat die mens nie die ewige dood hoef te sterf nie. Hy het “ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte. . . . Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.” Jes. 53:4-6. KE 493.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents