Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Koning Van Die Eeue

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Skeidsmure Afgebreek

    NA hierdie botsing met die Fariseërs, het Jesus Kapernaum verlaat en na die bergstreek gegaan op die grens van Fenicië. Na die weste kon Hy op die vlakte daar onder die ou stede van Tirus en Sidon sien, met hulle heidense tempels, hulle pragtige paleise en handelsentrums, en die hawens vol skeepvaart. Daar anderkant was die blou Middellandse See wat die draers van die evangelie sou oorvaar om die blye tyding te bring aan die vernaamste stede van die wêreld se groot ryk. Maar daardie tyd het nog nie aangebreek nie. Die werk wat Hy nou moes doen, was om Sy dissipels voor te berei vir hulle sending. Hy het na hierdie streek gekom, hopende om daardie afsondering te vind wat Hy nie by Betsaida kon kry nie. Maar dit was nie die enigste doel van Sy reis nie.KE 405.1

    “En 'n Kananese vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.” Matt. 15: 22. Die mense van daardie distrik w'as afstammelinge van die ou Kanaäniete. Hulle was afgodedienaars, verag en gehaat deur die Jode. Die vrou wat nou na Jesus gekom het, was van hierdie mense. Sy was 'n heidin en dus uitgesluit van die voordele wat die Jode elke dag geniet het. Daar het baie Jode onder die Feniciërs gewoon, en die nuus van Christus se werk het ook daardie streek binnegedring. Sommige van die mense het Sy woorde gehoor en Sy wonderwerke gesien. Hierdie vrou het gehoor van die profeet, wat, soos berig is, alle soorte siektes kon genees. Toe sy van Sy mag gehoor het, het hoop in haar hart ontvlam. Gedring deur moederliefde, het sy besluit om die geval van haar dogter aan Hom voor te lê. Sy was vasbeslote om haar moeilikheid na Jesus te bring. Hy moet haar kind gesondmaak. Sy het hulp gesoek by die heidense gode, maar daar het geen beterskap gekom nie. Soms het sy gedink, Wat kan hierdie Joodse leraar vir my doen? Maar sy het gehoor dat Hy alle soorte siektes genees, of die mense wat na Hom toe kom nou ryk is al dan nie. Sy het besluit om nie haar laaste hoop op te gee nie.KE 405.2

    Christus het hierdie vrou se verknorsing geken. Hy het geweet dat sy Hom graag wou sien, en Hy het Homself in haar weg gestel. Deur haar te help in haar droefheid, kon Hy 'n lewende voorstelling gee van die les wat Hy van plan was om te leer. Dit was met hierdie doel dat Hy Sy dissipels in daardie streek gebring het. Hy wou hê dat hulle die onkunde moes sien wat geheers het in stede en dorpe op die grense van die land van Israel. Die mense wat geleentheid gekry het om die waarheid te verstaan, het geen kennis gedra van die behoeftes rondom hulle nie. Geen poging is aangewend om die siele in duisternis te help nie. Die skeidsmuur wat Joodse hoogmoed op- gerig het, het selfs die dissipels belet om simpatie te betoon met die heidense wêreld. Maar hierdie skeidsmure sou afgebreek word.KE 406.1

    Christus het nie dadelik geantwoord op die vrou se versoek nie. Hy het hierdie verteenwoordiger van die veragte volk ontvang soos die Jode dit sou gedoen het. In Sy eerste ontvangs van die vrou wou Hy Sy dissipels onder die indruk bring van die kille en gevoellose manier waarop die Jode so 'n geval sou behandel, en dan moes hulle die barmhartigheid sien waarmee Hy wou hê dat hulle in sulke gevalle van ellende moes handel, soos Hy ook eindelik gedoen het toe Hy haar versoek toegestaan het.KE 406.2

    Maar alhoewel Jesus geen antwoord gegee het nie, het die vrou nie haar geloof opgegee nie. Toe Hy maar aanloop asof Hy haar glad nie gehoor het nie, het sy Hom gevolg en Hom maar steeds gesmeek. Vererg oor haar opdringerigheid, het die dis- sipels Jesus gevra om haar weg te stuur. Hulle het gesien dat hulle Meester haar met onverskilligheid behandel het, en hulle het gemeen dat die vooroordeel van die Jode teen die Kanaäniete Hom welgevallig was. Maar dit was 'n ontfermende Heiland tot wie die vrou haar versoek gerig het, en in antwoord op die voorstel van die dissipels het Jesus gesê, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.” Alhoewel hierdie antwoord skynbaar gestrook het met die vooroordeel van die Jode, is dit ook bedoel as bestraffing van die dissipels, en hulle het dit ook later verstaan as 'n herinnering van wat Hy hulle so dikwels vertel het, naamlik dat Hy na die wêreld gekom het om almal te red wat Hom sou aanneem.KE 406.3

    Die vrou het haar versoek nog meer dringend herhaal; sy het neergekniel aan Jesus se voete en uitgeroep, “Here, help my!” Jesus, wat skynbaar nog steeds geweier het met die ongevoelige vooroordeel van die Jode, het geantwoord, “Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.” Dit was feitelik 'n bewering dat dit nie regverdig was om die seëninge gebring aan die begunstigde volk van God op vreemdelinge en uitlanders buitekant Israel te verkwis nie. Hierdie antwoord sou 'n minder ernstige soeker heeltemal ontmoedig het. Maar die vrou het gesien dat haar kans gekom het. Agter die weiering van Jesus, het sy 'n ontferming gewaar wat Hy nie kon verberg nie. “Ja, Here,” het sy gesê, “maar die hondjies eet darem van die krummeis wat van die tafel van hulle base val.” Terwyl die kinders van die huisgesin aan die vader se tafel eet, word die honde nie sonder kos gelaat nie. Hulle het reg op die krummeis wat van die oorvloedige tafel val. Dus, hoewel daar baie seëninge aan Israel gegee word, was daar dan nie ook 'n seën vir haar nie? Sy is beskou as 'n hond, het sy dan nie 'n hond se reg op 'n krummeltjie uit Sy volheid nie?KE 407.1

    Jesus het Sy vorige arbeidsveld verlaat omdat die skrifgeleerdes en Fariseërs Hom wou doodmaak. Hulle het gemurmureer en gekla. Hulle het ongeloof en bitterheid geopenbaar en die saligheid wat so vry aangebied is, geweier. Hier ontmoet Christus nou 'n ongelukkige vrou van 'n veragte ras — iemand wat nie begunstig is met Gods Woord nie; maar sy reageer dadelik op die goddelike invloed van Christus, en sy het absolute geloof in Sy mag om die guns te gee wat sy vra. Sy soebat om die krummeis wat van die Meester se tafel val. As sy die voorreg van 'n hond mag hê, is sy gewillig om as 'n hond beskou te word. Sy het geen nasionale of godsdienstige trots of vooroordeel om haar handelwyse te beïnvloed nie, en sy erken Jesus dadelik as die Verlosser, en as iemand wat kan doen wat sy Hom vra.KE 407.2

    Die Heiland is tevrede. Hy het haar geloof in Hom getoets. In Sy handelinge met haar het Hy getoon dat sy wat beskou was as 'n verworpeling wat Israel betref, nie meer 'n vreemdeling was nie, maar 'n kind van Gods huisgesin. As kind is dit haar voorreg om te deel in die Vader se gawes. Christus het nou haar versoek toegestaan en die les vir die dissipels beklink. Hy het Hom tot haar gewend met 'n blik van ontferming en liefde en gesê, “o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.” Van daardie uur af het haar dogter gesond geword. Die duiwel het haar nie meer gepla nie Die vrou is daar weg, baie gelukkig dat haar versoek toegestaan is, en sy het haar Heiland bely.KE 408.1

    Dit was die enigste wonderwerk wat Jesus op hierdie reis gedoen het. Dit was om hierdie wonderwerk te doen dat Hy na die grense van Tirus en Sidon gegaan het. Hy wou daardie vrou uit haar moeilikheid help en terselfdertyd 'n voorbeeld stel in Sy werk van genade teenoor iemand van 'n veragte ras, as les vir Sy dissipels wanneer Hy nie langer by hulle sal wees nie. Hy wou hulle afwen van hulle Joodse afsonderlikheid, sodat hulle vir ander sal werk behalwe hulle eie mense.KE 408.2

    Jesus wou baie graag die diep verborgenhede van die waarheid leer wat vir eeue bedek was, naamlik dat die heidene mede-erfgename saam met die Jode sal wees, en “mededeelgenote aan Sy belofte in Christus deur die evangelie.” Efe. 3: 6. Die dissipels was traag om hierdie waarheid te leer, en die goddelike Leraar het hulle les op les gegee. Deur die geloof te beloon van die kaptein te Kapernaum, en deur die verkondiging van die evangelie aan die bewoners van Sigar, het Hy reeds bewys gegee dat Hy nie ook die onverdraagsaamheid van die Jode toegedaan was nie. Maar die Samaritane het darem 'n kennis van God gehad; en die kaptein was vriendelik teenoor Israel. Nou het Jesus die dissipels in aanraking gebring met 'n heidense vrou, wat hulle beskou het as iemand wat geen rede gehad het bo enige van haar rasgenote om 'n guns van Hom te verwag nie. Hy sou hulle 'n voorbeeld gee hoe om so 'n persoon te behandel. Die dissipels het gemeen dat Hy Sy genade te vryelik uitgedeel het. Hy het getoon dat Sy liefde nie beperk is tot 'n ras of 'n nasie nie.KE 408.3

    Toe Hy gesê het, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel,” het Hy die waarheid gepraat, en in Sy werk vir die Kanaänitiese vrou was Hy besig om Sy sending te vervul. Hierdie vrou was een van die verlore skape wat Israel moes teruggebring het. Dit was hulle aangewese werk, die werk wat hulle versuim het om te doen, wat Christus nou gedoen het.KE 409.1

    Hierdie daad het die dissipels beter laat besef watter werk daar vir hulle was onder die heidene. Hulle het 'n groot arbeidsveld buite die grense van Judea gesien. Hulle het siele gesien wat droefheid moes verduur ongeken deur diegene wat meer bevoorreg was. Onder diegene wat hulle geleer is om te verag, was siele wat verlang het na die hulp van die magtige Heelmeester, wat hongerig was vir die lig van die waarheid wat so oorvloedig aan die Jode gegee is.KE 409.2

    Later, toe die Jode hulle met nog groter volharding afgewend het van die dissipels omdat hulle gesê het dat Jesus die Verlosser van die wêreld is, en toe die skeidsmuur tussen Jood en heiden afgebreek is deur die dood van Christus, het hierdie les, en ander wat gewys het dat die evangeliewerk nie deur gebruike of nasionaliteit beperk word nie, 'n magtige invloed gehad op die verteenwoordigers van Christus in verband met die rigting van hulle werk.KE 409.3

    Die Heiland se besoek aan Fenicië en die wonderwerk wat Hy daar gedoen het, het 'n nog wyer doel gehad. Nie alleen vir daardie vrou, of vir Sy dissipels en diegene wat Sy werk aangeneem het, is die wonderwerk verrig nie, maar ook “dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in Sy Naam.” Joh. 20: 31. Dieselfde kragte wat mense agtien eeue gelede weggehou het van Christus, is vandag aan die werk. Die gees wat die skeidsmuur tussen Jood en heiden opgerig het, werk vandag nog. Hoogmoed en vooroordeel het sterk skeidsmure gebring tussen die verskillende klasse van mense. Christus en Sy werk is verkeerd voorgestel, en menigtes voel dat hulle uitgesluit is van die werk van die evangelie. Maar moenie hulle laat voel dat hulle uit-gesluit is van Christus nie. Daar is geen skeidsmure wat mense of die Satan kan oprig wat nie deur die geloof deurdring kan word nie.KE 409.4

    In die geloof het die vrou van Fenicië haarself gewerp teen die. skeidsmure wat opgebou is tussen Jood en heiden. Teen alle ontmoediging in, en ongeag die dinge wat haar kon laat twyfel, het sy vertrou op die Heiland se liefde. So wil Christus hê dat ons Hom ook moet vertrou. Die seëninge van die verlossing is vir elke siel. Niks behalwe sy eie keuse kan 'n man belet om 'n deelgenoot te word van die belofte in Christus deur die evangelie nie.KE 409.5

    Die kastestelsel is haatlik vir God. Hy ignoreer alles van daardie aard. In Sy oë is die siele van alle mense van gelyke waarde. “Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here mag soek, of hulle Hom miskien kan aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” Sonder om onderskeid te maak wat ouderdom of rang of nasionaliteit of godsdienstige voorregte betref, word almal uitgenooi om na Hom toe te kom en te lewe. “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid” nie. “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie.” “Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.” “Dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Hand. 17: 26, 27; Gal. 3: 28; Spreuke 22: 2; Rom. 10: 11-13.KE 410.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents