Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vyf Briewe Aan Lede Van Die Wesselsfamilie In Suid-Afrika

    Brief A (Julie 1892)

    North Fitzroy, Victoria,

    Julie 1892

    Geagte Broeder:

    . . . In ons ondervinding het ons dikwels gevind dat die Voorsienigheid die weg voorberei het vir die uitbreiding van die werk wanneer die moeilikhede waarmee ons genoeë moes neem in ons poging om die vaandel van die waarheid te plant, nie klein of gering was nie. Dit het geskyn asof die Satan elke duim grond in ons optog beveg het, en beproewinge en struikelblokke moes die hoof gebied en oorwin en smaad verduur word voordat ons pogings met sukses bekroon kon word. Hoe dikwels is werkers nie hoor sê nie: “As ek maar geweet het wat hierdie onderneming my sou kos, sou ek dit nooit aangepak het nie.” Maar ons Heiland, wat die Leier van die onderneming was, het die voile lengte van die donker en ontmoedigende weg gesien wat geloop sou moes word om die verlorenes te red. Het Jesus in hierdie taak geaarsel?GSA 29.1

    Was die lewe van die Vors van die lewe en heerlikheid sonder beproewing? Nee. Hy was ‘n man van smarte en bekend met krankhede. Nie ‘n steek wat Sy nederige hart deurpriem het, nie'n belediging wat teen Sy hoof geslinger is, nie ‘n ontbering wat Hy moes verduur, was nie vooraf aan Hom bekend, nog voordat Hy Sy koninklike kroon neergelê, Sy koninklike gewaad uitgetrek en van die troon afstand gedoen het om Sy Godheid met mensheid te beklee nie.GSA 29.2

    Die pad van die krip na Golgota was duidelik voor Hom afgemerk, en Hy wis watter verskriklike foltering vir Hom gewag het. Hy het dit alles geweet, en tog het Hy gesê: “Kyk, Ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe. Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-inGSA 29.3

    my ingewande.” En siende dat die Heiland al hierdie dinge moes ondervind, kan ons verwag dat die Satan ons met rus sal laat, ongestoord, om die grootse taak uit te voer om die vaandel van die waarheid in nuwe sendingvelde te plant?GSA 30.1

    Christus het aan die vitterige Jode gesê:“Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Johannes 8:12) Die blote feit dat Jesus die waarheid gepraat het, en met oortuiging, is die rede waarom die Jode Hom nie geglo het nie. Hy het gesê: “Omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.” (Joh. 8:45).GSA 30.2

    Dit was die waarheid wat hierdie eiegeregtige manne aanstoot gegee het. Die waarheid het die dwaasheid van hul dwaling aan die kaak gestel, en dit was onwelkom. Hulle sou liewers hul oë vir die waarheid sluit as om te erken dat hulle dit mis gehad het. Hulle het die waarheid nie liefgehad nie, want dit het hul leer en praktyke veroordeel. Hulle het dit nie liefgehad ondanks dit waarheid was nie. Hul eie goddelose rigting het hulle met die bediening van die waarheid laat fout soek. Hulle het die waarheid as kettery en fabels behandel, en het hulleself en ander mislei. Christus het vir die Fariseërs gesê: “En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.”GSA 30.3

    Sulke blindheid sal ons presies aan alle kante teëkorn; maar ons moet nooit mismoedig raak of versuim om die waarheid bekend te maak nie. Ons moet nooit ongeduldig word nie, want Christus was geduldig met ons in al ons wederstrewendheid, en Hy sal ons leer hoe om te arbei om die waarheid voor te dra soos dit in Jesus is. Gaan voort in die krag en Gees van Christus. Saam met hierdie krag is die teerste simpatie verenig vir diegene wat in duisternis verkeer.GSA 30.4

    Laat hierdie woorde soos klokkespel in ons ore weerklink.GSA 30.5

    “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Hoe naarstiglik smeek my siel om die hemelse gawe. Uit myself kan ek niks doen nie. Die krag en die heerlikheid is alles van God, “Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.” “Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.” Ek sien dat die werk van God so heilig is, dat ek nie daaraan durf raak sonder dat Jesus aan my sy staan nie. Alle mag, alle krag en alle heerlikheid behoort aan Hom wat ons liefgehad en Homself vir ons gegee het.GSA 30.6

    Ons nader gewis die einde van die aarde se geskiedenis, en God het Sy liefde aan ons bewys deur aan ons die waarheid te gee wat ons harte met soveel vreugde gevul het, dat ons liefde teenoor ander mag beoefen. Kyk hoe die Man van Golgota Sy lewe gee vir die sondes van die wêreld. Waarom? Sodat ons, in die aanskoue van sulke liefde vir die mens, dat almal wat glo nie sal verlore gaan nie, dieselfde liefde vir ons medemens sal voel. Liefde vir verlore siele het Christus na die kruis van Golgota gebring. Liefde vir siele sal ons tot selfverloëning beweeg, tot selfopoffering om die verlorenes te soek en te red. Julle is medewerkers van God. Die eie ek moet sterf en ons lewe met Christus in God verborge word. Liefde vir siele vir wie Christus gesterf het, beteken die kruisiging van die eie ek.GSA 31.1

    Daar kan nie liefde vir siele wees sonder dat ons eers die hoogste liefde vir God het nie. Dan sal ons drange, ons hele wil aan die Here se kant van die vraag wees. Hoogmoed en liefde vir vertoon kan nie in die hart leef waar daar liefde vir verlore gaande siele is nie. Ons wil ywerige leerlinge wees wat in die skool van Christus leer. Diegene wat hulleself nie verloën en die kruis opneem en Jesus volg nie, kan Sy dissipels nie wees nie.GSA 31.2

    Aangaande Sy dissipels het Jesus gesê:“Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.” Die liefde waarmee die oneindige God Sy Seun liefgehad het, moet oorgedra word aan die sondige mens wat in Jesus Christus glo. Hy stort Sy liefde uit deur diegene wat glo. Soos lewensbloed word die lewenskrag van daardie liefde deur elke deeltjie van ons aard versprei sodat dit in ons kan bly soos in Hom. Wonderbare woorde! Dat dit vir God moontlik is om ons lief te hê soos Hy Christus liefhet. Hy het die gelowige siel lief omdat Hy deel van Christus is - ‘n deelgenoot aan die Goddelike natuur.GSA 31.3

    Hoe pynlik moet dit nie vir die Gees van God wees om enigiets soos vervreemding, onenigheid en twis teen te kom nie. Die hart wat vol is van die liefde van Christus sal in liefde uitgaan na almal vir wie Christus gesterf het. Dieselfde selfverloëning sal deur die ryk man wat in Jesus glo beoefen word as deur die mense wat min van hierdie wêreld se besittings het, omdat hy weens onselfsugtige beginsels optree. “Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.”GSA 31.4

    Die Here Jesus het die mens in Sy eie lewe'n voorbeeld gegee.GSA 32.1

    Vir die selfsugtige, sondige hart, gee Hy die nuwe hart van liefde. Hy verander die hart en bring ‘n algehele omwenteling in die siel teweeg. Hy bring lig uit die duisternis voort, liefde uit vyandskap, en heiligheid uit onreinheid, sodat diegene wat in Christus glo, Christus se lewe en karakter aan die wêreld kan voorstel. Soos die apostel sê:“Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” - Brief 28,1892.GSA 32.2

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents