Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Selfverloëning vir die Werk (15 Februarie 1900)

    Elke siel is kosbaar vir die Here, en ek wonder wat gedoen kan word vir die verlate velde waar die kudde van die Here sonder herder sit. Ek het gedink dat as elke Sewendedag-Adventistegesin gedurende die jaar 1900 elke onnodige en selfsugtige uitgawe sou besnoei en die geld wat so bespaar word in die skatkis van die Here sou sit, daar “voedsel in sy huis” sal wees.'n Ryke seën sal rus op diegene wat hulself so verloën. Die Here sal hulle meer gee om te gee. Ons het hierdie vrugte van selfverloëning op die oomblik so dringend nodig om vrouesendelinge in die veld te onderhou. O, hoe het my siel nie gedors na die pennies en sjielings en ponde wat deur die vingers glip van diegene wat nie besef hoeveel hulle vir selfverheerliking uitgee nie. Christus honger en dors na die geld wat mans, vroue en kinders agteloos vir selfbevrediging uitgee. As hulle hul drange wou verloën kon hierdie geld gebruik word om kosbare werk vir Christus te verrig. Hy sê aan almal, oud en jonk: “Ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.”GSA 50.1

    Daar is werk nodig aan die volk van God sodat hulle hul vermoëns reg kan aanwend. God verlang dat elkeen sy deel sal doen om geld te spaar vir die baie hulpkrete wat ontvang word om die werk van God voort te sit. Hierdie werk moet nooit ophou nie; dit moet voorsiening maak om te onderrig, onderrig in die kennis van die Woord van God; dit moet die Skrifte oopslaan vir diegene wat in duisternis verkeer. - Brief 24, 1900.GSA 50.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents