Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief D (17 Maart 1893)

    Auckland, Nieu-Seeland

    17 Maart 1893

    Geagte Broeder:

    ... Ons sou in hierdie wêreld hopeloos verslae kon raak, soos die duiwel dit wil hê, as ons aanhou kyk na die dinge wat omstel, want deur ons daarop toe te spits en daarvan te praat, word ons mismoedig. Deur ander te kritiseer omdat nie lifde aan die dag lê nie, sal ons die kosbare plan van die liefde in ons eie harte doodsmoor. Het ons die heerlike gloed van die liefde wat Christus in Sy lewe aan die dag gelê, individiueel gewaardeer en gevoel? Dan is dit ons plig om hierdie liefde aan die wêreld te openbaar. Laat ons bang wees om ons gedagtes te vestig op die groot foute wat ander begaan deur nie liefde teenoor hul broeders en susters te betoon nie, of om daaroor te praat. Bestee so min tyd moontlik aan hierdie saak; maar moenie versuim om behoorlik aandag te gee aan die kosbare waarhede wat ons ontvang het van lippe wat deur'n lewende kool uit die altaar aangeraak is nie. Loof God dat lig vir die regverdiges gesaai is en blydskap vir die opregtes van hart. Praat oor die voorligting wat jy ontvang het wat ‘n fees van vettigheid vir jou was. Sorg dat jy in jou karakterbou die stewige balke van die waarheid inbou. Laat die verhewe waarhede wat jy gehoor het, in die getroue uitvoering van God se voorskrifte geopenbaar word.GSA 38.1

    ’n Mens kan ‘n fantasiewêreld in jou eie gedagte skep en jou ‘n ideale kerk voorstel waar die versoekinge van die Satan nie langer tot die kwade aanspoor nie; maar volmaaktheid bestaan net in die verbeelding. Die wêreld is een wat in sonde verval het en die kerk is ‘n plek wat voorgestel word deur'n land waarop sowel koring as onkruid groei. Hulle moet saam groei tot oestyd. Dit is nie ons taak om die onkruid uit te trek volgens ons menslike wysheid nie, anders kan die koring op aandrang van die Satan dalk saam uitgetrek word onder die waan dat dit onkruid is. Die wysheid wat van Bo is, sal na hom toe kom wat sagmoedig en nederig van hart is, en daardie wysheid sal hom nie besiel om te vernietig nie, maar om die kinders van God op te bou...GSA 38.2

    O, moedig jou siel aan om op te sien na Jesus. Vertel almal hoe gevaarlik dit is om sy eie siel se ewige gesondheid te verwaarloos deur na die sieklike siele van ander te kyk, deur te praat van die lelike karakters wat gevind word in diegene wat die Naam van Christus bely. Die siel word nie meer en meer op Christus geskoei deur die kwaad te aanskou nie, maar word soos die kwaad wat dit aanskou. Dieselfde eieliefde, dieselfde botviering van die eie ek, dieselfde opvlieende geaardheid, dieselfde iesegrimmigheid, dieselfde fyngevoeligheid en eiewaan, dieselfde onwilligheid om raad aan te neem, dieselfde ongeheiligde, onafhanklike oordeel, sal betoon word deur diegene wat kritiseer as deur dié wat gekritiseer word. Hulle sal handel asof hulle Christus nie as hul patroon en voorbeeld het nie. O, hoe nodig is dit nie dat ons moet waak teen die Satan se strikke nie. ...GSA 38.3

    My liewe broeder, jy het gesien hoe die mens is wanneer hy nie in noue gemeenskap met God leef nie, selfs onder mense wat hulle Christene noem. Maar watter betekenis het dit vir jou? Dit is sodat jy kan leer sê: “Ek is so swak soos die swakste van hierdie arme siele wat dwaal.” Jy kan sê dat jy weet dit vereis genade en krag van Christus om vermaning, bestraffing en raad van die woord van die Here deur Sy dienaars gedwee te aanvaar. Ware nederigheid word aan die Christen geleer deur die Heilige Gees, en onder dissipline sal selfvertroue, as dit in ons nie dood is nie, homself op die voorgrond stoot en sy onooglike verwikkelinge aan die lig bring...GSA 39.1

    Hy wat nie raad en vermaning van God se menslike werktuie wil aanneem nie, loop gevaar om nie die hemelse vermaning te ontvang nie en hy sal hom noodlottiglik misgis as sy gees nie verander nie. Hy sal ander met agterdog bejeën, en dink dat hulle in die ongelyk is, en met hierdie houding sal dit nie moontlik wees om hom reg te help nie; want hy sal redeneer dat dit nie nodig is nie. Christene moet gewillig wees om te leer, hulle het selfbeheersing nodig, hulle moet nadink oor die dinge wat vir hulle voorgehou word, en vrees dat hul eie gedrag dalk nie volmaak is nie wanneer hulle soveel tekortkominge raaksien in hul broeders wat hulle daartoe beweeg om te beskuldig en te veroordeel...GSA 39.2

    Die wysheid wat lei na vervreemding, meningsverskille, onenigheid en rusie “is nie wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade. Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.”GSA 39.3

    O, waarom is die mens tog so gereed om toe te gee aan versoeking? So weifelend in hul doel, so swak om die woord van God te beoefen? Waarom is hulle so swak in hul optrede? Waarom word die heerlikheid van Jesus so dof gesien? Waarom word Sy kosbaarheid so min besef, Sy liefde so gebrekkig ondervind? Laat dit jou gebed wees: “Here, toon my u heerlikheid.” - Brief 63, 1893.GSA 39.4

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents