Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Woorde aan die Werkers in Afrika

    Summer Hill, Sydney

    18 Junie 1900

    Die leraars, die sendelinge van God, moet hulle met Hom verenig. As hulle op Hom vertrou en hulle siele aan Hom toevertrou wat'n onfeilbare Skepper is, sal Hy wat aan Hom toevertrou is, bewaar tot op daardie dag. Diegene wat Hom eer, sal Hy vereer.GSA 85.1

    Die Here het ‘n groot taak wat wag om verrig te word.GSA 85.2

    Gedurig vind veranderinge plaas. In ons omgang met mense van'n ander nasionaliteit, opvoeding en ondervinding sal ons vind dat dit'n stryd op lewe en dood is om die evangelie in sy voile reinheid te verkondig. Ons moet geen verbintenisse met menslike instansies aangaan wat vir ons ‘n strik sal blyk te wees nie.GSA 85.3

    Ras is niks in die oë van God nie. Christelike ondervinding en heiligmaking deur die waarheid is in Sy beskouing alles.GSA 85.4

    Waag niks in saketransaksies tensy die hemelse God te kenne gee dat so ‘n onderneming nie'n doring in die godsdienstige lewe sal wees nie.GSA 85.5

    Ek sê vir julle daar wag ‘n stryd op lewe en dood vir ons, ‘n stryd met mense wat nie in Christus bly nie, wat in geen opsig rentmeesters van God is nie. Manne met sterk temperamente en byna ontembare karakters sal voorstelle maak wat die Here aan my getoon het dat dit liewer nie aangeneem moet word nie. Moet nie met hulle saamwerk nie.GSA 85.6

    Al veiligheid wat daar vir die sterk temperamente in Afrika is, is om ‘n heel nuwe hoofstuk in hul lewe te begin. Harte moet sag gemaak word. Hulle moet die juk van Christus op hulle neem, anders sal hulle nooit die koninkryk van die hemele binnegaan nie. ‘n Sterk gees oorheers in Afrika wat aan die gees van God onderwerp moet word. Daar is hartstogtelike mense wat maklik op loop gesit kan word. Hulle verloor hul selfbeheersing en word onredelik. God se kinders moet op Hom wag. Die welsyn van die saak van God het sorgvuldige oorweging nodig. Dit moet nie, met sy moontlikhede en waarskynlikhede, gekoop of verkoop word nie. Ons het een Meester, en dit is Christus.GSA 85.7

    Sake, soos aan my geopenbaar, is nie bemoedigend nie.GSA 86.1

    Goddelike insig is nodig om die resultaat te sien van saketransaksies tussen partye wat feitlik onmoontlik is om te verenig. Die sendingwerk is ‘n grootse onderneming, en diegene wat God rentmeesters gemaak het, moet hulle nie veroorloof om hulle in enige verbintenis te begewe wat God, wat van die begin af die einde sien, nie kan verdedig of bekragtig as iets wat Sy heilige Naam sal verheerlik nie. God moet geraadpleeg word oor die wyse waarop Sy werk voortgesit moet word sonder dat ‘n draadjie selfsug daarin geweef is. God sal handel. Hy sal die middele voorsien vir die voortsetting van Sy werk sonder om verstrengel te raak. Sy werk moet nie aan bande gelê word omdat mense verkies om volgens die verwronge menslike natuur te handel pleks van hulle te onderwerp om na die Goddelike gelykenis gevorm en gefatsoeneer te word nie.GSA 86.2

    In Afrika sowel as in Amerika en Australië is mense uit die steengroef van die wêreld gehaal, nie om as ruwe klippe gelaat te word nie, maar om na die werkswinkel van God geneem en aan die byl en hamer en beitel van die evangeliewaarheid onderwerp te word totdat al die ruwigheid verdwyn en hulle gereed vir die hemelse polering is. Die ruwigheid is nog nie weggewerk nie. Baie is nog nie deur die Gees van God versag nie. Die gevolg is dat die werk in Afrika en Amerika en ander dele van die Here se wingerd nie vooruitgegaan het soos dit moet nie.GSA 86.3

    Ons doen wat ons kan, volgens die lig wat aan ons gegee is, vir Australië. Daar word aan ‘n regstreekse behoefte voorsien deur die werk van vroue wat hulle aan die Here gewy het en wat die behoeftige, sondegeteisterde wêreld in sy behoefte tegemoetkom - mense wat die waarheid verlang maar nie weet dat hulle dit verlang nie. Persoonlike evangelisasiewerk moet verrig word. Mense moet bereik word deur van huis tot huis te arbei. Die vroue wat hierdie werk onderneem het, doen alles behalwe om van die preekstoel af te preek. Hulle neem die evangelie na die huise van die mense in die paaie en lanings. Hulle lees en verklaar die Woord vir gesinne, bid saam met hulle, sorg vir die sieke, en lenig hul tydelike nood. Hulle hou aan gesinne en individue die reinigende, vernuwende invloed van die waarheid voor. Hulle toon aan hulle dat die weg na vrede en geluk en blydskap is om Jesus te volg.GSA 86.4

    Die Here het broeder John Wessels toegelaat om na Afrika te gaan en leraar Daniells om hom te vergesel. Maar aan my is getoon dat daar iets in die harte van die mense van Afrika is wat nie maklik te bowe gekom sal word nie, iets wat toon dat sommiges nie bekeer is nie. Hulle verkeer nie onder die tug van die Here nie. Hulle aanvaar nie God se weg om vir hulle welsyn te handel nie, maar verkies hul eie weg. Hulle moet nog in die skool van Christus Sy sagmoedigheid en nederigheid leer. Hulle moet nog saam met Paulus leer dat om ter wille van Christus te ly, vir hulle tydelike en ewige welsyn is. Paulus het die huidige lyding beskou as iets wat nie opweeg teen die heerlikheid wat sou volg nie. Hy het hemelse skatte bo aardse voordele verkies. Hy het niks in die wêreld gesien wat die moeite werd is om voor te lewe nie, behalwe die vreugde om die wil van God van harte te kan doen en om al die gevolge aan God toe te vertrou.GSA 86.5

    God wil graag sien dat die siele van Sy volk in Afrika oormeester sal word deur'n strewe wat sy oorsprong in die hemel het. Maar watter taak wag daar nie om verrig te word nie! Die mense het nie van die groot Leermeester geleer nie. Die menseaard is, wanneer dit ononderworpe, ongeheilig en verdorwe is, ‘n baie eienaardige en wonderlike ding. Dit neem ‘n groot verskeidenheid vorme aan, omdat dit nie deur die Heilige Gees beheers word nie. Maar wanneer die Here Jesus ‘n inblywende teenwoordigheid in die siel is, hoef niemand die waarde van die mens, man of vrou, in twyfel te trek nie.GSA 87.1

    Paulus het aan Timotheus, sy seun in die evangelie, geskryf:GSA 87.2

    “God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene, nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus geskenk is.”GSA 87.3

    Petrus verklaar: “Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uirverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord:GSA 87.4

    Die steen wat die bouers verwerp het, dit het'n hoeksteen geword; en: ‘n Steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling - vir die wat hulle daarteen stamp omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. Maar julle is’n uitverkore geslag,'n koninklike priesterdom,'n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.”GSA 88.1

    Hierdie hele hoofstuk [1 Petrus 2] moet bestudeer word. Dit bevat voorligting wat die newel en mis van skeptisisme sal verdryf, die bose ding wat die Satan oor die pad laat val om die lig te verduister wat van die Vader van lig af kom. - MS 31, 1900.GSA 88.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents