Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief aan ‘n Sendelingvrou in Afrika

    “Sunnyside,” Cooranbong

    27 April 1898

    Dierbare Suster :

    Ons was ontsteld om te hoor van die dood van jou man in verre Afrika, en jy kan daarvan verseker wees dat jy ons meegevoel het. Ons wil baie graag van jou hoor om te weet hoe hierdie beproewing jou houding teenoor die werk raak. Ons voel so hartseer dat ons twee van ons sendelinge moet verloor wanneer arbeiders reeds so min is. Dit is’n harde slag wat jy baie diep sal voel. ...GSA 67.1

    Ons sal jou baie graag wil sien na so'n lang skeiding. Sal jy asseblief aan ons skryf in verband met jou eie gesondheid en die sendingstasie wat so pas van sy werkers beroof is. Ons verlang so om die besonderhede van jou man se siekte en dood te verneem, en ook van broeder Carmichael se dood. In ons blaaie het ons die geskiedenis van daardie sendingveld gelees en van jul sendingarbeid. Julle het Christus met julle in alle plekke en te alle tye gehad, en alle paaie is heilig vir hulle wat met Hom wandel. As Sy verteenwoordigers het julle saam met Hom gely. Julle het ontbering in ‘n vreemde land geleer ken. Julle harte is bedroef by die aanskoue van arme, ellendige mense wat om julle sterf weens gebrek aan voedsel en klere.GSA 67.2

    Deur Sy hele lewe op aarde was Christus ‘n Goddelike sendeling, en Sy liefde vir siele is nie deur honger, dors of moegheid gedemp nie. Hy was die wêreld se grootste Leermeester. Hy het gekom om te soek en te red wat verlore was. Ons sal ons verheug omdat ons medearbeiders van God kan wees, dat ons nederige werktuie kan wees vir Sy diens. Hy laat die lig van Sy eie rein, hemelse waarheid in die kamers van die gees skyn, en in die sieletempel van die behoeftige siele wat verlang na die lig en waarheid wat Hy alleen kan gee.GSA 67.3

    O,hoe dankbaar voel my siel om jou ontwil dat die Een wat die man van smarte was wat bekend was met krankheid, wat dikwels honger en dors was, in jou beproewing en verlies al jou behoeftes, jou beproewinge, jou lyding, jou eensaamheid, op Hom kan neem. Die Here Jesus is jou helper, jou hersteller. Die Gewer van alle seëninge sal jou en almal wat in Sy diens moet ly, seën en vertroos en versterk. - Brief 32,1898.GSA 67.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents