Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Getuienisse aan Suider-Afrika

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Uittreksels uit Ander Briewe aan die Wesselsfamilie

    Die Suurdeeg van die Waarheid (17 Februarie 1897)

    Ons groot belangstelling moet in die werk van die Here wees. Die hele siel moet vol ywer wees om te arbei terwyl dit dag is; want die nag kom wanneer niemand kan werk nie. Die waar-skuwingsboodskap moet aan die wêreld gegee word. Ek durf nie onverskillig wees wanneer daar siele is wat gered moet word vir wie Christus gesterf het nie. Die suurdeeg van die waarheid moet ingevoeg word. Ons sien hoe stede word soos hulle was in die tyd van Noag, en soos Sodom en Gomorra. Die inwoners plant en bou. Hul drifte word deur speletjies, perdewedrenne en allerhande onmatigheid tot intense handeling geprikkel. Die koors trek deur elke aar en die hart pols van die rustelose gety van ‘n onheilige emosie. Derduisende versink in'n stomme lusteloosheid. Hulle slaap is so diep asof hulle'n kragtige, giftige dwelmstof in het. Hulle is dood in sonde en ongeregtigheid. En tog word geen werk vir die Here in hierdie stede verrig nie. Die hele neiging is tot verderf, en die einde is ‘n sedelike swakte wat dood vir die siel spel. Waarom sal ons ons nie verontrus nie?GSA 47.1

    Alleen die suurdeeg van die waarheid kan die mense van hierdie stede bereik. Daar moet op die hulp van die groot EK IS staatgemaak word. Die helende fontein moet verkondig word. “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink.” Die balsem van die Heiland se liefde moet bekend gemaak word om die siele te genees wat deur sonde gekneus is. Die magtige vermoëns van die Heilige Gees, met sy lewendmakende, herstellende, vernuwende krag, moet op die verlamde siele toegepas word. Ek kan aan geen ander weg dink waarlangs ons hierdie werk kan doen nie as om mediese sendingwerk aan te pak. - Brief 130, 1897.GSA 47.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents