Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    Die bergpredikasie is die hemel se seënwense aan die wêreld -'n stem vanaf die troon van God. Dit is aan die mensdom gegee as 'n riglyn en ook as die lig van die hemel, hul hoop en vertroosting wanneer hul neerslagtig is, hul vreugde en troos in alle omstandighede van die lewe. Hier uiter die Predikerprins, die Meesteronderwyser, die woorde wat die Vader aan Hom gee.MOR 4.1

    Die bergpredikasie is Christus se groete, nie slegs aan diegene wat glo nie, maar aan die hele mensdom. Dit blyk vir 'n oomblik of Hy vergeet het dat Hy in die wêreld is en nie in die hemel nie; en Hy gebruik die bekende groetvorm van die wêreld van lig. Seënwense stroom van Sy lippe soos die uitstort van 'n lank-opgekropte stroom van lewe.MOR 4.2

    Christus laat ons nie twyfel oor watter karaktertrekke Hy altyd sal erken en seën nie. Hy draai weg vanaf die ambisieuse wêreldsgunstelinge, na diegene wat deur hulle misken word, en spreek sy seën uit op almal wat Sy lig en lewe ontvang. Vir die armes van gees, die nederiges, die wat hartseer is, die wat verag word, die vervolgdes, maak Hy Sy arms oop, met die woorde, Kom na My toe,... en ek sal julle rus gee.MOR 4.3

    Christus kan die ellende van die wêreld aanskou sonder 'n sweem van spyt dat Hy die mens geskape het. In die mensehart sien hy meer as sonde, meer as ellende. In Sy onbeperkte wysheid en liefde sien Hy die mens se moontlikhede, die hoogtes wat hy kan bereik. Hy weet dat, al het hul hul genade-gawes misbruik en hul Godgegewe waardigheid vernietig, die Skepper steeds in hul verlossing verheerlik sal word.MOR 4.4

    Die woorde wat Christus vanaf die berg gespreek het, sal altyd hul krag behou. Elke sin is 'n juweel uit die skatkis van waarheid. Die beginsels hier uitgestippel is vir alle eeue en alle klasse mense. Met goddelike krag het Christus Sy geloof en hoop geuiter, terwyl Hy klas na klas as geseënd verklaar het, as gevolg van die goddelike karakters wat hul ontwikkel het. Deur geloof in Hom kan elkeen reik na die standaard wat in Sy woorde omhooggehou word.MOR 4.5

    E.G.W.

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents