Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.” Mattheüs 6:10.

    Die wil van God word in Sy heilige wet uitgedruk, en die beginsels van hierdie wet is die beginsels van die hemel. Die hemelse engele bereik geen hoër kennis as om die wil van God te ken nie, en om Sy wil te doen, is die verhewendste diens waarvoor hulle hul kragte kan inspan.MOR 120.3

    Maar in die hemel word diens nie gelewer asof dit 'n wetsverpligting is nie. Toe die Satan hom teen die wet van die Allerhoogste verset het, het die besef dat daar 'n wet is die engele amper as 'n verrassing getref - as iets waaraan hulle nie gedink het nie. Die engele dien nie as knegte nie, maar as seuns. Daar heers volkome eenheid tussen hulle en hul Skepper. Gehoor-saamheid is vir hulle geen las nie. Omdat hulle God liefhet, is hul diens die ene genot. Net so weerklink die woorde van Christus in elke siel waarin die heerlike verwagting woon: “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” Psalm 40:9.MOR 121.1

    Die versoek: “Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde,” is 'n gebed dat die bewind van sonde op hierdie aarde moet eindig, dat die sonde vir ewig uitgewis moet word en die koninkryk van geregtigheid gevestig moet word. Dan sal “alle welgevalle aan wat goed is” (2 Thessalonicense 1: 11) net soos in die hemel ook op aarde volbring word.MOR 121.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents