Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”Mattheüs 5:9.

    Christus is die “Vredevors” (Jesaja 9:6), en Sy sending is om die vrede wat deur die sonde geskend is, in die hemel en op aarde te herstel. “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.” Romeine 5:1. Elkeen wat bereid is om die sonde te versaak en wat sy hart oopmaak vir die liefde van Christus, word 'n deelgenoot van hierdie hemelse vrede.MOR 35.1

    Daar is geen ander grondslag vir vrede nie. As die genade van Christus die hart vul, verdryf dit vyandskap; dit beëindig onenigheid en vul die siel met liefde. Dié wat vrede met God en met hulle medemense het, kan nie ongelukkig wees nie. Jaloesie sal in daardie hart nie gevind word nie; bose vermoedens sal daar geen plek vind nie, en haat kan daar nie bestaan nie. Die hart wat in voeling met God verkeer, het die hemelse vrede, en die geseënde invloed daarvan sal uit hom straal. Die vrede sal soos dou wees op harte wat vermoeid en belas is met wêreldse twis.MOR 35.2

    Christus se volgelinge word met 'n vredesboodskap na die wêreld gestuur. Elkeen wat die liefde van Christus onwetend deur die stille invloed van 'n heilige lewe openbaar; elkeen wat 'n ander deur woord en daad daartoe beweeg om die sonde te versaak en sy hart aan God te gee, is 'n vredemaker.MOR 36.1

    En “salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” Die vreedsame gees bewys hul verbinding met die hemel. Die soete teenwoordigheid van Christus omring hulle. Hul verkwiklike lewe en skoonheid van karakter toon aan die wêreld dat hulle kinders van God is. Mense is bewus daarvan dat hulle by Jesus was. “Elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.” “As iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie,” maar “almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” 1 Johannes 4:7; Romeine 8:9, 14.MOR 36.2