Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid.” Mattheüs 6:13.

    Soos die aanvangsin van die modelgebed, leer die slotsin ons dat onse Vader verhewe is bo alle mag en gesag en elke naam wat genoem word. Die Heiland het 'n toekomsblik gewerp op die jare wat vir Sy dissipels voorgelê het, en hulle anders gesien as wat Sy dissipels gedroom het - nie in die sonlig van wêreldse voor-spoed en eer gehul nie, maar donker van die storms van mense-haat en sataniese toorn. Die voetstappe van die dissipels, omring deur die volk se stryd en ondergang, sou hulle deur baie gevare lei, en dikwels sou vrees hul harte beklem. Hulle sou Jerusalem in puin sien, die tempel verwoes, om nooit weer vir aanbidding gebruik te word nie, met Israel deur alle lande verstrooi, soos wrakke op 'n woestynkus. Jesus het gesê: “Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.” “Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal honger-snode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.” Mattheüs 24:6-8. Tog moes Christus se volgelinge nie vrees dat hulle geen hoop meer het of dat God die aarde verlaat het nie. Die krag en die heerlikheid behoort aan Hom wie se planne ongehin-derd verwesenlik sal word. In die gebed wat hul daaglikse behoeftes te kenne gee, is die dissipels aangesê om bo al die krag en heerskappy van die Bose heen te kyk na die Here hulle God, wie se koninkryk oor almal heers en wat hul Vader en ewige Vriend is.MOR 132.2

    Die verwoesting van Jerusalem was simbolies van die uitein-delike verwoesting wat oor die wêreld sal kom. Die profesieë, wat gedeeltelik vervul is in die omverwerping van Jerusalem, is meer regstreeks van toepassing op die laaste dae. Ons staan op die vooraand van grootse en gewigtige gebeurtenisse. 'n Krisis lê voor ons soos wat die wêreld nog nooit beleef het nie. En die-selfde soete versekering wat aan die eerste dissipels gegee is, word aan ons gegee, dat die koninkryk van God oor alles heers. Die program van gebeurtenisse berus in die hande van ons Maker. Die hemelse Majesteit het die bestemming van die volke, asook die belange van Sy kerk, in Sy eie hande. Die Goddelike Leermeester sê vir elke werktuig in die vervulling van Sy planne, soos Hy vir Kores gesê het: “Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie” (Jesaja 45:5).MOR 133.1

    In die gesig van die profeet Esegiël verskyn daar 'n hand onder die vlerke van die gerubs. Dit is 'n les aan Sy dienaars dat dit die krag van God is wat hulle sukses besorg. Diegene wat God as Sy boodskappers gebruik, moet nie dink dat Sy werk van hulle afhang nie. Dit word nie aan sterflinge oorgelaat om die verant-woordelikheid te dra nie. Hy wat nooit sluimer nie, wat gedurig aan die werk is om Sy planne uit te voer, sal Sy werk voortsit. Hy sal die planne van goddelose mense verydel en verwarring bring onder diegene wat saamsweer om Sy volk kwaad aan te doen. Hy wat die Koning is, die Here van die leërskare, sit tussen die gerubs, en te midde van die stryd en beroering onder die nasies beskerm Hy steeds Sy kinders. Hy wat in die hemele regeer, is ons Verlosser. Hy meet elke beproewing, Hy waak oor die vuuroond wat elke siel louter. Wanneer konings se vestings val, wanneer die pyle van woede Sy vyande se harte tref, sal Sy volk veilig in Sy hande wees.MOR 133.2