Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie.” Mattheüs 6:19.

    Skatte wat op die aarde opgegaar is, sal nie hou nie; diewe breek in en steel; die mot en die roes verniel; vuur en storm voer jou besittings weg. En “waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Opgegaarde aardse skatte sal die gedagtes in beslag neem en die hemelse dinge uitsluit.MOR 95.2

    Geldgierigheid was die heersende drang in die tyd van die Jode. Wêreldsgesindheid het die plek van God en godsdiens in die siel ingeneem. So is dit nou. Inhaligheid kry so 'n houvas op die lewe dat dit die mens se edelmoedigheid bederf en hom sy menslikheid ontroof totdat hy in die verderf insink. Die Satan se diens is vol sorge, bekommernis en vermoeienis, en die skatte waarvoor mense op aarde werk, is maar net tydelik van duur.MOR 95.3

    Jesus het gesê: “Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”MOR 95.4

    Die opdrag is: “Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel.” Dis in u eie belang om hemelse rykdom te verwerf. Van al wat u besit, is dit al wat u sal oorhou. Die skatte wat in die hemel bymekaargemaak word, is onverganklik. Geen brand of oorstroming kan dit vernietig nie, geen dief kan dit buit nie, geen mot of roes kan dit verniel nie, want God bewaar dit.MOR 96.1

    Hierdie skat, wat Christus van onberekenbare waarde ag, is “die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges” (Efesiërs 1:18). Jesus se dissipels word Sy “juwele” genoem, Sy kosbare eiendom. Hy sê: “Hulle is kroongesteentes.” “Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir” (Sagaria 9:16; Jesaja 13:12). Christus beskou Sy gelou-terde, vervolmaakte volk as die beloning vir al Sy lyding, verne-dering en liefde - die aanvulling van Sy heerlikheid. Christus is die groot Middelpunt waaruit alle heerlikheid straal.MOR 96.2

    En aan ons word dit gegun om met Hom saam te werk in die groot verlossingstaak en om 'n aandeel te hê in die rykdom wat Sy lyding en dood verwerf het. Die apostel Paulus het aan die Christene van Thessalonika geskryf: “Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.” 1 Thessalonisense 2:19, 20. Dit is die skat waarvoor Christus wil hê dat ons moet arbei. Karakter is die groot lewensoes. Elke woord of daad wat 'n siel deur die genade van Christus aanspoor om hemelwaarts te reik, elke poging wat die vorming van 'n Christelike karakter aanmoedig, is die versameling van rykdom in die hemel.MOR 96.3

    Waar die skat is, daar sal die hart wees. Elke poging om ander te help, strek tot ons eie voordeel. Hy wat tyd of geld aan die verkondiging van die evangelie bestee, gebruik sy eie belang-stelling en gebede vir die werk en vir siele wat daardeur bereik moet word; sy liefde gaan na ander uit en hy word aangespoor tot groter toewyding aan God, sodat hy in staat gestel kan word om hulle in die grootste mate te help.MOR 96.4

    In die laaste dag, wanneer die rykdom van die aarde sal ver-gaan, sal hy wat vir hom skatte in die hemel bymekaargemaak het, sien wat sy lewe vir hom besorg het. As ons die woorde van Christus gehoorsaam het, sal ons, wanneer ons voor die troon van God staan, duisende siele sien wat deur ons bemiddeling gered is, en ons sal weet dat die een weer andere gered het, en hulle nog weer andere - 'n groot skare wat deur ons pogings die hawe van rus gehaal het en wat almal hul krone voor Jesus sal neerlê en Hom in alle ewigheid sal prys.MOR 97.1