Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “... dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.” Mattheüs 5:39.

    Die Jode se aanraking met die Romeinse soldate het gedurig tot onaangenaamhede gelei. Afdelings troepe is op verskillende plekke deur die hele Judea en Galilea gestasioneer, en hul teen-woordigheid het die volk herinner aan hul eie vernedering. Met bitterheid van gees het hulle die harde geskal van die trompette gehoor en gesien hoe die troepe hulle om die Romeinse vlag op-stel en eerbiedig buig voor die simbool van sy mag. Daar was dikwels insidente tussen die soldate en die volk, en dit het die volk se haat net meer aangeblaas. Dikwels het 'n Romeinse beampte met sy wag van die een plek na 'n ander getrek en Joodse plaaswerkers wat êrens in 'n land gewerk het, gedwing om dragte teen die berg uit te dra of om ander nodige werk te verrig. Dit was Romeinse wet en gebruik, en verset teen so 'n opdrag het net tot vernedering en wreedheid gelei. Elke dag het die drang feller in die harte van die volk gebrand om die Romeinse juk af te skud. Veral die moedige, geharde Galileërs was ryp vir opstand. Kapernaum, 'n grensdorp, was die setel van 'n Romeinse garnisoen, en terwyl Jesus nog gepraat het, het die opwagting van 'n afdeling soldate Sy gehoor herinner aan Israel se bittere vernedering. Die volk het gretig na Christus opgesien en gehoop dat Hy die Een sou wees wat die trots van Rome tot in die stof sou verneder.MOR 75.3

    Jesus aanskou die gesigte voor Hom met droefheid. Hy sien die gees van wraak wat sy bose stempel op hulle afgedruk het, en Hy weet hoe bitter die volk verlang na die mag om hul onder-drukkers te vernietig. Bedroef sê Hy vir hulle: “Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.”MOR 76.1

    Om die brood van die lewe vir Sy vyande te bring, het ons Heiland Sy verblyf in die hemele verlaat. Hoewel Hy van die wieg tot in die graf belaster en vervolg is, het Hy net met vergewende liefde gereageer. Deur die profeet Jesaja sê Hy: “Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.” “Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.” Jesaja 50:6; 53:7. En deur die eeue, van die kruis van Golgota af, weerklink Sy gebed vir Sy moordenaars en Sy boodskap van hoop aan die sterwende misdadiger.MOR 77.1

    Die Vader se teenwoordigheid het Christus omring, en niks het Hom oorgekom nie behalwe wat die oneindige liefde toegelaat het tot seën van die wêreld. Dit was Sy bron van sterkte, en is ook ons s'n. Hy wat met die Gees van Christus besiel is, bly in Chris-tus. Die hou wat na hom gemik word, val op die Heiland wat hom met Sy teenwoordigheid omring. Wat hom ook al oorkom, kom van Christus af. Hy het nie nodig om hom teen die Bose te ver-weer nie, want Christus is sy verdediging. Niks kan hom aanraak nie behalwe met die vergunning van onse Here, wat toelaat dat “alles ten goede meewerk” “vir hulle vir wie God liefhet” (Romeine 8:28).MOR 77.2

    “En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.”MOR 77.3

    Jesus het Sy dissipels aangesê om, pleks van hulle te verset teen die eise van gesagdraers, selfs meer te doen as wat van hulle verwag word. En, sover moontlik, moet hulle elke verpligting nakom, selfs al is dit meer as wat die landswette vereis. Die wet, soos deur Moses gegee, het 'n baie tedere sorg vir die armes vereis. As 'n arm man sy kledingstuk as pand gegee het, of as sekuriteit vir skuld, was dit die skuldeiser nie geoorloof om die huis binne te gaan om dit te gaan haal nie; hy moes in die straat wag dat dit na hom toe gebring word. En afgesien van om-standighede, moet die pand in die aand aan die eienaar terugbe-sorg word (Deuteronomium 24:10-13). In Christus se tyd het die mense hulle nie veel aan hierdie genadebepaling gesteur nie; maar Jesus het Sy dissipels geleer om hulle neer te lê by die beslissinge van die hof, selfs al sou dit meer eis as wat die wet van Moses gemagtig het. Al sou dit deel van hul kleding eis, moes hulle dit gee. Meer nog, hulle moes aan die skuldeiser gee wat hom toekom, indien nodig meer as wat selfs die hof hom die reg gegee het om beslag op te lê. “Hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom die bo-kleed ook kry.” En as die koeriers wil hê u moet 'n myl met hulle saamgaan, gaan met hulle twee myl saam.MOR 77.4

    Jesus het bygevoeg: “Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.” Dieselfde les is deur Moses gegee: “Moet... jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie. Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.” Deuteronomium 15:7, 8. Hierdie skrifgedeelte verduidelik die Heiland se woorde. Christus sê nie ons moet onoordeelkundig gee vir almal wat om aalmoes vra nie; maar Hy sê: “Jy moet... aan hom leen, genoegsaam vir sy be-hoefte.” En dit moet eerder 'n geskenk as 'n lening wees, want ons moet “leen sonder om iets terug te verwag” (Lukas 6:35).MOR 78.1

    “Wie homself met sy aalmoes gee, voed drie: homself, sy honger naaste, en vir My.”MOR 78.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents