Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Mattheüs 5:10.

    Jesus beloof Sy volgelinge nie aardse heerlikheid of rykdom of 'n sorgelose lewe nie, maar Hy bied hulle die voorreg om saam met hulle Meester in die weë van selfverloëning en verwyt te wandel omdat die wêreld hulle nie ken nie.MOR 38.1

    Hy wat gekom het om die wêreld te verlos, moes die verset van die verenigde magte van die teenstanders van God en mens verduur. Meedoënloos het bose mense en bose engele hulle teen die Vredevors geskaar. Hoewel elke woord en daad van Hom van Goddelike barmhartigheid getuig het, is Hy gehaat omdat Hy so anders as die wêreld was. Omdat Hy die botviering van die bose hartstogte van ons natuur nie wou goedpraat nie, het Hy verwoede vyandskap en teenstand uitgelok. So gaan dit met almal wat godvrugtig in Christus wil leef. Tussen geregtigheid en sonde, liefde en haat, waarheid en valsheid is daar 'n onversoenbare botsing. As iemand die liefde van Christus en 'n mooi heilige lewe aan die dag lê, trek hy die onderdane van die koninkryk van die Satan weg, en dit maak die vors van die duisternis opstandig. Vervolging en verwyt wag vir almal wat met die gees van Christus besiel is. Die aard van die vervolging verander met die tyd, maar die beginsel - die onderliggende gees - is nog dieselfde as die wat sedert die dae van Abel tot die dood van die Here se uitverkorenes gelei het.MOR 38.2

    Die mens wat strewe na eenheid met God, sal ontdek dat die kruis steeds aanstoot gee. Owerhede en magte en bose geeste in die lug verset hulle teen almal wat gehoorsaam aan die wet van die hemel wil wees. Daarom moet die dissipels van Christus hulle nie ontstel oor vervolging nie; hulle moet liewer bly wees, want dit is 'n bewys dat hulle in die voetstappe van hul Meester volg.MOR 39.1

    Hoewel die Here nie beloof het om Sy volk teen beproewinge te vrywaar nie, het Hy hulle iets beters belowe. Hy het gesê: “Mag... jou sterkte soos jou dae” wees. “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring” (Deuteronomium 33:25; 2 Korinthiërs 12:9). As u geroep word om vir Jesus deur die vuuroond te gaan, sal Hy aan u sy wees, soos Hy met die drie jong manne in Babel was. Wie hulle Verlosser liefhet, sal hulle verheug in elke geleentheid om saam met Hom in Sy vernedering en verwyt te deel. Hul liefde vir hul Here maak dit heerlik om ter wille van Sy Naam te ly.MOR 39.2

    Te midde van beproewinge en verdrukking word die heerlikheid - karakter - van God in Sy uitverkorenes geopenbaar. Die kerk van God, wat deur die wêreld gehaat en vervolg word, word in die skool van Christus opgevoed en getug. Hulle bewandel enge paaie op aarde; hulle word in die vuur van verdrukking gelouter. Hulle volg Christus deur bittere beproewinge; hulle verduur selfverloëning en ondervind bittere teleurstellings; maar hul pynlike ondervinding leer hulle die skuld en die wee van die sonde ken, en hulle verafsku dit. Omdat hulle in Christus se lyding deel, is hulle bestem om in Sy heerlikheid te deel. In 'n heilige visioen het die profeet die oorwinning van die volk van God gesien. Hy sê: “En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars... het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges.” “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.” Openbaring 15:2, 3; 7:14, 15.MOR 39.3