Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele.” Mattheüs 5:19.

    Met ander woorde, hy sal geen plek daarin hê nie. Want hy wat opsetlik een gebod verbreek, hou geeneen van hulle in gees en waarheid nie. “Wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” Jakobus 2:10.MOR 60.1

    Dit is nie die grootheid van die ongehoorsame daad wat dit sonde maak nie, maar die afwyking van God se uitdruklike wil in die geringste besonderheid; want dit toon dat daar nog gemeenskap tussen die siel en die sonde is. Die hart is verdeel in sy diens. Dit kom neer op 'n verloëning van God, 'n verset teen die wette van Sy heerskappy.MOR 60.2

    As dit die mens vrygestaan het om af te wyk van die Here se vereistes en om hul eie standaard van pligte op te rig, sou daar 'n verskeidenheid van standaarde wees om aan die smaak van verskillende mense te voldoen, en die heerskappy sou uit die Here se hande geneem word. Die wil van die mens sou dan oppermagtig wees en die hoë en heilige wil van God - die liefde wat Hy vir al Sy skepsele beoog - sou verag en in diskrediet gebring word.MOR 60.3

    Telkens as die mens sy eie weg volg, kom hy in opstand teen die Here. Sulke mense sal geen plek in die koninkryk van die hemele hê nie, want hulle verkeer in stryd met die beginsels van die hemel self. Deur die wil van God te veronagsaam, skaar hulle hul aan die kant van die Satan, die vyand van God en mens. Nie deur een woord, nie deur baie woorde nie, maar elke woord wat God gespreek het, sal die mens lewe. Ons kan geen enkele woord, hoe gering dit ook al vir ons mag voorkom, met veiligheid veronagsaam nie. Daar is nie 'n enkele gebod in die wet wat nie vir die mens se beswil en geluk is nie, sowel in hierdie lewe as in die komende. Deur die wet van God te eerbiedig, word die mens soos deur 'n muur omring en veilig teen die Bose bewaar. Hy wat hierdie Goddelike skermmuur op een plek afbreek, het sy vermoë om hom te beskerm, vernietig; want hy het 'n opening gemaak waardeur die vyand kan binnekom en verwoesting kan saai.MOR 60.4

    Deur dit te waag om die wil van God in een opsig te veron-agsaam, het ons aartsouers die sluise van ellende oor die wêreld oopgetrek. En elke mens wat hulle voorbeeld volg, sal 'n soortge-lyke gevolg maai. Die liefde van God spreek uit elke beginsel van Sy wet, en hy wat afwyk van die gebod, bewerk sy eie ongeluk en ondergang.MOR 61.1