Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Niemand kan twee here dien nie.”Mattheüs 6:24.

    Christus sê nie dat die mens nie twee here sal of moet dien nie, maar dat hy nie kan nie. Die belange van God en die belange van mammon het niks gemeen nie. Net daar waar die Christen se gewete halt roep en hom tot selfverloëning lei, daar trap die wêreldling oor die tou en laat hy sy selfsugtige neiginge botvier. Aan die een kant van die tou is die selfverloënende navolger van Christus; aan die ander kant is die genotsugtige wêreldliefhebber wat hom na die mode skik, aan ligsinnighede deelneem en hom verbode plesiere veroorloof. Aan daardie kant van die tou kan die Christen hom nie waag nie.MOR 101.3

    Niemand kan werklik 'n draadsitter wees nie; daar is geen middelgroep wat nog God nog die vyande van die geregtigheid dien nie. Christus moet in Sy menslike werktuie leef en deur hul vermoëns werk en handel. Hulle wil moet aan Sy wil onderworpe wees; hulle moet deur Sy Gees handel. Dan leef hulle nie meer nie, maar Christus leef in hulle. Hy wat hom nie geheel en al aan God oorgee nie, staan onder beheer van 'n ander mag, luister na 'n ander stem wie se ingewings van 'n heel ander aard is. Halfhartige diens skaar die mens aan die kant van die vyand, en hy is 'n doeltreffende bondgenoot van die duistere magte. Mense wat hulle as stryders vir Christus voordoen, maar met die Satan saamspan en sy saak bevorder, is vyande van Christus. Hulle skend 'n heilige vertroue. Hulle vorm 'n skakel tussen die Satan en die ware stryders, en deur hulle probeer die vyand gedurig om die harte van Christus se stryders te roof.MOR 102.1

    Die sterkste vesting van ondeug in ons wêreld is nie die sondige lewe van die geharde sondaar of van die versonke verstoteling nie; dit is die lewe wat andersins deugsaam, eerbaar en edel voorkom, maar wat een sonde koester, aan een kwaad toegee. Vir die siel wat met 'n reuseversoeking worstel en op die rand van die afgrond huiwer, is so 'n voorbeeld een van die grootste aansporings tot sonde. Hy wat verhewe begrippe van die lewe, waarheid en eerbaarheid koester maar moedswillig een voorskrif van Gods heilige wet oortree, misbruik sy edele gawes om ander tot sonde te verlei. Vernuf, talente, meegevoel, selfs edelmoedige en vriendelike dade, kan die Satan se lokvinke word om siele vir hierdie lewe en vir die toekomstige oor die afgrond na ondergang te lok.MOR 102.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents